Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

'n Intelligente mens wat sy waarde ken, is altyd beskeie want hy hoef nie dekking te soek vir iets in homself nie. Daarby plaas nederigheid 'n mens ver buite bereik van die satan.

STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (SLOT)

                                                                LW Bienedell

Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing

NASIONALISME

 21 September 1996

“...vir die Christen en teïs wat glo dat aparte volke ontstaan, nie deur blote toeval nie, maar met ’n sekere doel, het elke nasie sy roeping en besondere taak om te vervul. Uit hierdie oogpunt beskou is papheid op nasionale gebied ’n religieuse oortreding, dit wil sê ’n sonde. Dit is dus letterlik waar en nie maar net beeldspraak nie wanneer die Afrikaner sê dat die handhawing van sy taal vir hom ’n deel van sy godsdiens is”. Hierdie stelling hou in dat dit nie ‘apartheid’ is wat ‘sonde’ sou wees nie, maar die ‘papheid op nasionale gebied’ waardeur die liberale teoloë en predikante gekenmerk word... die hoogste doelwit van ‘n volk is om vry te wees van oorheersing deur buitelandse moondhede, vry van oorheersing deur ’n grypsugtige geldmag en vry van oorheersing deur Swart getalle... dié land is óns land: ons sal nie berus in die bedrogvolle wyse waarop ons ons vryheid verloor het nie; ons sal, soos die sterk voorgeslag waaruit ons kom, weer veg om vry te wees om onsself te wees as Witman en Christen en Afrikaner in Afrika.”

Dit is die nasionalisme waarom dit gaan — nie net as die groot bewegingsmag in die bestaan van volke nie, maar ook as die grondslag van goeie verhoudings tussen volke in die wêreld—die bereidheid om aan ander te gun wat jy vir jouself eis.

Binne ’n volk is die nasionalisme die ongeskrewe kontrak tussen dié wat dood is, dié wat leef, en dié vir wie die lewe wag.

C J Langenhoven het gesê die verskil tussen die persoon en die volk is dat die persoon terugkyk en ’n wiegie sien en vorentoe ’n graf. Maar by ’n volk is dit omgekeerd. Hy kyk terug en sien ’n graf en vorentoe sien hy ’n wiegie.

In ’n tyd soos die waarin ons nou leef, is daar baie verwarring en teenstrydighede. Daar word geknaag aan mense se geloof, getorring aan hulle opvattings, gepluk aan hulle beginsels.

Vir ons wat geloof het in die bestemming van die Afrikanervolk in Afrika is dit goed om in ’n tyd van onsekerhede te kyk na die grondslae van ons volksbestaan en die lewensbeskouing van waaruit ons gegroei het.

In Suid-Afrika is Afrikanernasionalisme ’n mag wat opgewek kan word en baie planne van vyande in die war kan stuur, want Afrikanernasionalisme is die skeppende, drywende mag wat hierdie land gemaak het tot die sterkste staat in Afrika.

In die Suid-Afrikaanse politiek is nasionalisme nie ’n eng party-politieke begrip nie. “Nasionalisme” is deel van die name van verskillende politieke partye in Suid-Afrika — die Nasionale Party, die Herstigte Nasionale Party, die African National Congress en vroeër die Verenigde Nasionale Suid-Afrikaanse Party, die Nasionale Unie, en in 1979-81 die Konserwatiewe Nasionale Party. Die begrip sny dus oor party-politieke grense.

Omdat “nasionalisme” ook op ’n -isme eindig en daarom by die ander -ismes geskaar word, word dit deur teenstanders saam met ander -ismes as “’n ideologie” bestempel en geredelik so aanvaar, omdat dit soos ander - ismes met die politiek te maak het.

Dog, nasionalisme, anders as ander -ismes, gaan om die werklikheid— die werklikheid van volke-verskeidenheid. Sonder hierdie basiese feit van die lewe kan daar geen sprake van nasionalisme wees nie. Dus, anders as ander -ismes, soos die liberalisme en Kommunisme, gaan nasionalisme uit van die werklikheid van die lewe, en nie van ’n abstraksie wat die werklikheid misken en wil verander nie.

