NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Twyfel jy of God 'n plan met jou lewe het? Jy vertrou dan op die son, die maan en die getye. En jy glo dat God 'n plan het met dag en nag, met wisselende seisoene van die jaar. Sal God dan versuim om 'n vir jou lewe te hê?

I REQUIEM MEAM DOLEAT!

Kriewelkop

Kan enige regdenkende verduidelik hoe 'n man wat weet dat die ANC-regime die uitwissing van die Blankes openlik aanhits, wat weet dat die ANC 'n terreurveldtog reeds voor 1994 teen die Blankes in Suid-Afrika gevoer het en nou eskalerend daarmee voortgaan, wat weet dat die ANC die geestelike, kulturele en fisiese vernietiging van die Blankes najaag, wat weet dat die ANC se vyandigheid teenoor Blankes sal toeneem totdat dit vanself ‘n plofpunt bereik, wat weet dat ons kosbare land onwettig deur verraaiers soos De Klerk en Pik Botha aan die ANC-regime oorhandig is en laasgenoemde dus geen reg het om dit te probeer regeer nie, vir dieselfde onwettige swart regime 'n klein stukkie grond terugvra waarin die Blankes 'tog assebliefie maar op genade kan gaan woon'! ?

Hoeveel logika is daar by 'n man wat met sowat 34,000 geregistreerde kiesers 'n stukkie grond wil beding by 'n regime wat geen wettige sê daaroor het nie, 'n kommunistiese "regering" wat dit in alle geval duidelik gemaak het dat hulle nie met die witman daaroor sal onderhandel nie?

En nou wil dieselfde man weer 'n verkiesing hou en dieselfde paadjie stap terwyl hy weet 'n eis vir 'n volkstaatjie sal verseker wéér van die ANC-tafel gevee word!

Die weersprekinge in die skrywes van mnr Andries Breytenbach, leier van die HNP en leier van die Volksraadverkiesingskommissie, kan met reg drogredenasies genoem word. Sulke redenasies het gewoonlik een van twee oorsake: dit spruit uit totale opportunisme, of daar is 'n ander verskuilde agenda agter.

Toe ek by geleentheid aan 'n HNP-amptenaar gevra het hoe op aarde daar sulke onhaalbare ideale aan HNP-lede voorgehou kan word, was die antwoord onomwonde en duidelik: "Ons weet dit kan nie realiseer nie maar ons moet ons mense iets gee om in te glo."

I requiem meam doleat, of te wel: I rest my case!

 

Lees hieronder mnr Breytenbach se twee skrywes sowel as lede van die Afrikaner Volksparty se kommentare daaroor.

ANDRIES BREYTENBACH

As enigiemand nog getwyfel het oor die ANC-regering se houding oor plaasaanvalle en die moorde op boere, het verlede week (14 Mrt) se debat in die parlement alle onsekerheid daaroor uit die weg geruim.

 Die uitlatings van ANC-parlementslede dat nog meer boere doodgemaak en dat boere lewendig begrawe moet word, weerspieël die gesindheid wat in daardie geledere heers. As verteenwoordigers van die regerende party nie skroom om sulke verregaande dinge in die openbaar te sê nie, verg dit geen verbeelding om te raai wat hulle onder mekaar sê waar die openbare oor hulle nie hoor nie. Dié gesindheid verklaar die politieke onwil van die ANC-regering om daadkragtig op te tree ten einde hierdie aanvalle hok te slaan.

Bogenoemde houding en die aanhoudende propaganda dat die blankes die swartes se grond gesteel het; dat blanke grond sonder kompensasie onteien moet word; en Zuma se sang tydens die ANC eeufeesvieringe in Bloemfontein op 8 Januarie 2008 “Shoot the Boer... We are going to shoot them with the machine gun” is alles onmiskenbare getuienis van uiterste vyandigheid en aggressie teen die witman. Die geweld en terreurveldtog wat die ANC voor 1994 teen die blankes gevoer het en wat Mandela geweier het om af te sweer, word dus eenvoudig voortgesit.

Elke staat beskik oor instrumente om die burgery te beskerm, naamlik die wetgewende mag, die polisie en die regswese, maar hierdie regering span dié instrumente soms in téén die deel van die burgery wat hy haat, naamlik die Boere-Afrikanervolk, of hy versuim om dit effektief aan te wend om hulle te beskerm.

