Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Twyfel jy of God 'n plan met jou lewe het? Jy vertrou dan op die son, die maan en die getye. En jy glo dat God 'n plan het met dag en nag, met wisselende seisoene van die jaar. Sal God dan versuim om 'n vir jou lewe te hê?
I REQUIEM MEAM DOLEAT!
Kriewelkop
Kan enige regdenkende verduidelik hoe 'n man wat weet dat die ANC-regime die uitwissing van die Blankes openlik aanhits, wat weet dat die ANC 'n terreurveldtog reeds voor 1994 teen die Blankes in Suid-Afrika gevoer het en nou eskalerend daarmee voortgaan, wat weet dat die ANC die geestelike, kulturele en fisiese vernietiging van die Blankes najaag, wat weet dat die ANC se vyandigheid teenoor Blankes sal toeneem totdat dit vanself ‘n plofpunt bereik, wat weet dat ons kosbare land onwettig deur verraaiers soos De Klerk en Pik Botha aan die ANC-regime oorhandig is en laasgenoemde dus geen reg het om dit te probeer regeer nie, vir dieselfde onwettige swart regime 'n klein stukkie grond terugvra waarin die Blankes 'tog assebliefie maar op genade kan gaan woon'! ?
Hoeveel logika is daar by 'n man wat met sowat 34,000 geregistreerde kiesers 'n stukkie grond wil beding by 'n regime wat geen wettige sê daaroor het nie, 'n kommunistiese "regering" wat dit in alle geval duidelik gemaak het dat hulle nie met die witman daaroor sal onderhandel nie?
En nou wil dieselfde man weer 'n verkiesing hou en dieselfde paadjie stap terwyl hy weet 'n eis vir 'n volkstaatjie sal verseker wéér van die ANC-tafel gevee word!
Die weersprekinge in die skrywes van mnr Andries Breytenbach, leier van die HNP en leier van die Volksraadverkiesingskommissie, kan met reg drogredenasies genoem word. Sulke redenasies het gewoonlik een van twee oorsake: dit spruit uit totale opportunisme, of daar is 'n ander verskuilde agenda agter.
Toe ek by geleentheid aan 'n HNP-amptenaar gevra het hoe op aarde daar sulke onhaalbare ideale aan HNP-lede voorgehou kan word, was die antwoord onomwonde en duidelik: "Ons weet dit kan nie realiseer nie maar ons moet ons mense iets gee om in te glo."
I requiem meam doleat, of te wel: I rest my case!
Lees hieronder mnr Breytenbach se twee skrywes sowel as lede van die Afrikaner Volksparty se kommentare daaroor.
ANDRIES BREYTENBACH
As enigiemand nog getwyfel het oor die ANC-regering se houding oor plaasaanvalle en die moorde op boere, het verlede week (14 Mrt) se debat in die parlement alle onsekerheid daaroor uit die weg geruim.
Die uitlatings van ANC-parlementslede dat nog meer boere doodgemaak en dat boere lewendig begrawe moet word, weerspieël die gesindheid wat in daardie geledere heers. As verteenwoordigers van die regerende party nie skroom om sulke verregaande dinge in die openbaar te sê nie, verg dit geen verbeelding om te raai wat hulle onder mekaar sê waar die openbare oor hulle nie hoor nie. Dié gesindheid verklaar die politieke onwil van die ANC-regering om daadkragtig op te tree ten einde hierdie aanvalle hok te slaan.
Bogenoemde houding en die aanhoudende propaganda dat die blankes die swartes se grond gesteel het; dat blanke grond sonder kompensasie onteien moet word; en Zuma se sang tydens die ANC eeufeesvieringe in Bloemfontein op 8 Januarie 2008 “Shoot the Boer... We are going to shoot them with the machine gun” is alles onmiskenbare getuienis van uiterste vyandigheid en aggressie teen die witman. Die geweld en terreurveldtog wat die ANC voor 1994 teen die blankes gevoer het en wat Mandela geweier het om af te sweer, word dus eenvoudig voortgesit.
