Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Satan is die een wat depressie by mense misbruik totdat hulle glo hulle is hopeloos en ongered. Die teenoorgestelde is egter waar: iemand wat deur die donker van depressie geloop het, het 'n bepaalde innerlike krag ontwikkel wat van hom 'n wyser en sterker mens gemaak het. Moenie na die duiwel luister wanneer jy op jou swakste voel nie – weet daar kom 'n tyd hierna wat jy as kind van God baie sterk sal wees met 'n wysheid wat jou verder deur jou lewe sal dra, want in die donkerste dieptes het jy God weer gevind.
SUID-AFRIKA SE STRYD
FLUWEELGORDYN VAN NASIONALISME
Kriewelkop
"Hierdie stryd is nie meer ver nie. Dit sal 'n stryd wees waarin Suid-Afrika geïsoleerd van die buitewêreld staan; eerstens 'n stryd tussen klasse wat bewusmaking deur forsering beleef het, maar 'n stryd wat eindelik weer die skeidslyn sal trek tussen volkere; 'n stryd wat die fluweelgordyn van nasionalisme tussen rasse weer sal toetrek; 'n stryd van etniese suiwering wat talle slagoffers van dood, verminking en ontheemding sal oplewer. Maar uiteindelik 'n stryd wat weer vrede en harmonie sal bring in 'n land waar God weer gedien en geëer sal word."
Dalk was die sluipende prof Samuel Huntington wel in die kol met sy teorie om internasionale konflik in die toekomstige Nuwe Wêreld te verklaar. Sy basiese uitgangspunt lui dat die grootste oorsaak van konflik nie eerstens ideologiese of ekonomiese oorsake gaan hê nie, maar die rede vir die ergste konflik sal wees: die verskille tussen kultuurgroepe . Huntington meen dat dinge soos taal, geskiedenis, geloofsoortuiginge ensomeer, in die toekoms baie swaarder gaan weeg vir politieke- en geo-veranderinge dwarsdeur die wêreld, as enige ander invloed – anders as wat die Kommuniste glo.
Soos met talle ander sake is die Kommuniste weer verkeerd met die leer wat hulle verkondig dat klas die allerbelangrikste is, en nie die volk nie – dat dit glo die natuurlike skeiding in die samelewing sal vorm. Die Marxisme-Leninisme erken wel die bestaan van nasionalisme en etniese trots as sodanig, maar hulle glo dat dit vanself sal verdwyn namate die belangrikheid van klas op die voorgrond forseer word. Maar etniese gevoelens verdwyn nêrens in die wêreld nie; dit kan ten beste slegs tydelik onderdruk word. Wanneer Kommunisme in 'n land in duie stort, borrel nasionalisme weer in dubbele mate na bo.
'n Voorbeeld hiervan wat Suid-Afrika gerus ter harte kan neem, is dié van Joego-Slawië waar etniese suiwering gewelddadige veldtogte met massaverkragtings meegebring het. Weens die deurmekaar woonpatroon in Bosnië het die oorlog daar menslike lyding op 'n ongelooflike skaal veroorsaak. Daar is sowat 250 000 mense teen die einde van 1995 dood en veel meer vermink, en meer as 2,5 miljoen is ontheem - slagoffers wat uit gebiede verdryf is oor etniese redes. Toe hierdie veldtog afgehandel is, kon die groepe tot die stigting van 'n homogene volkstaat oorgaan. So is daar herlewing van nasionalisme gesien nie slegs in Sentraal- en Oos Europa nie, maar ook in Wes-Europa waar toenemende geweld veral teen nie-Europese, hoofsaaklik nie-blanke immigrante plaasvind. In die Duitse Bundestag is vroeg in 1994 selfs 'n debat hieroor gevoer.
Suid-Afrika se geografiese posisie aan die suidpunt van Afrika het verskeie implikasies vir sy politieke posisie in die wêreld. Die land lê ver van die huidige magsentrums van die aarde: Noord-Amerika, Wes-Europa en die Verre Ooste. Die afstand na Europa is sowat 10 000 km, na Amerika sowat 14 000 km, en na China sowat 12 000 km. In 'n geval van internasionale politieke spanning soos wat in 2013 duidelik aan die opbou is, kan Suid-Afrika se maritieme handelsroetes maklik afgesny word. Die land se strategiese posisie aan die Kaapse seeroete sal dus deeglik meebring dat sy eie belang in gedrang kom.
Die meeste Suid-Afrikaners meen egter verkeerdelik dat hul land so min of meer die middelpunt van die aarde is en dat die aandag van die hele wêreld voortdurend op ons toegespits is. Die waarheid is dat die groot afstand die land kan help om buite groot konflikte te bly. Indien Amerika en China byvoorbeeld aanmekaar spring, of as konflik tussen die Weste en die Islamitiese wêreld ontbrand, hoef Suid-Afrika nie in dieselfde mate betrek te word as byvoorbeed Singapoer of Jordanië nie. Suid-Afrika se voordeel sal grootliks wees die feit dat aggressiewe state nie dwarsdeur ons land heen moet marsjeer om by hulle vyande uit te kom nie. Dit laat ons hier met ons eie probleme, ook etniese konflik, wat ons sonder die buiteland deur die genade van Bo sal moet opklaar.
Die Suid-Afrikaanse politiek was nog altyd rasse-politiek met geen soepelheid en pragmatisme in die swart politieke bewegings nie. Vir hulle gaan politiek om lewe en dood. Die "struggle" waarmee hulle in 2013 steeds besig is, is 'n sogenaamde bevrydingstryd wat voorrang bo alles moet kry – ook bo gesonde verstand en eerbaarheid – ‘n “struggle” wat binnekort sy laaste fase sal ingaan.
Dit sal 'n stryd wees waarin Suid-Afrika geïsoleerd van die buitewêreld staan; eerstens 'n stryd tussen klasse wat bewusmaking deur forsering beleef het, maar 'n stryd wat eindelik weer die skeidslyn sal trek tussen volkere; 'n stryd wat die fluweelgordyn van nasionalisme weer tussen rasse sal toetrek; 'n stryd van etniese suiwering wat talle slagoffers van dood, verminking en ontheemding sal oplewer. Maar uiteindelik 'n stryd wat weer vrede en harmonie sal bring in 'n land waar God weer gedien en geëer sal word.