Kommunisme is die natuurlike vyand van nasionalisme, omdat Kommunisme intemasionalisties, of liewer onnasionalisties is. Dit wil grense tussen volke uitwis. Dit is behep met die idee van een beskawing, een ras, universele eenselwigheid en die uitdelging van rasse- en kultuurverskille om die weg te berei vir ’n raslose klomp lopende lyke.

Nasionalisme beoog om vir toekomstige geslagte te bewaar en te beskerm wat aan ’n volk en sy mense behoort. Die nasionalis redeneer vanuit die werklikheid van volke-verskeidenheid wat tot stand gekom het as ’n skeppingsdaad. Dit glo in die onoorwinbare grootheid van die menslike gees en die ondergeskiktheid daaraan van alle ekonomiese en materiële oorwegings. Dit is derhalwe nie, soos ander -ismes, ’n politieke stelsel wat in abstraksie gekonsipieer is en aan ’n werklikheid opgedwing word nie. Dit rus op die natuurlike geneigdheid van die mens, en nie op ’n aangeleerde houding wat indruis teen die lewenswette nie.

Hierdie -ismes wil, in teenstelling met nasionalisme, die grense tussen volke verplat, die kulturele identiteite vervaag, en mense as blote enkelinge of as ’n massa behandel, waardeur nasionalisme as ’n bewegingsmag uitgeskakel moet word.

Die nasionalisme is eintlik a-ideologies, omdat dit die vitale bevestiging van ’n volk se wil tot voortbestaan is, die uiting van sy hartstog vir die lewe en ’n geloof aan ’n bestemming. Vanuit die aanvaarding van die veelheid van volke dink die nasionalis aan ’n ordelike saambestaan in die wêreld volgens vaste lewenswette. Dit is die wesenlike versperring tot rasseverbastering en die vernietiging van volksidentiteite.

Dit is betekenisvol dat in Afrikaanse kerklike kringe die aanvalle op “apartheid”, as ’n uiting van nasionalistiese strewe, verleng word tot vyandskap teen volke-verskeidenheid. In die boek Die NG Kerk en Apartheid, uitgegee in 1986 deur die Britse uitgewers Macmillans, skryf Johan Kinghom: “Die eerste tree op hierdie weg is om eens en vir altyd die ideologie van volkere-verskeidenheid af te sweer” — ’n verstommende stelling!

As volkere-verskeidenheid ’n ideologie sou wees, moet dit ’n ideologie van die Skepper wees en kerklui dus teologiese besware het teen ’n verskynsel wat op skeppingswette rus.

Wat Kinghorn versluier agter die “ideologie van volkere-verskeidenheid” is klaarblyklik ’n blote aanval op volkere-verskeidenheid self, dit wil sê op nasionalisme. Dit is reeds vroeër in die boek aangedui waar in verband met apartheid beweer word: “Die maatstaf waarvolgens die skeidslyne getrek word, word presies en streng voorgeskryf deur ’n ideologie van etnisiteit of nasionalisme”. (Let wel: nie “etnisiteit” en “nasionalisme” nie, maar “ideologie” van etnisiteit of nasionalisme. Dit moet ’n ideologie gemaak word). En om etnisiteit of nasionalisme as ’n ideologie gedefinieer te kry, kan dan gesê word: “aan die hand van abstrakte defenisies wat hieruit afgelei word, word mense in bepaalde klasse ingedeel en dan gepoog om die klasse van mekaar te skei”. (Nadruk toegevoeg). Hy gee dus voor dat die indeling nie volgens erkende rasse-eienskappe geskied nie, maar volgens “abstrakte definisies” — ’n klaarblyklike oneerlike stelling.

Dit is hierdie kerklui se ideologiese poging om nasionalisme as ’n ideologie te definieer en dan as “’n ideologie” verdag te maak en te veroordeel. Hulle kan dit nie doen as hulle nasionalisme erken as ’n uiting wat op skeppingswette rus nie.

