Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. My lewe het eenmaal waarde en sin gehad. Ek het gewerk, gely, invloed uitgeoefen. Wat ek gedoen het, skuif al hoe verder weg. Ek vra u om my te bewaar van bitterheid, van die drang om my kennis te bewys. Ek wil leer om te laat los. Ek wil my op niks anders as u goedheid verlaat nie.
VOLKSREGERING (73)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
AFRIKANERVERPLIGTING
Vandag staan daar in Suid-Afrika talle monumente om die volk nooit te laat vergeet nie dat daar manne, vroue en kinders was wat hul goed en hulle eie lewe nie te kosbaar geag het om dit op die altaar van 'n vrye en onafhanklike vaderland te lê nie. Dit is onmoontlik en verre van wenslik dat ons tot in die oneindigheid aan 'n vreemde volk se leiband sal loop en afhanklik bly, daarom is apartheid noodsaaklik.
Weer eens: Woon volkgedenkfeeste by en ondersteun die hardwerkende genote soos op Majubadag, Volkstigtingsdag, Republiekdag, Afrikaanse Taaldag, Krugerdag en Geloftedag, en nooi 'n volkgenoot saam. Dit is opskerping van ons vaderlandliefde en volkbehorende gevoel.
Ons is dit aan ons voorgeslag verskuldig wat vir die ideaal van vryheid geleef en daarvoor gesterf het. Ons is dit verskuldig aan die geslagte wat nog sal kom om ons volk te bewaar. Soos ons sal hulle eenmaal na ons as hulle voorgeslag terugkyk en hulle sal rekenskap van ons afeis. Ons mag nie ons verantwoordelikheid van ons afskuif nie.
Die Afrikanervolk staan waarskynlik voor sy grootste keerpunt in sy bestaan. Alleen met 'n grootse daad wat die vrug sal wees van geestelike sterkte, opoffering en samewerking sal die aanslag kan afweer. Daar kan nie langer 'n gees van onverskilligheid heers nie. Ons staan by 'n keerpunt in ons geskiedenis en moet oor ons eie lot beskik. Dit is nou tyd om ons stryd om oorlewing ernstig voort te sit. Ons veg teen onsienlike wapens en ons getalle raak al hoe minder.
Die volke van Europa het die presidente en die Boeregeneraals van die Oranje Vrystaat en Transvaal tot wêreldfigure en wêreldhelde verklaar. Hulle wysheid en onverskrokkenheid het diep spore getrap en ons is steeds trots op hulle.
Intussen het 'n nuwe tydvak aangebreek. Geen oorlog laat die wêreld agter soos hy hom gevind het nie. Diep soos ons volkbestaan mag wortel in ons roemryke volkverlede, het 'n geesverandering in die wêreld ingetree. Die Unie van Suid-Afrika het binne agt jaar sonder oorlogvoering, maar deur verfynde gesprekvoering selfregering verkry en die Republiek onafhanklikheid in 1961.
Die gekletter van swaarde, gebulder van kanonne, gekreun van gewondes, verwoesting van die harde arbeid van voorgeslagte, verspilling van geld, nasleep van armoede, het Brittanje tot 'n wedergeboorte laat kom, soos Paulus op die pad na Damaskus.
Die weg om onafhanklikheid vreedsaam weer binne die Afrikanervolk se bereik te laat kom, is nou groter as ooit tevore. Ons sal die weg van politieke oortuiging moet volg om by onafhanklikheid uit te kom. Dit mag lank duur, maar as ons op die ashoop wil sit, is dit soos 'n ontroue hensopper en selfs 'n verraaier. Nee, as jou volk jou die nodigste het, dan moet jy meehelp. Hierdie keer deur middel van rede. Ons wil vryheid hê, weg van 'n vreemde regering omdat geen volk tevrede kan wees om daarsonder te wees en dan nog 'n sterk gees kan hê nie.
Vryheid is die siel van elke volk. Daardie vryheid wou en wil ons nie net vir onsself hê nie, maar vir elke volk in Suid-Afrika. Ons verwerp die vurige onware beskuldigings deur ander. Genl Christiaan de Wet het gesê: Ek het altyd probeer om padlangs te loop, maar waar die pad doodgeloop het, het ek koers gehou.
Soos vermeld, kan net een vraag aan die vreemde regering die eerste stap wees. Glo julle in die beginsel dat elke volk daarop geregtig is om homself te regeer? Die antwoord kan net ja of nee wees. Enige ander antwoord soos waar gaan julle grondgebied kry?, is wegskram of omseiling en geen verdere bespreking is moontlik tensy die vraag beantwoord word nie. Daarop moet aangedring word totdat die koeie huis toe kom. Indien nee, moet hulle verduidelik. Indien ja, moet die volgende berekende vraag gestel word. Enige regering moet sonder meer sy verantwoordelikheid nakom deur rekenskap te gee. 'n Goeie onderhandelaar weet hoe om voorbereid te wees. In die gang van sake staan ons Afrikaners en geesgenote vas in ons geloof en stryd om naas die ander volke voort te bestaan.