NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is twee duidelike groepe mense in hierdie wêreld: dié wat die werk in hierdie wêreld doen, en dan is daar dié wat die krediet daarvoor neem. Dit is egter beter om in die erste groep te val want dáár is baie minder kompetisie.

MASKER AF, ANC (3)

Lauritz Strydom

lees reeks by MASKER AF, ANC

OP DIE NES

In die oënskynlik vreedsame en landelike stilte van die verlate werf op Lilliesleaf klink die geklap van polisiestewels vreemd op.

Van die speurders wat agter om die huis hardloop, kry ‘n geheelbeeld van die toneel. Aan hul linkerkant, agter die woonhuis, is verskeie buitekamers in ‘n T-vorm gerangskik. Tussen die buitekamers en die huis is ‘n motorhuis. Etlike motors staan in die oop ruimte geparkeer.

Luit Van Wyk hardloop by die kombuisdeur in.

Daar is ‘n swarte besig om ‘n groot bak roomys voor te berei. Die speurder weet nog nie dat die lekkerny vir Pedro Perreira, die alias waaronder Ahmed Mohammed Kathrada hier bekend is, bedoel is nie.

In die sitkamer vind die speurder sy naamgenoot, sers van Wyk. Toe dié die luitenant sien, verdwyn hy in ‘n ander vertrek en laat die ruim woonkamer en ‘n vreemde blanke man wat daar staan, aan die offisier oor. Die man het ‘n groot bos baard en dra ‘n bril. Hy het, vreemd genoeg, ‘n jas aan en ‘n hoed op sy kop. Sy gesig is wasbleek, maar hy glimlag vir die speuroffisier.

Later het speurders wat die sitkamer eerste bereik het, aan luit Van Wyk vertel dat toe hulle in die sitkamer kom, die man in ‘n stoel gesit het. Hy het so groot geskrik, dat hy opgespring het, van pure senuweeagtigheid sy hoed opgesit en sy jas aangetrek het. Dit het gelyk of hy iewers heen wou loop maar nie wis waarheen nie.

“Jy is Goldreich,” se luit Van Wyk, want die man beantwoord aan die beskrywing wat die Engelse huisvrou van Lilliesleaf se eienaar gegee het.

“Nee, ek is nie,” sê die man beslis. “Ek is Goldberg.”

“Jy moet Goldreich wees...”

“Ek is Dennis Goldberg. Ek kuier hier uit die Kaap.”

Die korterige, forsgeboude man wat die indruk van ‘n wakker verstand gee, se glimlag wyk nie ‘n oomblik van sy gesig nie. Later, in die beskuldigdebank, sou die glimlag tydens sy kruisverhoor voortdurend op sy gesig speel.

Onderwyl Van Wyk nog met Goldberg redekawel, is daar ‘n klop aan die voordeur. Dit is ‘n konstabel en luit Van Wyk versoek hom om Goldberg aan te hou.

Van Wyk glip nou by die deur uit en draf voor om die huis deur die tuin met sy uitgestrekte grasperke en struike. Daar is hoë sipresbome links en ook lang winterkaal populiere, merk hy op onderwyl hy langs die huis na die agterplaas nael om te gaan kyk hoe die ander manne vaar.

Hy kan sy eie oë nie glo toe hy sien hoeveel mense in die ruimte tussen die woonhuis en die buitegeboue deur sy kollegas byeengebring is nie. By hulle is onder meer luit Van Heerden, sers Kennedy en sers Van den Berg met die patrolliehond Cheetah aan sy leerband.

Onderwyl hy naderstap, herken Van Wyk party van die aangehoudenes dadelik; hy ondervind moeite om die ander te eien — hulle is goed vermom.

Daar is Lionel (Rusty) Bernstein, die stil, skraal argitek van Johannesburg. Bernstein, met sy effens rooi en krullerige hare, is ‘n gelyste Kommunis en moet hom daagliks by die Marshallplein-polisiestasie in Johannesburg aanmeld. Hy verkeer in huisarres. Hoe kom Bernstein hier? Luit Van Wyk ken hom goed. In die noodtoestand van 1960 het hy Bernstein en sy vrou aangehou.