Die oefening gee interessante semantiese akrobatiek af. ’n Eerlike beskrywing sou eenvoudig wees dat ingevolge die nasionalisme skeidslyne volgens etnisiteit getrek word. Maar as dit so gestel word, is dit onsin om daama te sê: “Aan die hand van abstrakte definisies” word mense ingedeel — asof etniese verskille abstrak is! Deur intellektueel oneerlik en teologies bedenklik, etnisiteit en nasionalisme as “’n ideologie” te probeer uitmaak, word van kerklike kant ’n aanval op nasionalisme gemaak ten einde die liberalistiese en Kommunistiese ideologie van gelykmaking te bevorder.

’n Mens kry die indruk van ’n soort kerklike imperialisme waardeur volke hulle aparte bestaan misgun word in ’n strewe na onderworpenheid aan kerklike voorskrifte op grond van ’n ideologie van gelykheid.

Die ideologiese aanval op nasionalisme uit hierdie oord het ’n teenhang aan die kant van die materialistiese magte. Grense van ras en volk en kultuur en taal is versperrings na groter beweeglikheid van kapitaal en arbeid en goedere. En vir die finansiële imperialiste is dit belemmerings in die strewe na groter omset, groter winste en groter houvas op die samelewing. Daarom vereenselwig hierdie magte hulle so geredelik met die liberalistiese en Kommunistiese ideologie van verplatting van grense.

Afrikanernasionalisme het in sy strewe na, en handhawing van, vryheid deurgaans teen hierdie finansiële imperialiste gebots. Maar die vreemde vriendskap van hierdie mag met Afrikaanse kerklui teen Afrikanernasiona­lisme, soos by die Rustenburg-byeenkoms van 1991, is ’n nuwe verskynsel.

Naas hierdie teenstanders van nasionalisme is daar die politieke imperialiste wat vroeër met wapengeweld volke se vryheid hulle ontneem en volksmoord in konsentrasiekampe beoefen het, maar deesdae die idee van “menseregte” as hulle instrument teen nasionalisme gebruik. Hierby is veral die Amerikaanse imperialisme ter sake. Deur in ’n Menseregte-akte alleen individuele regte te erken en groepsregte te misken, word, in die Suid-Afrikaanse samehang klaarblyklik beoog om Afrikanernasionalisme as ’n politieke mag uit te skakel.

Deur alle mense in Suid-Afrika op gelyke voet te behandel, ongeag ras of kultuur, word die etniese begrensing van volke en groepe uit die weg gehaal en ’n beletsel geplaas op ’n volk om georganiseerd vir sy belange as ’n politieke groep te stry. So word die ideologie van gelykmaking deur die aanvaarding van ’n Menseregte-akte op ’n volk afgedwing.

Deur die liberalistiese ideologie in ’n wet vas te lê, word ’n oorwinning oor opponente behaal wat bedoel is om onomkeerbaar te wees. Want wat vroeer politieke verskil was wat by die stembus uitgemaak kon word, word nou deur ’n eenmalige optrede tot ’n wet verhef waarteen verset as ’n misdaad moet geld, dit wil sê politieke opponente teen die liberalistiese gelykmakingsdogma word gekriminaliseer.

Dit is die resep van die Amerikaanse imperialiste om nasionalisme as ’n mag teen hulle oogmerke uit te skakel — ’n soort bloedlose onderdrukking van ’n volk.

Dat sulke manipulasies nie bestand is teen die vitaliteit van nasionalisme nie, is weer gedemonstreer deur die opwelling van volksgevoel wat in die negentigerjare die skynbaar onbreekbare Sowjet-Unie uitmekaar geruk en die state van Sentraal-Europa laat disintegreer het. Nasionalisme, soos wyle dr D F Malan gesê het, kan jy net so min terugdwing as wat jy die hooggety van die see met ’n besem kan terugdwing.

Die nasionalisme, soos ander -ismes, word geken en onderskei deur sy beginsels, sy waardes, sy aksioma, sy aksente, sy predikate, sy oproepe.

