Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

 

‘n Suksesvolle leier is aanpasbaar.  As hy nie meer brandhout bymekaar kan maak nie, maak hy sy vuur kleiner.   Met God by hom, is geen  terugslag te groot nie.    Dis mos nie hóe ‘n matroos die hawe uitvaar wat van hom ‘n gesoute seeman maak nie, maar hóe hy na ‘n storm daarheen terugkeer.  Kalm water maak geen matroos vaardig nie.

STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (25)

                                                                               LW Bienedell

Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing

Die Strydvraag oor Ideologie: APARTHEID EN KOMMUNISME

“Dat rasegte Afrikaners met verbetenheid sou stry vir hulle oortuigings in verband met die erkenning van rasseverskille behoort ds. Van Staden nie te verbaas het nie. In die volgehoue aanslag sedert 1948 om die Afrikaners se politieke mag te breek, was vanuit die Engelstalige wêreld dit toegespits op 'apartheid', want apartheid het in die pad gestaan van die 'demokrasie' van een mens, een stem, wat in die voortgesette 'Boer War' die resep was om die Afrikaners magteloos te maak teen die getalle van miljoene Swartes wat geen benul van demokrasie het nie en aangedryf is deur haat en wrewel wat jarelank by hulle ingeprent is deur die Engelse pers, Engelse kerke, Engelse universiteite en ander meer verskuilde instansies — ’n haat wat betuig word deur die kreet: 'Kill a farmer, kill a Boer'... Daarby het die voorstanders van die beleid van rasseskeiding die bewys gehad van die skitterende sukses wat dit was in die hooggety van die beleid: die jare 1960-66, wat deur Financial Mail beskryf is as 'The Fabulous Years', en waarvan ’n voormalige Britse Minister, Lord Deedes, gesê het dat terwyl Suid-Afrika gegroei het tot die ekonomiese reus van Afrika, die ander Swart Statebondslande in armoede versink het—nadat hulle uitgelewer was aan die 'demokrasie' van een mens, een stem... soos mnr F W de Klerk in Junie 1977 in ’ n 'Nasionale' Party-publikasie geskryf het: ‘Magsdeling... is ’n bloudruk vir die ondergang van die Witman in Suid-Afrika’ ”.

10 Julie 1998

IN Die Hervormer van 15 April skryf ds. Gert van Staden van die Nederduits Hervormde Gemeente Swartwater dat die stryd in kerk en volk nie gaan oor ’n stryd teen ’n bepaalde ideologie, soos Kommunisme nie, en ook nie om een ideologie teenoor ’n ander te stel nie, maar om los te kom van alles.

Volgens ds. Van Staden stry kerk en volk nog altyd die stryd teen ideologieë “en allerlei bose geeste in die lug.”

Ds. Van Staden reageer op ’n standpuntartikel van dr. JH (Hendrik) Breytenbach in Die Hervormer van 1 Maart met die titel “Die ideologiese aanslag op kerk en volk”. Daarin haal dr. Breytenbach ’n aanhaling van Ulrich Mann aan waarin beweer word dat ideologie die moderne antichris is.

Dan val ds. Van Staden weg met die vraag of “apartheid/afsonderlike ontwikkeling” nie ook maar net so ’n ideologie is nie. Hy maak die bewering dat as al die teksverse random apartheid weggeneem word, dit blyk dat apartheid maar net so ’n ideologie is soos al die ander.

Daaruit stel hy dit (in die vorm van ’n vraag) dat apartheid vir die Afrikaner net ’n alternatiewe godsdiens geword het. Vandaar die histerie en verbetenheid daaromheen. Hierdie politiek is allesomvattend, en het in dik strome deur die Algemene Vergadering van die Hervormde Kerk en sy verkiesings geloop.

Ds. Van Staden rig die beskuldiging dat Hervormers ook maar handperde van die politieke stroom van die dag was, en dat die kerk en Bybel gebruik is as onderwysers, predikers, skrywers en wetsgeleerdes.