Die optrede van die regering klop met die kommunistiese leerstelling dat die staat en sy instrumente nie neutraal en bokant die politiek staan nie, maar inteendeel die wapens is van die nuwe heersende klas, die proletariaat. Volgens dié opvatting is die onderwys, die media en die kansel wapens van oorreding; terwyl die wetgewing, polisie, gewapende magte en die regswese wapens van dwang is. (Douglas Hyde, Dedication and Leadership, Learning from the Communists).

Vir die Boere-Afrikanervolk spel die teenswoordige bedeling geestelike, kulturele en fisiese vernietiging. Ons ondervind dit telkens wanneer een van ons uit haat vermoor word, wanneer ons taal en kultuur geminag word, of wanneer tenders en aansoeke vir poste afgewys word net omdat die aansoekers wit is.

Die grondwetlike beskerming van die volk se kultuurregte, waarop sommige nog hulle vertroue stel, is op 21 Julie 2016 deur die Grondwethof nietig verklaar met die uitspraak dat “any reliance by white South Africans, particularly white Afrikaner people, on a cultural tradition founded in history finds no recognition in the Constitution” (Case CCT 157/15, City of Tshwane Metropolitan Municipality vs Afriforum); en pas het die SA Menseregtekommissie bevind dat Zuma se ongegronde stelling dat blankes die swartes se grond gesteel het, “is unlikely to cause the serious and significant hurt or harm to white persons as required by the law, and it is further unlikely to promote or propagate hatred. On this basis the Commission is unable to find that the statement in question constitutes hate speech” (brief SAHRC-A.E. Breytenbach, 8 Mrt 2017).

Die 23 jaar van die huidige konstitusionele bedeling is een lang verhaal van agteruitgang en mislukking. Rasseverhoudinge is slegter as ooit in die geskiedenis, en die toenemende vyandigheid en wantroue tussen etniese groepe en rasse word met hofuitsprake en nuwe wette onderdruk en toegesmeer ten einde ‘n skyn van “nasieskap” te bewaar.
     
Die denkbeeld van ‘n “reënboognasie” is pure wensdenkery, en al die gegorrel oor “eenheid in verskeidenheid” en “verskeidenheid in eenheid” is ‘n klomp kaf. Die Boere-Afrikanervolk verskil geestelik, kultureel en fisies van die ander volke in Suid-Afrika, en ons sal nie transformeer of integreer om soos hulle, of een met hulle te word nie.
     
Wat dringend nodig is, is ‘n nuwe konstitusionele bedeling vir Suid-Afrika — een wat die realiteit van verskillende volkere erken en voorsiening maak dat die wat wil, hulleself regeer. Dit kan nog vreedsaam geskep word, maar gebeur dit nie, sal die teësin in en vyandigheid teenoor mekaar toeneem totdat dit vanself ‘n plofpunt bereik.

Hieronder is die hele inligtingstuk geskryf deur mnr Andries Breytenbach in Die Bittereinder (1/2017) van 6 Februarie 2017:

Die Afrikanervolk se situasie stem ooreen met dié van die Oosgrensboere in die vroeë 1830’s, in soverre hulle besef het dat hulle nie deel was van die Britse nasie nie, en hulleself in ‘n eie staat wou regeer. Waar presies dit sou wees, het hulle nie geweet nie — net maar dat dit êrens in die onbesette binneland van Suid-Afrika sou wees. Aanvanklik het hulle hul hoop op Natal gevestig. Dit het die “offerland” geword waar soveel bloed vir die vryheid gevloei het en waar die gelofte wat ons volk vir alle tye sou bind, afgelê en beantwoord is. Nogtans het Transvaal geblyk F.A. Venter se “bedoelde land” te wees.

Onlangs het iemand gekla dat as sy met mense oor vryheid (ofte wel selfbeskikking) vir ons volk praat, is die eerste reaksie: wáár? en omdat daar nie duidelike grense aangetoon kan word nie, word die ideaal ook sommer as onhaalbare wensdenkery afgemaak.

“Die land is ons land!”, sê die HNP. Die swart volkere se historiese gebiede was duidelik afgebaken. Die buitekant van daardie grense het die Blanke land gedefinieer. Vir die miljoene swartes wat oor jare toegelaat is om hulle in ons land te vestig, is voorsiening gemaak om hulle aspirasies in hul tuislande uit te leef.

Ongelukkig, in 1983, het ‘n verloopte Afrikanerregering die blanke kiesers oorreed om in ‘n referendum toe te stem dat Kleurlinge en Indiërs medeseggenskap oor ons land kon kry. Die HNP-leiers het geweet wat dit beteken het: “Ons wou so graag aan julle ‘n Christelike Blanke Suid-Afrika nalaat. Miskien gebeur dit nog deur die Here se genade. Maar ons volk het op 2 November 1983 ‘n besluit geneem wat menslik gesproke op iets anders afstuur...” het mnr. Jaap Marais geskryf. Dit was onvermydelik dat dié medeseggenskap ook na die swart bevolking buite die tuislande sou uitbrei. Die res is geskiedenis.

