Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Abraham Lincoln: “Ek is en was nog nooit ten gunste van die maatskaplike en politieke gelykskakeling van die blanke en swart rasse nie. Ek is en sal ook nooit ten gunste daarvan wees om Negers stemgeregtigdes of jurielede te maak of met blankes te laat ondertrou nie. In hierdie opsig is die verskil tussen blankes en swartes net te groot om gelykheid en saamwonery toe te laat”. (Vry vertaal uit The Collected Works of Abraham Lincoln deur Roy Basler).
VOLKSREGERING (42)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
AFRIKANERVROUE HET GEDOEN
Nonnie de la Rey, Hendrina Joubert en Annie Botha is bekend as generaals se vrouens wat harde werk gedoen het, maar wie weet wat grootwildjagter Otto Krantz se vrou gedoen het, of Helena Herbst Wagner of Sarah Raal? Min is aangeteken.
Baie Boervroue het as spioene gewerk en twee van die bekendstes was 'n mev Van Warmelo en haar dogter Johanna wat dwarsdeur die oorlog inligting aan die kommando's oorgedra het. Geskiedskrywers verwys na die veldslae rondom Tugela waar Britse magte 'n swaar gewonde 19-jarige Boere-vroutjie gevange geneem het. Voor haar dood het sy vertel dat sy langs haar man in die loopgraaf gelê en skiet het.
Verskeie vroue het heldhaftige pogings aangewend om die kommando's te besoek om hulle te bemoedig. Annie Botha en Petronella, generaal Meyer se vrou, was onder hulle. Hulle is, ewe netjies geklee, gereeld op die rug van 'n perd naby die laers gesien waarheen hulle kos geneem en die Boere probeer moed inpraat het.
Grootwildjagter Otto Krantz se vrou, net bekend as M Krantz, het daardie tyd die toonbeeld van vrouevegters-in-rokke geword. 'n Foto van haar met geweer en bandelier wat sy bo-oor 'n Victoriaanse rok dra, kompleet met hoedjie op die kop, is wêreldwyd versprei. Haar doel was om saam met die mans haar volk van oorheersing te red.
Een van die bekendste gevalle van 'n vrou wat 'n rok in die loopgrawe gedra het, is dié van Sarah Raal. Sarah en twee vriendinne het van die konsentrasiekamp by Springfontein ontsnap en by 'n nabye kommando aangesluit. Sarah was vir 'n lang tyd saam met 'n korporaalskap van 20 mans en het help skiet wanneer dit nodig was. Baie vrouens het egter besluit om hul mans se klere aan te trek en as 'mans' slagveld toe te gaan. Onder die gevangenes wat deur Britse magte by Colesberg gevang is, was drie Boerevroue wat mansklere gedra het. Eers na verskeie weke nadat hulle in 'n Kaapse tronk gesit is, is ontdek dat hulle vrouens is.
Helena Herbst Wagner van Zeerust het vir vyf maande in die laers en loopgrawe geleef voor daar uitgevind is dat sy 'n vrou is. Sy het haar man se klere aangetrek, 'n geweer en bandelier bekom en na die Natalse front gegaan om na hom te soek. Toe sy hom nie kon kry nie, het sy by kommandant Ben Viljoen se kommando aangesluit en met groot onderskeiding aan die veldslae van Spioenkop, Pontdrif en Pietershoogte deelgeneem.
Dis nie net die vrouens in loopgrawe wat die oorlogspoging ondersteun het nie. Vrouens het kommando's van die begin af met toebroodjies, beskuit, koffie en melk voorsien. Vrouens wat op die plase agtergebly het, moes die vee en landerye versorg en kommandolede was altyd welkom om by enige plaashuis vir kos en vars perde aan te doen. Mev Peter Maritz Botha, blykbaar een van die rykste vrouens in die Z A R, het sop uitgedeel aan verhongerde mans, vrouens en kinders.
So was daar talle onbekende, maar egte Afrikanervroue wat die mans met groot ontberings van swaarkry bygestaan het om vir vryheid onder 'n vreemde volk uit te veg. Hulle het in 'n eie vrye volk (apartheid) hulle heil gesien. As standbeelde vir dapper Afrikanervroue opgerig sou word, sou daar duisende vrouestandbeelde dwarsoor Suid-Afrika sigbaar wees.
Die vroue het saamstaan beskou as sterkstaan en as 'n strewe na uitnemendheid. Daarop het hulle die toekoms vir ons mense gebou sodat ons vry kon wees en soos ander volke op ons eie bene kon staan. Daardie geestelike sterkte en vasberadenheid het ons gebring tot waar ons vandag nog kan veg vir geregtigheid.