Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Laat eensaamheid jou met hartseer na ander mense se samesyn kyk? Daar kom 'n draaipunt wanneer jy besef die HERE se teenwoordigheid is vir jou genoeg; wanneer jy besef dat alleentyd kosbare werkstyd is. Dan ervaar jy slegs dankbaarheid, geen eensaamheid nie.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (11)
Marais takel De Klerk oor Kommunisme
“Ek wil dit aan u stel mnr De Klerk: as daar sedert 1990 ’n verskuilde Kommunis-leier van die “Nasionale” Party en tegelyk Staatspresident van Suid- Afrika was, watter verskil sou daar wees tussen wat hy sou gedoen het en wat u sedert Februarie 1990 doen? Net soos u gedoen het, sou hy die ANC, die SAKP en die PAC ontban het; sou hy Nelson Mandela, Walter Sisulu en ander ANC-figure en Kommuniste vrygelaat het; sou hy Kommuniste en terroriste laat terugkeer het na Suid-Afrika; sou hy ook die Veiligheidsmagte aan bande gelê het; sou hy ook die apartheidswette herroep het; sou hy ook die plakkery by dorpe en stede toegelaat het; sou hy ook die beginsel van een mens, een stem aanvaar het; sou hy ook vredesonderhandelings met die ANC gevoer het; sou hy ook die ANC-SAKP as “mede-hoofspeler” erken het; sou hy ook die Blankes verarm het in naam van herverdeling van rykdom; sou hy ook wet en orde laat verval het; sou hy ook toegelaat het dat ’n haatveldtog teen Blankes bedryf word met slagspreuke soos “One settler, one Bullet” en Kill a farmer, kill a Boer’ “.
3 September 1993
Geagte mnr De Klerk
U het onlangs aan mnr William Clinton, die VSA-president, gesê dat u bekommerd is dat “agreements reached in negotiations could be torn up”. En kort daarna het u skerp veroordelend verwys na die Kommuniste en hulle verbintenis aan die ANC. “Kommuniste het hulle in sleutelposisies in die ANC ingewerk”, het u gesê. En “Kommunisme het ellende en armoede aan miljoene mense oor die wêreld gebring. Dit het die demokrasie en die vryheid van die enkeling vernietig oral waar dit aan bewind gekom het”
Waarom u oor dié dinge begaan is, is moeilik te begryp, want die kenmerk van u regering is juis dat u Kommunisme bevorder en ooreenkomste opskeur, soos byvoorbeeld “NP se: Eie skole, eie woonbuurte”, die ooreenkoms wat u in 1989 met die Blankes gesluit het en kort daarna opgeskeur het.
En wat Kommunisme betref, kyk wat sê ’n verstandige en gesiene Afrikanervrou oor wat u reeds aan Suid-Afrika gedoen het.
En net ’n dwaas sal glo dat mev Serfontein soiets sal sê as sy nie grondige rede daarvoor het nie. U kan seker wees dat honderde-duisende Afrikaners en ander haar sienswyse deel.
Ook mnr Gary Player, befaamde sportman, bekende perdeteler en internasionaal geroemde Suid-Afrikaner, het onlangs sy kommer in die openbaar uitgespreek dat daar afgestuur word op ’n Kommunistiese staat in Suid-Afrika.
Nuwe Suid-Afrika = Kommunistiese Suid-Afrika
Mnr Player, net soos mev Serfontein, was voorheen ’n sterk verdediger van die “Nasionale” Party. Dat hulle nou sulke ernstige bedenkings het, toon hoe ontnugterd en geskok goeie burgers van hierdie land is oor u gevorderde wegbereiding vir ’n Kommunistiese oomame in Suid-Afrika.
Dit is nou duidelik dat die jarelange haatveldtog teen die beleid van apartheid gevoer is om dit te beëindig, sodat Kommunisme in die plek daarvan kan kom. En u en u party is die instrumente wat bewerkstellig dat Kommunisme nou besig is om sigbaar in die plek van apartheid te kom — die beleid wat onder ander name vanaf Jan van Riebeeck se tyd gevolg is.
