Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Elkeen van ons kom soms en heel dikwels by 'n laagtepunt waar ons nie reg weet hoe om te bid nie. Al wat nodig is, is om reguit met die Here te praat: "Here, wat sal ek vir hierdie dag vra? Buiten dat u goeie wil vandag geskied, weet ek nie wat om te vra nie; maar ek sal nie bang wees nie want U is oraloor, en steeds by my. AMEN".

STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (30)

                                                                          LW Bienedell

Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing

Ferdi ingelig oor die ware feite rondom die stigting van die KP

3 Julie 1998

"Die KP is uit hierdie nood van die NP as teenvoeter vir die HNP geskep. Die party is primêr geloods teen die HNP, nie teen die NP nie. En die resultaat is presies wat die NP en sy borge wou hê: Afrikanerverdeeldheid en gevolglike lisensie aan die NP om sy verraad teen die Afrikanervolk voort te sit."

Op ’n onlangse vergadering in Clocolan wat deur die KP gereël is om deelname aan die verkiesing van 1999 te propageer, is dr. Ferdi Hartzenberg deur verskeie HNP-lede wat die vergadering bygewoon het gekonfronteer. In die debat het die stigting van die KP in 1982 weer ter sprake gekom en Hartzenberg het hom bloediglik vererg toe ’n HNP-Dagbestuurslid, mnr. Frans Pieterse, hom meegedeel het dat die KP in 1982 gestig is om die opgang van die HNP te stuit. Hy het dit vuriglik ontken. In die lig van die gebeure het mnr. Jaap Marais, leier van die HNP, die volgende ope brief aan dr. Hartzenberg geskryf:

30 Junie 1998

OPE BRIEF

Oud-president Hartzenberg Faks: 329-1229 PRETORIA

Geagte oud-president Hartzenberg

Daar word verneem dat u op ’n openbare vergadering op Clocolan verontwaardig en heftig gereageer het toe uit die gehoor aan u gesê is dat een van die dinge wat die HNP gedoen het, was om deur sy dramatiese opgang in die 1981-verkiesings, ’n skeuring in die “Nasionale” Party (NP) op te dwing, waaruit die KP tot stand gekom het in 1982.

Natuurlik is u gevoelig vir die stelling, want dit kom baie na aan u eie vel, soos blyk uit die volgende verkiesingstatistiek vir die Lichtenburg- kiesafdeling waar u die NP-kandidaat teen die HNP was:

1974 1977 1981
NP 7038 7767 6198
HNP 900 1153 3308
NP-meerderheid 6138 6614 2890
HNP-persentasie van die Stemme 7,6 15,5 34,0

U het geweet dat met 34% van die stemme (een uit elke drie) die HNP onstuitbaar op pad was om u as NP-ondersteuner te verslaan; en dat die mag van die HNP nie gebreek sou kon word deur die NP alleen nie.

Wat in Lichtenburg gebeur het, was reg oor Transvaal aan die orde. In talle kiesafdelings het die NP-meerderhede teen die HNP met groot spronge soos volg gedaal:

1977 1981
Barberton 4650 1478
Delmas 6991 3254
Brits 6172 1845
Gezina 7714 3740
Hercules 6735 1922
Meyerton 6765 3095
Middelburg 5693 1489
Pietersburg 6009 2969
Nigel 9561 2924
Waterberg 4661 1461
Kroonstad 7898 4715
Fauresmith 5135 2897
Heilbron 7589 3315

Die Sentrum vir Beleidstudies van Wits Universiteit het in ’n ongepubliseerde ontleding van die 1981-algemene verkiesings geskryf: “The far right improved its share of the total vote from 3% to 14% nationwide in 1981...” (En dit met kandidate in die helfte van die 166 kiesafdelings). “The far right’s new strength was greater than even those substantial gains would suggest however. The HNP rose from a derisory 3% to 10% levels to remarkable 20% to 30% in scores of farming and mining seats. The party came to an ace of victory in several seats for the first time, threatening Transvaal National Party leader Dr. Andries Treurnicht”.

Dit is die feite. Vir talle NP-LV’s soos uself, dr. Treurnicht, dr. Willie Snyman, mnr Casper Uys en ander was die skrif aan die muur. Maar dit het veel wyer gestrek. Die kleinste swaai na regs in Transvaal was 18%, en die gemiddeld was 25%. In die Vrystaat was die kleinste swaai ook 18% met ’n gemiddeld van 21%.

Mnr (Pienk) Piet Cillie van Die Burger het oor die uitslae aan die Londense Financial Times gese: “It is not catastrophic yet, but it is very ominous”. Die Sentrum vir Beleidstudies sê: “The most evident fact about the 1981 elections is that it marks the point when it became respectable in the Afrikaans community to be for the far right”.

Dit beteken dat die HNP reeds ver gevorder het om die NP te verdring as die politieke tuiste van Afrikaners, dat u en talle ander NP-LV’s die volgende algemene verkiesings in die politieke stof sou byt, en dat die NP deur die HNP gestuit sou word op sy pad van uitverkoping.

