Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die Bybel gee baie duidelike riglyne hoe ʼn volk polities gerig moet word. Die eerste vereiste is dat slegs gelowiges gekies moet word om ʼn volk te rig. ‘n Hart gewas in die bloed van Jesus Christus is vir ʼn volk baie meer werd as ʼn ongelowige kop vol akademiese kennis!
VOLKSREGERING (23)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
VRYE REGERING
Volksregering beteken regte demokrasie (volkvryheid), maar volksregering is 'n veel beter goeie Afrikaanse beskrywing as die Griekse woord wat Totius ook uit ons taal wou weer. Albei woorde beskryf 'n regeringsvorm deur die verteenwoordigers uit die hele enkel volk gekies en nie 'n regeringsvorm bestaande uit verskeie volke nie. Aan volksregering kan daar egter geen verkeerde vertolking gegee word nie. Demokrasie is 'n verwarrende vae begrip.
Uit voorafgaande is dit duidelik dat ons in Suid-Afrika nie demokrasie het nie, al probeer die huidige volkvreemde regering hardnekkig met (gedwonge) demokrasie volhou om die onwaarheid te verkondig in die hoop dat ons dit as feitelik sal glo en aanvaar dat ons mense volksregte het. Hiervoor is staatsbeheerde radiostasies en die beeldradio uiters geskikte middele vir die volkvreemde regering.
Wanneer kon ons volk 'n verkiesing vir Afrikanerleiers deur Afrikaners hou? Nog nooit tydens die bewind vanaf 1994 nie, en dit is presies die teenoorgestelde van volksverkiesing of demokrasie. Die meerderheid hou 'n gemengde verkiesing uit staatsfondse waartoe almal moet bydrae al wil hulle nie daaraan deelneem nie, maar van 'n kleiner volk word verwag om sy eie fondse te voorsien vir 'n eie verkiesing in plaas van die rasvermengde een. Dan word dit nie erken nie en besware ingebring teen die regsgeldigheid daarvan. Dit veroorsaak nog meer kostes en oplopende las vir die minderheid.
Daar is mense wat beweer dat dit alle burgers van Suid-Afrika se plig is om te gaan stem. Dit is 'n geykte rympie wat die skyn van volksbetrokkenheid probeer voorhou. As 'n lid van 'n minderheidvolk graag wil stem, maar sy volk maak net tien persent van die stemgeregtigdes uit, watter doel dien dit om die moeite te doen en die koste aan te gaan om te registreer? Die omgewing kan plaaslik of wyer tot landwyd wees, dit maak geen verskil aan die stemuitslag nie. Om hierdie rede weier waarskynlik die meeste Afrikaners om betekenisloos te stem. Dat die meerderheid Afrikaners nie stem nie, is duidelik in die verkiesingsuitslae.
Verstaan mooi, dit beteken nie dat 'n minderheidvolk van die stembus moet wegbly nie. Dit bly elke burger se eie vrye keuse om te stem. Ons moet egter oor die werklikheid nadink en nie wegskram nie, want ons beskik oor 'n denkvermoë. Wat het die Afrikaners bereik wat tot dusver gestem het. Enige volkseie bestaansreg of selfbeskikking? Selfs Afrikanerbesighede word steeds gedwing om andersvolkiges sonder regverdiging in hulle geledere op te neem.
In 'n stemgeregtigde se eie omgewing mag die meerderheid inwoners volkgenote wees. Weer word na die groter beeld verwys: Daar kan nie meer as tien persent verteenwoordigers wat Afrikanervolkgenote is, verkies word nie. Aansprake van doelwitbereiking is onoortuigend. Die aanduidings is dat meer Afrikaners van die stembus af wegbly as wat stem. Dit maak egter nog steeds geen verskil aan die uitslag nie, omdat die Afrikaner se getalle teen hom tel. 'n Verdere nadeel van die sogenaamde demokratiese bestel is dat daar nie 'n parlementêre verteenwoordiger vir 'n bepaalde omgewing aangewys word wat tot verantwoording geroep kan word nie.
Kyk weer hoe onregsinnig (ondemokraties) teenswoordige verkiesings gereël word. Daar bestaan geen voorsiening vir volkgenote om aan te dui dat hulle binne volkverband vir hul eie mense wil stem nie. Hoe moet hulle aandui dat hulle die bestel onaanneemlik vind? Dit is nie 'n nuwe begrip nie. Die onaanvaarbaarheid van die bedeling is al dikwels in raadsale geopper, maar summier deur die meerderheidvolk verwerp sonder dat hulle 'n ander volk se keuse enigsins toets.
Knaend onregverdigbaar word van volkleiers gevra hoeveel mense hulle verteenwoordig, al word voortdurend uitgewys dat getalle nie 'n rol speel nie. Van 'n kerkgenootskap word nie gevra hoe groot hulle getal is voordat hulle geloof erken word nie. Hoekom wanneer dit by politiek of staatkunde kom?
Weer eens is dit onomwonde verwerping van die minderheid se voorkeur deur getalle voor te hou. Dit is voorwaar 'n duidelike voorbeeld van onverdraagsaamheid en onderdrukking! Ons moenie so afgestomp raak deur die herhaaldelike beskuldigings dat daar voorheen benadeelde volke was nie. Dit is onwaar en word so dikwels geopper net om Afrikaners en die wêreldfront te breinspoel. Niemand was ooit in staat om hierdie leuen van onderdrukking te bewys of selfs net eerlik te beskryf nie. Wat alles voor 1994 vir alle volke in Suid-Afrika gedoen was, is menigvuldig.