VERWOERDMAAND

STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (26)

                                                                                             LW Bienedell

Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing

26 MEI 1948: “ONS HET ONS LAND WEER TERUG”

22 Mei 1998

‘The fabulous years’, het Financial Mail die jare 1960-66 beskryf. As dr. Verwoerd nog tot omstreeks 1970 kon regeer en dan opgevolg kon word deur iemand wat sy werk voortgesit het, sou die Afrikanervolk die dominante mag in Suider-Afrika, en Suid-Afrika tans ’n magtige nywerheidsreus gewees het. Dit is waartoe 26 Mei 1948 moes gelei het, maar die ontwikkeling is onderbreek en beëindig deur die moord op dr. Verwoerd en die opvolging deur John Vorster.... Jan Botha, ’n opponent van dr. Verwoerd, skryf in Verwoerd is dead: ‘The white people had been forced together in unity, the country was militarily strong and resilient, the police and security forces were effec­tively dealing with all attempts at subversion and infiltration, the country’s economy was dynamic, expanding and had become largely self-sufficient... in the history of South Africa his name will live forever as the leader who when his country was threatened with internal disorders and with economic sanctions, boycotts and aggression from overseas, stood as a sym­bol of defiance, and the will and determination to survive.’ Suid-Afrika was op pad om ’n magtige staat te word onder ’n Afrikanerregering”.

Die vyftigjarige herdenking van die Afrikaner-oorwinning van 26 Mei 1948 is tans ’n “traumatiese belewenis”. Want die grootheid en glans wat daaruit voortgevloei het, veral onder die skitterende leiding en voortreflike staatsbestuur van dr. HF Verwoerd, is omskep in ’n politieke puinhoop deur dieselfde party wat die 1948-oorwinning gelei het. Alles waarvoor ’n voorgeslag oorloë geveg en smart gely het, en alles wat die Afrikaans Nasionale Bewind (ANB) tot stand gebring het in die 18 jaar van 1948 tot 1966, is vernietig. En skande is gebring op ’n erenaam.

Woensdag, 26 Mei 1948 was die kulminasie van die vryheidstryd wat na die neerlegging van wapens in 1902 hervat is onder die inspirasie van die Bittereinders, soos pres. MT Steyn, genl. Christiaan de Wet, genl. JBM Hertzog en andere.

Dit het gaandeweg ’n stryd geword wat gekenmerk was deur die politieke leierskap van voormalige wapenstryders aan weerskante—die era van die generaals. Aan die spits enersyds was genl Louis Botha en genl. JC Smuts, andersyds genl. Barry Hertzog en genl. Christiaan de Wet, alvier voormalige strydmakkers, maar ná die oorlog skerp verdeeld in hul verskillende houdings teenoor die Britse geweldenaars: Botha en Smuts die voorstanders van “konsiliasie”—versoening—met die vyand en berusting in die verowerdheid; Hertzog en De Wet, daarenteen, nie te versoen met die onreg gepleeg deur die Britse aggressors en die verlies van die Boervolk se vryheid nie.

Hierdie onversoenlike politieke botsing het die geskiedenis van Suid-Afrika geslagtelank oorheers. Die verloop van die stryd het gewissel van die eenkant na die ander. Maar die Afrikaners het hulle siel almeer teruggevind in die stryd. Dus, in 1948 was die Afrikaans-nasionalistiese strewe saamgebal tot ’n staalvuis wat gestamp het teen die wêreldroem van genl. Smuts en die magte van die grootkapitaal wat agter hom gestaan het.

Die onreg wat Afrikaners onder die Smuts-bewind gely het tydens die Tweede Wêreldoorlog het in die gemoedere gesmeul. Die ontbering wat gely moes word ter wille van genl. Smuts se “war effort” het baie dinge ingesluit.

Kragtens oorlogsmaatreëls is Afrikaners se vuurwapens ingeroep en in die meeste gevalle nooit terugbesorg nie. ‘Waarheidsridders” het op Afrikaners gespioeneer en talle het in die interneringskampe beland op grond van geskinder en is nooit verhoor nie. Hulle gesinne het swaar gely.