Die volgende persoon wat Van Wyk herken, is die swart joernalis Govan Mbeki. Die lang swartman, wie se vel styf oor sy gesig span, het voorheen by “The New Age’, die ANC-koerant in Port-Elizabeth, gewerk. Sy kantoor was naby die landdroshof. As koerantman was hy altyd netjies geklee, maar nou lyk hy soos ‘n armoedige plaasarbeider met ‘n mus oor sy kop getrek en in ‘n oorpak geklee.

Van Wyk ken Mbeki veral in verband met ‘n saak in Port- Elizabeth sowat agttien maande tevore. Hy het self gedurende die verhoor getuig toe Mbeki, ‘n blanke genaamd Harold Strachan en nog ‘n swarte, Joseph Jack, op ‘n aanklag ingevolge die plofstofwet, voor regter Hein de Villiers verskyn het. Strachan het toe groot strafversagting ontvang en Mbeki is vrygespreek.

Wat die speurder tref, is dat Mbeki sedertdien spikkelgrys geword het. ‘n Swarte vergrys nie so maklik nie.

In die groepie is ook adv Bob Hepple met sy swartraambril. Hom het luit Van Wyk dikwels in die Johannesburgse howe gesien optree. Dit is Hepple wat later met alles op die lappe sou kom, wat sy verklaring aan die polisie self getik het. Daarin erken hy dat hy ‘n kommunis is, maar dat hy dikwels van die mense wou wegbreek. “Maar as jy eenmaal daar is, maak jou mede-kommuniste dit vir jou onmoontlik. Ek het baie kere probeer wegkom, maar kon nie slaag nie,” het Hepple beken.

Die speuroffisier merk ook ‘n man wat hy glad nie ken nie. “Wie is die blanke?” vra hy.

Die man begin lag, en toe luit Van Wyk die kenmerkende glimlag sien, roep hy uit: “O, my, Kathrada, is dit jy?”

Ahmed Kathrada, nou vermom as Pedro Perreira en sedert hy elf jaar oud is aktief in die linkse politiek, lag heerlik.

“Ja, Meneer. Hoe laaik jy my lang baadjie?”vrahy in die soort Afrikaans wat hy op sy geboortedorp, Schweizer-Reneke, leer praat het.

Die baadjie hang tot op sy knieë. Sy hare is langer as wat hy dit altyd geduld het en is ook rooi gekleur. Verder het hy ‘n groot snor en dra hy ‘n donkerbril. Gedurende die verhoor word Kathrada nooit sonder sy sonbril gesien nie.

Van Wyk ken vir Kathrada. Een voorval onthou hy veral baie goed. Kort nadat Van Wyk lid van die Veiligheidsafdeling geword het, is na Kathrada gesoek nadat hy ‘n inperkingsbevel verbreek het. ‘n Lasbrief vir die Indiër se inhegtenisneming is uitgereik. Een oggend vroeg ry luit Van Wyk en mnr Dirker in Fordsburg toe ‘n blou motortjie by ‘n stopstraat stilhou. Skielik roep Dirker uit: “Daar is Kathrada! Vang hom!”

Luit Van Wyk spring in die middel van die straat uit en by Kathrada se motor in. Hy arresteer die Indiër onderwyl dié nog sukkel om die motor in trurat te kry in ‘n poging om weg te kom.

‘n Ander aangehoudene is die man na wie die hele land se polisie soek.

Dirker kom aangestap en Van Wyk roep na hom: “Mnr Dirker, kom kyk wie is hier!”

Dirker, ‘n lywige speurder wat sowat 110kg weeg en in sy twaalf jaar by die Veiligheidsafdeling sommer baie ervaring opgedoen het, slaan op ‘n draffie oor. Toe hy Walter Sisulu herken, is die blydskap op sy gesig te lees.

Sisulu, kort en baie lig van vel, gee sy kenmerkend glimlag toe Dirker die groepie bereik. Hy en Dirker het mekaar deur die jare goed leer ken en verskeie wetsgedwonge uurtjies in mekaar se geselskap deurgebring. Nes Kathrada, het Sisulu sy hare laat groei. Dis pikswart. Op sy bolip pryk ‘n klein Hitler- snorretjie.

Toe Dirker Sisulu visenteer en ‘n dokument by hom vind, sê Sisulu: “Meneer Dirker, jy het nou alles waama jy soek.”

