Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe lank gaan ons swyg as ons Christelike norme aangeval en Eerstewêreld-standaarde afgetakel word? Moet ons swyg as ons verkrag, beroof en vermoor word; swyg as onbevoegdes ons kundiges se toekoms so belemmer dat hulle na die buiteland verhuis? Moet ons oor alles swyg omdat ons bang is om as rassehaters gebrandmerk te word? Nee, ons durf nie verder swyg nie! Al word dit lewensgevaarlik om die waarheid te praat, is dit noodsaaklik dat volksgenote dit moet hoor!
VOLKSREGERING (27)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
ONWARE BEWERINGS
'n Ongegronde bewering is dat die swart volke eerste in Suid-Afrika gewoon het en dat die blankes (Afrikaners) hulle grond afgeneem het. Van Kaappunt tot by die Visrivier was daar geen swartes nie. Eers by die Kei-rivier het die twee groepe mekaar werklik ontmoet. Piet Retief het namens die Voortrekkers deur bemiddeling van onafhanklike sendelinge en onderhandeling wettiglik grondgebied by Dingaan verkry. Die verraad word verswyg. Groot ander grondgebiede was onbeset of is ook deur wettige onderhandelinge verkry. Daaroor word geswyg, of die beweerders ontbreek kennis van die geskiedenis. Zoeloe geskiedkundiges skryf dat die Zoeloes die gebeure betreur.
Die destydse magtige Engeland het in 1852 en in 1854 skriftelik erken dat die Oranje Vrystaat en Transvaal twee onafhanklike republieke van die Afrikaners is. Net so verraderlik soos Dingaan het hulle dieselfde grondgebiede met oorlog afgeneem sonder geldige redes. Het enige apartheidmistaster ooit iets daarteen gesê? Steeds word die Afrikanervolk onskuldig van grondgryping beskuldig.
In 1857 het 'n Afrikaanse kerksinode op aparte kerke vir blank en nie-blank besluit omdat dit die "Godgewilde model vir die land is". In 1998 sê dieselfde kerk se sinode dat "die kerk nie altyd die Woord van die Here reg gehoor het nie". Praat van dwaling en afwyking van beginselvastheid. Wie kan nog lidmaat van so 'n kerk wees?
Daar word beweer dat daar nou demokrasie in Suid-Afrika is omdat almal mag stem, maar wat beteken 'n 10% en minder inspraak op sake? Deur aan die vreemde volke se verkiesings deel te neem, bevestig jy dat jy hulle verkiesingstelsel erken en jouself aan hulle onderwerp. Hoe kan jy in dieselfde juk trek as 15 osse in die span 'n ander rigting as jy inslaan en jou dan met getalle oorweldig? Jy het geen seggenskap.
Kommuniste se strategie: Infiltreer kerke en saai die saadjie dat apartheid sonde is en menswees aantas. Stel dit as 'n feit vir aanvaarding, maak kultuur af as beledigend vir ander volke en hou sonder regverdiging daarmee vol sonder dat kans gegee word vir weerlegging van die valse bewerings. Enige verdediging word onmiddellik in die kiem gesmoor deur onsinnige onderbrekings soos om rassehaat aan te voer. Sodoende word op die gevoel van voorstanders van apartheid getokkel om van hulle beginselstandpunte af te wyk en volkverbrokkeling te aanvaar asof die Afrikanervolk skuldig is. Dit is skaamtelose valsheid.
Maar kommunisme is mos dood? Dit was ook net 'n strik wat gestel was om kommunisme 'n hupstoot te gee. Wat het geword van die (valse) belofte van eie skole, eie gemeenskaplewe en talle ander beloftes? Daar word talle ongegronde bewerings en beloftes deur vyandiges teen die Afrikaners en/of wittes gemaak sonder bewyse of betroubare verwysings.
Sommige bewerings word hieronder aangedui waarvan die sprekers se name en nadere besonderhede bekend is. Die betrokke persone se name word nie hier genoem nie omdat dit verkeerd sou wees om aandag op hulle te vestig wat dit nie verdien nie, in plaas van op die saak wat geraak word. 'n Saak of tema moet onpartydig hanteer word sonder dat beledigend geraak word. Slegs sprekers wat geen inhoud aan hulle bewerings kan gee nie, beland op die syspoor van partydigheid.
Geen valse inligting word deur die uwe verstrek nie en op verdienstelike navraag sal die nodige verwysings oor die sprekers vir nagaan beskikbaar gestel word. Valsheid is verwerplik. Dit is maklik om bewerings te maak wat klink of dit waar kan wees, maar wat skewe voorstellings is.
Daar is beweer dat die blankes voortgaan om die land en die banke te beheer. Moet die minderheid blankes wat die nadeel van getalle het dan afstand doen van hulle prestasievermoë? Wat doen die ander om hul eie prestasievermoë te verhoog? As een rugbyspan 10 spelers het en steeds die span met 15 spelers klop, moet die minderheid terugstaan sodat die ander kunsmatig sukses kan behaal?
Ongelooflik word die verwagting dat die minderheid moet terugstaan bevestig deur aan te dring dat die blankes met "wit voortreflikheid" moet stop. Moet die blankes heeldag op hulle stoep sit en net koerant lees. Die blankes het self hulle eie ondernemings gestig en verhoed nie die swartes om dieselfde te doen nie.
Wat ook strydig is, is dat al hoe meer druk daarop geplaas word dat daar nie tussen die rasse onderskei mag word nie. Hoekom nie? Op wie is dit van toepassing? Hoekom mag sommige sprekers (swartes ja) wel die onderskeiding tref en sodanig hulself in 'n swak lig stel? Kyk net hoe gereeld na blankes en wittes verwys word en dan net om op sogenaamde verkeerdhede te fokus wat summier as vals bewys word. Tog word met die leuens volgehou. So word saadjies gesaai.
Daar is ook onredelik beweer dat wanneer slegs blankes 'n versoekskrif teken, dit rassehaat is. Dan moet 'n betoging deur swartes ook as rassehaat beskou word, maar nee. So 'n bewering dui kamma op rassisme (rassekennis) wat in werklikheid erkenning van die blankes se vermoë is. Blankes kan mos glo ook by die betogers aansluit, maar swartes onderteken nie 'n versoekskrif saam met blankes nie. Blankes moet glo aanvaar dat hulle met swartes moet skakel. Die indruk word hierdeur geskep dat die blankes dit nooit gedoen het nie. Dit is heeltemal onwaar en blote verdagmaking om 'n valsheid inslag te laat vind. Die swartes wil nie met die blankes skakel nie, tensy hulle standpunte sonder meer aanvaar word. Blankes se standpunte word sonder oorweging verwerp.