DJ Opperman in Joernaal van Jorik roep iets van hierdie Afrikaner-verdrukking op in twee strofes:

“Wag ek op die perron of stap ek van my werk snags langs die strate, dan gee ek vinnig pad, want hulle kom; die wit, die bruin, die swart soldate.

Hul pluk my Eeufeesbaard en -snorhaar uit, hul klap my woorde terug weer in my mond, hul breek my drukperse, -masjien en ruit, ontslaan en tart my mense rond en bont.”

Sulke vemederings laat diep letsels.

Daar was ander kleiner dinge wat irriterend was: die bak van witbrood was byvoorbeeld verbode, en vrouens wat growwe meel gesif het en betrap is, was krimineel aangekla. Petrol kon net verkry word deur aanbieding van koepons wat toegeken is deur ’n burokraat op grond van ’n persoon se beraamde behoeftes. En daar was swaar straf vir misbruike hiervan. Aan die einde van bioskoopvertonings is “God save the King” gespeel, en as Afrikaners nie daarvoor op aandag gestaan het nie en uitgestap het, is hulle dikwels aangerand. Al hierdie onreg en irritasies het saamgetrek in ’n onvergenoegdheid en vatbaarheid vir betuiging van teenstand teen so ’n regering.

Die Afrikaners was egter in die vroeë veertigerjare polities erg verdeeld in die Herenigde Nasionale Party (HNP) van dr. DF Malan, die Nuwe Orde (NO) van adv. Oswald Pirow, Ben Schoeman se Volksparty, Klasie Havenga se Afrikanerparty (AP), Louis Weichardt se Gryshemde, en die Ossewa- Brandwag (OB) onder dr. Hans van Rensburg.

Die verdeeldheid het natuurlik ’n frustrerende uitwerking op politieke organisasie en aksie gehad. En die pogings om Afrikaner-eenheid in die politiek te bewerkstellig, het telkens misluk en net ’n neerslag van groter misnoegdheid gelaat. In die openbaar is heftig verskil in ’n kruis-en-dwars debat onder die HNP, die OB, die NO en ander.

Na die 1943-algemene verkiesing was die politieke speelveld egter aansienlik meer oop vir die HNP, maar organisatories was dit ’n opdraande stryd. Die meeste Afrikaners het dit ekonomies skraps gehad, want hulle het uit die depressie van die dertigerjare regstreeks in die oorlog van die veertigerjare beland; en in albei fases was dit hulle wat die hardste getref is. In die destydse Heidelberg-kiesafdeling het ek in 1943-44 saam met die merkwaardige latere senator TA Dönges gereis om die HNP-takke te herorganiseer in Leslie, Endicott, Eendrag (tans Leandra) en ander plekke. Die meeste mense wat by sulke vergaderings opgedaag het, was die twee huismense en een of ander buurman. Hulle het mekaar voorgestel en gesekondeer as voorsitter, sekretaris en addisionele lid. En dit is verbasend dat binne vyf jaar die HNP in Transvaal gegroei het tot ’n magtige party en daarna die grootste bydrae gelewer het om die politieke mag te verower.

Die meeste van die ander Afrikaanse politieke groepe was voortbrengsels van die Wêreldoorlog, en hulle kon na die oorlog nie die rede van hulle ontstaan oorleef nie. Hulle het nie opeens verdwyn nie, maar die lewenskrag was uit hulle; en stadig maar seker het hulle al dieper weggesink en die HNP as die enigste dominante Afrikaans nasionale beweging gelaat.

Parlementêre tussenverkiesings in die aanloop tot die 1948-verkiesing het die HNP bevoordeel en sy aansien laat groei. Daar was nie veel daarvan nie, maar teen die einde van die Wêreldoorlog en na afloop daarvan het die HNP verskeie setels van die Verenigde Party (VP) verower: Wakkerstroom in Mei 1944, Kimberley-Distrik in September 1945, Hottentots-Holland in Januarie 1947, en Wolmaransstad in Maart 1947.

Op die platteland was die skrif aan die muur vir die VP, maar aan die Rand in ’n kiesafdeling soos Langlaagte het die HNP in November 1947 nie eens ’n kandidaat gestel nie, terwyl hy net ses maande later in die algemene verkiesing daar amper 2 900 stemme gekry het. In Benoni in November 1947 het hy wel ’n kandidaat gestel, en net 139 stemme gekry, maar ses maande later (26 Mei 1948) het hy in die kiesafdeling meer as 2 400 stemme gekry.