Ook by die groepie staan ‘n breedgeskouerde swartman wat Van Wyk nog nie voorheen gesien het nie. Dis Raymond Mhlaba van Port-Elizabeth wat later getuig het dat hy ‘n organiseerder van die ondergrondse ANC was. Hy is vir twee geheime sendings uitgesoek — die een het veertien maande geduur.

Toe speurdersersant James Kennedy uit die droogskoonmakerwa spring, merk sy skerp oë hoe ‘n blanke se hand die deur van die grasdakkamer (so word daar later in die hofsaak na hierdie buitegebou verwys) inderhaas van binne af toetrek. Hy skiet op die kamer af en toe hy die deur oopmaak, staan Bernstein, adv Hepple en Mhlaba daar. Hy is net betyds om deur die venster in die muur teenoor die deur die nek van ‘n nie- blanke met rooierige hare te sien verdwyn asof dié pas by die venster uitgespring het. Toe Kennedy by die venster kom en kan uitkyk, is daar vars springmerke op die grond.

Op die tafel in die grasdakkamer lë ‘n dokument van sowat sestien getikte foliovelle tesame met ander stukke oopgeslaan. Toe die speurders later al die bewysstukke begin tabuleer, blyk dit dat die dokument die opskrif dra: “Operation Mayibuye”, wat beteken “Operasie Kom Terug”.

In die hofsaak wat volg, word hierdie dokument later een van die belangrikste bewysstukke teen die beskuldigdes.

Maar wie het deur die venster gespring net voordat sers Kennedy die vertrek bereik het?

Speurders wat agter om die buitegeboue hardloop—en onder hulle is luit Van Heerden — sien drie mense in die rigting van die beboste veld wegstap.

“Kom terug!“ beveel die geregsdienaars. By hulle is ook die hondemeester met Cheetah, gereed vir aksie. Die drie draai sonder meer om. Dit is Kathrada, Sisulu en Mbeki.

Nou merk die speurders dat ‘n motor reg agter die buitegeboue geparkeer staan — ‘n Taunus-paneelwa. Die voertuig prikkel hul belangstelling: met die gewone toegangspad kan die motor nie daardie parkeerplek bereik nie. Ondersoek toon dat ‘n geheime motorpad agter die buitegeboue begin en deur die bosse na die geslote hek kronkel. Dis‘n gawe ontsnaproete... en Sisulu-hulle se teenwoordigheid agter die buitegeboue maak vir die speurders gou sin.

Sisulu en van die ander beskuldigdes sou later in die hof hulle gewaarwordings skets van wat op Lilliesleaf gebeur het toe luit Van Wyk en sy manne toegeslaan het.

Hepple was buite en hy het die droogskoonmakerwa geëien... Soos hy later aan die polisie vertel het, moes hy op pad na Lilliesleaf by die polisiestasie op Rivonia verby. Hy is daar verby onderwyl die speurders op die spesiale lasbrief gewag het. Hy het die droogskoonmakerwa by die polisiestasie sien staan.

Hepple het toe geen ag daarop geslaan nie, maar toe hy dieselfde wa Lilliesleaf se opstal sien nader, kom ‘n onrustige vermoede by hom op. Sou dit nie die polisie wees nie?

Onderwyl hy nog op twee gedagtes gestaan en hink het, het die speurders uit die bestelwa gespring... Dit was Hepple se hand wat Kennedy die deur sien toetrek het. Hy het die grasdakkamer binnegestorm en paniekerig uitgeroep: “Die polisie is hier!”

Sisulu, Kathrada en Mbeki het deur die venster gespring onderwyl Hepple, Bernstein en Mhlaba agtergebly het. Hepple het inderhaas vuurhoutjies uit sy sak gehaal en ‘n enkele dokument verbrand. Waaroor daardie dokument gehandel het, is nie in die hof gesê nie.

Sou die verbrande dokument meer inkriminerend kon wees as dié oor Operasie Mayibuye?

Dit kom later aan die lig dat ook Bernstein op pad na Lilliesleaf by Rivonia se polisiestasie verbygery het onderwyl die polisie daar gewag het. Ook hy het die droogskoonmakerwa gesien, maar van die betekenis daarvan nie ‘n snuf gekry nie.

