Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
'n Man skryf in 'n koerantlesersbrief dat hy vir 30 jaar lank kerktoe gegaan het maar sy tyd gemors het aangesien hy nie eers die preke se inhoud kan onthou nie. 'n Ander leser reageer hierop met die stelling dat hy vir 30 jaar lank sy vrou se kos geëet het, nie die spesifieke spyskaarte kan onthou nie, maar weet dat dit hom al daardie jare aan die lewe gehou het...
VOLKSREGERING (67)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
BEGINSELVASTHEID NOODSAAKLIK
'n Volk sonder 'n eie vaderland is 'n bywonervolk
'n Volk sonder 'n eie regering is 'n slawevolk
'n Volk sonder 'n eie taal is 'n dieptelose volk
'n Volk sonder moeders is 'n kultuurlose volk
'n Volk sonder 'n eie mondstuk is 'n redelose volk
'n Volk sonder vegtersgees is 'n lamsakvolk
'n Volk sonder geloof is 'n ankerlose volk
'n Volk sonder geskiedenis is 'n beginsellose volk
'n Volk wat magsdeling probeer is 'n dwasevolk
'n Volk wat vermeng is 'n sterfbedvolk
Voormelde volk is soos 'n boom sonder wortels – hy sal sekerlik sterf
As jy afsydig staan teenoor jou volk se vryheidstryd
As jy niks doen en net 'n toeskouer van verval is
Is dit die erfporsie wat jy jou kinders nalaat
Elkeen wat hierdie reeks gelees het, kan slegs tot een gevolgtrekking kom: Ons volk het 'n eie bestaansreg op eie grondgebied. Voor 1948 het selfvoldane politieke leiers die Israeli's uitgelag en gesê dat hulle nooit 'n eie grondgebied kon kry nie, want waar sou hulle dit vind. Op 14 Mei 1948 het hulle 'n eie grondgebied in besit geneem. Ons kan ook. Trouens, ons is wettige eienaars van grond soos betroubaar beskryf.
Ons moet kyk na een van die talle eie bedenksels van hulle wat Afrikaners nie wil erken nie. Dit is juis rassehaat, terwyl Afrikaners met apartheid uitdruklik bestaansreg van elke ander volk erken met die doel van vreedsame naasbestaan op gelyke vlak, mits dit op eie grondgebied is sodat rassehaat uitgeskakel kan word. Hierdie wanbedenksel word doelbewus in 'n vraag omskep en ons weet 'n ligsinnige kan meer vrae vra as wat 'n wyse man kan antwoord, veral as hy dit 'n listige kinkel gee. Die vraag is waar gaan die Afrikaners 'n eie grondgebied kry om 'n volkstaat te vorm? Dit is 'n hinderlaagvraag.
Die vraesteller vermy daarmee doelbewus die beginsel van volkseie. So 'n vraesteller moet eers die betrokke beginsel beantwoord voordat verder gesprek gevoer kan word ̶ het elke volk die reg om homself te regeer? Die vraesteller sal probeer aandring om eerste 'n antwoord oor grondgebied te kry en sal beweer dat sy vraag omseil word. Die onderste trap van 'n leer moet egter eers geklim word voordat die boonste trappe enige nut het. Waar die Afrikaners 'n eie grondgebied gaan kry, is 'n hoëre trap. In 'n redevoering kan hy tog nie vra wat die ander party se volgende strategie gaan wees voordat hy sy eie beurtelingse skuif gemaak het nie.
Stel jou voor dat 'n skaakspeler vooraf aan sy teenspeler vra wat sy beplanning twee of drie skuiwe later gaan wees. As iemand dus eerstens weier om 'n beginselstandpunt in te neem en daarop aandring dat skietgoed vooraf aan hom gegee moet word, wil hy sekerlik nie gesprek voer nie. Hy is daarop uit om sy eie swak redenasie te probeer verdoesel deur deeg in 'n oond te plaas sonder dat die ander bestanddele bygevoeg is en beskryf die koek dan as 'n mislukking.
Dit herinner aan Andries Pretorius wat geweier het om in die Zoeloeleër se hinderlaag in te ry waar die grootste Zoeloemag ooit saamgetrek was. Die Zoeloes moes die volgende skuif uitvoer. Afrikaners moet nou ook hierdie hinderlaagvraag om strategiese redes vermy en nie na die gekoggel luister nie. Laat die moedswillige redenaar aan sy eensydigheid vasklou. Het 'n volk die reg om homself te regeer, moet eerste beantwoord word om sin te maak.
Die uiteensetting op die vorige en hierdie bladsy behoort so aan die strydlustiges gestel te word en basta. Hulle moet die werklikheid van die bestaansbeginsel onderskryf of openlik as rusiemakers gebrandmerk word. In hierdie reeks is van die feite wat op grondgebied betrekking het, ingesluit, maar dit moet glad nie in 'n gesprek vermeld word voordat die beginsel van elke volk homself regeer uitgeklaar is nie. Die wese van die saak is: Heel eerste moet betrokkenes ooreenkom dat elke volk die reg het om homself te regeer, anders dien dit geen doel om 'n gesprek te voer nie. Die tweede stap is die beginsel dat 'n volk sy eie grondgebied moet hê om homself te kan regeer. Die derde stap is bewys van eienaarskap van aardbodem.
Indien enige gesprekvoerder die drie stappe wil vermy, moet op antwoorde daarop aangedring word en dieselfde vrae weer en weer aan hulle gestel word. Indien hulle steeds vermydingstaktiek probeer toepas, moet gevra word waarom hulle ander nie wil gun wat hulle vir hulself opeis nie. Goeie bedoelings kom eerste. Die Afrikaner moet nie probeer skerm of verdedig nie, maar op gelyke vlak gesprek voer wat beteken dat volkvreemdes nie stappe of vrae moet ontduik nie.