Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Elke dag hoor ons hoe mense God se heilige Naam ydellik gebruik. In films en stories word daar moeite gedoen om die HERE se Naam te probeer ontheilig; ander weer dink nie eers daaroor terwyl hulle sy Naam misbruik nie. Die Bybel vertel ons wat met mense gebeur wat neerhalend van die HERE gepraat het – soos Góliat, en soos Sánherib in 2 Konings 19. Dink goed vóór u praat soos die meeste mense deesdae doen...
SELFSTANDIGE REGERING
Johan Dorfling
Selfstandige regering is nie net 'n saak van gevoelens, strewe of gewoontes nie, maar 'n saak van diepe oortuiging aan die kant van die Afrikanervolk. Solank daar staatgemaak word op ondergeskikte samewerking met enige ander volk, is die strewe na 'n vriendskaplike verhouding tussen die volke hopeloos. Geskiedenis het dit oor en oor uitgewys en kan nie uitgewis word nie.
Wat volke uitmekaar hou, is eie belange. Ons voorouers het dit beleef in hulle verhouding met Brittanje. Die geskiedenis wys verstoring uit. Wat hulle probeer doen het, is met diepe teleurstelling deur die Britte vernietig met gevolglike afbreking van wat reeds bereik was. Aanvalle op onderwysgebied om die kinders se verbintenis aan hulle eie volk in die wiele te ry, maak samewerking tussen volke onmoontlik. Aanvalle op Afrikaans is pogings tot vernietiging van die volk.
Sodra die erkenning van volke se regte opgehaal word, word dit deur die huidige regering omskep in 'n beskulding van rassehaat (rassisme soos verkeerdelik genoem). Die grondslag moet wees van eie volk se lewenswyse en opbou daarvan. Dit is onmoontlik om twee volke aan te hang en namens beide standpunt in te neem as hulle verskillende standpunte en sienings het. Om Afrikaners as rassehaters af te maak omdat hulle 'n aparte volk wil wees en die beste regeringvorm onderskryf, naamlik apartheid, kaats rassehaat terug na die beskuldigers omdat hulle geen grond vir hulle aanvalle het nie.
Wanneer 'n ander volk ongegronde aanvalle loods om die Afrikaner se regte van hom te ontneem, kan ons net daaroor verwonder wees. So kan en mag ons nie saamleef nie. Ons kan aan die hand doen, hou op met daardie aanvalle op die selfstandigheid van die Afrikaner en op die Afrikaner se onbetwisbare regte. Dit dwing ons om rotsvas te verdedig en kweek rassehaat.
Die heil van ons volk lê op die koers van gelyke regte wat getrou toegepas en uitgeleef word binne die gemeenskaplikheid van blankes wat baie ver van swart mense se strewes verwyderd is. Openhartige erkenning van ander volke se gelyke regte binne hulle eie volke was nog altyd deel van gun aan ander wat jy self wil doen.
Ten spyte van die Afrikanervolk se teenspoed by geleenthede, is onskatbaar bewys dat ons gees nie gebreek kon word nie. Innerlik was ons nog nooit 'n onderworpe volk nie, en uiterlik het ons nooit daarin berus om dit te word nie. Deurgaans was ons as volk geestelik onafhanklik met ons eie innerlike selfregering wat weer uitgeloop het op werklike aardse selfregering.
In politieke kringe word deesdae dikwels beweer dat rassebetrekkinge tussen wit en swart verswak. Dit is onwaar omdat dit net van een kant verswak. Blankes het sedert hulle in die Kaap geland het, aanhoudend vriendskap aan al die ander inwoners in suidelike Afrika gebied. Die getokkel op een snaar om die teendeel voor te hou, is net kwaadwillige propaganda. Elke stap in die rigting van onafhanklike regerings word sonder enige aanleiding moedswillig as rassehaat beskou.
Volkbewustheid word as rassehaat en uiterste meerderwaardigheid uitgekryt, tog is dit in werklikheid 'n krag wat voordeel aan alle volke bied. Die verliese wat deur volkvermenging en gedwonge lewenswyses veroorsaak word, is onberekenbaar.
In navolging van 'n wyse staatsman, die volgende:
Dit is nie rassehaat aan die kant van enige volk om sy eie taal‒ en kultuurbelange lief te hê en te bevorder nie.
Dit is nie rassehaat om te weier om ander volke se politieke strewes aan te neem nie, as hulle onverskillig staan teenoor grondliggende politieke beginsels of dringende beleidsake.
Dit is nie rassehaat om selfstandigheid vir almal te bevorder nie.
Die benaming rassehaat wat deesdae so vryelik in die politieke stryd gebruik word, is heeltemal misleidend en verantwoordelik vir baie misverstand in Suid-Afrika en van die venyn waarmee Afrikaners aangeval word. Wanneer dit met opset gedoen word, oneerlik en kwaadwillig, is dit 'n growwe wanvoorstelling van die werklike gevoelens van die groot massa Afrikaners.
In die Bybel staan uitdruklik dat 'n Christen of 'n gelowige van net die Ou Testament noodwendig 'n voorstander van apartheid moet wees anders is hy skynheilig. Oor die wêreld heen is die Afrikanervolk bekend as eerlike en ernstige Christene, presies in navolging van Christus. Hoe kan Christusgelowiges haat vertroetel terwyl hulle liefde verkondig?