Hy het dit ook daarteen dat redenaars dikwels met ’n swak argument vorendag kom, en dit dan regverdig deur die teenoorgestelde standpunt af te maak as “humanisme”.

Hy beskuldig ook die voorstanders van “die ideologie van apartheid” dat hulle altyd in hulle argumentering die Kommunisme en die antichris nadersleep wanneer dit hulle pas. Daarom dink hy dit sal interessant wees om die ooreenkomste en verskille tussen “die ideologie” van apartheid en kommunisme in Suid-Afrika en Sowjet-Rusland te ondersoek. Hy vermeld dat dit verbasend sal wees om te sien hoeveel ooreenkomste daar inderdaad is.

Om alle argumentering teen sy betoog te probeer neutraliseer, beroep hy hom op die Bybelwoord dat die mens nie mag oordeel nie. “Die tegniek van skuldgevoel opwek is verwerplik. Maar die aangryp van hierdie verwerplike tegniek om geen selfondersoek toe te laat nie, is net so verwerplik.”

Mnr. Jaap Marais, leier van die HNP, het ds. Van Staden by wyse van ’n brief aan Die Hervormer geantwoord op sy stellings. Hier volg mnr. Marais se brief:

11 Mei 1998

Die Redakteur

Die Hervormer

Posbus 5777

PRETORIA.

0001

Geagte Redakteur

Ds Gert van Staden roer belangrike dinge aan in sy brief in Die Hervormer van 15 April 1998. Dit is oorwegend politieke aangeleenthede, met net sydelingse betreklikheid op godsdiens.

Sy uitgangspunt is om te beweer, sy dit eers vragenderwys, dat apart­heid, nes Kommunisme, ’n ideologie is en daarom net soos Kommunisme bestry moet word, want, sê hy, die kerk en volk stry nog altyd die stryd teen ideologieë.

Met dit gestel, sou ’n mens verwag het om te verneem wat ’n ideologie is, en aan die hand daarvan, waarom apartheid ’n ideologie sou wees, soos Kommunisme dit is. Dog, daarvan is daar nie ’n sweem nie. In plaas daarvan vra ds. Van Staden net die suggestiewe vraag, wat ietwat later selfs sterker gestel word, naamlik “Is apartheid dan nie net so ’n ideologie (as Kommunisme) nie?” Maar sonder enige beredenering glip ds. Van Staden vandaar gladweg tot waar hy dit het teen “mense wat geanker is in die apartheidsideologie”. Of apartheid ’n ideologie sou wees, is dan nie meer ’n vraag nie, maar ’n feit. En ietwat verder het hy dit oor “die ideologie van apartheid en Kommunisme”, asof dit reeds ’n aanvaarde waarheid sou wees.

Waar ds. Van Staden versuim om rekenskap te gee van wat “’n ideologie” is, moet dit enigsins aangeroer word, ’n Engelse woordeboek soos Oxford sê ’n ideoloog is ’n teoretikus, en Funk en Wagnall bevestig dit. En “ideologie” is ’n “fanciful speculation” en ’n “visionary speculation”. Dit is genoeg om te bevestig dat die erkenning van rasseverskille, wat die grondslag van apartheid vorm, nie ’n ideologie is nie, want so ’n harde werklikheid is nie “fanciful speculation” nie. Maar dat die liberalistiese en Kommunistiese idee van rassegelykstelling wel “fanciful speculation” van teoretici is, hoef nie beredeneer te word nie.

’n Ideologie is ’n gedagte wat breedvoerig uitgebrei is tot ’n skynbare sisteem, waardeur lewenswette omgekeer word om samelewings te laat beantwoord aan ’n vooropgesette sosiale, ekonomiese en politieke denkbeeld, en wat ter verwesenliking op revolusie aangewese is. So is die Kommunisme onmiskenbaar ’n ideologie omdat dit in “fanciful speculation” die lewenswet van die ongelykheid van mense wil omkeer en “die evangelie van revolusie” is, soos genl J C Smuts gesê het. Ook teen alle werklikheid in, verkondig dit dat politieke bemagtiging van die proletariaat die staat sal laat wegkwyn, en dat godsdiens afgeskaf moet word, omdat dit ’n verdowingsmiddel is.

