Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Abraham Lincoln het gesê: ’n Mens is so gelukkig as wat hy besluit om te wees. Jy kan ook op net soveel geluk aanspraak maak as wat jy bereid is om te gee; nie meer nie!

VOLKSREGERING (22)

Lees reeks by VOLKSREGERING

Natuurlik   –   Doelmatig

Beskrywing  van  die  enigste regverdige  politieke  bedeling

vir  enige  volk,  hetsy klein  in  getalle  of  groot

Dirk  Denker

VERKIESINGS  IN  VEELVOLKIGE  LAND

Munisipale en sentrale regeringverkiesings word gereeld in Suid-Afrika gehou. Wat is die betekenis daarvan vir die onderskeie volke waaronder Afrikaners?

Soos dit gereël word, is die verkiesings gedwonge veelrassig van aard. Die volke moet gelyktydig en gesamentlik na die stembus gaan om opnuut verteenwoordigers te kies. Volkevermenging word dus vir verkiesingdoeleindes afgedwing en die volk wat getalgewys in die meerderheid is, word in beheer gestel.

Op vergaderings tel die minderheid se beginsels en sienings weinig indien enigsins. As verskoning word demokrasie deur die meerderheid aangevoer dat die meerderheid reg is en dus besluite mag neem wat afdwingbaar is, maar hulle vermy die feit dat demokrasie slegs binne een volk geregverdig en regverdig is.

Slegs wanneer dit die meerderheid pas om 'n rookskerm te werp, stem hulle in tot 'n minderheidvolk se versoek of mening op so 'n manier dat dit moet lyk asof dit die meerderheid se eie siening was, of om kastige begrip te toon. Dit is een rede waarom daar swak dienslewering is. Die meerderheid verkeer onder geen druk tot prestasie nie omdat hulle hulself beskerm en nie veel ag slaan op die werklikheid nie.

Bewerings van demokratiese verkiesing en die meerderheid is reg, word vryelik gemaak, maar  –  demokrasie beteken immers volksregering. Vergeet maar die onnodige ingewikkelde soorte kleinlike demokrasieë wat nie vryheid beteken nie. Kyk na die geheelbeeld. Minderheidvolke het minderheidstemme. Daar is geen manier waarop hulle hul aansprake of selfbeskerming met stemming kan bewerkstellig nie.

O ja, daar kan hof toe gegaan word om die saak te besleg. Hofsake is egter baie duur, selfs onbekostigbaar en moet soms in gevalle van uitstekende meriete links gelaat word. Geld is dus deurslaggewend in so 'n geval en nie die vryheid om regverdig verhoor te word nie. Buitendien kan 'n saak slegs in die hof beveg word as dit ongrondwetlik is en nie omdat die minderheid 'n vrye keuse probeer uitoefen nie.

Wie betaal die regskostes?  Die minderheidvolk moet sy eie kostes dra en as belastingbetalers (insluitend die minderheid) moet ook nog bydra tot die staat, provinsie, munisipaliteit of stadsraad se kostes al sou die betrokke owerheid sy saak verloor. Is dit regtig demokraties?  Wat van die verantwoordelikheid van die besluitnemers wat die owerheid se fondse en geriewe gebruik?

Van die lede van die meerderheidregering het al in die parlement gekla dat Suid-Afrika nie deur hulle regeer word nie, maar deur die howe van die land. Minderheidpartye het hulle al dikwels tot die howe gewend om reg en geregtigheid te probeer bereik. As die regeerders hulle voorbereiding deeglik doen en die minderheid in ag neem, sal hofsake skerp afneem.

Daar word voortdurend gepraat oor versoening. Selfs met opregte bedoelings is dit uiters moeilik om versoening toe te pas omdat die onderskeie volke se begrip daarvan wyd van mekaar verskil. So sal een volksgroep tot betogings en optogte oorgaan om hulle siening aan te dui, terwyl 'n ander volk eerder skriftelike vertoë rig wat minder opsigtelik, minder aanskoulik is. Die owerheid maak nie maklik die omvang van skriftelike versoekskrifte bekend nie. Al sou heelwat meer handtekeninge ingedien word as die getal betogers wat deelneem, word dit om verdedigingsredes nie vergelyk nie. Eie siening gaan maklik oor tot oorheersing as 'n verdedigingswerktuig.

Wat is die oplossing in 'n veelvolkige land?  Elke volk moet die reg verkry om homself te regeer in vreedsame naasbestaan. In die verlede is hierdie uitgangspunt meermale bewys. Onder meer Lesotho, Swaziland en Botswana beleef nie hierdie soort spanning nie omdat hulle selfregering het. Die Transkei en Bophuthatswana was uitstekende voorbeelde van sukses totdat dit doelbewus en afdwingend omgekeer is. Selfregering met wedersydse heil, maar samewerking tot almal se voordeel is die grondslag vir vrede en ontwikkeling.

Lesotho is alkant binne die grense van Suid-Afrika geleë en bestaan as 'n aparte land en volk. Die buiteland wou nooit die selfregering en uiteindelike onafhanklikheid van die swart volke in Suid-Afrika erken nie, maar sou heftig beswaar gemaak het as Lesotho by Suid-Afrika ingelyf is. Hulle sal nou ook heftig beswaar maak as Suid-Afrika Lesotho met geweld probeer inlyf. Tog was hulle daarteen dat Transkei en Bophuthatswana ook soos Lesotho apart leef. Hierdie twee volke was met goedkeuring van die groot moondhede met geweld by Suid-Afrika ingelyf. Hoekom keur die buiteland apartheid vir Lesotho goed, maar nie vir die ander volke in Suid-Afrika nie?  Swaziland en Botswana leef ook apart.

Opsoek na inligting?

  •  BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

 

Elke volk regeer homself en help ander.

 

Werkgeleenthede aan almal.

 

Gun aan ander soos vir jouself verwag.

 

Gee krag aan jou volk.

 

Geestelike waarheid.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1671 gaste aanlyn