  1. Die Oorsprong van die Nasionalisme

Die nasionalisme ontspring aan drie dinge:

  1. 1Grondgebied: Die geografiese begrensing waarin ’n groep mense van eenderse of verwante afkoms min of meer afgesonder is. Hoe belangrik die gebiedsfaktor is, is beklemtoon deur Robert Ardrey in sy boeke “African Genesis” en “The Territorial Imperative”, waar hy aan die hand van natuurwetenskaplike gegewens oor die wildlewe toon dat in die natuur grondgebied waarskynlik die primêre vereiste tot voortbestaan van die spesic is. Oorloë het meestal gegaan oor volke se vaderlands-begrênsing. Patriotisme vereis dat ’n vaderland nie prysgegee word om dan van die veroweraar ’n deeltjie terug te vra nie.
  2. 2Gemeenskaplike verlede: Die geskiedenis wat so ’n groep mense deelagtig word; die gemeenskaplike ervaring en lesse wat hulle uit die verlede put en waaruit hulle ook hulle inspirasie kry — die groot heroïese epogte van ’n volk wat oor geslagte heen so ’n volk besiel, horn selfrespek en trots gee en die wil om hoër te strewe. Vir ons in dié tyd is daar die wete dat die Afrikanervolk tevore tweemaal sy vryheid verloor het, maar dit ook tweemaal deur heroïese stryd herwin het. Eers by Amajoeba in 1881 deur die loop van die geweer en in 1948 deur die kruisie op die stembrief.
  3. 3Kultuur: Vanweë die saamwoon, die gemeenskaplikheid wat ontwikkel, ontstaan ’n stel gewoontes, sedes, gebruike, tradisies, sentimente, waaruit ’n kultuur tot stand kom en wat gedra word deur ’n taal waarin daardie mense die lewe aan hulself vertolk en hulleself kenbaar maak aan ander groepe. Nasionalisme wil vir toekomstige geslagte behou en beskerm wat ’n volk is en wat hy het.
  4. Beginsels van die Nasionalisme

Daar is beginsels, anders as wat baie mense vandag wil beweer. Beginsels word afgelei uit kennis. En die drie belangrikste beginsels van die nasionalisme is:

  1. 1Identiteit: wat nou verweef is met die kultuur en taal: die aard, die kenmerke, wat ’n volk verwerf en ontwikkel deur die gemeenskaplikheid van historiese ervaring, lewensbeskouing en erflike hoedanighede. Identiteit is ’n beginsel en trou daaraan is ’n onderskeidende kenmerk van nasionalisme.
  2. 2Kontinuiteit. wat nou verweef is met ’n volk se verlede: die aaneengeslotenheid van ’n volk se bestaan, van ’n verlede wat die hede bepaal en ’n toekoms wat weer die verlengstuk van die hede is; die wete van so ’n deurlopendheid, so ’n kontinuiteit en die reg van ’n volk op voortbestaan as ’n basiese reg. Erens sê Ortega y Gasset dat daar net een basiese mensereg is en dit is die mens se reg op kontinuiteit. En die mens se kontinuiteit is aflhanklik van sy kontinuiteit as lid van ’n volk. Die veiligheid van die individu is opgesluit in die saamgevoegheid van volksgenote, en die volk se voortbestaan is afhanklik van die samehorigheid van die individue.
  3. 3Vryheid: dit is ’n moeilike begrip om te definieer omdat daar ’n verwantskap is tussen vryheid van ’n persoon en vrybeid van ’n volk, maar ook verskille. By albei is dit bowe-al die reg en die vermoë om nee te sê en om te doen wat reg is. Vryheid lewe vanuit integriteit en waarheid; en integriteit is selfstandigheid, selfrespek, selfvertroue en die wil tot selfbeskikking. ’n Volk wat selfrespek en selfvertroue het, is gesteld op selfbehoud, en selfbehoud is die eerste vereiste vir vryheid. Selfbehoud, selfrespek, selfbetuiging, is die essensie van vryheid, maar tegelyk is dit die oproep van die nasionalisme tot selfverwesenliking in die nastrewing van ’n bestemming.