Hierdie statistiek van Randse verkiesings dui op groot verskuiwings van kiesersteun in die aanloop tot 26 Mei. En daarvoor was die stryd van die mynwerkers onder aanvoering van dr. Albert Hertzog en Daan Ellis teen ’n korrupte bestuur van die Mynwerkersunie (MWU) grotendeels verantwoordelik, veral deur die wekelange staking van mynwerkers in 1947, wat met sterk politieke botone landwye belangstelling en meelewing ontlok het en ietwat later dramaties verhoog is deur die beëdigde verklaring van Jan Gleisner oor die Smuts-regering se diep betrokkenheid by die korrupte MWU- bestuur.

Ek was van 1946 tot 1948 in Nigel nie net ’n enigste loseerder by die kinderlose Ellis-egpaar nie, maar ook sekretaris van die HNP-tak waarvan hy die voorsitter was. Ek het die mynwerkerstryd dus van naby beleef en die uitwerking daarvan op die HNP sigbaar waargeneem.

Twee gebeurtenisse wat die HNP in die aanloop na 26 Mei 1948 beslis bevoordeel het, was die mynwerkersaksie aan die Rand, en die verkiesingsooreenkoms tussen dr. DF Malan, leier van die HNP, en Klasie Havenga, leier van die AP. Havenga se party het min om die lyf gehad, maar hy het as voormalige Minister van Finansies ’n naam gehad in die openbare lewe, en daarnaas het sy deelname aan die ooreenkoms die deur geopen vir OB-lede om deur ’n polities onlogiese kitslidmaatskap van die AP tot die verkiesing toe te tree.

Die ooreenkoms het die HNP-AP in sekere kolle in Suid-Afrika getalsgewys ’n redelike bydrae laat lewer, want heelwat setels is met geringe meerderhede deur die HNP gewen, maar in die geheel was die bydrae beperk. In die Nigel-kiesafdeling het daar as gevolg van die ooreenkoms nie ’n enkele nuwe werkkrag uit die AP-OB-geledere toegetree nie. En ek het met enkele OB-manne te doen gekry wat selfs ná die ooreenkoms geweier het om vir die HNP-kandidaat te stem, so diep was die emosionele neerslag van die onderlinge Afrikaner-rusies. Dr. Van Rensburg, leier van die OB, was so verbitterd teen dr. Verwoerd dat hy geweier het om Die Transvaler, waarvan dr. Verwoerd die redakteur was, in sy hand te neem.

Die verkiesingsooreenkoms tussen die HNP en die AP was dus vol stekelighede, en dit was teen die sin van leidende figure in die HNP. Adv. JG Strijdom en dr. Verwoerd was byvoorbeeld daarteen gekant. Hulle het geredeneer dat die AP ’n onbeduidende politieke party was, met geen duidelike beginselgrondslag nie, bitter weinig struktuur en min oorlewingskrag. Strijdom en Verwoerd was teen die OB-mense wat vroeër gekant was teen party-politiek, maar uit opportunisme die party-politiek deur middel van die AP wou gebruik om weer ’n aandeel in die stryd te kry.

Adv. Strijdom en dr. Verwoerd het gemeen dat die HNP sterk genoeg was om die VP in die verkiesing aan te durf. En as hy die VP nie sou verslaan nie, sou ’n VP-oorwinning so skraal gewees het dat hy nie effektief sou kon regeer nie en kort daarna gedwing sou gewees het om weer ’n algemene verkiesing uit te skryf; en dan sou hy ongetwyfeld verslaan kon word.

Agter hulle rugge is daar egter gekonkel om die verkiesingsooreenkoms deurgevoer te kry. Dit was ’n opportunistiese skuif waarby langtermyn oorwegings ingeboet is vir onmiddellike voordele. Die prys wat uiteindelik daarvoor betaal is, was verraad van alles waarvoor die Nasionale Party gestaan en waaraan Strijdom en Verwoerd hulle lewens gegee het.

Vorster, die oud-OB-generaal het langs dié weg in die NP gekom en hy het die instrument geword waardeur die proses van verandering en verraad in die NP aangeskakel is na die moord op dr. Verwoerd.

