Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Vrede word nie in raadsale of deur ooreenkomste gesluit nie. Vrede is ook nie iets waarvoor jy wens nie. Vrede kom uit die harte van mense. Dit is iets wat jy maak, wat jy doen, iets wat jy is en wat jy weggee.

STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (29)

                                                     LW Bienedell

Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing

POLITIEKE PARTYE EN VOLKSEENHEID

16 Oktober 1998

In die blaadjie, Volksoorsig, Jaargang 4, Nommer 4 waarna vroeër verwys is en waarvan die uitgewer naamloos, gesigloos en adresloos is, word heelwat drukte gemaak van die “verdelende rol” van party-politiek. Onder andere word beweer: “Volksbewegings het telkens tot stand gekom deur kultuurbedrywighede wanneer die politieke arena sodanig was dat hereniging nie bewerkstellig kon word deur politici nie”. Dit is natuurlik ’n wilde bewering, met nêrens selfs ’n sweem van ’n ernstige poging om dit histories te verantwoord nie. En dan word nogal gesê: “Volksbewegings het telkens tot stand gekom”. Die enigste voorbeelde wat genoem word, is die 1938- Simboliese Ossewatrek en die Groot Trek 150 van 1988, wat in geen opsig toepaslik is nie.

Oor die 1938-Simboliese Ossewatrek word in “Volksoorsig” beweer: “Dit was die voorspel tot die hereniging op politieke gebied wat die 1948-verkiesing voorafgegaan het”. Groter misvatting en wanvoorstelling is kwalik denkbaar. Tussen 1938 en 1948 lê juis die tydperk van die grootste Afrikaner-verdeeldheid.

Verbrokkeling en een wording

Eers was daar as gevolg van die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog in 1939 die verdeeldheid van Afrikaners wat onder genl Hertzog en genl Smuts saam in die Verenigde Party was. Toe was daar ’n kortstondige hereniging van Afrikaners onder genl Hertzog en dr. DF Malan. Daarna volg die verbrokkeling in die Herenigde Nasionale Party (HNP), die Nuwe Orde, die Gryshemde, die Volksparty, die Afrikanerparty en die Ossewa- Brandwag (OB). Dit was, anders as wat in Volksoorsig beweer word, die HNP onder dr. Malan wat in 1947 met die Afrikanerparty van mnr Klasie Havenga ’n party-politieke verkiesingsooreenkoms aangegaan het wat die pad na die politieke oorwinning van 1948 gebaan het. Daaruit het juis onder party-politieke leiding algaande groter Afrikanereenheid ontwikkel totdat onder dr. HF Verwoerd se politieke leiding die grootste Afrikanereenheid in ons geskiedenis bereik is. Dit was ook in hierdie eeu die enigste hegte Afrikanereenheid wat daar was. En dit het uit party-politiek gegroei.

Vorster sê ook: partye verdeel ’n volk

Die Ossewa-Brandwag, wat as ’n kultuurbeweging begin het, het onder dr. JFJ van Rensburg hom die rol aangematig om die Afrikaans-Nasionale politieke partye te vervang, en het gevolglik in botsing gekom met die destydse HNP op beginselgronde. Want die OB-leiding was in sy politieke uitgangspunte sterk geneigd tot Duitse aanhanklikheid en vereenselwiging met die Nasionaal-Sosialistiese stelsel, derhalwe minder Christelik Nasionaal as die HNP. Die ironie is dat die OB wat as ’n kultuurbeweging ’n volksverenigende rol moes speel, ’n volksverdelende faktor geword en vinnig steun verloor het. Die oorblywende brok het later deur die agterdeur van die Afrikanerparty weer in 1948 tot die party-politiek toegetree en party-polities bygedra tot die 1948-oorwinning.

Vir die huidige bespreking rondom Volksoorsig se bewerings in verband met die beweerde verdelende rol van politieke partye is dit interessant om te kyk na wat in die onstuimige veertigerjare byvoorbeeld van OB-kant daaroor gesê is. “ ’n Stem vir ’n party, is ’n stem vir verdeeldheid” is gesê. “Partye verdeel ’n volk ”—letterlik dieselfde as wat nou weer gesê word. En wie was die spreker? Die OB-generaal Balthazar Johannes Vorster, wat nieteenstaande hierdie uitlating, enkele jare later na die party-politiek teruggekruip en onder dekking van die AP se eenwording met die Herenigde Nasionale Party (HNP) in die party-politiek gekom het.

