NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons moenie dink dat ons kinders outomaties in ons geloofspore trap nie – gelowige ouers het 'n groot verantwoordelikheid om hulle kinders met opoffering in die HERE se weë op te voed. Dit laat mens wonder hoeveel moeite die geliefde Koningskind, Dawid, met sy seun Agas gedoen het – Agas het die hele volk gelei om afgode te aanbid en is bitterlik swaar deur God gestraf.

STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (28)

                                                                            LW Bienedell

Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing

DAAR WaS POLITIEKE PARTYE IN DIE ZAR IN DIE TYD VAN PAUL KRUGER

25 September 1998

Die afgelope tyd word ’n ou misleidende argument onder sekere volksgenote versprei oor die politieke bedeling in die tydperk van pres Paul Kruger se regering voor die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog (1883-1899). In ’n onlangse dokument wat onder die naam “Volksoorsig” sonder enige aanduiding van die outeur versprei is, word hierdie ou misleiding weer hervat. Afrikaners word aangemoedig om hulself te wend tot “volkspolitiek” omdat politieke partye glo net ellende vir die volk gebring het. Die skrywer maak die stelling sonder enige uitsondering en sluit alle politieke partye in. Mnr. Jaap Marais, leier van die HNP, het ’n dokument saamgestel waarin die argumente in die “Volksoorsig” behandel word. In die stuk bespreek mnr. Marais die era van Paul Kruger as president van die ZAR en die misleiding in sommige argumente wat beweer dat daar algehele politieke “eenheid” was onder Afrikaners in daardie era.

OPE BRIEF

Die Naamlose Uitgewer Volksoorsig

Adres Onvermeld en Onbekend Prof/dr/mnr/me

WAS DAAR POLITIEKE PARTYE VOOR EN IN PRES KRUGER SE TYD?

Daar is lanklaas soveel politieke oppervlakkigheid kwytgeraak oor die betekenis en rol van politieke partye as volksverdelende magte en belemmerende faktore in die strewe na eenheid of eendrag, dan in ’n pamfletagtige publikasie, getiteld “Volksoorsig”, Jaargang 4, Uitgawe 4 van Augustus 1998, wat sonder enige aanduiding van uitgewer, of ander teken van herkoms, rondgang langs ’n geslote baan vind en derhalwe lyk na die mondstuk van ’n geheime of “vertroulike” organisasie.

Die “Uitgawe no 4” gaan hoofsaaklik oor die voorgenome 1999- verkiesing en is afwysend teen deelname daaraan, maar op ’n snaakse grondslag. Daar is geen beginselstandpunt teen deelname nie. En sommer vroeg in die betoog word aangeknoop by die KP se storie dat die volk moet verenig in ’n stembus-aksie vir selfbeskikking, wat egter met beslistheid teengestaan word. Maar dan word onmiddellik afgetak na ’n langgerekte betoog teen politieke partye se “verdelende rol”, met verwysing na die voormalige Boererepublieke, waarin daar dan ’n afwesigheid van politieke partye en gevolglik volkseenheid sou gewees het.

“In die tyd van die twee Boererepublieke”, lui dit, “was daar nie politieke partye nie; en daarom was die volk ook nie so ernstig verdeeld dat dit oorgespoel het na die kultuur en kerklike strukture nie”. (Nadruk toegevoeg). Dit is opmerklik dat die skrywer verdeeldheid erken, maar dan te kenne gee dat dit nie “so ernstig” was nie.

Dit is egter ’n slegte vergissing of ’n poging tot misleiding van sy lesers. Oor dié dinge is daar gesaghebbende getuienis, veral dr. J Albert Coetzee se Nasieskap en Politieke Groepering in Suid-Afrika. Hy haal ’n stuk uit Land en Volk in die agtien-negentigerjare aan, waarin dit gestel is “dat die Kruger- en konserwatiewe party (let wel: ‘party’) saamgestel is ‘uit de leden der enkel Gereformeerde en Hervormde kerk en de Hollanders. De Joubert- of Progressieve Party (weer eens: ‘party’) is hoofdzakelik samengesteld uit de leden der Vereenigde Kerk, Kaap Kolonisten, Vrystaters en gematigde Uitlanders (uitgenomen Hollanders)...”

Nie net kom die kerklike verdeeldheid onder Afrikaners uit die dae van die Boererepublieke nie, maar, anders as wat die skrywer van " Volksoorsig ” uit onkunde of met misleidende opset beweer, het kerklike en politieke verdeeldheid oorvleuel en mekaar wedersyds beïnvloed, soos uit bostaande aanhaling duidelik blyk.