Behalwe die party-politieke verwikkelings en beroering in die vakbonde was daar egter verskeie ander faktore wat in die tyd bygedra het tot die groeiende Afrikaans nasionale bewussyn: die gees van Afrikaanse onderwysers wat uit die Afrikaanse tersiêre inrigtings gekom het; die dampkring van volksbewustheid wat die Afrikaner-Broederbond en ander kultuurorganisasies geskep het; en net so belangrik, die opkoms van die Dertigers in die Afrikaanse literatuur, met NP van Wyk Louw en sy broer, WEG, aan die spits, waardeur ’n behaaglikheid gevoel is weens deelgenootskap aan die klinkende seggenskrag van die Afrikaanse taal. Daarby was daar die meevoerende 1938-Ossewatrek ter herdenking van die Groot Trek, die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument, die verskyning van die FAK- sangbundel, die oprigting van die Reddingsdaadbond, die herlewing van volkspele en nog heelwat. Dit was ’n stuwende proses van Afrikanerkrag-ontplooiing, ’n aanskouingsles in wat later “metapolitiek” genoem is, dit wil sê ’n omvattende kulturele strewe as die onderbou van ’n politieke magstryd, wat in strakke teenstelling is met die ANC-SAKP se magsverowering deur buitelandse hulp en Afrikanerverraad, soos die onthulling van die IDASA- komplot onbetwisbaar bewys het.

Die oorwinning van die HNP-AP-alliansie sou by al die bevorderlike ontwikkelings in Afrikanergeledere nie moontlik gewees het nie as dit nie was weens die sterk organisasie wat die HNP in veral Transvaal onder adv. JG Strijdom se leiding opgebou het nie. As daar een persoon uitgesonder moet word aan wie se werk die 1948-oorwinning te danke was, is dit Strijdom.

Transvaal het in die 1943-algemene verkiesings net 11 setels gewen. Maar vyf jaar later het hy 32 gehaal, plus vier wat present aan die AP-OB- kombinasie afgestaan is. Sonder hierdie Transvaalse stoot sou daar nie ’n oorwinning gewees het nie, want in Kaapland het die VP nog 27 setels gehad teen die HNP se 26; in die Vrystaat is geen setels tot die HNP se getal toegevoeg nie; en in Noord-Natal is drie toegevoeg deur een HNP en twee AP-setels. By die 36 Transvaalse setels van die HNP-AP was daar agt Randse kiesafdelings ingesluit, waarvan ses nuwe winste was, hoofsaaklik weens die mynwerkers se steun.

Die HNP het bitter min Engelse steun gekry, hoewel hy hard probeer het en selfs kortstondig ’n Engelse blad, New Era in Johannesburg uitgegee het. Die Wêreldoorlog het ’n kloof geslaan in die sentimente van Afrikaners en Engelse. Die politieke samewerking van Afrikaners en Engelse wat deur die samesmelting van die destydse NP en die SAP in 1934 bewerkstellig is, is op ruwe wyse versteur deur die uitbreek van die oorlog in 1939 en die Britse deelname daaraan, wat die Engelse “establishment” in Suid-Afrika onmiddellik emosioneel aan Britse kant in die oorlog betrek het, terwyl Afrikaners niks met Britse belange te doen wou hê nie.

Die politieke leiding van die Afrikaners wat teen en buite die oorlog gebly het, het spoedig daartoe gelei dat op allerlei terreine verdeeldheid tussen Afrikaners en Engelse geaksentueer is. Op sportgebied is daar duidelike grense getrek. In Johannesburg het byvoorbeeld die Diggers-rugbyklub die Afrikanerklub geword teen die Engelse Wanderers en Pirates. Afrikaanse hoërskole aan die Rand, van Monument in die weste tot Hugenote en Heidel­berg Volkskool in die ooste, het hulle eie atletiek- en rugbykompetisies gehou. Daar was ’n kulturele afgeslotenheid tussen Afrikaners en Engelse, en dit was voor 1948 onmoontlik om die kors van Engelse vooringenomenheid teen Afrikaners te breek. Die Engelse steun was boonop nog versterk deur die konstitusionele posisie dat enige “Britse onderdaan” in Suid-Afrika kon stem. En daar was baie Engelse immigrante wat ondanks ’n kort verblyf in Suid-Afrika kon stem. Daar was nog nie ’n Suid-Afrikaanse burgerskap nie. Selfs Royal Air Force-vlieëniers wat na die oorlog agtergebly het, was stemgeregtig.

