Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As patrotiese nasionaliste vertel ons graag dat ons sal sterf vir waarin ons glo – pragtig, maar dit verg net één dag se moed om dit werklik te doen.  Maar om te lééf vir waarin ons glo, verg elke liewe dag moed – kry jy dit reg?

STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (7)

                                                                          LW Bienedell

Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing

’n Proses van bloedlose verowering

19 Oktober 1983

DIE TOESTAND waarin ons vandag verkeer, kan seker op verskillende maniere beskryf word, maar hoe jy ook al daarna kyk, dit is ’n proses van bloedlose verowering waarmee ons te doen het. Oor hoe ver die proses gevorder het, kan wel geredeneer word, maar dat dit wel ver gevorder het, moet ons ook aanvaar.

Nou kan u dadelik vir my vra, as u saamstem dat daar ’n proses van verowering aan die gang is, wie die veroweraar is, want dit is tog net so ’n wesenlike deel van die hele saak. Daaroor moet ’n mens ook volkome duidelikheid kry.

’n Mens kan seker by verskeie punte in ons resente geskiedenis begin om hierdie vraag te probeer beantwoord en jy sal altyd by dieselfde antwoord uitkom. Tog is die datum 24 Oktober 1974 vir ons van groot belang wanneer jy die huidige situasie wil beoordeel. Dit is op hierdie dag dat Suid-Afrika se Ambassadeur by die Verenigde Volke, mnr. Pik Botha, in die Veiligheidsraad opgestaan en feitlik vir die VVO gesê het ons vra om verskoning omdat ons in Suid-Afrika ’n toestand het waarin diskriminasie tussen Blank en Nieblank bestaan, maar ons gee die versekering dat ons daarvandaan sal wegbeweeg met al die middele tot ons beskikking.

Wat mnr. Pik Botha daardie dag aan die Veiligheidsraad gesê het, is dat ons altyd in die ongelyk was. Die buitewêreld het nog altyd gelyk gehad; ons was verkeerd. Daarom kom hy na die Verenigde Volke om verskoning te vra en gee dan die versekering dat die foute reggestel sal word.

Wat daarna gebeur het, is welbekend. So ’n twaalf, dertien dae nadat hy sy verskoning aan die Veiligheidsraad gaan aanbied het, het die Algemene Vergadering ’n voltallige sitting gebou en in plaas daarvan dat hy sy dankbaarheid betuig dat die Suid-Afrikaanse Regering nou bereid is om sy fout te erken en die onderneming gegee het om dit reg te stel, word Suid-Afrika se sittingsreg in die Algemene Vergadering hom ontneem.

Nou moet ook in gedagte gebou word dat waar mnr. Pik Botha nog persoonlik sy erkenning in die Veiligheidsraad ’n twaalf dae tevore gemaak het, hy heeltemal van die belangrike sitting van die Algemene Vergadering weggebly het. Hy het die bespreking glad nie bygewoon nie. In die Pretoria News van 13 November 1974 het Suid-Afrika se vernedering onder die volgende opskrif verskyn: “Blacks cheered while SA delegation ordered out”. Die inleidende paragraaf van die berig het gelui: “The South African del­egation heard the clapping only from afar. Knowing they would have been prevented from speaking, the delegation listened to the dramatic debate on the loud-speakers linking the Assembly chamber with die mission’s offices a block from the United Nations building.”

Mnr. Pik Botha het die veiligheid van sy kantoor opgesoek terwyl Suid-Afrika in die Algemene Vergadering absoluut onverteenwoordig gestaan het.

Die Pretoria News se berig lui dan voorts: “For the more militant among the Blacks it was the most stunning triumph they had scored in their long battle to force South Africa to abandon its racial policy”.

Hierdie daad het terselfdertyd sy weerklank in die Suid-Afrikaanse Parlement gehad toe mnr. Vorster in die Senaat verklaar het dat Suid-Afrika by die kruispad aangeland het en dat hy moet kies tussen oorlog en vrede. Syns insiens is die prys van oorlog te hoog, te hoog vir Suid-Afrika.

Hierdie daad was in die werklikste sin van die woord die Suid-Afrikaanse Regering se kapitulasie, sy betuiging dat hy nie die stryd teen die magte van buite gaan voortsit nie. In plaas daarvan het mnr. Vorster uitgevaar in Afrika en daar gaan probeer vriende maak, sonder dat dit hom enigiets in die sak gebring het.

