Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons Vader in die hemel, ons begeer dat u wil sal geskied, nie net in die hemel nie maar ook op die aarde, en veral hier in Suid-Afrika, die land wat U aan u volk gegee het om in te woon en te vermeerder – nie om verdruk en uitgemoor te word nie. Gee dat ons mense mekaar sal liefhê, beskerm en kalmeer – nie beveg, beskinder en opponeer nie. Laat elkeen van u kinders asseblief Psalm 14:2 ter harte neem: "Van die hemel af kyk die Here die mense deur om te sien of daar één verstandige is, één wat na die wil van God vra."" Dink watter krag ons volk sal hê as God baie sulkes vind!
VOLKSREGERING (7)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
APARTHEID ̶ TOTIUS VERVOLG
In Genesis 10 vind ons dan ook die sogenaamde "volkeretafel" wat ons laat sien hoe die volke aanvanklik op die aardbodem gevestig en die skeppingsbevel ten uitvoer gelê het. In die godsbevel lê die wet van vermenigvuldiging wat aan die mensheid geleentheid gee om in verskillende volkstipes uiteen te gaan, terwyl dit alles geskied onder beskerming van sy voorsienigheid en onder bevrugtiging van die "algemene genade".
Elke nasie het 'n roeping om na te kom, en dit sal duur tot die voleinding toe. Jesus voorspel dit in sy profetiese rede as hy sê: "Die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander". (Mat 24:7). Selfs van die ryk van heerlikheid staan geskrywe in Openbaring: "En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan (van die nuwe Jerusalem) wandel". (Openb 21:24).
Die volke moet hulle self dus handhaaf, en dit teenoor die Babiloniese gees van eenmaking. Die wording van nasies en Koninkryke dra die goedkeuring van die Skrif weg, maar nie die vorming van wêreldryke (Empires) nie. Daarom word hulle (die wêreldryke) as diere in die Skrif geteken (Dan 7), magte wat oorweldig, nasies opsluk en grense, wat God gestel het, tot niet maak. Elke keer duik die Babelgedagtes weer op, totdat uiteindelik die anti-Christelike kombinasie gesien sal word, koninkryke wat hulle mag sal oorgee aan die dier en een gesindheid sal hê (Openb 17:13).
Nou is dit tyd om die humaniteitsmense te woord te staan wat met die oog op gelykstelling van blank en gekleurd, met die oog ook op assimilasie van nasies, Kol 3:11 aanhaal: "Waar daar nie Griek en Jood, besnedene of onbesnedene, barbaar, Scith, slaaf, vryman is nie; maar Christus is alles en in almal". Ongelukkig vir diegene wat hulle vir die eenmakingsgedagte op hierdie apostoliese woorde beroep dat die Griek en Jood, die barbaar en vryman nog altyd daar is! Selfs die slaaf ontbreek nie, ook al is slawerny afgeskaf. Die Evangelie moet volgens hulle in hierdie opsig 'n mislukking gewees het.
Maar lê nou naas Kol 3:11 die parallelle plek Gal 3:28 en die ongerymdheid van die liberalistiese verklaring blyk des te meer. Daar staan: "Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man of vrou nie; want julle is almal een in Christus."
Hoe nou? Ook nie meer man of vrou nie! Maar dan moet Paulus hier erg met homself in teëspraak kom, altans as die liberalis se verklaring van die genoemde verse reg is. Want, kyk in 1 Kor 11:2-16 voer Paulus juis 'n kragtige pleidooi dat die vrou van die man onderskeie moet wees tot in die drag van haar hare toe! Die apostel bepaal nie presies hoe lank die vroue se hare moet wees nie. Wat hy veroordeel is dat die vrou in haar drag aan die man gelyk wil wees. Die oplossing lê in die sleutelwoord in Christus. Wie in Christus is, is geestelik een, al bly die aardse onderskeidinge bestaan.
Niemand sal dan ook wil beweer dat die gelowige naturel nie die nuwe lewe in Christus deelagtig mag wees nie. So verval dan die tekste in die betekenis wat 'n sogenaamde humaniteit daaraan wil vasknoop. Meteens het ons ook daarteenoor die hele skrif gestel.
Dit wek in my die herinnering aan soveel beskawings wat deur die kontinent van Afrika opgeslurp is. Dit is al 'n studie op sigself. Ek stip alleen aan dat die lig veral probeer indring het uit die noorde, die noordooste en die ooste. Hoeseer van korter of langer duur, bestendig was dit nie. Die lig het telkens weer ondergegaan. Selfs die Christendom wat langs die soom van die ou Wêreldsee in die noorde sulke glansryke triomfe behaal het – dink aan die groot aantal Christelike gemeentes wat gebloei het, dink aan die skole wat vermaardheid verwerf het (bv dié van Alexandrië) – dit alles het in sy lewenswerklikheid in nagtelike donker ondergegaan.
Totius vervolg...