Dit het wel soms onverwagte resultate opgelewer. Ek en ander het die myndorpe in die kiesafdeling ook “gewerf”. En waar Suid-Afrikaanse Engelse aangetref is, was hulle houding sterk afwysend tot bitter vyandig teen die HNP. Maar by verskeie Engelse en Skotse immigrante het ons nie net belangstelling gekry nie, maar ook positiewe steun op grond van die apartheidsbeleid.

Min mense het ’n HNP-oorwinning verwag. ’n Bevriende Afrikaner-egpaar by wie ek soms aangegaan het na ’n ronde huisbesoek, was ’n redelike maatstaf van wat Afrikaners gedink het. Die man was ’n Broederbond-lid. Hy was nie openlik skepties oor organisasiewerk vir die HNP nie, hy het geen blyke van meelewing getoon nie, maar sy vrou het onbeskroomd laat blyk dat sy dink dis tydmors: “Die Nattes is te swak teen die Smutsregering.” Hierdie gesindheid het daartoe bygedra dat bitter min mense aktief deelgeneem het aan die huis-tot-huis-besoeke en persoonlike beïnvloeding van kiesers. In die hele Nigel-dorp was daar hoogstens vier of vyf aktiewe werwers. Die res het op vergaderings saamgepraat.

Toe die verkiesing verby en die oorwinning behaal was, was daar baie feesvierders wat nooit ’n steek organisasiewerk gedoen het nie. Maar dit was opvallend hoe na so ’n klimaks die politieke tempo op plaaslike vlak dadelik verslap het. Maandelank nadat die los punte van die na-verkiesingstyd behandel was, was daar nie ’n agenda vir ’n vergadering nie. Die vooruitsig van die provinsiale algemene verkiesings in 1949 het die belangstelling in ’n mate aangewakker, maar die gees van Mei 1948 was eenmalig. Dit kon nie herhaal word nie. Die ANC-SAKP het tans met die sindroom te maak. Na 27 April 1994 kon hulle nie weer die kwik van geesdrif opgedruk kry en ondersteuners probeer opwen nie.

Die dag na 26 Mei in die laat namiddag het die uitslag van Ermelo gekom, waar dr. Albert Hertzog met net minder as 1000 stemme gewen het. Dit het my uit die vermoeidheid van die opwinding en min slaap van die vorige paar dae gehaal. Dit was duidelik dat daar groot drama gewag het. Ek het ’n paar maats gebel, drank bestel en ons het ons aan die gasvryheid van Johan en Alet Koorts opgedring.

Die gunstige uitslae wat van tyd tot tyd aangekondig is oor die radio, het die gees hoog gehou, maar daar was net een uitslag wat ons wou hoor: Standerton, waar genl. Jan Smuts teen Wennie du Plessis gestaan het. Die aankondiging van daardie HNP-meerderheid van 224 is teen omstreeks half- tien met ongedempte gejuig ontvang in tientalle huise in die omgewing en honderde ander in die dorp. Die slag was gelewer. Vir ons jeugdigheid was dit genoeg.

Ons het ons nie rekenskap gegee van die volle betekenis van die verkiesingsoorwinning nie, maar vir meer besonne mense was dit die volbrenging van iets wat meer as veertig jaar lank gekoester is in die harte van Afrikaners wat die verlore vryheid wou terughê. My vader en baie ander oudstryders het nog gelewe om die behae mee te maak.

Op 26 Mei 1948 is die Vredesverdrag van Vereeniging simbolies opgeskeur. “At last we got our country back” is die titel van ’n hoofstuk in die boek met dieselfde titel deur die voormalige redakteur van die Natal Witness, GH Calpin. Hy haal aan hoe Winston Churchill oor die Anglo- Boereoorlog gesê het: “The issue of this war is whether South Africa is to be a British country or a Boer country.”

Op 26 Mei het Suid-Afrika Boereland geword deur die volharding van die nasate van die Bittereinders wat geweier het om te berus in die onreg teen hulle volk en onderworpenheid aan Britse oorheersing.