Hoe uiters gelukkig die polisie was om hoegenaamd enige sleutelfiguur op Lilliesleaf aan te tref, word veral duidelik toe die hofsaak volg en fantastiese inligting oor die samesweerders se planne die publiek bereik. Van Wyk se wanhoopsbesluit: “Ons slaan toe!“ het inderdaad tot sukses gelei.

Van Wyk se kommentaar agterna was: “Man, ons was gelukkig!”

Bernstein en Hepple se motors word op die werf tussen die woonhuis en die buitegeboue geparkeer gevind. Daar staan ook ‘n Volkswagenbussie. Oor die belangrike rol van die voertuig kom daar later groter duidelikheid.

Net na die arrestasie van almal genoem, kom kol Klindt en kol Venter ook op Lilliesleaf aan. Onderwyl Van Wyk en sy marine die klopjag uitgevoer het, was hierdie twee senior offisiere volgens afspraak op ‘n naburige plasie. Daar het hulle, met ander polisiemanne onder hul bevel, gereed gestaan om op Lilliesleaf hulp te gaan verleen indien dit nodig sou word.

“Luitenant, daar het nou net ‘n motor met swartes by die hek ingery maar omgedraai en weggjaag toe hulle sien wat hier aan die gang is, ” sé een van die polisiemanne intussen aan Van Wyk. Hy gelas dadelik dat twee motors in die woonwapark teenoor Lillies-leaf se ingang gereed moet staan.

Op die werf en in elke kamer van die buitegeboue en woonhuis is nou ‘n ongekende bedrywigheid. Die speurders fynkam elke hoekie en gaatjie. ‘n Polisiekamera flits en ‘n vingerafdrukdeskundige is met sy kwassie en vingerafdrukverklikker bedrywig.

Die polisie is meer as verras oor die vondste aan dokumente en ander bewysstukke, maar is selfs nie dadelik in staat om die volle waarde daarvan te peil nie.

Uit ‘n oop kolegat by die buitegeboue haal hulle ses tikmasjiene en 106 landkaarte. In ‘n buitekamer word ‘n radiosen­der, waarvan sekere dele vermis word, gevind. Buite, agter die buitekamer, is dele van die lugdraad in die grond versteek en is daar aanduidings dat die sender wel deeglik oor die eter gepraat het. Langs ‘n heining lê ‘n aantal buitengewoon lang pale wat as lugdraadpale kon gedien het. Van die pale is naby die twaalf meter lank.

Armsvol inkriminerende dokumente word uit die buitekamers en woonhuis gedra. Deur die speurders word presies aangeteken waar elke stuk gevind word. Daar is dokumente van die verbode ANC, die Kommunisteparty en van Umkhonto We Sizwe.

In een van die buitekamers kom die speurders af op ‘n afrolmasjien en ‘n groot hoeveelheid skryfbehoeftes in rakke langs die muur. Menige opruiende dokument is hier voorberei en vermenigvuldig.

In die kamer vind ‘n afdrukdeskundige ook ‘n blikkie met drukkersink langs die afrolmasjien. Dis ‘n klein blikkie wat ‘n groot verhaal vertel. Dit is vir die deskundige nie eers nodig om die blikkie met sy poeierkwas by te dam nie: die drukkkersink het ‘n pragtige vingerafdruk gelaat — dié van ‘n man wat nie eers op Lillesleaf aangetref is nie! Dis ‘n vingerafdruk van Harold Wolpe, ‘n prokureur van Johannesburg; die vennoot en swaer van James Kantorwat ook aanvanklik beskuldig staan...

In een van die kamers kry die speurders ‘n Havana-sigaardoos wat met ‘n dwarsplankie in twee oneweredige dele verdeel is. Hulle kan nie dadelik raai wat die kassie moet wees nie.

Die grasdakkamer, wat later baie aandag in die saak sou geniet, is soos ‘n luukse woonstel ingerig. Argitek Lionel Bernstein het professionele raad met die verbetering van die geriewe op Lilliesleaf gebied! Daar is ‘n bad, warm en koue water en elektriese lig. Drie beddens en vier binneveermatrasse bied slaapplek; daar is ‘n skryftafel en stoele en ‘n goeie mat op die vloer. Van die plaasarbeiders het later getuig dat die inwoners van die grasdakkamer baie beter geriewe as hulle gehad het. Ook het hulle beter kos gekry...