Dit was deurgaans die strewe van die Kommuniste binne en buite Suid- Afrika om alle vorms van rasseskeiding te beëindig sodat Kommuniste die politieke mag kon verower deur ’n stelsel van een mens, een stem.
Twee-en-dertig jaar gelede het die Kommuniste ook die speerpunt gevorm van die stryd teen apartheid. Hieronder is ’n fotostatiese afdruk van die Kommunistiese mondstuk New Age se hoofberig op 7 Desember 1961. “New moves to smash apartheid” sou net sowel vandag die opskrif kon wees by ’n berig oor NP-beleid. U en u party tree op soos vertraagde Kommuniste.
Natuurlik wou die Kommuniste apartheid verbrysel om plek te maak vir ’n Kommunistiese stelsel.
So, waar u en die NP en sekere Afrikaanse Kerke nou apartheid veroordeel, gee u die Kommuniste gelyk.
Oor die mees wesenlike saak van die Suid-Afrikaanse politiek het u en die “Nasionale” Party nou die Kommunistiese beleid oorgeneem. Die wese van u Nuwe Suid-Afrika is dat apartheid plek moet maak vir Kommunisme.
Die ANC met wie u die mag reeds deel, is ’n Kommunistiese organisasie. Die Britse koerant Sun het in Oktober verlede jaar geskryf: “The ANC has become a dangerous monster, dominated by violent Communists”. Dit is die organisasie aan wie u paaiementsgewys die politieke mag oordra—’n Kommunisties-beheerde “ gewelddadige monster”.
U ambassadeur in die VSA, mnr Harry Schwarz, het by die dood van die SAKP se sekretaris-generaal, Chris Hani in April 1993 die SA vlag in Washington halfstok laat hang in rou oor die dood van die voorste Kommunis in Suid-Afrika—’n skokkende betuiging van politieke geïntimideerdheid en van misbruik van die nasionale vlag.
Dit strook met dieselfde mnr Harry Schwarz se uitspraak in Washington in Maart 1992 toe die Pretoria News soos volg gerapporteer het: Mandela likely to lead SA - Schwarz
Mnr Schwarz is nooit deur u gerepudieer oor hierdie uitspraak van hom nie. Dit bewys dat hy u standpunt weergegee het. Dit kan nie anders nie, want mnr Schwarz verteenwoordig u in die VSA. As u net wil sê wat strook met u eie sienswyse. Maar, u voorsien dus magsoordrag aan die Kommunisties-beheerde ANC.
Die Mandela wat u en mnr Schwarz binne twee jaar as Suid-Afrika se president sien, is die man wat die dokument opgestel het: “How to be a good Communist”, waarop in Julie 1963 beslag gelê is toe die Rivonia-bende deur die Veiligheidspolisie betrap is.
Regter Ouartus de Wet wat die betrokke verhoor waargeneem het, het by die skuldigbevinding en vonnisoplegging in Junie 1964 gesê dat die huidige president en onderpresident van die ANC, Nelson Mandela en Walter Sisulu, oortuigde Kommuniste (“convicted Communists”) is.
Kommuniste in Uitvoerende Oorgangsraad
En in elke gesagsliggaam van die ANC is Kommuniste in die meerderheid. Selfs die Britse Geheime Diens het aan mev Thatcher gerapporteer dat 400 uit die 500 top-poste in die ANC deur Kommuniste beklee word.
Nou wil u “’n Uitvoerende Oorgangsraad” in die lewe roep wat feitlik ’n ersatz (kunsmatige – dis Duits) regering sal wees. Daarin sal Kommuniste opgeneem word. En u sal daarvoor verantwoordelik wees dat Kommuniste ’n vastrapplek in die politieke mag kry. Vandaar sal hulle, soos resepmatig in ander state gebeur het, die toestande skep wat tot hulle magsoomame moet lei, soos ook in die voormalige Rhodesië en Suidwes-Afrika gebeur het deur u party se toedoen. Mev Margaret Thatcher, destyds Eerste Minister van Brittanje, het gesê: “Met die Rhodesiese kwessie was Suid-Afrika buitengewoon behulpsaam. Sonder hulle sou Zimbabwe nie tot stand gekom het nie”. Dus, deur die “Nasionale” Party se hulpvaardigheid is die Blankes van Rhodesië aan ’n Kommunistiese regering onderwerp. En deur sy swakheid is Suidwes-Afrika se Blankes ook uitgelewer aan ’n Kommunistiese regering, soos die Kommuniste wou hê. U beleid vir Suid-Afrika is ’n voortsetting van hierdie politieke verraad.