Vir iemand wat daardie geskiedenis van naby beleef en ervaar het hoe die Engelse pers ná die verkiesing ’n golf van haat en venyn op die nuwe regering losgelaat het, is dit openbarend om te sien hoe dieselfde pers ná die 1994-verkiesing die nuwe ANC-SAKP-bewind beskerm en bewierook. Die verklaring is nie ver te haal nie: uit die Engelse wêreld is die “Boer War” nog nooit gestaak nie. Die stryd teen Afrikanernasionalisme na 1948 was ’n oorlog met ander middels om Britse oorheersing oor die Afrikanervolk te herstel. En in 1994 is ’n soort swart Engelse falanks gebruik om volgens kommunistiese voorskrif die Afrikaners se politieke mag te breek.

Een van die belangrike feite in verband met die politieke geskiedenis van die tyd is dat twee optredes van Afrikaans nasionale kant beslissend was. En die beginsels daarvan het tans weer toepaslikheid. Die een was die besluit om buite die samesmelting van 1934 te bly en die stryd van Afrikanernasionalisme van buite die soort “eenheid” voort te sit. Die tweede was die besluit om buite Brittanje se oorlog van 1939-45 te bly en Afrikanernasionalisme in ’n byna geslotenheid te bevorder.

Vir die optredes moes baie ontbeer word, maar oor die langtermyn beskou, was dit die voorwaardes vir die oorwinning van 26 Mei 1948, republiekwording in 1961 en verbreking van bande met die Britse Statebond. Dit het Suid-Afrika die eerste maal onder ’n algehele Afrikanerregering gestel en die grondslag gelê vir die mees doeltreffende ontwikkeling wat Suid- Afrika ooit beleef het. “The fabulous years”, het Financial Mail die jare 1960-66 beskryf.

Afrikaners was onder dr. HF Verwoerd se leiding verenigd soos nooit tevore nie, en Engelssprekendes het hulle in hul witmanskap al meer vereenselwig met Afrikaners teen die Britse druk op Blanke gemeenskappe in Afrika om te swig voor die kommunistiese eis van een mens, een stem.

Jan Botha, ’n opponent van dr. Verwoerd, skryf in Verwoerd is dead: “The white people had been forced together in unity, the country was militarily strong and resilient, the police and security forces were effec­tively dealing with all attempts at subversion and infiltration, the country’s economy was dynamic, expanding and had become largely self-sufficient... in the history of South Africa his name will live forever as the leader who when his country was threatened with internal disorders and with economic sanctions, boycotts and aggression from overseas, stood as a sym­bol of defiance, and the will and determination to survive.” Suid-Afrika was op pad om ’n magtige staat te word onder ’n Afrikanerregering.

As dr. Verwoerd nog tot omstreeks 1970 kon regeer en dan opgevolg kon word deur iemand wat sy werk voortgesit het, sou die Afrikanervolk die dominante mag in Suider-Afrika, en Suid-Afrika tans ’n magtige nywerheidsreus gewees het. Dit is waartoe 26 Mei 1948 moes gelei het, maar die ontwikkeling is onderbreek en beëindig deur die moord op dr. Verwoerd en die opvolging deur John Vorster.

Die geskiedenis van daardie jare is oop vir belangwekkende bespiegeling. Vorster is volgens die verkiesingsooreenkoms as OB-offisier in 1948 deur die HNP afgekeur as kandidaat van die AP. Hy het as onafhanklike in Brakpan gestaan en met twee stemme verloor teen die latere minister, Alf Trollip. Maar met die eenwording van die HNP en die AP in 1951 het Vorster deur lidmaatskap van die AP ’n lid van die NP geword (NP was toe die herstelde naam), en hy is in 1953 as NP-kandidaat verkies tot Volksraadslid vir Nigel. Dr. Verwoerd het hom in 1959 bevorder tot adjunk-minister, en in 1961 tot Minister van Justisie, waar hy onder dr. Verwoerd suksesvol was om die kommunistiese aanslag teen te gaan.