Hierdie magsvertoon van die HNP is voorafgeskadu deur die uitslae van tussenverkiesings wat plaasgevind het na die 1974-algemene verkiesings.

Die party het vanaf 1974 in elke tussenverkiesing in Transvaal die destydse amptelike opposisie, die Verenigde Party (VP), later genoem die Nuwe Republiek Party (NRP), na die derde plek afgedruk. Die HNP het reeds in die middel sewentigerjare die hoofopposisie geword in Transvaal.

In Junie 1975 het die HNP in die Middelburg-kiesafdeling 2353 stemme gekry teen die VP se 1662. Die Vaderland het op 26 Junie berig: “Die Herstigte Nasionale Party het in gister se tussenverkiesings in Middelburg en Gezina groot vordering gemaak... Die HNP is besig om die Verenigde Party as die Nasionale Party se hoofopposisie in dele van die platteland te vervang”.

Nie net in die Transvaalse platteland nie, maar ook in die meeste Pretoriase kiesafdelings. Selfs meer betekenisvol was die verdringing van die VP deur die HNP in Randse kiesafdelings. In Maart 1976 het die parlementêre tussenverkiesing in Alberton plaasgevind, waar die VP se kandidaat die huidige NP-bekeerling Andre Fourie was. Die HNP het 1004 stemme gekry teen die VP se 962, terwyl die VP in 1970 nog 2612 stemme gekry het teen die HNP se 450.

Wat ter sake is, is dat hierdie konstante opgang van die HNP tot stilstand gebring is deur die bedrogvolle 1977-algemene verkiesings — die een enigste geleentheid waarby die HNP teruggesak het. Die opgang is egter onmiddellik hervat in die eerste tussenverkiesings daarna.

Die geval van Randfontein in Junie 1979 was uiters veelseggend, soos hieronder blyk:

1977 1979
NP 8293 5891
HNP 530 2428
NRP 1415
PFP 681
NP-meerderheid 7763 3463

Die swaai na die HNP binne twee jaar was 17,2%. En daarmee het die HNP die VP ook aan die Wesrand as hoofopposisie verdring. Die HNP het 300 meer stemme gekry as die NRP en PFP saam.

Daarna was Koedoespoort in Pretoria aan die beurt in Augustus 1979. Die uitslag was:

                                 1977                       1979           

NP                            7821                       4603

HNP                           851                       2866

NP-meerderheid    6970                     1737

Die swaai na die HNP was 27,9% en die 1977-meerderheid is met meer as 5200 verminder.

Rustenburg was daarna aan die beurt, met die volgende resultaat:

1977 1979
NP 7774 4868
HNP 948 4022
PFP 414
NP-meerderheid 6726 846
Die swaai na die HNP was 34,5%.

Die HNP het die politiek in Suid-Afrika so na regs geswaai dat die linkse politieke rigting besig was om dood te loop, soos blyk uit die feit dat die VP en die PFP saam 300 minder stemme gekry het in die Randfonteinse tussenverkiesing in 1979. Die PFP was gereduseer tot ’n politieke drukgroep van die geldmag, vasgepen in klein metropolitaanse kassies. Die VP was sigbaar aan die wegsmelt as ’n politieke faktor. En die NP het in sy verskuiwing na links massiewe blokke steun na regs verloor, soos die inkrimping van sy meerderheid in Koedoespoort van 6970 tot 1737 en in Rustenburg van 6726 tot 846 onbetwisbaar getuig.

Om hierdie skouspelagtige opgang van die HNP en die groot swaai na regs te stuit, is die vervroegde 1981-algemene verkiesings uitgeroep, meer as ’n jaar voor die bestemde tyd. En met al die kommersiële media, die hele staatsapparaat van televisie, radio, intelligensiedienste en oorwig van parlementslede kon die NP nie die HNP se opgang keer nie, hoewel die HNP geen parlementêre verteenwoordiging gehad het nie en, naas openbare vergaderings, net Die Afrikaner as ’n weekblad en ’n reeks pamflette gehad het om sy boodskap uit te dra.

Met hierdie beperkte middels het die HNP daarin geslaag om die eens magtige Nasionale Party feitlik op sy knieë te dwing, soos vroeër hierin beskryf aan die hand van die Sentrum vir Beleidstudies se ontleding. Dit was ’n ongeëwenaarde prestasie in die Suid-Afrikaanse politieke geskiedenis — en dit terwyl die latere KP-leiers nog in die “Nasionale” Party gesit het en die HNP met hand en tand beveg het.

Die HNP wat by sy ontstaan in 1969 deur die NP veroordeel was om “vernietig en uitgewis te word” — die Transvaalse NP-leier se woorde — was besig om sy voornemende vernietiger te vernietig en die hele sameswering teen Afrikanernasionalisme, wat met die sluipmoord op dr. Verwoerd van stapel gestuur is, op dramatiese wyse om te keer.