3. Die Oproep van die Nasionalisme:

Net so belangrik as die oorsprong en beginsels, is die oproep van nasionalisme.

  1. 1Selfbehoud: Ook dit is ’n begrip,” soos beginsels, wat vandag in liberale kringe ’n stigma aan het. Daar word gesê dat in terme van die Christendom en die godsdiens, selfbehoud nie iets is wat voorrang mag geniet nie. Voortbestaan, ja, sê hulle, maar alleen “voortbestaan in geregtigheid”. Vra hulle om die geregtigheid te omskryf en hulle stamel of hulle swyg. En vra na ’n voorbeeld in die geskiedenis van ’n volk wat aan die voorskrif voldoen het en die stameling en swye is nog opvallender. Selfbehoud is egter die voorwaardes vir die voortbestaan van enige godsdiens. ’n Mens kan nie God dien as hy nie homself behou nie. Die reg op selfverweer en die reg op selfbehoud is primêr.

As ’n persoon homself mag liefhê (soos sy naaste) veronderstel dit klaarblyklik selfbehoud. ’ n Nasie kan nie sê dat hy lewe volgens ’n Godsplan en glo aan sy bestemming, as hy nie sorg dat hy behoue bly nie. Selfbehoud is ’n magtige lewenswet wat nie opgehef word deur teologiese bespiegelings en politieke vroompratery nie. En dit is net so ’n lewenswaarheid dat wat lewe skep, en lewe wil behou, moreel is. Selfbehoud is moreel, en is nie net versoenbaar met die Christelike godsdiens nie, maar is ’n eis daarvan, omdat elke godsdiens in die lewenswerklikheid wortel.

  1. 2Selfrespek is die ander oproep. Geen nasie en geen mens kan werklik moreel lewe as hy nie selfrespek en trots het nie. Dit beroep hom op ’n volk se waardes en geskiedenis en op die plek wat ’n volk naas ander beklee.
  2. 3Selfbetuiging: die lewenswyse en lewensbeskouing waardeur ’n volk hom onderskei van ander; die uitlewing van sy eienaardigheid en die gehoorsaamheid aan ’n innerlike dwang om trou aan homself te wees. Daarom is die vermoë om nee te sê, nie net ’n kenmerk van die nasionalisme nie, maar ’n noodsaaklike vereiste.

Van genl de Gaulle is gesê dat die kenmerk van sy karakter nie net die impuls was om “nee” te sê nie, maar dat hy op sy gemak was alleen wanneer hy “nee” gesê het. En prof James Burnham het gesê: “Vir ’n vergadering of vir ’n individu is die primêre kenmerk van outonome mag, van onafhanklikheid, die vermoë om nee te sê”. Dit was die kenmerk van dr Verwoerd se houding teen die buitelandse druk en aandrang: sy vermoë om nee te sê.

Hiernaas is daar die waardes van die nasionalisme wat hom onderskei van die ander politieke filosofieë en ideologieë, naamlik gesag, gesin, godsdiens en geskiedenis: vier G’s.

Gesag. nie in die sin van die geïniformeerde beampte nie, maar gesag in die sin van die tradisies, die konvensies, die voorskrifte, die vooroordele wat ingebou is in ’n samelewing, en waardeur die verhouding tussen mens en mens bepaal word: tussen manlike en vroulike; tussen jeug en ouderdom; tussen mense in verskillende range en beroepe — die geërfde verhoudings in ’n samelewing wat die sement en die binding vorm.

Gesin: die gesin is die volmaakte voorbeeld van ongelykheid: ongelykheid in voorkoms en funksie van man en vrou; ongelykheid in ouderdom en funksie van ouer en kind; ongelykheid van geslag van man en vrou en dogter en seun, ongelykheid van verantwoordelikheid en gesag. Die erkenning van ongelykheid as ’n onveranderlike lewensbeginsel en van die geldigheid van ’n hiërargiese orde in menslike verhoudings is ’n hoë waarde van die nasionalisme.

