Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Weet ons wat dit in praktyk beteken om heilig te leef? As kinders van die Here is dit 'n opdrag soos geskryf in Lev 19:2: : "Heilig moet julle wees, want Ek, die Here julle God, is heilig." Daar is talle "groot" dinge wat ons weet is verkeerd soos steel, moor, ens, maar ons tong is meestal ons grootste struikelblok: ons skinder, skel en praat so maklik sonder om te dink. Begin vandag en "sien" die Here reg langs jou, want Hy is werklik die hele dag by jou, en onthou elke keer as jy 'n "glips" met jou tong kry, dat jy dit in sy heilige Teenwoordigheid gedoen het – en binnekort sal jy ingeoefen wees om heilig in sy Teenwoordigheid te wil leef.
JOHANNA BRANDT VERSUS SIENER (5)
Lees reeks by Johanna Brandt versus Siener
Duitsland
(Meer as Oorwinnaar)
Terwyl die Bondgenote, Engeland, Frankryk en Rusland, besig was om hul ryke op te bou met die vlees, bloed en gebeentes van hulle medemens, was daar in Duitsland 'n groot voorwaartse beweging op die gebied van kuns en wetenskap, handel en nywerheid. Ons het gesien dat hy nie heeltemal vry was van bloedvergieting nie, maar terwyl hy die afgelope honderd jaar maar nege oorloë gehad het, het die drie Bondgenote tesame nie minder nie as honderd-sewe-en- twintig gehad.
Duitsland het dus voldoende bewyse gegee dat daar geen geweld nodig is om as volk vooruit te kom nie. Sy produkte was wêreldberoemd, tot so ’n mate dat die mense naderhand net Duitse goedere wou aankoop, en dit het afguns en vrees by ander nasies verwek, veral by die Engelse. Hulle het in die deeglikheid van die Duitsers nie ’n deug gesien om ywerig na te streef nie, maar ’n dreigende gevaar vir hulle eie grootheid. Engeland kon mettertyd sy eie produkte nie meer so maklik van die hand sit nie, nieteenstaande die feit dat talle van sy fabrieke se goedere ook gemerk is as:
MADE IN GERMANY (in Duitsiand vervaardig).
Die bedrog is spoedig ontdek en Engeland was die spot van iedereen. Dit het die haat en jaloesie van die Bondgenote geensins verminder nie. Omring soos hy was deur magtige vyand en ten volle bewus van sy gevaar, was Duitsland toe verplig om hom op groot skaal te bewapen en te mobiliseer. Vandaar dat die militêre mag van Duitsiand, wat vir byna vyf jaar die res van die wêreld in asemlose spanning en onwillige bewondering gehou het.
Die regverdiging, ja, die stryd vir sy nasionale selfbehoud. Duitsland het geveg vir ’n doel, net so heilig as dié wat ons volk in staat gestel het om teen ’n magtige vyand weerstand te bied. En ewe-as die moedige Afrikaanse volk, dog in veel groter mate, is hy gebruik om die wêreld te kasty, maar met dieselfde verpletterende gevolge.
Om te verstaan waarom die Europese oorlog so geëindig het, moet ons kortliks net teruggaan na die houding wat Duitsland aangeneem het in ons eie stryd om selfbehoud in 1899-1902. Dit was presies dieselfde in alle ander lande, hulle landsburgers was bereid, gretig om ons te kom help, terwyl die regerings, uit selfsugtige beweegredes, ’n neutrale houding aangeneem het. Dit het dieselfde ontevredenheid en bittere verdeeldheid tot stand gebring in Duitsland as in al die ander lande, ’n verdeeldheid wat spontaan tot die punt van revolusie gestyg het toe die Keiser openlik vyandig teen president Kruger opgetree het. Dit het dan ook die fondament gelig van die tweedrag waardeur die Keiserryk in 1918 tot sy onverwagte val gekom het.
In Suid-Afrika was daar byna niemand wat geweet het waarom die Duitse troepe, na hul langdurige stryd en gekroon met soveel glorieryke oorwinnings, van hulle linies teruggetrek het nie. Die Jingo pers het sorgvuldig die ware toestand verdoesel en voorgegee dat die terugtog van die Duitse leermagte die gevolg was van uitputting en verslaenheid. Maar later moes die waarheid tog bekend word en ons weet nou dat dit die revolusionêre element in Duitsland self was (die Bolsjewiste, anargiste, sosialiste en arbeiders) wat ’n einde gemaak het aan die bloedvergieting deur die toevoer van kanonne, wapens, ammunisie en voedsel na die Duitse linies, met geweld te verhinder en te saboteer. En vertrouend op die veertienpunt-plan van president Wilson, dat daar absolute reg sou geskied, het die Duitsers self die voortsetting van die oorlog onmoontlik gemaak deur sy leërs te dwing om terug te val.
Daar was egter nog geen sprake van uitputting van sy magte nie, want in daardie stadium was Duitsland allermins verslaan. Wel was hy swaar geteister, maar hy het nog nie die toestand van wanhoop bereik waarin die Bondgenote hulle bevind het net voor die Wapen- stilstand nie.
Ons is almal met die einde bekend, en weet hoe wreed daar teen die Duitse volk, die ‘verloorders’ van die oorlog, opgetree is.
Dink maar net aan die skaamtelose verkragting van president Wilson se veertienpunt-plan en die hongerblokkade, waardeur byna ’n miljoen mans, vroue en kinders in Duitsland omgekom het na die Wapenstilstand (dieselfde het aan die einde van die Tweede Wereldoorlog gebeur, red.), en dit terwyl die vredesonderhandelinge nog aan die gang was. Hierdie gebeure het gou die oë van die Duitse volk laat oopgaan. Hulle was totaal ‘verlore’, vrywillig en ter goedertrou oorgegee in die hande van ’n vyand wat van geen mededoë weet nie. Dieselfde persone in Duitsland wat verantwoordelik was vir die vals vrede, het toe die bitterste berou gehad dat hulle nie maar liewer tot die dood toe die oorlog voortgesit het nie. Dit was te vroeg vir die Volkere Bond, te vroeg vir “algemene broederskap”, en die gestigte vir kranksinniges in Duitsland sit vandag vol mense wat hulle verstand verloor het onder die skok van wanhoop en verslaenheid.
Maar boweal was Duitsland se lot tragies en angswekkend, en bankrotskap sy voorland.
Baie duisende babas het ’n hongerdood gesterf kort nadat hulle die wêreld ingekom het omdat die uitgemergelde moeders geen melk gehad het nie, en al die koeie in die land deur die Bondgenote gekonfiskeer is. Die kinders op die skoolbanke was net vel en been, heeltemal uitgeteer; en as ’n verontwaardigde besoeker gevra het: “Maar waarom is hulle hier? Hoe kom dit dat sulke kinders nie tuis warm in die bed gehou word nie?” dan is die antwoord:
“O, hierdie kinders kan nog loop. Die ander is by die huis of in die hospitale.
Vervolg...