Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons het ander mense in ons lewe nodig om hulle liefde te kan gee en om liefde te kan ontvang, mekaar te bemoedig in ons lewensstryd, en om te ontdek dat ons aanvaarbaar is. Meer belangrik nog, ons het ook hier op aarde iemand nodig om mee te kommunikeer. Daaroor het God ons as groepsgebonde mense geskape.
VOLKSREGERING (33)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
VOLKSEIE BEGINSELS
Die hieronder aangehaalde bewoording was in 1961 in die aanhef van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika opgeneem. Dit is 'n geloofsbelydenis waarin regering en volk hulle verpligting teenoor God uitspreek en was oorweldigend oral deur alle volkgenote aanvaar. Dit getuig vanwaar die Afrikaner sy krag ontvang en hou verband met die geloftes.
"In nederige erkentlikheid teenoor die Almagtige God, Beskikker oor die lotgevalle van nasies en die geskiedenis van volkere;
Wat ons voorgeslagte uit baie lande byeengebring en hulle hier in hul eie gevestig het;
Wat hul weë deur geslagte bepaal het;
Wat hulle so wonderbaarlik deur gevare gelei het;
Verklaar ons, wat hier as verteenwoordigers van die volk vergader is, dat aangesien ons
Bewus is van ons verantwoordelikheid voor God en die mensdom;
Oortuig is van die noodsaaklikheid om saam te staan;
Om die onskendbaarheid en vryheid van ons land te beveilig;
Om die wet en orde daarin te handhaaf;
Om die geluk en die geestelike en stoflike welvaart van almal te bevorder;
Bereid is om ons plig te aanvaar om gesamentlik met alle vredeliewende volkere wêreldvrede te soek; en
Die opdrag wil uitvoer om die Republiek van Suid-Afrika te vestig en 'n Grondwet daaraan te gee wat die beste sal aanpas by die tradisies en geskiedenis van ons vaderland."
Hierdie woorde herinner aan die (vertaalde) manifes van Piet Retief waar hy geskryf het:
"4. Ons kla oor die onregverdige beskuldigings teen ons as grensboere deur belanghebbende en oneerlike persone onder die dekmantel van godsdiens ingebring. Hulle getuienis word in Engeland geglo en ons bewyse tot die teendeel verwerp . . ."
"8. In die loop van ons trektog en in die land van ons vestiging sal ons aan die inboorlinge ons bedoelings bekend maak en hulle van ons begeerte om in vrede en vriendskap met hulle te leef, in kennis stel."
Let op na die 'welvaart van almal' in die Grondwet van Suid-Afrika soos deur die apartheidregering opgestel en die 'vrede en vriendskap' in die manifes van Piet Retief wat werkmatig bewys is, maar sonder rede deur vyandiges verwerp word. Uit die verloop van hul geskiedenis, pas diepdenkende en wyse Afrikaners hul beginsels op alle gebiede toe. Gemengde sport en gemengde taalgebruik bots met afsonderlike kerke, woongebiede, skole en afsonderlike huwelike.
Dit is 'n spontane gevolg dat gemengde sport noodwendig tot gemengde sosiale lewe lei en gemengde sosiale lewe gaan oor tot gemengde huwelike. Bewyse is openlik sigbaar by skool-byeenkomste, vakansie-oorde, en ander openbare plekke waar volke intiem met mekaar vermeng. Dan besef die Afrikaner die gevaar vir sy voortbestaan as hy die beginsels van afsonderlike sport en taal prysgee ter wille van oppervlakkige vermaak en 'n laat maar gaan houding oor sy taal.
BALK TEENOOR SPLINTER
Ons Afrikaners het nog altyd geglo dat ons regering nie ons neus in ander lande se binnelandse sake moet insteek nie en dat ons ook nie duld dat ander lande hulle met ons binnelandse aangeleenthede moet bemoei nie. Miskien moet ons tog by uitsondering die balk in ander lande se oë uitwys om te bewys dat dit nie net los praatjies is nie.
Die volgende toepaslike en onbetwisbare aanhaling kom uit die boek Ideaal en werklikheid: rekenskap deur 'n Afrikaner, geskryf deur G van N Viljoen.
"In Noord-Amerika is die inheemse Rooihuide deur Angel-Saksiese optrede van 'n geskatte ongeveer 3 tot 4 miljoen tot 300 000 aan die begin van hierdie eeu (dit is begin 1900) verminder; en die oorblywendes is na armsalige reservate verstoot (vergelyk ook maar die lot van die Eskimo's in Kanada en die Laplanders in Swede!). In Midde– en Suid-Amerika is die Asteke– en Inkaryke deur die Spaanse veroweraars uitgemoor en twee volke van respektiewelik 20 en 26 miljoen binne anderhalf eeu gereduseer tot 'n skamele miljoen elk.
In Australië en Nieu-Seeland is die Aborigines en Maori's respektiewelik uitgedelg en deur buskruit, brandewyn en sifilis tot 'n maklik assimileerbare minderheid gereduseer."
"In hierdie ironiese toestand sal die Afrikaner en Suid-Afrika hulle begryplikerwys nie maklik laat tem tot 'n valse skuldgevoel en tot 'n blinde toegee aan steeds dollerwordende eise . . . (nie)."
Die naam Suid-Afrika in die paragraaf hiervoor moet nou geskrap word omdat die boek voor 1994 geskryf is. Die uitgewer van die boek was . . . Tafelberg.
In Suid-Afrika het die Afrikaners slegs teen ander volke geveg wanneer hulle hulself noodgedwonge moes verdedig. Ons voorouers het net verdedig. Die ander volke se eie groot volwaardige tuislandgebiede (nie reservate nie), was groter en meer lewensvatbaar as menige ander lande ter wêreld.
VOLKSREGERING (32)