Anders as die Kommunisme is apartheid nie geskoei op “fanciful speculation” nie maar op die waarneembare werklikheid van rasse-onderskeid en die onbetwisbaarheid van kulturele verskille. In Desember 1994 het Peter Simkins van die Imperial War Museum gesê: “We will only learn from history when we understand the force of ethnic and national differences. Basically we are all tribal”. En dit is wat apartheid as uitgangspunt het: dit rus op begrip van die krag van etniese en nasionale verskille. Mnr John Major, voormalige Britse Eerste Minister, het op 21 September 1992 gesê: “Defences of national culture are instincts deeply rooted in the blood. They are not to be swept away by rhetoric about growth or slogans about unity”. Dit kom ooreen met wat ’n Afrikanernasionalis sou kon sê in die huidige Suid-Afrika met die praatjies oor groei en die illusie van eenheid in ’n nuwe “reënboognasie”.

Die apartheidsbeleid gaan nie uit van “fanciful speculations” nie, maar van erkenning van die lewenswerklikheid van verskeidenheid. En in die toepassing van die beleid word gepoog om verskeidenheid te handhaaf en te bevorder uit erkenning van die reg op voortbestaan van verskillende groepe volgens die lewenswet van soort soek soort, die reg op voorkeur vir die eie, en voortplanting kragtens die wet van preseleksie.

Ds Van Staden is egter nie tevrede om aanvanklik met ’n vraag te suggereer dat apartheid net so ’n ideologie soos Kommunisme is nie. Net daarna vra hy: “Het hierdie politiek nie vir die Afrikaner ’n alternatiewe godsdiens geword nie? Vanwaar dan die histerie en verbetenheid daarmee? Hierdie politiek is omvattend. Hoe het dit nie dik strome deur die Algemene Kerkvergadering en ook sy verkiesings geloop nie?" Besef ds. Van Staden goed wat hy hier sê? Onbetwisbaar impliseer hy dat in die verrigtinge van die Algemene Vergadering van die NH Kerk daar met histerie en verbetenheid opgetree is vanuit ’n ander godsdiens (as dié van die NH Kerk of die Christendom). As daar sprake van “’n alternatiewe godsdiens” is, kan dit nie anders wees as ’n alternatief vir die bestaande godsdiens nie. Dit daar gelaat, want dit gaan hier om die politieke aspekte van sy betoog.

Dat rasegte Afrikaners met verbetenheid sou stry vir hulle oortuigings in verband met die erkenning van rasseverskille behoort ds. Van Staden nie te verbaas het nie. In die volgehoue aanslag sedert 1948 om die Afrikaners se politieke mag te breek, was vanuit die Engelstalige wêreld dit toegespits op “apartheid”, want apartheid het in die pad gestaan van die “demokrasie” van een mens, een stem, wat in die voortgesette “Boer War” die resep was om die Afrikaners magteloos te maak teen die getalle van miljoene Swartes wat geen benul van demokrasie het nie en aangedryf is deur haat en wrewel wat jarelank by hulle ingeprent is deur die Engelse pers, Engelse kerke, Engelse universiteite en ander meer verskuilde instansies — ’n haat wat betuig word deur die kreet: “Kill a farmer, kill a Boer”.

Daarby het die voorstanders van die beleid van rasseskeiding die bewys gehad van die skitterende sukses wat dit was in die hooggety van die beleid: die jare 1960-66, wat deur Financial Mail beskryf is as “The Fabulous Years”, en waarvan ’n voormalige Britse Minister, Lord Deedes, gesê het dat terwyl Suid-Afrika gegroei het tot die ekonomiese reus van Afrika, die ander Swart Statebondslande in armoede versink het—nadat hulle uitgelewer was aan die “demokrasie” van een mens, een stem.