Godsdiens: ’n Volk lewe in geloof en sterf as die geloof sterf. Geloof is ’n haas ondefinieerbare begrip. Dit is, soos al gesê is, ’n oortuiging aangaande die dinge wat die mens nie sien nie en ’n bewuste verwagting van wat die mens hoop. Vir nasionalisme is dit bowe-al ’n geloof aan ’n bestemming waarna graadsgewys beweeg word deur inspanning, opoffering en toewyding.

Geskiedenis: Vir die nasionalis is die geskiedenis nie ’n droë relaas van opeenvolgende gebeurtenisse nie. Vir die nasionalis is die geskiedenis die sage van ’n volk se heldedom waardeur ’n voorbeeld en standaard gestel word wat steunpunte bied in tye van krisis en inspirasie vir beantwoording van die uitdagings aan elke geslag.

Die liberale waardes van vryheid, gelykheid, broederskap en verandering staan teenoor hierdie vier waardes van die nasionalisme: Die vier G’s: vryheid in teenstelling tot gesag; gelykheid in teenstelling tot die gesin; broederskap in teenstelling tot die godsdiens en verandering in teenstelling tot geskiedenis.

Die aksente van die nasionalisme. Hier is vier V’s: Verinniging, verdieping, veredeling, versterking — verinniging, verdieping, veredeling en versterking teenoor wat normaalweg die liberale aksente is van aanpassing, verandering en hervorming. Die oproep tot verdieping en verinniging is die voorwaarde vir veredeling en versterking. Dit kan nie anders nie. Deur hom al dieper te verbind aan sy waardes, sy herkoms en die geloof aan sy bestemming, ontwikkel ’n volk ’n kragsentrum in homself wat groter is as die totaal van die getalle van so ’n sentrum. Daarom, die lyn van die nasionalisme is ’n vertikale lyn — bo na God, en binne na die wesenskern van so ’n volk, in teenstelling met die horisontale lyn van die liberalisme wat in die wydte en in die breedte bo-oor die grense van ras en kultuur en godsdiens wil beweeg, los van die bande van herkoms en begrensde identiteit.

Naas hierdie waardes, ook die predikate, die kwalifikasies, die verhouding van die nasionalisme met ander, die wyse van doen, die kenmerke van sy betuiging.

  1. Voorkeur vir die eie: Daarvoor hoef geen volk en geen mens verskoning te vra of ’n verduideliking te gee nie. ’n Mens het die reg om voorkeur te hê vir sy eie, of dit sy taal, of godsdiens, of land, of volk, of ras is, bloot omdat dit sy eie is. Dit wortel in ’n onnaspeurlike wet van genetiese pre-seleksie: soort soek soort, wat die grondslag vorm van die natuurlike verskeidenheid. Die nasionalisme rus op ’n volk se reg op voorkeur vir sy eie.
  2. Begrensing: Begrensing van die eie moet daar wees, sodat dit beskerm kan word. Begrensing is die voorwaarde vir afsondering, hetsy fisiek, ditsy geestelik of kultureel. Grense behou en gee vorm. Om die grense van ’n volk se identiteit te beskerm, is ’n daad van selfverweer uit selfbehoud. In die Suid-Afrikaanse geskiedenis, en veral die geskiedenis van die Afrikaner vind ’n mens telkens opnuut die poging om byvoorbeeld deur trek en afsondering die grense suiwer te kry, sodat die eie onderskei en beskerm kan word. En trek hoef nie fisiek te wees nie, maar kan ook ‘n kulturele en geestelike trek wees.
  3. Diskriminasie: Dis is een van die woorde wat vandag baie onder verdenking gebring word. Diskriminasie is egter net die teenhang van voorkeur. Elke volk en elke mens in die wêreld diskrimineer elke dag tussen goed en kwaad en tussen mooi en lelik. Daar word gediskrimineer ten gunste van wat mooi en goed is; en ten gunste van wat beskou word as aanvaarbaar, en teen wat verwerplik is. Elke voorkeur wat betuig word, is uiteraard verwerping van, of diskriminasie teen ’n ander. As ’n volk nie diskrimineer ten gunste van sy eie taal, sy eie godsdiens, sy eie kultuur, sy eie land nie, sal so ’n volk verdwyn van die aarde. Hy kan nie bestaan as hy nie ten gunste van sy eie diskrimineer nie.