Die hoofhuis, ‘n pragtige plek, is baie ruim en modern. Opvallend is ‘n vertrek in die voorste deel van die huis met ‘n buitengewoon lang tafel. Die polisie glo dat konferensies dikwels om daardie tafel gehou is.

Op die werfvind die speurders ‘n klompie ganse en honde. Dit is algemeen bekend dat ganse ‘n geweldige keel kan opsit by die geringste teken van onraad en dit lei geen twyfel nie dat die diere as waghonde gebruik is.

Omstreeks 5-uur die middag ry ‘n nuwerige Citroen-motor by die hek in. ‘n Polisiemotor swaai ongemerk agter hom in. Toe die insittende, ‘n blanke met ‘n welige baard, die bedrywigheid op die werf bemerk, wil hy agteruit ry. ‘n Jong konstabel bring egter ‘n rewolwer te voorskyn en beduie hom om uit te klim. Dit is niemand anders nie as Arthur Goldreich, ‘n redelik bekende kunstenaar wat kort tevore ‘n kunskompetisie gewen het — ‘n man met vermoedelik vele talente want, soos later getuig is, was hy die Nommer Een-kenner van guerrilla-oorlogvoering en een van die belangrikste samesweerders in die kommunistiese komplot om geweld in Suid-Afrika te gebruik. Volgens verskeie ooggetuies wat Goldreich daardie middag in die krisisuur gesien het, het hy hom egter alles behalwe heldhaftig gedra.

Sowat ‘n uur later kom mev Hazel Goldreich in haar klein motortjie op die plaas aangery.

Luit Van Wyk, wat haar gearresteer het, vertel dat sy van almal die astrantste was. Sy was die enigste wat daarop aangedring het om ‘n lasbrief te sien. Dit is aan haar getoon. Tog moet haar houding waarskynlik aan skok toegeskryf word, want nie lank daama nie het sy begin huil.

Mev Goldreich, die ma van twee kinders, is saam met die ander ingevolge die 90-dae-bepaling aangehou. Toe later in oorsese koerante beweer is dat sy in aanhouding mishandel is, was luit Van Wyk by toe mev Goldreich dit teenoor ‘n verslaggewer van ‘n Engelstalige koerant in Johannesburg ontken het. Sy was heeltemal tevrede met haar behandeling en het die gevangenisbeamptes lof toegeswaai.

Die aand omstreeks 8 nm kom dr Hillard Festenstein op die plaas aan. Toe hy die bedrywigheid op die werf sien, wil hy ook omdraai, maar sers Kleingeld nooi hom vriendelik “om by die partytjie aan te sluit.”

Bra onwillig en agterdogtig volg hy Kleingeld die huis binne. In die sitkamer loop hy hom in ‘n hele klomp geregsdienaars vas. Dr Festenstein verduidelik dat hy gekom het “om ‘n boek by Goldreich te kry”.

Op daardie oomblik gesels kol HJ van den Berg, in ‘n ander deel van die huis met Goldreich waar speurders in hul teenwoordigheid nog besig is om op bewysstukke beslag te lê. Festenstein, ‘n kort, fris man van 33 jaar, word daarheen geneem.

By Goldreich gekom, herhaal dr Festenstein sy storie oor die boek. “Wie is jy?” vra Goldreich op Engels. “Ek ken jou nie! Van watter boek praat jy?”

Dr Festenstein word ook ingevolge die 90-dae-maatreël aangehou en sy huis in Johannesburg gevisenteer. Hy word nie in die Rivoniasaak aangekla nie, maar verskyn in die Johannesburgse landdroshof op die aanklag dat hy die doelstellings van die kommunisme bevorder het en verbode literatuur in sy besit gehad het. Later appelleer by teen hy teen sy vonnis van altesaam 15 maande, waarvan ‘n deel opgeskort is.

Al Goldreich se swart werknemers op Lilliesleaf word dieselfde middag in hegtenis geneem. Daar is ‘n stuk of agt van hulle. Party is op die landerye gevind. Almal van hulle doen later verklarings aan die polisie en getuig in die saak oor wie op Lilliesleaf gewoon en wie daar besoek afgelê het.