Behalwe dat die voorstanders van die beleid van apartheid die aanskouingsles van Afrika gehad het om hulle te waarsku, het hulle geweet wat die teendeel van apartheid inhou, soos verwoord deur dr. H F Verwoerd op 10 April 1961. “Ons", het hy gesê, “het netweer dieselfde oukeuse, die keuse tussen oorhandiging van ons vaderland aan die nie-Blankes, op die ou end aan die Bantoe, en wel die Bantoe-diktator,... en aparte eiesoortige, parallelle ontwikkeling. Dit is die keuse. Ons moet die wêreld probeer tevrede stel... ons eie doodvonnis as ’n nasie teken, of ons moet bereid wees om die swaarkry en pyn te verduur wat vasstaan vir ons mag veroorsaak”.

Is dit “’n altematiewe godsdiens”? Of is dit die normale sentiment van ’n Afrikanernasionalis wat trou is aan die oproep tot vaderland, volkskap en vryheid? Is dit enigsins te verwonder dat regte Afrikaners verbete sal stry teen magte wat wil hê dat hulle hul “doodsvonnis as ’n nasie moet teken”?

Of soos mnr F W de Klerk in Junie 1977 in ’ n “Nasionale” Party-publikasie geskryfhet: “Magsdeling... is ’n bloudrukvir die ondergang van die Witman in Suid-Afrika”.

Hierbo is gewag gemaak van die voorstanders van apartheid as Afrikanernasionaliste. Dit is iets wat ter sake is by die stryd teen apartheid, want dit was ’n botsing tussen nasionalisme aan die een kant en Kommunisme en liberalisme aan die ander kant. En uiteraard, of ds. Van Staden dit wil erken, of nie, sy betoog in die idioom van die Kommunisme en liberalisme, is in wese ’n aanval op Afrikanernasionalisme, soos sommige van sy mede-teoloë reeds onbetwyfelbaar getoon het.

’n Goeie voorbeeld hiervan is stellings in die boek Die NG Kerk en Apartheid deur dr. Johan Kinghorn en ander linkse teoloë, meestal van Stellenbosch. Daaruit blyk dit dat die stryd teen apartheid die bekende linkse aanslag op volksidentiteit en volksgrense is. “Die eerste tree op hierdie weg”, skryf Kinghorn, “is om die ideologie van volkeverskeidenheid af te sweer”. U sien: volkeverskeidenheid word nie erken as ’n lewenswerklikheid van die skeppingsorde nie; nee, dit word ’n etiket aangehang as “’n ideologie”. Dit vestig reeds ’n band tussen die skrywer en ds. Van Staden, want ds. van Staden sê: “Die Kerk stry nog altyd teen ideologieë”. Volkeverskeidenheid moet derhalwe, strydig met die waarheid, saam met die Kommunisme veroordeeld staan bloot omdat dit byna willekeurig en onberedeneerd as “’n ideologie” voorgestel word. Die byna onbeskryflike onrealisme van die linkse propagandiste straal uit die bewering dat volkeverskeidenheid “’n ideologie” sou wees en nie die produk van onnaspeurlike lewenswette nie wat ewewig verseker vanaf die laagste lewensvorm tot die onmeetlike heelal.

Mede-teoloog Kinghorn is egter nie tevrede met die ideologiese vyandskap teen volkeverskeidenheid nie. Vroeër in die boek sê hy met verwysing na die apartheidsbeleid: “Die maatstafwaarvolgens skeidslyne getrek word, word eerder presies en streng voorgeskryf deur ’n ideologie van etnisiteit en nasionalisme”. (Nadruk toegevoeg).

Daarmee is die groot woord uit. Die vyandigheid teen apartheid is ’n vyandigheid teen nasionalisme, en uiteraard dan ook teen Afrikanernasionalisme. Want Afrikanernasionalisme is die groot versperring tot die linkse strewe na verplatting van volks- en rasse-grense en uitwissing van volksidentiteite in Suid-Afrika. Die vyandigheid word tans nie meer in naam van liberalisme en Kommunisme bedryf nie, maar in naam van die ideologie van anti-rassisme en van menseregte.