Dit dan, kan beskou word as die sindroom van die nasionalisme, in teenstelling met die sindroom van die liberalisme en die sosialisme.

Oor die sake is daar baie verwarring en teenstrydighede en min geleentheid om sinvol daaroor te praat.

Oor die nasionalisme is daar ’n uitnemende stuk literatuur wat geskryf is deur die briljante dr Tobie Muller byna ses maande voordat die Nasionale Party in Suid-Afrika gestig is, met die titel “Die Geloofsbelydenis van ’n Nasionalis”. Dit het verskyn in 1913, toe Tobie Muller ’n lektor aan die Universiteit van Stellenbosch was.

Muller sê: “Onontbeerlik vir die opbou van ’n bewuste individu is sowel kontinuïteit as die herinnering aan die lewensloop. Net so gaan dit met ’n nasie. Sonder ’n sekere mate van kontinuïteit in handelswyse, gewoontes, ens. van geslag tot geslag val so ’n groep mense lig uitmekaar in aparte klompies. Daarom vind ons dikwels dat Afrikaners wat geheel en al breek met die tradisies van hulle voorvaders, alle aanraking met hulle volk verloor en nie meer die minste gevoel vir die nasionalisme se belange het nie”. Dit is ’n waarheid wat vir alle geslagte geld en veral in die huidige tyd weer geïllustreer word.

Muller maak ’n paar baie interessante opmerkings in verband met die geskiedenis. Hy sê byvoorbeeld: “Ons het gesien dat daar ook ’n geheue moet wees om ons kontinuïteit en die bestaan van ’n selfbewuste individu moontlik te maak. By die normale persoon is die geheue ’n biologiese funksie wat vanself groei. By ’n volk is dit nie in dieselfde mate die geval nie.

“Die herinnering van ons tradisies en geskiedenis word wel ten dele in ons taal- en mondelinge oorlewering oorgeplant van geslag tot geslag, maar dit slyt weg en is in elk geval nie genoeg nie. Die geskiedenis van ons volk moet bepaald onderrig word aan die volk om hulle geheue skerp te hou en te laat groei”. Hier is soveel behartenswaardigheid in dat dit die tema van ’n hele toespraak kan wees.

Muller maak ook die uiters belangwekkende stelling: “Godsdiens sluit moraliteit in, daarom is dit reeds hierom ook ’n godsdienstige plig om nasionalis te wees”. Let wel: Tobie Muller het ’n doktorsgraad in die teologie gehad en hy sê dit is “’n godsdienstige plig om nasionalis te wees”. Waarom moet aanvaar word dat sy teologiese insig nie meer aanvaarbaar is as dié van die huidige liberale teoloê nie? “Buitendien”, sê hy, “vir die Christen en teïs wat glo dat aparte volke ontstaan, nie deur blote toeval nie, maar met ’n sekere doel, het elke nasie sy roeping en besondere taak om te vervul. Uit hierdie oogpunt beskou is papheid op nasionale gebied ’n religieuse oortreding, dit wil sê ’n sonde. Dit is dus letterlik waar en nie maar net beeldspraak nie wanneer die Afrikaner sê dat die handhawing van sy taal vir hom ’n deel van sy godsdiens is”. Hierdie stelling hou in dat dit nie “apartheid” is wat “sonde” sou wees nie, maar die “papheid op nasionale gebied” waardeur die liberale teoloë en predikante gekenmerk word.

Daar kan baie meer hieruit gehaal word, maar dit is genoeg om te prikkel tot insae in hierdie voortreflike stuk.