Vorster se rol

Hy is goed behandel deur dr. Verwoerd. Maar in September 1966 het hy waarskynlik ’n belangrike aandeel in die sluipmoord op dr. Verwoerd gehad en toe in die vermoorde leier se plek leier van die NP geword. Hy het, as politieke leier, die grootste Afrikanereenheid geërf. En al wat hy moes doen, was om dr. Verwoerd se beleid voort te sit, soos hy dan ook na sy verkiesing tot leier gesê het. “My pad”, was sy woorde, “sal die pad van Hendrik Verwoerd wees. ” Maar skaamteloos, troueloos en eerloos het hy net daama begin om in die teenoorgestelde rigting te beweeg, die nalatenskap van dr. Verwoerd te vertrap, en die Afrikanervolk te verdeel en te ontmagtig.

Vorster het as voormalige vyand van die party-politiek nie net die grondslag gelê vir die latere magsoordrag aan ’n Swart Kommunistiese regering nie, maar ook vir die grootste verdeeldheid van die Afrikanervolk — ’n volksverraaier en volksverdeler wat langs die weg van ’n kultuurbeweging tot sy infame en verderflike politieke rol gekom het. Nou is daar Afrikaners wat letterlik woord-vir-woord herhaal wat Vorster gesê het: “Partye verdeel ’n volk”. Hier sien ’n mens op sy duidelikste hoe die geskiedenis homself herhaal. En ’n mens ys dat daar uit die onverantwoordelike praatjies ’n tweede Vorster via ’n kultuurbeweging na vore kan kom.

Groot Trek 150 en die KP

Dit, wat betref die onsinnige bewering as sou die Simboliese Ossewatrek van 1938 “die voorspel tot die hereniging op politieke gebied” gewees het. Dit bly nog oor om te handel met die bewering oor Groot Trek 150 (GT 150) wat volgens die naamlose skrywer “ ’n sterk invloed uitgeoefen het op die verstewiging van die KP se situasie na 1988 tot en met 1993” — asof dit enigsins ’n bydrae tot volkseenheid en volksversterking was.

Die implikasie hiervan is klaarblyklik dat die “invloed” weldadig vir die Afrikanervolk sou gewees het. Maar in daardie vyf jaar 1988-93 is die ergste volksverraad gepleeg. In die eerste plek is die HNP nie net buite gelaat by die grootste deel van Groot Trek 150 nie, maar die party is met vyandigheid behandel. So, daar was geen verenigende bydrae nie, net bevordering van een politieke party wat reeds ruim bygedra het tot volksverdeeldheid.

Dit is ’n feit dat die KP wat in 1988 deur GT 150 bevoordeel is, die jaar daarna botweg geweier het om in die laaste Blanke algemene verkiesing met die HNP en ander saam te werk. “Dr. T rejects right-wing unity”, het Citizen se opskrif gelui. Dit was polities misdadig, want daardeur is die konstitusionele geleentheid verspeel om FW de Klerk se verraad te stuit.

KP gee setels aan NP

Die KP het in die verkiesings 39 setels gewen. Maar 14 setels het na die NP gegaan met meerderhede van om en by eenduisend. Met samewerking sou hulle na regs gewen gewees het, en dan sou daar na regs 53 setels gewees het, met 33 van die PFP (later DP) na links, wat ’n parlementêre opposisie van 86 uit 166 teen die NP sou gegee het Dit sou die NP met ’n minderheid van 80 gelaat het. De Klerk sou nie drie maande later sy Rooi Vrydag- toespraak van 2 Februarie 1990 kon gehou het nie (wat genl Tienie Groenewald vir hom geskryf het). En die hele verloop van die geskiedenis kon verander gewees het. Volksoorsig is blykbaar geslote vir die werklikheid.