En die resultaat van die NP se behulpsaamheid in Zimbabwe? “Between 1980 and 1986”, skryf prof Leo Raditsa in Prisoners of a Dream.
“...at least twelve thousand were murdered, mostly Africans”. En verder: “By the end of1987 more Europeans had died at the hands of gangs since Mugabe took power than in the fourteen years of terrorism”. Die haatveldtog van “One settler, one bullet”, en “Kill a farmer, kill a Boer” word deur die Kommuniste gevoed. Hulle wil ’n sosiale dampkring skep waarin Afrikaners en hulle mede-Blankes voëlvry sal wees, soos die moorde op plase reeds voorafskadu.
’n Amerikaanse politieke kommentator, kol Robert Slimp, het in Mei 1990 geskryf: “The ANC has a hidden agenda. This is the complete destruction of the Afrikaner race, language, culture and even religion... Joe Slovo is the master mind behind the ANC and SAC P’s policy and tact icts... Slovo has a pathological hatred of the Afrikaners. As a direct result of his influence, the Communist party adopted the strategy of totally destroying the Afrikaners as a people and a culture... There will be no room for the Afrikaners in the new Azania”.
Dit, mnr De Klerk, is wat u beleid sal bewerkstellig — lisensie om Afrikaners dood te maak. Die bloed van duisende vroue en kinders sal op u kop wees.
As ’n Kommunis die President was...
Ek wil dit aan u stel: as daar sedert 1990 ’n verskuilde Kommunis leier van die “Nasionale” Party en tegelyk Staatspresident van Suid- Afrika was, watter verskil sou daar wees tussen wat hy sou gedoen het en wat u sedert Februarie 1990 doen?
Net soos u gedoen het, sou hy die ANC, die SAKP en die PAC ontban het; sou hy Nelson Mandela, Walter Sisulu en ander ANC-figure en Kommuniste vrygelaat het; sou hy Kommuniste en terroriste laat terugkeer het na Suid-Afrika; sou hy ook die Veiligheidsmagte aan bande gelê het; sou hy ook die apartheidswette herroep het; sou hy ook die plakkery by dorpe en stede toegelaat het; sou hy ook die beginsel van een mens, een stem aanvaar het; sou hy ook vredesonderhandelings met die ANC gevoer het; sou hy ook die ANC-SAKP as “mede-hoofspeler” erken het; sou hy ook die Blankes verarm het in naam van herverdeling van rykdom; sou hy ook wet en orde laat verval het; sou hy ook toegelaat het dat ’n haatveldtog teen Blankes bedryf word met slagspreuke soos “One settler, one Bullet” en “Kill a farmer, kill a Boer”. Dit is alles dinge wat die Kommuniste deurgaans geëis het en wat ’n Kommunistiese Staatspresident in werking sou gestel het, soos u gedoen het.
Ek sal in die lig hiervan graag verneem hoe u verwag dat u beleid en optrede sover onderskei moet word van wat die Kommuniste in Suid- Afrika gedoen wou hê.
Is u nie bereid om u beleid in die lig van hierdie uiters ernstige stellings met my in ’n openbare debat te bespreek nie, soos u byvoorbeeld oor SATV in ’n gesprek met twee Swartes gedoen het?
Hou Blanke verkiesing
Nog beter, mnr De Klerk, volg die demokratiese, konvensionele, konstitusionele en vreedsame weg en hou ’n Blanke verkiesing, sodat die kiesers hulle kan betuig oor die Nuwe Kommunistiese Suid-Afrika waarop u beleid afstuur, en waartoe u kennelik geen mandaat het nie.
Die uwe JAAP MARAIS
LEIER VAN DIE HNP