Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Om te vas is in ons tyd nie 'n opdrag van die HERE of noodwendig deel van ons liefdesverhouding tot God of ons naaste nie – dit kan egter bydrae om as ootmoed voor Hom te dien. Maar waarteen gewaak moet word is dat die misbruik van voedsel tussen ons en Hom staan, 'n sonde wat talle mense pleeg deur onverantwoordelik daarmee om te gaan sonder om te dink daaraan as 'n oortreding.
VOLKSREGERING (35)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
TEENSTRYDIGHEDE IN POLITIEK
Daar bestaan 'n ietwat teenstrydige toestand in die politiek. Dit is dat 'n volk militêr swak mag wees, maar met 'n gesonde en sterk ekonomie nogtans die ekonomiese wapen kan hanteer. Min invoere, net wat regtig noodsaaklik is om gebrek aan te vul en genoeg produkte/grondstowwe om aan die buiteland te verkoop, is gesonde ekonomie. Om grondstowwe self te verwerk is beter, want dit bied werkverskaffing. Vestiging van bedrywe wat ander nie so ekonomies kan nadoen nie, is voordelige ontwikkeling. Geskeie regerings met wedersydse heil en samewerking tot almal se voordeel is die grondslag vir vrede en ontwikkeling. Dit is wat met apartheid bereik word.
Politieke denke verskil. Waarom moet een volk se denke op 'n ander volk afgedwing word? In die stelsel van apartheid kan mindere volke nie oor belangrike verskille deur meerderhede uitgestem word tot nadeel van die minderheid nie. Daarmee word baie tyd, vertalings, moeite, onrus en geld bespaar omdat korter besprekings plaasvind en politieke betogings op natuurlike wyse beperk word. Niemand meng in met 'n ander volk se sake nie. Waar 'n volk hulp uit sy eie aanvra, sal dit altoos verleen word omdat die voordele na beide kante toe strek.
In die apartheidbeginsel geld dat elke volk sy vryheid moet gebruik om sy eie heil uit te werk, maar nie ten koste van ander nie. Apartheid het een mikpunt; om 'n goeie regering te hê wat die staat se verpligtinge doeltreffend vervul.
Apartheid:
Gee erkenning aan elke volk en aanvaar die bestaan van veelvolkigheid en minderhede.
Aanvaar verskeidenheid met die ingeboude beginsel van selfbeskikking op alle vlakke.
Aanvaar die beginsel van aparte skole en gemeenskappe as noodsaaklik vir gelukkige welsyn tydens ontspanning en vermaak.
Aanvaar moedertaalonderrig as regverdig sodat die leerlinge die onderwysinge maklik begryp binne hulle volkverband, kultuur en spreekwoordelike uitdrukkings.
Strewe na 'n vreedsame verhouding met wedersydse respek vir mekaar se kultuurgoedere, tradisies, ideale.
Vergader om te praat, te dink en te doen. Dink is die teelaarde van dade en laat 'n mens groot dinge vermag.
Verwerp verdeling van mag van volke tussen mekaar omdat dit voortdurend tot ernstige twispunte lei.
Beteken die groei van dit wat 'n mens nuut skep uit eie krag ten behoewe van jouself en jou volk.
Is 'n beleid van groei uit eie wortels, eie instellings, eie krag.
Lei tot selfverwesenliking as hoogste geluk.
Een van ons volkleiers het in sy versiendheid voorspel dat die Afrikaners hulself, hulle besittings, asook die geslagte wat nog kom, sal moet opoffer as hulle hulself aan 'n swart regering oorgee en dan die land verlaat. Óf hulle kan aanbly en deel word van 'n swart nasie totdat daar geen onderskeid meer is nie. Dit is waar ons vandag is, wat sy vooruitsigte en leierskap bevestig. Selfbeskikking is die oplossing.
