Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Aan storms gaan jy in jou lewe nie ontkom nie; trek jou dansskoene aan en dans dat die stof so staan!
RUGBY SNEUWEL
Johan Dorfling
Dat die sportsoort rugby 'n oplewing in Suid-Afrika ondergaan, is gewis. In die eerste plek is dit grootliks te danke aan 'n nuwe afrigter op die hoogste vlak wat 'n goeie begrip van rugby het. 'n Afrigter speel 'n vername rol in enige sportsoort en die aanduidings is dat die betrokke afrigter selfs minder goeie spelers so met raad en daad kan bystaan en aanmoedig dat hulle spel baie kan verbeter. Hierdie afrigter het sy begaafdheid alhier en in die buiteland getoon. Dit behoort deur te suurdeeg na al die ander vlakke. Natuurlik is tyd daarvoor nodig, maar die goeie tekens behoort oor een jaar te begin wys. Goeie afrigters se spanne kan dikwels wen, maar hulle is ook nie bonatuurlike wesens nie. Enkele wedstryde verloor is aanvaarbaar.
Die vermoë van afrigters val egter buite bestek van hierdie skrywe. Ons moet na die omstandighede kyk wat tans heers en waarheen die beplanning in rugby ons gaan lei. Sonder vooruitkyk gaan ons die toekoms sonder insig binne.
Daar word allerweë gesê dat die kwotastelsel wat anderskleurige rugbyspelers betref, nou uitgeskakel is en dat minstens 45% van die spelers in die springbokspan anderskleurig moet wees. Wat is dit anders as 'n kwotastelsel? Wie word hierdeur mislei? Tweedens, wat het velkleur met die vermoëns van spelers te doen? Waarom word dit as 'n vereiste voorgehou? Wat van kultuurverskille en volkerebestaan? Dat daar blankes is wat die gevare nie besef nie, is verbasend.
Geskiedenis speel 'n uiters belangrike rol omdat ons in die verlede kan kyk en voorbeelde van wat voorheen plaasgevind het, kon sien ontwikkel. Daardie ontwikkeling of agteruitgang speel soos 'n rolprent voor ons oë af, maar net as ons ons vooraf-sienswyse vir eers ter syde stel, sienswyse vir of teen die standpunt wat ons insig agter 'n rookskerm hou. Onpartydige beoordeling maak staat op ons kennis en onbevange denkvermoë.
Verskillende volke ding in sport teen mekaar mee soos die Engelse (Engeland), Franse, Nederlanders, Duitsers, Russe. Sommige volke het lede van ander volke in hul eie geledere opgeneem soos onder meer die volke wat reeds by name genoem is. Hulle koop spelers van ander volke wat namens hulle oorwinnings moet behaal en skram weg van hulle eie sportmanne. Dit is hulle eie saak, hulle eie soort politiek wat hulle binnelands toepas en wat buite ons blankes hier in Suid-Afrika se besluitnemings val. Dit is bekend dat ons Afrikaners ons nie met ander volke se sake inmeng nie met die verwagting dat hulle ook nie met ons sake inmeng nie.
Gedurende die apartheidjare het elke volk die reg gehad om sport apart te beoefen sonder dat ander met hulle sake inmeng. Verskeie swart volke het dan ook saam spanne gekies en teen mekaar gespeel, iets wat die blankes vermy het omdat dit teen ons beginsels was. Kyk ons in die geskiedenis soos Totuis die Bybel uitgelê en toegelig het, was die swart volke en die blankes te onderskeie en nie te vermeng nie. Voordat iemand kapsie daarteen maak, moet hy eers die referaat van Totuis lees wat hy in 1944 op 'n volkskongres oor rassebeleid gelewer het. Sonder om die referaat te lees, kan niemand kommentaar daaroor lewer nie. Let op die datum, dit was voor apartheidwetgewing. In elk geval, daar was orde by die swartes se sportwedstryde met geen betogings of aanduidings van rassehaat nie. Sedert vermenging toegelaat is, was daar verskeie voorvalle waar sportwedstryde in wanorde ontaard het. Swart teen wit en swart teen swart.
Wat het intussen in blankes se sportkringe gebeur? Presidente en voorsitters wat nie-blank was en slegs enkele spelers verteenwoordig het, is om politieke redes in daardie ampte aangestel. Stel jou voor dat 'n blanke nou as president van Suid-Afrikaanse sokker aangestel word. Die grootste moontlike oproer sou plaasvind. Almal sal skree dat dit verkeerd is, maar wat van swartes in hoofsaaklik blanke sportsoorte? Blankes was nie toegelaat om die oorgrote getal blanke spelers te verteenwoordig nie. Dit word skynheilig voorgehou dat demokrasie beteken die meerderheid het die seggenskap. Die springbokrugbyspan was slegs vir blankes uitgehou soos skole vir blankes apart gehou was. Net soos swartes die blanke skole begin oorneem het terwyl hulle eie skole gehad het, so ook verdring hulle nou blankes se rugbyspanne.
Werp steeds 'n blik op die geskiedenis. Daar was talle blanke sokkerspanne met duisende ondersteuners en talle swart sokkerspanne met duisende ondersteuners, elk in hulle eie gebied. Destyds was daar geen beswaar hierteen nie. Nadat vermenging toegelaat is, het blanke sokkerspanne verdwyn en so ook die ondersteuners. Hulle is oral verdring.
Rugby is nou op daardie pad. Na 2019 se toernooi sal daarop aangedring word dat minstens 80% van die spelers volgens getalle op alle vlakke van die spel in Suid-Afrika swart moet wees. Dit sal as verteenwoordigend en demokraties voorgehou word. Dit beteken dat blanke rugbyspelers in Suid-Afrika soos blanke sokkerspelers en toeskouers binne 'n paar jaar sal verdwyn soos die volkvreemde regering dit afdwing. Is dit wat blankes wil sien gebeur wat gemengde spanne verwelkom? Die geskiedenis het dit bo alle twyfel bevestig. Insig is noodsaaklik. Reeds is daar meer as drie spanne hoëvlakse blanke rugbyspelers na die buiteland uitgedruk. Al hoe minder blanke spelers op skoolvlak gaan na skool voort om rugby te speel omdat hulle verdruk word.
In plaas daarvan dat blankes van hulle sportsoort beroof word, kan die swartes mos hulle eie nasionale span of spanne saamstel. Dit sal aan almal reg laat geskied. Saam met swart oorname in rugby, gaan die naam springbok ook verdwyn.