Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Toe ek gedink het my voete gly, het u troue liefde my regop gehou, HERE. Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring.
VOLKSREGERING (57)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
BUITELANDSE DRUK
Deur Suid-Afrika se geskiedenis heen het buitelandse regerings gepoog om druk teen Suid-Afrika toe te pas omdat hulle sterk gekant was teen die beleid van gelykheid van volke in 'n eie selfstandige volkvrye staat vir elke volk afsonderlik. Dit is ten spyte daarvan dat hulle hulself in 'n eie volkstaat regeer. Hulle misgun ander volke wat hulle openlik vir hulself toe-eien. Ons volkleiers het egter nooit hierdie pogings van buitelandse druk as geregverdig beskou nie en dit deurgaans voordelig verwerp.
Buitelandse druk was tereg deur Afrikanerleiers beskou as flou pogings om kommunisme te bevorder en wanorde te saai terwyl dit slegs 'n poging tot geestelike druk was.
Geestelike sterkte het ekonomiese en ander druk sterk weerstaan en voorspoed het gevolg. Die felste geestelike aanslae teen Suid-Afrika het in die tydperk 1961 tot 1966 misluk, die tyd waar die opbloei op sy sterkste was. Suid-Afrika se destydse regering was korrek met sy benadering dat pogings tot geestelike druk slegs 'n lafhartige aanslag op 'n afstand is wat geen gevaar inhou nie.
Eerstens het die lidlande van die Britse Statebond in 1961 druk probeer toepas deur onverbiddelik aan te dring dat Suid-Afrika sy geslaagde apartheidbeleid verander. Dr Verwoerd het dit met waardigheid en regverdigheid verwerp en hoë aansien verwerf. Die gevolg was sterk ekonomiese groei en vrede in Suid-Afrika.
Ook in 1961 het 25 state van Afrika ekonomiese sanksies teen Suid-Afrika in die Verenigde Volke voorgestel, maar dit het skromelik misluk, want geen ander land het hulle daaraan gesteur nie.
In 1962 het die Verenigde Volke in 'n besluit aanbeveel dat ledestate diplomatieke betrekkinge met Suid-Afrika verbreek, hulle hawens vir Suid-Afrikaanse skepe sluit, en 'n verbod plaas op skepe om Suid-Afrikaanse hawens te besoek. 'n Boikot op die koop van Suid-Afrikaanse goedere en 'n verbod op die uitvoer van goedere, insluitend wapens en ammunisie na Suid-Afrika en 'n verbod op landingregte vir Suid-Afrikaanse vliegtuie, was hierby ingesluit.
Die Veiligheidraad van die VVO se aanbeveling in 1963 dat geen wapens aan Suid-Afrika verkoop moes word nie, het op niks uitgeloop nie. Dit alles het die Afrikanerregering as lugspieëlings beskou. Suid-Afrika het daarby gehou om handel met alle volke, ook vyandiges soos in Afrika, in vriendskap te ontwikkel, en sukses behaal.
Ethiopië en Liberië het hulle tot die Internasionale Geregshof in Den Haag gewend om die mandaat van Suid-Afrika oor Suidwes-Afrika vervalle verklaar te kry. In 1966 het die Wêreldhof uitspraak ten gunste van Suid-Afrika gelewer. Die Suid-Afrikaanse Eerste Minister het hierop gesê "Daar is geen grootser diens aan die mensheid te lewer nie as die bewerkstelliging van vreedsame naasbestaan van nasies, waarin elkeen sy eie manier gegun word."
Juis in hierdie tydperk van kastige buitelandse druk wat minagtend verwerp is, het groot ontwikkeling en ekonomiese voortuitgang plaasgevind. Soos reeds gemeld, het almal, blankes en swartes, 'n groot voorspoed geniet. Die algemene lewenstandaard van al die volke in Suid-Afrika het ingrypend verbeter met 'n groeikoers van 7,9% in 1965 – die tweedehoogste in die wêreld. Buitelandse lenings was oorbodig, want Suid-Afrika het ekonomies sterk gestaan. Staan by jou volk, staan by jou eerbare denkende volkleiers. Dit versterk almal en maak van buitelandse druk 'n grap. Daar bestaan geen manier waarop 'n regverdige regering deur buitelandse druk beheer kan word nie.