Die polisie-ondersoek by Rivonia duur die volgende dag voort. Omdat beslaglegging slegs In die teenwoordigheid van aangehoudenes gedoen moet word, word Goldreich weer na Lilliesleaf geneem. In sy kunsateljee in die huis vind die polisie ‘n brandkluis hoog teen die muur.

“Ek weet daar niks van af nie,”se Goldreich. “Ek het nooit die sleutels van die vorige eienaar ontvang nie.”

Daar is net een uitweg. Die polisie, in samewerking met plofstofdeskundige Cruywagen, skiet die deur met ‘n ligte lading oop. ‘n Hele pak note ter waarde van etlike honderde rand word gevind. Later getuig ‘n mnr Venn van die note-afdeling van die Reserwebank dat sy bank dertien van die note ná Augustus 1961, en elf ander na Desember 1961 vir verspreiding ontvang het. Dit beteken dat die note uitgereik was nadat Goldreich reeds op Lilliesleaf gewoon het. Van die kluis moet hy weet, word so bewys.

Dieselfde dag kom ‘n prokureur van Johannesburg, James Kantor, ook op die plaas aan. Harold Wolpe is sy vennoot en is met Kantor se suster getroud. Kantor se optrede kom vir ‘n speurder verdag voor en hy dien ‘n verklaring daaroor in...

Die Transvaler is die eerste koerant wat die vonds by Rivonia openbaar maak. Die polisie is in dié stadium egter nog baie terughoudend en die gepubliseerde inligting dus skraal. Die gevolg is ‘n byna beskeie beriggie op die koerant se voorblad die oggend van 12 Julie.

Daardie middag bars die storm egter los. Die volle betekenis van die klopjag op Rivonia tref die land soos ‘n donderslag. Lug- en ander foto’s van die Rivoniahuis versier die koerante en besonderhede van die klopjag word in banieropskrifte gesmeer.

Dit is hierdie berigte wat die oë van die droogskoonmaker-eienaar van die paneelwa wat gebruik is, oopmaak. Hy was net ergerlik omdat hy sy paneelwa eers die volgende oggend van die polisie teruggekry het en hy het oorweeg om die R200 na R300 op te skuifl Maar toe hy sien in hoe ‘n mate sy wa gehelp het om die vyande van sy land te laat betrap, is hy toegewend: die oorspronklike R200 word eers R20 en toe heeltemal kwytgeskel!

Lilliesleaf is egter lank nie die enigste geheime skuilplek van die ondermyners nie. Ook dit vind die polisie spoedig uit.

Die stapels dokumente en ander bewysstukke waarop die polisie by Lilliesleaf beslag gelê het, word na The Grays gebring. Nou begin die groot werk.

Dr Percy Yutar, adjunk-prokureur-generaal van Transvaal, word aangestel om die Staat se saak te behartig. Hy en sy assistente, mnre TB Vorster en E Klusman, ervare aanklaers van die Johannesburgse landdroshof, en adv JJM Naude, van die Pretoriase landdroshof — later opgevolg deur adv AJ Krog van Johannesburg — neem op 4 September hul intrek in ‘n kantoor by The Grays. Die ratte van regspleging begin draai.

Net voor die klopjag op Rivonia het die polisie ‘n klompie “soldate” aangekeer wat vir militêre opleiding oor die grense gestuur is. Nou slaag die Natalse polisie daarin om ook talle saboteurs aan te keer wat in Natal bedrywig was. Baie van hierdie mense lê verklarings af en lt-kol Fred van Niekerk van Pretoria reis as skakeloffisier deur die land om by polisiestasies verklarings in te samel wat as getuienis teen die Rivonia- beskuldigdes gebruik kan word.

Konferensies van lede van die Veiligheidsafdeling en staatsaanklaers van verskeie provinsies word belê. Inligting word oor en weer uitgeruil en heelwat van die dokumente wat by Rivonia gevind is word op dié manier beskikbaar gestel by die verhoor van persone in die ander provinsies.

Deur die dokumente fyn te bestudeer, word die polisie ook bewus van die bestaan van Elias Motsoaledi en Andrew Mhlangeni. Hierdie twee swartes word aangekeer en in Pretoria aangehou.