Oor laasgenoemde is daar die genietbare opmerking van die knap Franse intellektueel, Alain de Benoist. “Die ideologie van menseregte, die nuwe godsdiens van die sterwende moderniteit”, sê hy, “funksioneer as ’n skuilplek waar die ontgogelde stryders van weleer na hulle aftog nou rou oor hulle illusies”. Blykbaar verwys “die ontgogelde stryders” na die intellektuele en sentimentele aanhangers van die Kommunistiese ideologie wat na die ineenstorting van die Kommunistiese ryk rou oor hulle illusies. By ’n teologiese bespreking is dit belangwekkend dat De Benoist “die ideologie van menseregte die nuwe godsdiens van ’n sterwende moderniteit” noem. So, ds. Van Staden moet maar versigtig trap waar dit by hom oor “’n alternatiewe godsdiens” gaan. Hy en sy mede-teoloë kan goedskiks beskuldig word dat hulle met ’n alternatiewe godsdiens besig is.

Die ideologies-teologiese vyande van volke-verskeidenheid en nasionalisme, en gevolglik ook van apartheid, vereenselwig hulle willens en wetens of in onkunde met “die nuwe godsdiens” in naam van die ideologie van menseregte, wat uiteraard die ideologiese teenhanger van die lewenswerklikheid van volke-verskeidenheid en nasionalisme is.

Om by sy vergelyking van Kommunisme en apartheid uit te kom, maak ds. Van Staden ’n lysie van wat hy ooreenkomste en verskille tussen Kommunisme en apartheid noem. “Die houding teenoordie kerk, in soverre dit die ideologie (ja, die ‘ideologie’!) steun, nasionalisering van die totale ekonomie (Spoorweë, Eskom, landbou, welsynsdienste, ouetehuise, kinderhuise). Staatsbeheer oor wie waar mag woon, wie waar mag werk, persvryheid, perssensuur, veiIigheidspoIisie en spioenasie op die bevolking, verbanning van politieke partye—dit het alles bestaan”.

Ja wel, ds. Van Staden het blykbaar min kennis van die geskiedenis van die dinge. Maar in die bespreking moet hy daaroor onderrig word. Spoorweë in Suid-Afrika het onder staatsbeheer gekom met die totstandkoming van die Unie van SA in 1910 op grond van ’n wet wat grotendeels deur genl J C Smuts geformuleer en deur die Britse parlement goedgekeur is. En alle regerings voor 1948 het die posisie van die SA Spoorweë gehandhaaf. Wat het dit met apartheid of Kommunisme te maak? Wat Eskom betref, is die toestand soortgelyk, behalwe dat die datum en die Britse betrokkenheid verskil. Welsynsdienste en dies meer was van die twintigerjare onder verskeie regerings onder staatsbeheer. Dit het niks met apartheid of Kommunisme te maak nie.

Maar landbou genasionaliseer in Suid-Afrika onder die NP-bewind van 1948? Ag nee, so ’n vergesogtheid verdien tog nie bespreking nie, behalwe dat eiendomsreg van boereplase in Suid-Afrika seker die sigbare getuienis van ’n nie-kommunistiese stelsel is. En as ds. Van Staden iets geweet het van staatsplase en kollektiewe plase in die ou Sowjet-Unie, en hoe die boerestand deur die Kommuniste amper uitgeroei is in Hongarye en ander Sentraal-Europese state, sou dit hom bewaar het van die verstommende misvatting.