Ter afsluiting is dit goed om te kyk na die laaste strofe van die Stem van Suid-Afrika. Die laaste strofe van Die Stem bevat feitlik die hele lewensfilosofie van die nasionalisme. Dit begin: “Op U almag vas vertrouend het ons vadere gebou”... onmiddellik die oproep tot die godsdiens en die voorvaderlike: die tradisies, die konvensies, die sedes. En dan: “skenk ook ons die krag, o Here”... weer die oproep op die godsdiens: “om te handhaaf en te hou”...

En daarby natuurlik die bede, “skenk ook ons die krag”... Dit vra krag om te handhaaf wat jy het en wat jy is: “dat die erwe van ons vadere vir ons kinders erwe bly”. In die letterlike sin dat die grondgebied van jou volk jou volk se grondgebied sal bly, maar ook die ander erwe, die geestelike erwe. Dit is die bede: dat die dinge wat ons het, wat ons geërf het van ons voorvaders, dat ons die krag sal hê om dit te behou. “Knegte van die Allerhoogste”... weer eens die toewyding aan die godsdiens... “Knegte van die Allerhoogste teen die hele wêreld vry”.

Die vryheid, die uiteindelik hoogste doelwit van ’n volk om homself te wees. Maar uiteraard ook die hoogste oogmerk van die nasionalisme. En wat die Afrikanernasionalisme betref: Vry van oorheersing deur buitelandse moondhede, vry van oorheersing deur ’n grypsugtige geldmag en vry van oorheersing deur Swart getalle.

Laat die jeug aanvaar dat daar ’n begeestering is in die trompetwoorde van die nasionalisme — vaderland, vryheid, heldedom. Laat die ideale hoog gestel word onder ’n vaandel wat aan die wêreld sê: die land is ons land: ons sal nie berus in die bedrogvolle wyse waarop ons ons vryheid verloor het nie; ons sal, soos die sterk voorgeslag waaruit ons kom, weer veg om vry te wees om onsself te wees as Witman en Christen en Afrikaner in Afrika.

Geen meer uitdagende, meer opwindende oproep kan daar aan jong mense wees nie as die oproep van nasionalisme; en geen meer verheffende en veredelende daad as om in plig en eer en trou te staan waar Kruger en Steyn, De la Rey en De Wet en Hertzog en Malan en Strijdom, en Verwoerd, die groot Afrikanerleiers van hierdie eeu, verwag om hulle nasate te kry.

In hierdie tyd vereis dit om buite die huidige valse politieke bestel te bly wat deur verraad en bedrog aan ons volk opgedwing is in wat ’n kwalik bedekte Kommunisme is. Deur buite te bly, word suiwerheid verseker en onafhanklikheid van aksie behou. Ons volk het telkens nuwe nasionale hoogtes bereik wanneer hy van buite sy weg gekies en sy ideale bestreef het. Die Groot Trek in 1836-38, die Boererepublieke van die 19de eeu, die stigting van die Nasionale Party deur genl J B M Hertzog in 1914, die handhawing van die Nasionale Party na samesmelting in 1934, die uittrede uit die Statebond in 1961, het telkens gelei tot nuwe hoogtepunte in die Afrikanervolk se lewe en die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse geskiedenis.

Die nasionalisme is in tye van vrede en orde ’n sluimerende mag, maar wanneer ’n volk bedreig of onderdruk word, verrys dit in reaksie. En dan gee dit ’n gloed af, soos die kole van ’n vuur waarvan die aslaag afgewaai is. En dit word ’n aandrywende bewegingsmag.

Die jongmense van vandag staan aan die drumpel van ’n nuwe Afrikaans nasionale beweging, wat na die herwinning van ons vryheid moet lei. Laat dit ’n inkantasie wees van Jong Suid-Afrika: “Die stryd wat ons vaders begin het, sal woed tot ons sterf of oorwin het. Dit is die eed van Jong Suid- Afrika”

(Hierdie uitmuntende toespraak is gelewer deur mnr Jaap Marais.)

U soek na?

  •  

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    _________

    HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1814 gaste aanlyn