Sowel mnr. Vorster as mnr. Pik Botha het by daardie geleentheid aangedui dat Suid-Afrika sy binnelandse beleid gaan verander. Dit was die eis van die WO en van die Swart state van Afrika, en as ons nou praat van die veroweringsproses wat aan die gang is, moet besef word dat dit die basis is waarop dit geskied. Die vredesvoorwaardes wat die WO gestel het, nl. dat ons Suidwes-Afrika en Rhodesië moet prysgee en diskriminasie in Suid-Afrika moet laat vaar, is wat nou ten uitvoer gebring word. Die belofte wat mnr. Pik Botha by die WO gemaak het—dat ons sal wegbeweeg van diskriminasie—het net een betekenis: die hele apartheidstruktuur in Suid-Afrika moet verdwyn.

Gepaard hiermee word by die Swartes binne Suid-Afrika verwagtinge van al hoe meer toegewings geskep. Van Soweto en Mamelodi en die ander Swart woongebiede om die Blanke stede moet stadstate gemaak word. By die Swartes word al hoe meer die verwagting van volkome gelykstelling op sosiale gebied, op ekonomiese gebied en op opvoedkundige gebied geskep.

Wanneer hierdie bloedlose veroweringsproses in oenskou geneem word, is daar ook een ander belangrike feit wat nooit uit die oog verloor moet word nie. Jare lank word ons onder die indruk gebring van die ontsettende bedreiging van buite. Die wêreld het ontvlam in morele verontwaardiging oor die binnelandse beleid van Suid-Afrika, en die Blanke bevolking word wysgemaak dat die wêreld in so ’n gemoedstoestand is dat ons met geweld gedwing gaan word om hierdie beleid prys te gee.

Terwyl dit aan die gang is en ons aandag na buite gerig word, vind die ondermyning van binne plaas, word daar ter wille van die getalsterkte in ons verdediging teen die buitelandse bedreiging ’n verrottende element ingelaat. Dit word gedoen omdat die waan bestaan dat jy daardeur jou getalle versterk en dus beter bewapen is om die bedreiging van buite die hoof te bied. Daardeur word die grenslyne tussen die vyand van binne en jou beskerming al meer vervaag. Die liberalis wat in die Afrikanervolk is—of hy aan die universiteit, die kerk of die politiek verbonde is—kry toegang tot jou geledere onder die voorwendsel dat almal moet saamstaan teen die buitelandse bedreiging. Daarom moet die buitelandse bedreiging altyd baie aktueel gehou word, sodat die toestand van insypeling en ondermyning van binne kan voortgaan.

Dit is in hoë mate waarmee ons vandag te doen het. Laat my toe om u te herinner dat ons in die vorige eeu te doen gekry het met die internasionale geldmag wat Suid-Afrika, en by name Transvaal, se rykdom wou inpalm. Met die oog daarop is ’n toestand van vyandigheid in die Britse wêreld, wat toe die dominante komponent van die wêreld was, teen die Afrikanerdom geskep. Toe is ook gesê dat as die toestand binnelands nie verander nie, as die stemreg nie aan die Uitlanders gegee word nie, daar oorlog sou kom. Die dreigement van buite is volgehou en binnelands het die Reform Committee, met behulp van die koerante, die ondermyning verrig waardeur hulle eintlik die verowering wou bewerkstellig as hulle pres. Kruger bang genoeg kon maak. Kruger het hulle motiewe begryp en hy was nie bang om die vyand die oorlog aan te sê om sy volk se selfrespek te behou nie.

Vandag gaan dit wesenlik om dieselfde dinge. Die mense wat vandag die rykdomme van Suid-Afrika beheer, veral die mineraalrykdomme, is mnr. Harry Oppenheimer en sy vennote. Laat my toe om u te herinner wat hierdie man op 12 Augustus 1970 gesê het toe hy, vyf en sewentig jaar ná die rampspoedige Jameson-inval, ’n gedenklesing by die Rhodes-universiteit op Grahamstad gelewer het.

“Rhodes”, verklaar mnr. Oppenheimer, “was nogtans nie verkeerd deur te dink dat die Transvaalse Republiek van pres. Kruger nooit deel kon vorm van ’n moderne, verenigde Suid-Afrika tensy dit grondig verander word nie. As daar ’n Blanke gemeenskap was, so selfvoldaan, so agterdogtig teen vreemde invloede dat hulle selfs teen groot materiële koste geweier het om saam te werk aan die bou van ’n verenigde, moderne land, dan moes die gemeenskap vernietig word. Soos Rhodes die saak gesien het, het die gemeenskap homself hardkoppig en dwaaslik gestel as ’n versperring in die weg van die noodwendige evolusionêre vooruitgang van die geskiedenis. Suid-Afrika moet kies: vooruit as ’n moderne, verenigde nasie in tred met die res van die mensdom, of terug in die laer ten einde homself, so goed hy kan, te verdedig teen die veranderde lewens- en denkwyse van die buitewêreld in ’n poging om die afsonderlike identiteit en tradisies van sy stamme en nasies onveranderd te hou.”