Hierdie ontwikkeling was ’n neweproduk van “die kultuurbedrywigheid” wat as Groot Trek 150 bekend gestaan en gespruit het uit die Afrikanervolkswag (AV), die verenigende organisasie wat in ’n ommesien van enkele jare ’n groot volksverdelende faktor geword het toe sy leier, prof Carel Boshoff, (amper soos dr. Hans van Rensburg van die OB in die veertigerjare) die AV omgekeer het om die politiek van “’n volkstaat” te bevorder in plaas van ’n Afrikaans Nasionale beweging teen die NP se volksverraad, of minstens ’n begeesterende en doelgerigte Afrikaanse taal- en kultuurbeweging, te wees.

Kultuuraksies se verdelende rol

Die mislukte kultuuraksie van die AV het nie net getoon hoe berekend ’n kultuur-organisasie tot skade van die Afrikanervolk vir politieke doeleindes gebruik kan word nie, maar ook hoe ’n verdelende en verydelende rol hy kan speel.

In 1993 is deur die toedoen van die KP en VEKOM en die toetrede van “die Generaals” weer “’n volksverenigende” organisasie gestig — die Afrikanervolksfront (AVF) — wat kwansuis nie ’n politieke rol wou speel deur De Klerk se verraad te stuit nie, maar toe wel ’n politieke spel gespeel het deur “namens die Afrikanervolk” ’n volkstaat te bepleit by die vredesonderhandelinge met die vyand.

Weer is van buite die party-politiek geknoei om die Afrikanervolk op ’n dwaalspoor te lei en, onder dekmantel van ’n nie-politieke beweging, in plaas van eenheid, groter verdeeldheid te skep waaruit die Vryheidsfront gebore is. Dit, hoewel die HNP toe reeds twee jaar lank deur geskrifte en toesprake gepleit het vir ’n volksfront om De Klerk se verraad, te stuit, en by die stigting van die AVF van HNP-kant urelank geveg is om ’n volksfront tot stand te bring met die enkele doel om De Klerk te stuit, dog sonder ’n enkele stem van steun van die kant van die 25 ander organisasies wat daar byeen was. Dit was ’n sameswering tot swye oor die belangrikste volksaangeleentheid. So is die volksverraad onder dekmantel van nie-politiek gepleeg.

Volksoorsig durf nie hierdie aaklige geskiedenis aanroer nie, want dan open hy ’n blik met wurms wat in “die regse” politiek skuil gehou word en belemmer dit sy betoog dat “die Boerevolk herenig moet word buite die politieke arena soos hierin getoon, was daar al in die afgelope dertien, veertien jaar tweemaal aksies om die Boerevolk deur kultuurorganisasies te herenig, met die allerslegste gevolge.

Politieke partye en Boerevolk se vryheid

Naas hierdie dwalinge en misleidinge bring Volksoorsig se outeur ook die argument in wat seker bedoel is om alle argumente te beëindig, naamlik: “Dit is immers politieke partye wat veroorsaak het dat die Boerevolk sy vryheid in sy eie land verloor het”. Dit is skaars ’n kwart-waarheid. Dit is nie ’n party wat die verraad gepleeg het nie, maar mense — mense wat nie die inbors gehad het om trou aan die waarheid en gesteld op eer te wees nie, soos wat met Vorster tot De Klerk die geval was.

Naas die politieke party wat deur hulle misbruik is, was daar kerkleiers, soos Beyers Naude en Johan Heyns van die NG Kerk wat met vroompraatjies en in priestergewaad die oneerbare politiek deur kerkgenootskappe en kultuurorganisasies, soos die Broederbond en die FAK, bedryf het. In die Geref Kerk was daar Wimpie de Klerk en Tjaart van der Walt. Kerke en Afrikaanse kultuurorganisasies het deur hulle leiers net soveel bygedra tot volksverdeling en tot oorgawe aan die ANC-SAKP as wat enige politieke party se leiers gedoen het. Trouens, die politieke partye wat verraad gepleeg het, het daartoe die volle steun en medewerking van kerklike en kulturele leiers gehad. En in belangrike opsigte het juis hulle die verrotting begin, soos in die geval van Naude in die Broederbond en prof Ben Marais by die Teologiese opleiding.