Wie waar mag woon, is sedert die vorige eeu bepaal deur die Brits Koloniale regering van die Kaap wat vereis het dat elke transportakte moes stipuleer dat geen Kleurling die eiendom mag bewoon of huur nie. En die verblyfplek van Swartes is bepaal deur die 1913-Wet op Grondbesit van die Louis Botha-regering en die latere lokasiewette, wat in 1945 saamgevat is in die Naturelle (Stedelike Gebiede) Wet van die Smuts-regering, terwyl Indiërs se verblyfplekke bepaal is deur die 1947-Vaspenwet van die Smuts- regering. Dit is die wetlike apartheid waarby die Nasionale Party in 1948 aangesluit het. Maar al die apartheid mag nie “apartheid” genoem word nie; dit moet deur die vingers gesien word, sodat net die Afrikaans Nasionale Bewind (ANB) van “diskriminasie” aangekla kan word. Hoe sal ds. Van Staden in die lig hiervan die oortjie van apartheid by die kloutjie van Kommunisme kry?

Wat werk betref, is dit ’n Engelssprekende Minister, H W Sampson, wat in die twintigerjare die Wet op Myne en Bedryf wet deurgevoer het wat deur die latere VP-regering van genl Smuts gehandhaaf is en waardeur die grondslag gelê is vir werkreservering in Suid-Afrika.

Spioenasie reeds toegepas lank voor apartheid

Ds. Van Staden het dit ook oor veiligheidspolisie en spioenasie op die bevolking om apartheid te koppel aan Kommunisme. Maar hy weet blykbaar nie dat in die 1939-45-oorlog—“to make the world safe for democracy”— die Smuts-regering die “Waarheidsridders” gehad het om op die bevolking te spioeneer en mense na interneringskampe te laat stuur nie. En die “Special Branch” van daardie tyd het die latere Veiligheidspolisie geword. Dit was vir “democracy”, nie vir “apartheid” nie. En ’n toenmalige Minister van Justisie van die Smutsregering, dr. Colin Steyn, was ’n beskermheer van die “Friends of the Soviet Union”.

Persvryheid

Oor persvryheid en perssensuur kan ds. Van Staden by voorbeeld Mor­ris Broughton se Press and Politics in South Africa, Lindsay Smith se Be­hind the Press in South Africa en Ivor Benson se Meningsmouse lees om te sien wat werklike maar nie-amptelike perssensuur is. En in die Engelstalige wêreld is daar Herman Dinsmore se “All the news that fits”, “Lies, damned lies: Fleet Street exposed” deur Henry Potter en “Prejudice and the Press” deur Frank Hughes.

Omdat Suid-Afrika vanaf die sestigerjare in ’n oorlog teen Kommunisties-beheerde terroriste was, was daar uiteraard oorlogsmaatreëls, soos die Smuts-regering statutêre oorlogsmaatreëls in die veertigerjare gehad het en waarvan een by voorbeeld was dat die radiodiens geen Wagnermusiek mog uitsaai nie—’n enigsins matiger verbod as die van die Wilson-regering van die VSA in die Eerste Wêreldoorlog, wat die uitsending van alle Duitse musiek verbied het. Hieruit kan afgelei word wat van spraakvryheid oorgebly het in “die grootste demokrasie op aarde”. U sien, dit vra heelwat geduld en ruimte om die losse bewerings van ds. Van Staden enigsins in perspektief te kry, veral omdat ds. Van Staden soos die Tutu-kommissie die feit van die terroriste-oorlog ignoreer om die blaam op apartheid en gevolglik op die Afrikaners te plaas.

Musiek

Terwyl musiek ter sprake is, en dit uit bostaande verwysing na Duitse musiek duidelik is hoe belangrik dit geag word om ’n nasie te beïvloed, kan tegelyk kennis geneem word van ’n nuusitem oor die BBC op 19 Augustus 1994 om 1.45(vm). Dit het gelui: “Music has liberated South Africa and carried Mandela to power”. Dit is seker nie nodig nie om te sê na watter musiek verwys word wat die revolusionêre proses bevorder het. En dit is verreweg nie die enigste getuienis van die aard nie. Sou dit Kommunisties gewees het om, soos die Wilson-bewind in die VSA en die Smuts-regering in Suid-Afrika, sulke musiek aan bande te gelê het? ds. Van Staden het heelwat om oor na te dink.