BUITELANDSE STEUN
Doemprofete, wat sommige beriggewers van koerante insluit, het soveel klem gelê op die afbrekende kommentare van buitelandse regerings dat Afrikaners geen begrip of steun van elders af kon verwag nie. Tog het daar in die verlede, toe Suid-Afrika se rustige binnelandse beleid van apartheid op sy felste aangeval was, verskeie stemme tot die teendeel opgegaan.
Lord Fraser het destyds in 'n toespraak in die Britse Hoërhuis na die rassebeleid wat in Suid-Afrika gevolg is, verwys: " . . . no attitude of men towards each other which involves class distinction or racial discrimination is the best way of life. But mankind has lived with it for a very long time, and we have to resort to it from time to time. We could not solve the Irish problem without partition; we could not solve the Indian problem without partition, and the same thing applied in Palestine where there was partition . . ."
"I refer to the Transkei. The Government which has been set up in the Transkei is almost an exact replica of the Government which we have had in Basutoland for the last five years. I am bound to think both of them are a good idea, and I can see no logical reason why we British should praise what we have done in Basutoland and criticise the South Africans for what they have done in the Transkei, because the two things are identical."
Prof C A W Manning het in 'n brosjure getiteld "The British Churches and South Africa, some plain Speaking by a Layman", opmerkings ter ondersteuning van Suid-Afrika gemaak. Nog ander Britte kan aangehaal word. Om verder hierop uit te brei en meer Britte se uitlatings aan te haal, sal net 'n herhaling wees van wat hierdie twee here gesê het.
Soveel ander steun is uit buitelandse geledere ontvang dat 'n boek daaroor geskryf kan word. Die steun was nie altyd openlik sigbaar nie, maar het die vorm van morele en geestelike steun aangeneem, asook stille doelgerigte deelname aan handeldryf.
Waar die destydse VVO onbesonne aanbevelings gemaak het, is dit omseil deur byvoorbeeld goedere van en na Frankryk via 'n ander land te kanaliseer. Almal het daarvan geweet, maar niemand het beswaar geopper nie.
'n Bekende Nederlandse skryfster, Mary Pos, het geskryf: "De gesheiden ontwikkeling, die wij wensen, is volkomen in de lijn van de Bantoevolken, de tradities, aard en wetten van de Bantoevolken, waaraan ze slechts langzaam zullen ontgroeien. Het grootste trots was en is om zich als apart volk met z'n eigen kenmerken in uiterlijk, aard en aanleg, vooral tradities, te handhaven. Alleen als ze ontworteld raken door hun trek naar de grote steden en zich gaan vermenging, verliezen ze de specifieke eigenschappen, waarop ze vroeger so trots waren om van andere gevolgen maar niet te spreken".
En in Suid-Afrika? Die redakteur van The Star het na besoek aan die Transkei op 27 Julie 1964 geskryf:
"Everywhere I meet friends they ask me: 'Is the Transkei getting anywhere?' My answer is Yes! The Transkei has nothing to lose from self-government; it stands to gain. The Transkei has already achieved one thing – a stable government with a determined cabinet and a challenging, powerful opposition."
'n Swartman het na dr Verwoerd se dood, in die Rand Daily Mail van 28 September 1966 geskryf: "Never before . . . were my people ever given golden opportunities as they have today – all through his efforts and sincerity. Through his untiring efforts and fighting as a great sincere Christian, he left cultivated lands for the Bantu . . . Today we have Bantu magistrates, inspectors of schools, we have our schools, we have flourishing businesses."
Wat meer kan gedoen word om die voordele van apartheid te bewys? Slegs stompsinniges sal daarteen kan redeneer.