Toe het die alarmklokke gelui tot in die binnekamers van die NP-AB-NG-alliansie en die Afrikanervyandige geldmag. En die knoei-knoetse van Afrikanervyande in die Foreign Office in Brittanje en die State Department van die VSA het in harmoniese skrik meegetril. Daaruit is die plan geloods dat ’n bufferparty deur Afrikaners gestig moet word tussen die NP en die HNP om te verhoed dat die HNP die NP sou verslaan in die daaropvolgende algemene verkiesings. Daartoe het die NP-regering se Intelligensiedienste KP-leiers gebruik, wat as NP-LV’s in hulle kiesafdelings nederlaag in die gesig gestaar het.

Die KP is uit hierdie nood van die NP as teenvoeter vir die HNP geskep. Die party is primêr geloods teen die HNP, nie teen die NP nie. En die resultaat is presies wat die NP en sy borge wou hê: Afrikanerverdeeldheid en gevolglike lisensie aan die NP om sy verraad teen die Afrikanervolk voort te sit.

As daar by u en die ander KP-leiers ’n egte verbintenis tot die beskerming van Afrikaans-Nasionale belange was, sou u geledere gesluit het met die reeds suksesvolle HNP, sodoende Afrikanereenheid buite en teen die NP bewerkstellig, en verseker dat die verworde NP in die volgende algemene verkiesings verslaan sou word. Deur dit nie te doen nie, het u nie net aan die NP ’n verlengde lewenstermyn gegee om sy volksverraad voort te sit nie maar u het ’n beslissende bydrae gelewer tot die huidige verwarring, verdeeldheid en politieke onmag van die Afrikanervolk.

U het geskuil agter die valse argument dat u van die NP weggebreek het weens dié se erkenning dat sy beleid “magsdeling” was. Maar magsdeling was die grondslag van die NP se 1977-grondwetlike voorstelle vir ’n Raad van Kabinette van sewe Blankes, vier Kleurlinge en drie Indiërs. Deur die NP se 1974-verklaring aan die WO was die party verbind tot rassegelykstelling op alle terreine — in beginsel ook tot ’n stelsel van een mens, een stem.

U het nie weggebreek van die NP weens sy beleid van magsdeling nie, maar weens die gevaar wat die opkoms van die HNP ingehou het vir die NP-AB-NG-alliansie se agenda van volksverraad. U en ander moes met behulp van die Broederbond en die regering se spioenasiedienste ’n politieke buffer oprig tussen die HNP en die NP. Die opdrag was soos dr. Connie Mulder op ’n vergadering van die KP-Dagbestuur gesê het: “Die HNP moet vernietig word”, wat die KP se bestaansreg weergee. Die vyandige gerigtheid teen die HNP en die KP se verbintenis tot geen samewerking teen die NP nie, het uself betuig toe u tydens die tussenverkiesing in Waterberg in Junie 1982 aan mnr Frik Jacobsz gesê het: “Die KP was nooit van plan om ’ n ooreenkoms met die HNP aan te gaan nie”.

Die rede was uiteraard om te verhoed dat die NP-AB-NG-verraad deur ’n polities verenigde Afrikanerdom gestuit word, soos onder HNP-leiding sou gebeur het as die KP-leiers nie hulle volksverdelende rol gespeel het nie deur van die verdorwe NP weg te breek en ’n politieke buffer op te rig ten einde die HNP van die NP se lyf af weg te hou en Afrikaners polities te verdeel en te ontmagtig teen die volksverraad.

Wat die HNP reggekry het, was om die hele politiek in hierdie land na regs te swaai en Afrikanernasionalisme weer die bewegingsmag van die Suid-Afrikaanse politiek te maak. U en u partygenote in die NP, soos Pik Botha, Kobie Coetsee, Hernus Kriel, Piet Koornhof en ander liberaliste het tot 1981 met boewery en skurkestreke en met leuens en laster die HNP probeer stuit, maar kon nie. Toe is u en ander uitgestuur om die NP se Afrikaner-opponente te verdeel, sodat die NP sy beleid van toegee, prysgee, weggee en oorgee kon voortsit.

Dit is ironies dat sowel die NP as die KP as uitgangspunt gehad het: die HNP moet vernietig word, en dat die HNP nie net steeds onvernietig is nie, maar dat die NP en die KP onstuitbaar afstuur op selfvernietiging — alle vroeëre partye wat Afrikanernasionalisme tot vyand gekies het.

JA MARAIS

LEIER VAN DIE HNP

Dr. Ferdi Hartzenberg het nie die brief beantwoord nie.

U soek na?

  •  BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland het so dikwels navrae ontvang van lesers wat 'n behoefte aan die Bybel het, spesifiek die 1933/53-uitgawe. Soms het van ons ander lesers in hul behoefte kon voorsien wanneer ons navraag gedoen het.

    Nou is Gelofteland dankbaar om aan al ons lesers daardie Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    _________

    HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2751 gaste aanlyn