Daar moet egter teruggekeer word na wat versweë maar ingeweef is in ds. Van Staden se betoog.

Dit is dat Afrikaners nie mag bly wat hulle was en is nie, maar moet verander deur wat hulle en hulle voorgeslag aan geglo het, nie net te verwerp nie, maar dit aktief te bestry as ’n euwel so erg soos die Kommunisme.

Die skynbaar onskuldige begrip “verandering” en die sosiale en sielkundige druk in die rigting is in die linkse metode van die liberalisme en Kommunisme ’n onmisbare strydinstrument. Die wyse Ortegay Gasset het treffende kommentaar in die verband gelewer in Man and Crisis. “Die mens wat homself is”, sê hy, “... laat hom nie wegkom van homself, laat homself ook nie vervreem of beheer tot wat hy nie is nie”. Daaraan voeg hy toe: “... die teenoorgestelde van homself te wees, is om in ’n staat van andersheid te wees, om rondgestoot en verward te wees... As ek dinge om my of die menings van ander toelaat om my te beïnvloed, hou ek op om myself te wees en ek ly aan andersheid, veranderdheid, verwardheid”. Dit is die toestand waarin baie politieke en kerklike leiers en akademici in Suid-Afrika hulle bevind. Hulle het opgehou om hulleself te wees en ly aan verwardheid.

Dieselfde reëls as vir ’n persoon, geld ook om ’n kerkgenootskap, ’n politieke party, ’n kultuurvereniging en ’n volk te omvorm tot iets anders. Om, soos ervaar is in Suid-Afrika, sekere Afrikaans-bemande politieke partye, Afrikaanse kerkgenootskappe en Afrikaanse akademici fundamenteel te verander, was al wat nodig was dat Afrikaners voortdurend en oor elke wesenlike strydvraag met betrekking tot rasseverhoudings op die beskuldigdebank gehou moes word en dat ’n gemoedstoestand, ’n dampkring, ’n skuldgevoel oor apartheid geskep moes word. In so ’n toestand moet opvattings daaroor dan in twyfel getrek word: alle waardes, beginsels, tradisies wat gehuldig is. Vanaf so ’n sosiale skeptisisme is die volgende stap om veroordelend teen ’n voorgeslag te wees, en dan is dit ’n klein treetjie om niks te respekteer nie, en te aanvaar dat voortdurende, nimmereindigende verandering van alles die grondliggende vereiste van samelewing is. Dit is die grondslag van die politiek van “verandering” en “hervorming”. En as dit begin by so ’ n fundamentele saak soos rasseverskille en rasseverhoudings in ’n samelewing soos die in Suid-Afrika en die Afrikanervolk se geskiedenis moet dit deur die hele sosiale weefsel vreet.

As niks blywends en duursaam is nie, is bygevolg niks geldigs bo betwyfeling en bo sekere veranderende sosiale toestande nie. As alle waardes en standaarde van moraliteit en gedrag aanhoudend bevraag, betwyfel, vernietig, vervang en omwentel moet word, word die sement in die samelewingstruktuur uitgevreet en word revolusie onstuitbaar. As alles bevraag, niks gerespekteer, alles verander moet word, dan is die slotsom noodwendig: ’n samelewing wat niks geldigs het, wat niks heilig ag nie, waar alles verander moet word, is verrot. Is die konsekwensie van ds. Van Staden se betoog nie eintlik nie dat die kerk en die Afrikanervolk moet verander soos hierin deur Ortega beskryf “deur die menings van ander hulle te laat beïnvloed en te ly aan andersheid, veranderdheid, verwardheid”.