Daar is steeds ‘n deel van ons volk wat glo in ‘n Godgewilde roeping en bestemming vir die Boere-Afrikanervolk, selfs al weet ons nie nou waar en hoe die grense in die toekoms getrek sal word nie.

Ons dink nie ons kan weer die gesag oor die miljoene volksvreemdes in S.A. herwin en hulle uit die land verdryf nie. Wie wil in elk geval weer oor hulle regeer en die rekening daarvoor betaal?

My antwoord op die vraag “waar?” is: dáár waar ons volk homself in die toekoms wíl regeer en sy gesag sal afdwing. Wanneer wet en orde in Suid-Afrika in duie stort en die huidige gesagsinstrumente nie meer hulle funksie kan vervul nie, sal die burgery self verantwoordelikheid vir sy veiligheid aanvaar en burgerlike gesagsliggame vorm wat binne grense wat hulle self sal afbaken, wet en orde sal handhaaf, belastings sal hef en dienste sal voorsien. Dan sal die huidige grondwet uitgedien wees en plek maak vir ‘n nuwe een, wat daardie grense sal erken. Dit sal die gebiede omsluit waar ons in genoegsame getalle gekonsentreer is om onssself te handhaaf.

Kleinfontein en Orania, waar doelgerig gewerk word om dit Afrikanertuistes te maak, gaan nie verdwyn nie, hulle word sterker en kan moontlik die kerne vorm van groter gebiede daaromheen. Volksgenote het die afgelope 20 jaar in groot getalle na die Wes- en Suid-Kaap getrek om sodoende ‘n sterk konsentrasie daar te vorm. Dan het ons nog nie eers van Wes-Transvaal en die Vrystaat gepraat nie... Die land is inderdaad ons land, en óns sal bepaal wáár, nie die swartes nie.

 

Verklaring uitgereik deur Pieter de W van der Spuy, AVP-woordvoerder oor Justisie

Die AVP het met verbasing kennis geneem van die sogenaamde “Volksraad Verkiesingskommissie” (VVK) en sy voortbrengsel, die sogenaamde “Boere-Afrikaner Volksraad”, se oproep op “volksgenote” om opnuut by die VVK as “kiesers” te registreer. ‘n Regdenkende Afrikaner sou dink dat dié instellings en hul meelopers na hulle bespotlike, maar verraderlike en mislukte poging om ‘n volkstaatjie deur onderhandelinge met die Kommunistiese regime te beding, liewers stil-stil van die politieke toneel sou wou verdwyn. Maar wat wou! Volksgenote word nou weer opgevorder om as kiesers te registreer.

Dit sal hulle kwansuis bemagtig om op volksvergaderings leiding te gee nadat hulle leiers, heel voorspelbaar, misluk het om Zuma en die “internasionale gemeenskap” te oortuig om ‘n stukkie grondgebied aan hulle af te staan. Moontlik beplan die VVK ook ‘n tweede “verkiesing”, aangesien die termyn van die “volksraadslede” – die wat nog oor is – waarskynlik reeds moes verstryk het.

Boonop maak hulle misbruik van die onlangse vlaag van wrede plaasmoorde om hierdie opportunistiese projek, gerig op die bevordering van eiebelang, op dreef te kry. Die AVP verwerp hierdie optrede en wys op die volgende.

Die doelstelling van die VVK in 2009 was die verkiesing van ‘n verteenwoordigende volksraad vir sogenaamde Boere-Afrikaners om met die onwettige ANC/SAKP-regime te onderhandel vir ‘n volkstaatjie. Dr Pieter Möller, ‘n VVK-verkiesingsbeampte en destydse onderleier van die HNP, het voor die verkiesing gesê: “’n Paar honderduisend Afrikaners sal geregistreer moet word (as kiesers). As dié doel nie behaal word nie, sal die plan doodgebore wees.” (Die Afrikaner 17-23 April 2009) Na ‘n geswoeg is slegs 34 532 mense geregistreer. Die VVK en die HNP het egter volhard met hulle selferkende doodgebore plan. Die verkiesing is in April 2011 gehou en ‘n skamele 23 678 mense daag op by die stembus om die “verteenwoordigende” volksraad vir Boere-Afrikaners te verkies!