Daar is omstandigheidsgetuienis dat Vorster op een of ander wyse te maak gehad het met die moord op dr. Verwoerd. As alles anders buite rekening gelaat word, is die enkele veelseggende feit wat soos ’n paal bo water staan dat hy as Minister van Justisie op die dag van die moord ’n verklaring uitgereik het dat daar geen medepligtiges by die moord was nie.

So ’n verklaring kon natuurlik geen begronding gehad het nie, omdat daar in die stadium nog geen sprake van ’n ondersoek na die moord kon gewees het nie. Dit was klaarblyklik bedoel om sekere spore dood te vee, soos sy eenman-kommissie se ondersoek met geslote deure daamabevestig het in seker die onbeduidendste verslaggie wat oor ’n saak van die grootste historiese belang uitgebring is om Vorster se storie te onderskryf.

Die geskiedenis is belangwekkend, omdat dit aanleiding gee tot bespiegeling oor die prys wat die Afrikanervolk en Suid-Afrika betaal het vir die Nasionale Party se foute. Langs welke weg Vorster by die agterdeur ingeglip en as weinig meer dan ’n welsprekende en gladde debatteerder na bo gestyg en ’n onopgewasse en kleingeestige opvolger geword het van dr. Verwoerd, van die moord op wie hy beslis nie sonder blaam was nie, en as ’n bedrewe politieke manipuleerder waarskynlik ’n aandeel in gehad het. Sy ondememing: “My pad sal die pad van Hendrik Verwoerd wees” en sy ommeswaai kort daarna in die teenoorgestelde rigting was die eerste stap om na die moord op dr. Verwoord alles te vermoor waarvoor dr. Verwoerd gestaan het. Dat daar tussen die moord op dr. Verwoerd en die moord op sy beleid ’n onmiskenbare verband is, behoef nie ’n betoog nie.

Die uitgerekte moord op dr. Verwoerd se politieke nalatenskap het tegelyk die lewe gedwing uit die Nasionale Party totdat uiteindelik net die leë dop van ’n naam oorgebly het.

Wat in 1948 gekoop is met die verkiesingsooreenkoms, is uiteindelik met ’n baie hoë prys betaal. Dit is selfs nie uitgesluit nie en bespiegel dat die verkiesingsooreenkoms, waarteen dr. Verwoerd was, uiteindelik sy lewe en die van die Nasionale Party gekos het; en nog veel erger, die lewe van die Afrikanervolk “onomkeerbaar” op die spel geplaas het.

By die vyftigste herdenking van die sege van 26 Mei 1948 en die voorafgaande en daaropvolgende verwikkelings, moet die les van hierdie geskiedenis nie verontagsaam word nie. As jy nie uit die geskiedenis leer nie, het ’n Griekse wysgeer gesê, word jy gevonnis om dit weer te beleef.

Wat uiteindelik rondom 26 Mei 1948 vasstaan, is die hoofstuk van politieke heldedom wat geskryf is deur die manne en vroue wat op twee dramatiese historiese momente nee gesê het—nee vir samesmelting van Nat en Sap in 1934, en nee vir oorlog ter wille van Brittanje in 1939. En toe die stryd van buite voortgesit het teen oënskynlike oormagte. Deur geloof, moed en volharding soos die Bittereinders tevore, het hulle ’n sage van eer tot die Afrikanergeskiedenis toegevoeg.

Waar die Slag van Majuba erken word as die hoogtepunt van die vryheidstryd van die 1877-81-periode om die Engelse juk af te gooi van Transvaal, was die slag van 26 Mei 1948 die hoogtepunt van die vryheidstryd wat deur die Bittereinders hervat is na die Vrede van Vereeniging en twee geslagtelank voortgesit is om die land ons land te maak.

Die les van 26 Mei 1948 is duidelik: bly buite die bestel of maneuver waarin beginsel en ideale gekompromitteer moet word. Die mense van 1934 het hulle party prysgegee, maar 14 jaar later het hulle ’n land en hulle volk se vryheid gewen.

Opsoek na inligting?

  • VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD


    __________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Dr Verwoerd het gesê skeiding beoog volle kanse vir almal op woongebied, landgebied en lewensterrein binne elkeen se eie rassegemeenskap tot elkeen se voorspoed, tevredenheid en beskerming. Hy stel sy beste werkkrag, geesteskrag, elke oomblik van sy lewe, tot beskikking.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1309 gaste aanlyn