Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons moet heilig wees want God wil dit so hê. Maar ons dink heiligwees is 'n valse vookoms van sedelikheid waarvoor mense ons sal spot. Verkeerd! Heiligwees beteken slegs om uitdrukking te gee aan die lewe van Christus soos ons dit as sy kinders ervaar. As jy vir Hom lief is, sal jy graag hieraan uitdrukking gee.
VOLKSREGERING (15)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
HANDHAWING VAN APARTHEID DEUR ANDER
Ander onpartydige belangstellendes van verskillende lande het lankal die voordele van aparte volkere in suider Afrika ingesien om vreedsame bestaan te verwesenlik. Toe die veeboer teen ongeveer 1770 aan die oewers van die Visrivier met die enkele voorlopers van die swart volkere in aanraking gekom het, het wrywing ontstaan. In 1778 het goewerneur Van Plettenberg (Nederland) besluit dat die beste manier om vrede te bewaar sou wees om die twee groepe apart van mekaar te hou, elkeen in sy eie grondgebied met sy eie regering. Die vryburgers was toe nog beskou as burgers van Nederland.
In 1811 het die Britte doeltreffende stappe gedoen om die Visrivier as oosgrens in te stel. Forte is langs die riviergrens gebou en 'n stelsel van militêre patrollies ingestel. Die dorpe Cradock en Grahamstad het uit hierdie grensvestings ontwikkel.
Na 1814 is vasberade pogings deur Engeland aangewend om 'n skeidingsbeleid te handhaaf en in 1819 het Somerset (Brittanje) sy toevlug tot drastiese maatreëls geneem. Die gebied tussen die Vis– en Keiskammarivier is tot neutrale gebied verklaar wat onbeset moes bly. Tussen 4 000 en 5 000 Britse setlaars is as buffer in die Zuurveld gevestig. Spanning het opgelaai as gevolg van Zoeloe-aanvalle vanuit die noorde op die Kôsas. Hierop het sir Benjamin D'Urban die neutrale gebied verder uitgebrei. Al die maatreëls het grootliks misluk omdat die Kôsas voortdurend van agter deur die Zoeloes aangeval en voortgedryf is. Voor hulle was die grond beset, maar hulle het die rigting vorentoe verkies omdat die blankes nie so wreedaardig soos die Zoeloes was nie.
Hierdie verkorte geskiedenis is beskryf om aan te dui dat Nederland sowel as Brittanje die voordele van apartheid ingesien het, hoewel hulle nie genoeg insig gehad het oor hoe om dit toe te pas nie. Brittanje het nie besef dat die Zoeloes ook tot hulle eie ylbevolkte gebied beperk moes word nie. Daar was voldoende lewensruimte. Die omstandighede in Zoeloeland het verander toe Shepstone aangestel is om die moeilikheid aldaar te probeer oplos. Hy het 'n besondere kennis van die swart volke gehad omdat hy aan die Kaapse oosgrens grootgeword het waar hy ondervinding oor die sienswyse en bestuur van die swartmense opgedoen het.
Deur sy taktvolle optrede het Shepstone die Zoeloes se agting en samewerking verkry. Dertig jaar lank (1845 – 1875) het hy Zoeloeland met groot doeltreffendheid bestuur. Dit vergelyk uitstekend met die Suid-Afrikaanse regering se geslaagde eerlike beleid sedert 1948 tot ongeveer 1988 (veertig jaar), vanwaar te veel afwykings toegelaat is. Miskien tot 1978 (dertig jaar) omdat daar toe al groot krake in toepassing verskyn het, die gevolg van wanbegrip in Brittanje en in die res van die wêreld oor wat apartheid werklik is.
Shepstone het sommige Zoeloes toegelaat om vir tydelike voortbestaan op plase van blankes te werk; let wel, tydelik sonder regte totdat hulle in hul eie gebied gevestig kon word. Die ander Zoeloes is in afsonderlike gebiede gevestig onder gesag van hulle eie hoofmanne. Die hoofmanne moes die orde handhaaf en regspraak beoefen ooreenkomstig hulle volkseie aanvaarde wette en gewoontes. Hier het selfbeskikking en selfregering (apartheid) uitstekend gewerk.
Shepstone het dertig jaar lank die vrede tussen die Zoeloes en die Kôsas en teenoor die blankes gehandhaaf. In 1875 is 'n hoofman voor die gereg gedaag omdat hy die wet in verband met die beheer van vuurwapens verbreek het. Ongelukkig is hy volgens Britse regspleging verhoor en is blanke landdroste aangestel met vermindering van die magte van die hoofmanne. Die Britte het nie uit Shepstone se wysheid oor apartheid geleer nie en onrus het na 30 jaar nou skielik weer hoogty gevier, want die Kôsas wou hulle eie regering behou en self onreg bestry met wedersydse heil.
Wat vir ons Afrikanervolk belangrik is, is dat die destydse groot wêreldmag, Brittanje, lank voor die geboorte van Afrikanerleiers soos dr Malan, adv Strijdom en dr Verwoerd reeds apartheid as die oplossing vir vreedsame naasbestaan ingesien het, maar verbrou het.