Hierna het hierdie wankelmoedige volksraad voortgestrompel met sy onbesonne plan en so gesorg vir een van die vernederendste insidente in die Afrikaner se geskiedenis. In ‘n neutedop: Die Boere-Afrikaner Volksraad, onder leiding van die HNP-leier, Andries Breytenbach, het in gesprek getree met die Kommuniste wat op onregmatige wyse beheer van Blank Suid-Afrika bekom het. Waarom? Om te pleit, steunend op die ANC/SAKP Grondwet, vir die teruggawe van ‘n stukkie van die grondgebied waarvan ons onregmatig ontneem is! En soos verwag kon word, is hierdie pleidooi koel, berekend en met minagting deur die Kommuniste van die tafel gevee. Wat ‘n gebrek aan insig; wat ‘n vernedering vir die Afrikaner!

Met hierdie optrede het Breytenbach en die “Boere-Afrikaner Volksraad” drie belangrike Afrikaner-nasionale beginselstandpunte van die moderne era verloën. Hulle is:

  1. Afrikaner-nasionaliste is in verset teen en onderhandel nie met die ANC/SAKP-regime nie.
  2. Afrikaner-nasionaliste sê dié land (dit wat voorheen bekend gestaan het as Blank Suid-Afrika) is ons land en basta met die idee van ‘n “volkstaatjie”.
  3. Afrikaner-nasionaliste verwerp die regime se grondwet as illegitiem en soek nie hul heil daarin nie.

Bogemelde optrede het die naïwiteit, die gebrekkige politieke oordeel en die opportunisme van die VVK en die “Boere-Afrikaner Volksraad” ontbloot. Dit is duidelik dat die toekoms van die Afrikanervolk nie toe te vertrou is aan hierdie instellings nie. Die Afrikaner Volksparty versoek Afrikaners om nuwe foefies vanuit hierdie oord, hetsy volksvergaderings, gewysigde volkstaatvoorstelle of nuwe VVK-registrasies en –verkiesings met beslistheid te verwerp.

Die AVP glo daar is nie kort paaie in die politiek nie. Die AVP volg die koers soos aangedui deur ‘n HF Verwoerd en ‘n Jaap Marais en handhaaf die beginselstandpunte wat hierbo aangestip is.

Verklaring uitgereik deur Johan Theunissen

In die uitgawe van 6 Februarie 2017 van die Bittereinder, wat deur die inligtingsdiens van die HNP uitgegee word, trek die leier van die HNP mnr Andries Breytenbach ‘n dik en ondubbelsinnige swart streep deur die historiese aanspraak van die Afrikanervolk op die Republiek van Suid-Afrika. In die stuk bevestig hy dat hy, en daarom ook die HNP waarvan hy die leier is, die Afrikaner se vryheidsideaal reduseer het tot ‘n volkstaat of ‘n aantal volkstaatjies onder die jurisdiksie van die marksisties-kommunistiese ANC regering wat illegitiem die bewind oor ons volk voer. Mnr Breytenbach het die kuns van “dubbelspraak” vervolmaak, soos wat blyk uit die genoemde inligtingsstuk en ook sy bedenklike betrokkenheid oor ‘n aantal jare by die Boere-Afrikanervolksraad en hulle mislukte pogings om onafhanklikheid vir die Afrikanervolk by hierdie illegitieme regering te probeer afpleit.

Aan die een kant maak hy die stelling dat die HNP sê: “Die land is ons land” en motiveer hy dit deur te sê dat die swart volkere se historiese gebiede duidelik afgebaken was en dat die buitekante daarvan die blanke se land gedefinieer het. Aan die ander kant beweer hy dat wanneer daar oor die volk se vryheid gepraat word die vraag onstaan: “waar?”, omdat daar nie duidelike grense aangetoon kan word nie. Verder weet hy te vertel van “…. ‘n Godgewilde roeping en bestemming vir die Boere-Afrikanervolk, selfs al weet ons nie nou waar en hoe die grense in die toekoms getrek sal word nie”. Wil jy nou meer?. Diè land is ons land, maar nee jammer, ons weet eintlik nie waar ons land is nie.