Bloedloos

Dan gaan mnr. Oppenheimer voort: “Cecil John Rhodes was reg om die Boerevolk van Transvaal te probeer vernietig. Rhodes het net te gou en op die verkeerde manier te werk gegaan deur deel te hê aan die Jameson-inval. Rhodes het sy antwoord op Suid-Afrika deur mag afgedwing en daarom misluk”.

Dieselfde antwoord wat Rhodes met geweld op Suid-Afrika wou afdwing maar toe misluk het, word nou weer op Suid-Afrika afgedruk, maar op ’n ander manier. Dit is deur hierdie bloedlose verowering. Die fout wat Oppenheimer se Rhodes gemaak het deur geweld te gebruik, moet nie herhaal word nie.

Dit is die beste bevestiging dat die dreigement van buite nie bedoel is om uitgevoer te word nie. En daarom moet ons ook altyd in gedagte hou dat die groot vyand nie die man is wat van buite dreig nie—hy is wel daar— maar die gevaarlike een is die een hier in ons midde. As dit besef word, sal die aanslag teen Suid-Afrika ook beter begryp word en die middele daarteen ook doeltreffender wees.

In hierdie toestand wat aan die gang is en wat reeds ver gevorder het, sal ons te doen kry met ’n verlies van politieke mag van die Afrikaner. Politieke mag in die hande van ’n regering is ’n belangrike faktor, maar dit is nie al nie. Dit is die politieke aansien en invloed van die mense in die magsposisies wat deurslaggewend is. Die Afrikaner wat die politieke mag deur die Nasionale Party verwerf het, het nie soseer sy groot uitwerking gehad deur die wyse waarop hy die politieke mag deur die Nasionale Party beoefen het nie, maar deur die aansien en invloed wat hy op die hele land en die buitewêreld gehad het as gevolg van die posisie van mag wat hy beklee het.

Dit is die aftakeling van hierdie invloed en aansien en gesag waar die grootste gevaar vir ons lê. Daaruit kom die toestand van stygende verwagting by die Swarte, ’n stygende aggressie teen die Witman, ’n stygende aanmatiging van die buiteland om al meer te eis en, na gelang daarvan, ’n gevoel wat by die volk geskep word dat hy steeds magteloser staan teenoor die eise wat aan hom gestel word. Dit is veral die geval op die gebied van rassevermenging, wat uiteraard die volk se hele morele gevoel moet aantas.

Oor een feit moet geen twyfel bestaan nie: die Afrikanervolk se opvatting van rasseskeiding het ’n sterk morele basis. Sy hele benadering tot die verskynsel van die Swarte lê daarin gesetel dat as hy gaan vermeng, sou hy sy hele kultuurerfenis, sy hele godsdiens, sy hele sedelike basis uiteindelik moet prysgee. Dit was nie net ter behoud van sy veiligheid nie, maar ter wille van hierdie onsigbare en ontasbare dinge dat die Afrikaner hom gestel het op die distansiëring tussen hom en die Nieblankes.

Vir die Blanke is daar net een van twee keuses: hy sal of vinniger en vinniger in die proses van verowering deur vermenging ingesuig word, of hy sal hom op al groter distansiëring van die Nieblanke moet stel om daardeur sy verset teen die oorheersing te toon. Dit is inderdaad in die werklikste sin van die woord die voortsetting van ons hele vryheidstryd wat ons in die geskiedenis gevoer het. Moenie dink dit is ’n nuwe stryd nie. Dit gaan teen ’n mag wat wesenlik dieselfde komponente het wat dit vroeër gehad het. Die metodes mag miskien verskil. Dit is nie meer die metodes van oorlog en geweld van Rhodes en die Britse Ryk wat vandag geld nie, maar ’n subtiele en deurdagte metode van bloedlose verowering.

Dit is ’n nuwe idioom waarin die stryd vandag gevoer word, ’n idioom waarteen ons ons eie idioom sal moet slyp totdat dit ’n blink swaard is. Dit sal van ons, soos van ons voorouers in ’n vorige stryd, inspanning verg om kennis en begrip van hierdie toestand te kry, van ons vyand se krag en van ons eie krag, om te bereik wat ons voorouers bereik het: om ons los te veg uit hierdie drukgang waarin ons gedryf word.

Vervolg...

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 5570 gaste aanlyn