Ons volk het in die verlede bewys dat al moet ons alleen bestaan, ons oor die vermoë beskik om vir ons regte te stry en onafhanklik te wees. Die geskiedenis bevestig hierdie bewering en verleen erkenning aan die Christelike beginsels van ons voorouers. Hulle het alle optrede van hulle kant aan die hand van die Bybel getoets. Die buiteland, ten spyte van kritiek, het respek vir ons dapper Christelike manier van vasberade optrede. Die Bybel gee riglyne.
Byvoorbeeld: "Vroeg op Woensdag 12 Desember 1838 het 'n afdeling Boere 'n aantal Zoeloespioene agtervolg en in die proses ook 'n aantal vroue en kinders na die laer gebring. Andries Pretorius het hulle vrygelaat en met 'n wit vlag 'n boodskap van vrede aan Dingaan gestuur. Maar as hy nie sou gehoor gee nie, 'sal ons oorlog voer, al is dit tien jaar lank'.
Die vroue was besonder deur die genadige houding van die Hoof-Kommandant verbly en het hom ver meer as hulle eie Koning geprys wat nooit enige onskuldige vrou of stomme kind gespaar het nie. Menigmaal het hy hulle vir sy plesier doodgemaak." (Hy het genot geput om te aanskou hoe die vrouens smeek en soebat terwyl hulle gemartel word).
"Andries Pretorius het die vroue en kinders in vryheid laat gaan en hulle verseker dat geen vrou of kind deur ons gedood sal word nie." Bloedrivier deur VE d'Assonville.
Dit is 'n sterk teenstelling met die optrede van die Britte gedurende die Tweede Vryheidoorlog (1899 – 1902) teenoor die Afrikanervroue en kinders waar 34 000 deur hulle toedoen dood is.
Namate die getalle van die volke in Suid-Afrika vermeerder het, kon veral die swart bevolkings nie in hulle eie behoeftes voorsien nie. Hulle kon nie meer uit die natuur alleen leef nie en het ook nie nywerhede gehad waar hulle kon produseer en inkomste verdien nie. Daarom het hulle op die plase van blanke boere en in nywerhede kom werk, uit eie vrye wil en sonder aansprake, waar hulle van voedsel en kleding voorsien is en 'n inkomste om benodigdhede te kon koop. Alles tot hulle voordeel.
Plaaslike besture is in behoorlike higiëniese eie woonbuurtes toegelaat. Die verstandhouding met hulle was steeds dat hulle nie burgerregte in die blanke gebied sal kry nie, maar wel in hulle eie hartlande tot selfverwesenliking. Dit het hulle aanvaar met geen politieke begeertes in blanke gebied nie.
Geweld (deur opstokers) om kwaadwillige politieke redes tot in 1960 is vinnig die nek ingeslaan toe al hoe meer swartes tot besinning gekom en besef het dat die regering se apartheidbeleid van eie woongebiede en lewensruimtes en tuislande vir hulle vrede en voorspoed bring. Die opstokers se blus was vir 'n paar jaar uit, wel totdat argeloses van dieselfde regerende politieke party sonder begrip met volkvermenging begin het. Dit het rasbewustheid laat opvlam met 'n ongesonde afbrekende bybetekenis van politieke regte in blanke en ander volke se grondgebied, en daardie regering het verdwyn. Elke volk in suider Afrika het sy eie grondgebied onder sy eie leier bewoon, maar is daaruit verdryf totdat die Voortrekkers dit beëindig het.
Blankes en swartes se lewens het onder die apartheidbedeling 'n groot opbloei geniet. Die algemene lewenstandaard van al die volke het ingrypend verbeter, dié van die blankes met 3,9% per jaar en dié van die ander volke gemiddeld met 5,4% per jaar. In 1965 was die groeikoers 7,9% – die tweedehoogste in die wêreld – terwyl die inflasiekoers slegs 2% was en die rentekoers was op 3% vasgestel. Buitelandse lenings was oorbodig. Buitengewone prestasies is bereik. Hierdie voordele was hoofsaaklik aan apartheid toegeskryf.