Mnr Breytenbach weet duidelik nie waar diè land is waar hy sy kleim namens die Afrikanervolk wil afsteek is nie want hy het die onomkeerbaarheid van die illegitieme bestel wat sedert 1994 geld onteenseglik aanvaar soos wat blyk uit sy drogredenasies in hierdie stuk. Hy aanvaar sonder meer dat ons onvermydelik, permanent van ons land afstand gedoen het want sê hy: “Ons dink nie ons kan weer die gesag oor die miljoene volksvreemdes in S.A. herwin en hulle uit die land verdryf nie. Wie wil in elk geval weer oor hulle regeer en die rekening daarvoor betaal”. Die volkshelde uit die verlede, die helde van Bloedrivier, die helde van die eerste en tweede vryheidsoorlog, die manne en vroue met wie se bloed die grond van hierdie land deurdrenk is – die ware bittereinders draai in hulle grafte om by die aanhoor van sulke papbroekige uitsprake. Die manne van moed en die groot intelektuele leiers uit die verlede van die Afrikanervolk, die Pres MT Steyn’s, die generaal de Wet’s, de la Rey’s en JBM Hertzog’s, die DF Malan’s, die JG Strijdom’s, die HF Verwoerd’s en Jaap Marais’s sou sekerlik hulle hande in afsku saamgeslaan het as hulle sulke rugraatlose uitsprake moes hoor van persone wat hulleself voordoen as Afrikanerleiers.

Mnr Jaap Marais het in kontras hiermee gesê: “Wanneer ons sê: die land is ons land, is dit die historiese feite waarop dit rus. Ons het die land van niemand gesteel nie. Ons voorouers het in 1881 die Britse mag by Amajuba verslaan om hulle vryheid te herwin, en in 1899-1902 'n vryheidsoorlog teen die Britse met hulle barbaarse metodes geveg, omdat hulle vry van oorheersing wou wees. Daarna het Afrikanerleiers 60 jaar lank met politieke middels suksesvol geveg om weer vry te wees om Christen en Witmens en Afrikaner in hulle vaderland te wees. Ons is nie bereid om hierdie geskiedenis van heldhaftige stryd te laat uitwis deur 'n bloedlose verowering weens verraad wat agter 'n "demokratiese verkiesing" verberg word nie. Die Afrikaner het hierdie land in pag ontvang as die erfgoed wat aan sy kinders behoort. Die land het hy van geen Swarte gesteel nie: met al die erkende norme van besitreg het hy hierdie land syne gemaak. Die land is gekoop, verower, aan die verwoesting ontworstel, met sweet en inisiatief ontwikkel en opgebou as sy vaderland.” Mnr Marais sê verder: “Die land is ons land. Ons sal weer ons vryheid verwerf, kom wat wil. Ons sal weer die onomkeerbare omkeer. As ons nie vir mekaar dit sê nie, is ons as Afrikanernasionaliste nie eerlik in hierdie stryd nie”. Dit is die stem van ‘n ware bittereinder.

Mnr Breytenbach skaar hom in die inligtingstuk by die Volkstaat gedagte, waarvolgens die Afrikanervolk by implikasie afstand doen van sy swaargewonne land en hom vestig in klein enklawes waar hy sogenaamd in meerderheidsgetalle gekonsentreerd is. Hy noem Orania en Kleinfontein (waar hy self woon) as voorbeelde van kerngebiede vir die vestiging van sy volkstaat en sê: “Kleinfontein en Orania, waar doelgerig gewerk word om dit Afrikanertuistes te maak, gaan nie verdwyn nie, hulle word sterker en kan moontlik die kerne vorm van groter gebiede daaromheen”. So toon hy sy positiewe sentiment ten opsigte van die onhaalbare idee van ‘n volkstaat of volkstate as oplossing vir die Afrikanervolk se vryheidsstrewe.

Dit is duidelik dat Breytenbach, en daarmee saam die HNP waarvan hy die leier is, die pad wat Jaap Marais geloop het, verlaat het en daarmee saam die beginselbasis waarop Dr Verwoerd gestaan het versaak het, soos wat nou reeds ‘n hele aantal jare uit hulle uitsprake en optredes blyk. Mnr Jaap Marais het by geleentheid die volgende gesê: “Tye verander, ja, omstandighede verander, ja. Maar daar is beginsels wat nie saam of teen die horlosie loop nie. Afrikanernasionalisme se beginsels is tydloos: vaderland, volkskap, vryheid, heldedom.”

Die Afrikaner Volksparty sê: Hierdie land is ons land. “Ons skuld hom aan niemand nie, behalwe ons kinders en hulle kinders se kinders. (Jaap Marais)” As ons dit sê dan bedoel ons dit want ons glo ook dat ons geroep is om hierdie versreël uit die Stem van Suid-Afrika gestand te doen – “Ons sal lewe ons sal sterwe, ons vir jou Suid-Afrika”.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3088 gaste aanlyn