Politici se bydrae

Die skrywer van Volksoorsig sê ook: “Wat het politici verrig in die afgelope vier jaar? Niks. Net mooi niks”. Opvallend beperk hy dit tot vier jaar. En dit raak derhalwe nie die vier jaar wat hierbo behandel is en waarin nie net Rooi Vrydag val nie, maar ook die stigting van die AVF en die Rustenburgse Kerkeberaad/verraad, wat onder dekmantel van godsdiens apartheid in politieke terme aangeval en veroordeel het en waar Willie Jonker voor Desmond Tutu skuld bely het “namens die Afrikanervolk” — alles tesaam ’ n stuk politieke bedrog onder kerklike en kulturele leiding wat gepleeg is om die NP-leier se volksverraad die skyn van godsdienstige geregtigheid te gee.

Hy vra: “Wat het die politici verrig?” Oor sekere politieke organisasies en leiers is reeds geskryf. Hulle het saam met sogenaamde kultuurorganisasies en kerkleiers volksverraad gepleeg. Dit is die opvallendste wat hulle verrig het. Maar die HNP was nooit deel daarvan nie. Nie net het hy buite die AVF gebly nie, maar het dit ook in woord en geskrifte ontbloot vir wat dit was en gewaarsku teen die ingeboude verraad daarin.

HNP se politieke rol

Die HNP het in die jare, net soos in 1970, die verraad raakgesien en die moed gehad om dit teen te staan terwyl tienduisende kerklike en kulturele Afrikanerleiers hulle rûe op die waarheid gedraai het.

Die HNP is die enigste party wat met behoud van sy eer en integriteit uit die politieke warboel en bedrog getree het. Die party het nie net sy eie eer gehandhaaf nie, maar daarnaas tegelyk ook die eer van die Afrikanervolk in sy verbondenheid aan die nagedagtenis van dr. HF Verwoerd, as een van die grootste Afrikanerleiers van alle tye en as die personifikasie van Afrikanernasionalisme se stryd om vry te wees van oorheersing deur buitelandse magte, vry te wees van oorheersing deur finansiële imperialiste en vry te wees van oorheersing deur Swart getalle.

Dat partye soos die NP, die KP en die VF hulle weggedraai het van dr. Verwoerd, is verraad teen die hele Afrikanergeskiedenis, omdat dr. Verwoerd net verteenwoordig het wat die beste van sy voorgangers verteenwoordig het.

Politieke leiers as kultuurleiers

Laat Volksoorsig daaraan herinner word dat dit politieke leiers was wat die mees blywende Afrikaanse kultuurorganisasies tot stand gebring het. Genl Hertzog, leier van die Nasionale Party het die stigting van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bewerkstellig. Dr. DF Malan, latere leier van die Herenigde Nasionale Party (HNP) was saam met dr. Tobie Muller ’n leidende figuur in die Afrikaanse Taalvereniging waarvan hy in 1908 die voorsitter was. Hy was ook ’n stigterslid van die SA Akademie.

Dr. NJ van der Merwe, Vrystaatse leier van die Gesuiwerde Nasionale Party, was die sleutelfiguur by die stigting van die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) en ook die eerste hoofleier van die Voortrekkerbeweging. Sonder die rol van hierdie politieke leiers sou die Afrikaanse kultuurbeweging veel armer gewees het.

Politiek die strydmiddel vir kultuurwaardes

Sterk Afrikaanse kultuurbedrywigheid het altyd saamgeval met Afri­kaans nasionale party-politieke stryd. Die party-politiek was die effektiewe strydmiddel van Afrikaners vir kultuurwaardes, nie andersom nie. Dit is omdat net ’n Afrikaans nasionale politieke party die strydvaardigheid kan hê om die anti-Afrikanermagte in hulle politieke aanslag op die Afrikanervolk teen te gaan. Dit is nie in die vermoë van ’n kultuurbeweging om die wydvertakte politieke aanslag op Afrikanernasionalisme teen te staan en af te slaan nie. Die eerste vereiste is die versterking van Afrikanernasionalisme, en dit lop die terrein van die party-politieke organisasie.

U soek na?

  •  

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    _________

    HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1821 gaste aanlyn