Kerke loop agter linkse politiek aan

Die huidige openlike veroordeling van apartheid deur selfs Afrikaanse kerkgenootskappe na die omwenteling van die negentigerjare in SA is die noodwendige gevolg van die linkse aandrang op “verandering” vanaf die sestigerjare. Hulle ly reeds aan veranderheid en verwardheid. Maar die beskimpers en veroordelaars van apartheid sou nooit gewaag het om apartheid openlik aan te val nie voordat die verrotting van “verandering” voltooi was. Dit dui op die bedenklike linkse metode van die Afrikaanse liberaliste en Kommuniste om nie openlik en manmoedig ’n teenstander, soos by voorbeeld dr. Verwoerd, aan te val oor apartheid nie, maar in die skadu’s en die skemerte rond te sluip en agter maskers van “verandering” hulle ideologiese ondermyningswerk te doen om revolusie aan te wakker, en dan, soos tans, daarna voort te gaan om die geestelike revolusie te bevorder en byvoorbeeld apartheid as ’n ideologie te bestempel en dit gelyk te maak met Kommunisme.

In gesprek met die Dagbestuur van die NG Kerk se moderatuur is die lede gekonfronteer met hulle gepubliseerde standpunt in Kerk en Samelewing dat apartheid “’n etnosentriese basis gekry het en tot ’n ideologie uitgebou” (en daarom ’n sonde) is. Op die vraag: kan hulle min of meer ’n datum en ’n wyse noem waarop hierdie verandering van apartheid plaasgevind het? was daar volslae swye. Toe aan hulle die Nasionale Party se verkiesingsmanifes (die apartheidsmanifes) van 1948 voorgelees en gevra is wat aan apartheid toegevoeg of afgedoen is sedert 1948 waardeur dit “tot ’n ideologie uitgebou is”, was daar weer eens swye. En na beëindiging van die gesprek het een van hulle my na buite vergesel en gevra of hy ’n afdruk van die manifes kon maak, omdat hulle “nooit daaraan gedink het nie”. Soveel vir die insig en besonnendheid van Afrikaners wat leiding moet gee in ’n krisistyd en erken dat hulle uiters belangrike dogma voorskryf maar selfs elementêre kennis in verband daarmee nie het nie.

Die pogings om apartheid gebrandmerk te kry as “’n ideologie” is ’n berekende linkse taktiek om apartheid te vereenselwig met ’n stelsel wat die grootste menseslagting van alle tye meegebring, wêreldwyd revolusies met bloedige gevolge aangestig en as ’n verwoestende mislukking ineengestort het. Vandaar is die volgende stap dan om “die ideologie” van Kommunisme en van apartheid as ewe verwerplik te stigmatiseer, maar tegelyk die liberalistiese en Kommunistiese ideologie van menseregte en van gelykheid en broederskap nie aan te raak nie. Sodoende word onregstreeks die “fanciful speculation” van gelykheid van alle mense, anti-rassisme en anti-nasionalisme by implikasie tot voordeel van die Kommunistiese ideologie as aanvaarbaar aangedien.

Kommunisme vs Nasionalisme

Soos te wagte is die gelykmaking van apartheid met Kommunisme ook nie die einddoel nie. Die groot mag teen die Kommunisme is nasionalisme, soos die uitmekaarval van die Kommunistiese ryk nog onlangs bevestig het. Die strewe om apartheid as ’n ideologie verwerplik te maak, kan dus nie daar eindig nie. Dit moet deurgetrek word na die grondslae van volksbewustheid en nasionalisme self, soos vroeër hierin gestel aan die hand van die “fanciful speculation” van ds. Van Staden se Stellenbosse mede-teoloog, dr. Kinghorn.

Ds Van Staden se betoog kom daarop neer dat die Afrikanervolk deur verandering hom moet wegkeer van die opvattings van sy voorgeslag en hom dus ontanker van sy geskiedenis. Die Afrikanervolk moet verander deur apartheid as “’n ideologie” te bestempel, dit daarom met die Kommunisme te vereenselwig en dan dit met oortuiging te verwerp en te beveg, maar, ironies, die Kommunistiese ideologie van rassegelykheid, menseregte en anti-nasionalisme op die wyse bevorder.

Die uwe

JA MARAIS

U soek na?

  •  

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    _________

    HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1802 gaste aanlyn