Noudat die Rivonia-dokumente noukeurig nagegaan word, word ook bevind dat ‘n vooraanstaande leier van die ANC, Nelson Mandela, wat reeds gedurende die Rivonia-klopjag besig is om 5 jaar gevangenisstraf uit te dien weens aanhitsing om bestaande landswette te oortree en weens verlating van die land sonder die nodige reisdokumente, baie nou betrokke is en dat hy een van die vernaamste beskuldigdes gaan wees.

Toe hy gevonnis is omdat hy die land onwettig verlaat het, het die polisie nog nie geweet wat Mandela in die buiteland gaan doen het nie, maar nou vertel sy dagboek (op Lilliesleaf gevind) die hele verhaal... Daar is ook verslae aan die ANC en aan die “National High Command” van Umkhonto We Sizwe en aantekeninge oor sy ontsnappingsplan uit die Johannesburgse Fort.

Stadig bou die Staatsadvokate en die polisie die prentjie op. Speurder-adjudant-offisier Rassie Erasmus en speurdersersant Doep du Preez neem intussen talle verklarings aan die Rand terwyl konst Bez Bezuidenhout feitlik dag en nag die verklarings oortik.

Luit Van Wyk en speurder-adjudant-offisier Dirker reis deur die land om persone te spreek wie se verklarings kol Van Niekerk glo op die saak betrekking kan hê. Hul taak is om vas te stel of daardie persone geloofwaardige getuies is. Een van diegene wat hulle spreek, is die latere getuie X wat as gewese lid van die streeksbevel van Umkhonto We Sizwe in Durban, met skokkende getuienis vorendag sou kom.

Nadat daar deeglik gesif is, is meer as 270 getuies beskikbaar. Uiteindelik sou die Staat slegs 173 van hulle gebruik om sy saak te bewys.

Tevrede met die vordering wat gemaak word, sit luit Van Wyk op 6 Augustus 1963, byna ‘n maand na die Rivonia- klopjag, in sy kantoor in The Grays toe die telefoon lui.

“Luitenant,” se speurder-adjudant-offisier Barnie Barnard van Rosebank, “ ‘n mnr Finlay het aangemeld dat hy ‘n besoek afgelê het op sy dogter se plaas wat onlangs verkoop is. Hy het daar talle dokumente met ‘n politieke strekking gesien.”

Dirker en speurder-adjudant-offisier Erasmus vertrek saam met mnr Finlay na die plaas. Die pad loop deur Randburg, verby die Velskoen-inryteater en in die rigting van die aansluiting met die Krugersdorppad.

Kort duskant die aansluiting kry hulle op regterhand ‘n naambordjie. Dis die plasie by Travallyn. Daar draai hulle in. Enkele minute later is hulle op die kleinhoewe vyf kilometer van Rivonia af. Die huis is verlate, maar mnr Finlay wys hulle van die dokumente in ‘n lessenaar. Daar is omsendbriewe, lêer-omslae, briewe, lyste name en adresse, geldnote, diverse verslae en amptelike instruksies. Daar is ‘n yskas in die huis en borde en panne en ander eetgerei staan in die kombuis rond. In die kamers is daar die gewone meubels: beddens, hangkaste, tafels, stoele en gordyne.

Travallyn beteken vir die polisie ‘n hele nuwe ondersoekveld. Hulle is spoedig op die spoor van ‘n man met die naam Charles Barnard wat die plek gekoop het, en van ‘n man met die naam D Williams wat dit gemeubileer het. Toe Barnard laas gesien is, was hy besig om ‘n baard te kweek. Ook dra hy glo ‘n bril...

Intussen begin adv Hepple verklarings aan die polisie doen. Op grond van sy inligting word op 5 September ‘n derde plek ontdek. Dis ‘n huis in Terraceweg, Mountain View, Johan­nesburg. Mountain View lewer ook sy kwota vingerafdrukke en ander bewysstukke op.

Suid-Afrika se grootste hofsaak, waarin sameswering beweer word om die bewind omver te werp, sou aanstons begin. Al die getuienis is ingesamel, gesif en gerangskik. Maar vier moontlike beskuldigdes verdwyn en twee van hulle sou hooffigure kon wees...

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1937 gaste aanlyn