Politieke verdeeldheid in die Noorde het al begin met die Andries H Potgieter- Andries Pretorius-onenigheid. Coetzee noem dit “’n Oostelike teen ’n Westelike” party, laasgenoemde met ’n sterker neiging tot afskeiding van Britse gesag teenoor die Oostelikes se denkbeeld van selfbestuur onder Britse gesag. Die latere Volksraadparty rondom J J Burgers het hom met Potgieter vereenselwig.

Nog later is die verskille voortgesit deur die nakomelinge van die twee Voortrekkerleiers. En die Volksraadparty se sentrale figuur het ’n sekere Bührman geword. Na die tweede Potgieter se dood het Stephanus Schoeman die toonaangewende man in die groep geword, en die Lydenburg-republiek het met die toedoen van die Volksraadparty tot stand gekom as gevolg van die politieke verdeeldheid. En die verdeeldheid het so verskerp dat daar wapengeweld uitgebreek het tussen “die staatsleer” van Kruger en “die Volksleer” van Schoeman.

Dat sekere Afrikaners, soos in “Volksoorsig ”, politieke oordele uitspreek wat nie net die historiese werklikheid misken nie, maar dit ook verdraai om ’n debatspuntjie te wen, is laakbaar in ’n tyd soos dié waarin daar reeds ’n oorvloed van misleiding en verwarring is.

Die name van die lede en ondersteuners van die Piet Joubert-party teen die Kruger-party is belangwekkend. Coetzee verstrek hulle nie in sy werk nie, maar C T Gordon in The Growth of Boer Opposition to Kruger 1890-95 verstrek ’n taamlike lys, waaronder (die latere genl) Lukas Meyer, Jan F Celliers (die digter), Schalk Burger (later waarnemende president), Louis Esselen, (die latere genl) Louis Botha, en na 1893 ook (die latere genl) J H de la Rey. En soos bekend was Eugene Marais as redakteur van Land en Volk aan die kant van hierdie groep, wat as die Progressiewe Party bekend gestaan het. Teen 1893 was so wat een-derde van die Volksraad Progressiewe Party-manne. Die verdeeldheid was eintlik tussen ’n konserwatiewe en ’n liberale groep, waarvan die spore regdeur die latere politieke geskiedenis loop.

Wat mense op ’n dwaalspoor plaas en sulke misvattings laat maak, soos: “Party-politieke organisasies het nooit bestaan in die ou Boererepublieke nie”, is dat Kruger nie “’n party” gehad het nie nadat hy president geword het. Hy het dit nie nodig gehad nie, want die staat was die politieke instru­ment waardeur hy gewerk het. Maar as hy byvoorbeeld in 1893 die verkiesing sou verloor het wat hy met minder as 900 teen Joubert gewen en dus in opposisie tot Joubert sou beiand het, sou Kruger uiteraard, net soos Joubert- hulle verplig gewees het om ’n politieke party op die been te bring, al sou dit nie as “’n party” bekend gestaan het nie.

Dit is nie nodig dat ’n politieke party die woord “party” as deel van sy naam moet hê nie. Die Nasionale Party kon net sowel die Nasionale Front of die Nasionale Bond geheet het. En die Suid-Afrikaanse Party van genl Botha en Smuts kon net sowel die Suid-Afrikaanse Eenheidsbeweging gewees het. Eweneens kon die Nasionale Party die Hertzog-party geheet het teen die Botha-party.

Dit is ’n illusie dat politieke partye verdeeldheid veroorsaak. Politieke partye ontstaan op verdeeldhede wat reeds tot stand gekom het oor wesenlike strydvrae weens verskillende uitgangspunte, beginsels en beskouings van toonaangewende openbare figure, soos die Kruger-Joubert-stryd alle tekens toon.

Let wel: (In ’n volgende aflewering sal bewerings behandel word, soos byvoorbeeld “Politieke partye wat dink hulle kan ’n volk tot hegte eenheid lei, leef in ’n droomwereld”; en:”Die Boerevolk moet herenig word buite die politieke arena... en: “Dit is immers politieke partye wat veroorsaak het dat die Boerevolk sy vryheid in sy eie land verloor het”; en: “Wat het politici verrig in die afgelope vier jaar? Niks. Net mooi niks”. (Die klem op “die afgelope vier jaar” is natuurlik belangrik)...)

JA Marais Leier van die HNP

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

  •                                                                        ______________

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel

    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

APARTHEID:

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 952 gaste aanlyn