Elke staat beskik oor instrumente om die burgery te beskerm, naamlik die wetgewende mag, die polisie en die regswese, maar hierdie regering span dié instrumente soms in téén die deel van die burgery wat hy haat, naamlik die Boere-Afrikanervolk, of hy versuim om dit effektief aan te wend om hulle te beskerm.
Die optrede van die regering klop met die kommunistiese leerstelling dat die staat en sy instrumente nie neutraal en bokant die politiek staan nie, maar inteendeel die wapens is van die nuwe heersende klas, die proletariaat. Volgens dié opvatting is die onderwys, die media en die kansel wapens van oorreding; terwyl die wetgewing, polisie, gewapende magte en die regswese wapens van dwang is. (Douglas Hyde, Dedication and Leadership, Learning from the Communists).
Vir die Boere-Afrikanervolk spel die teenswoordige bedeling geestelike, kulturele en fisiese vernietiging. Ons ondervind dit telkens wanneer een van ons uit haat vermoor word, wanneer ons taal en kultuur geminag word, of wanneer tenders en aansoeke vir poste afgewys word net omdat die aansoekers wit is.
Die grondwetlike beskerming van die volk se kultuurregte, waarop sommige nog hulle vertroue stel, is op 21 Julie 2016 deur die Grondwethof nietig verklaar met die uitspraak dat “any reliance by white South Africans, particularly white Afrikaner people, on a cultural tradition founded in history finds no recognition in the Constitution” (Case CCT 157/15, City of Tshwane Metropolitan Municipality vs Afriforum); en pas het die SA Menseregtekommissie bevind dat Zuma se ongegronde stelling dat blankes die swartes se grond gesteel het, “is unlikely to cause the serious and significant hurt or harm to white persons as required by the law, and it is further unlikely to promote or propagate hatred. On this basis the Commission is unable to find that the statement in question constitutes hate speech” (brief SAHRC-A.E. Breytenbach, 8 Mrt 2017).
Die 23 jaar van die huidige konstitusionele bedeling is een lang verhaal van agteruitgang en mislukking. Rasseverhoudinge is slegter as ooit in die geskiedenis, en die toenemende vyandigheid en wantroue tussen etniese groepe en rasse word met hofuitsprake en nuwe wette onderdruk en toegesmeer ten einde ‘n skyn van “nasieskap” te bewaar.
Die denkbeeld van ‘n “reënboognasie” is pure wensdenkery, en al die gegorrel oor “eenheid in verskeidenheid” en “verskeidenheid in eenheid” is ‘n klomp kaf. Die Boere-Afrikanervolk verskil geestelik, kultureel en fisies van die ander volke in Suid-Afrika, en ons sal nie transformeer of integreer om soos hulle, of een met hulle te word nie.
Wat dringend nodig is, is ‘n nuwe konstitusionele bedeling vir Suid-Afrika — een wat die realiteit van verskillende volkere erken en voorsiening maak dat die wat wil, hulleself regeer. Dit kan nog vreedsaam geskep word, maar gebeur dit nie, sal die teësin in en vyandigheid teenoor mekaar toeneem totdat dit vanself ‘n plofpunt bereik.
Hieronder is die hele inligtingstuk geskryf deur mnr Andries Breytenbach in Die Bittereinder (1/2017) van 6 Februarie 2017:
Die Afrikanervolk se situasie stem ooreen met dié van die Oosgrensboere in die vroeë 1830’s, in soverre hulle besef het dat hulle nie deel was van die Britse nasie nie, en hulleself in ‘n eie staat wou regeer. Waar presies dit sou wees, het hulle nie geweet nie — net maar dat dit êrens in die onbesette binneland van Suid-Afrika sou wees. Aanvanklik het hulle hul hoop op Natal gevestig. Dit het die “offerland” geword waar soveel bloed vir die vryheid gevloei het en waar die gelofte wat ons volk vir alle tye sou bind, afgelê en beantwoord is. Nogtans het Transvaal geblyk F.A. Venter se “bedoelde land” te wees.
Onlangs het iemand gekla dat as sy met mense oor vryheid (ofte wel selfbeskikking) vir ons volk praat, is die eerste reaksie: wáár? en omdat daar nie duidelike grense aangetoon kan word nie, word die ideaal ook sommer as onhaalbare wensdenkery afgemaak.
“Die land is ons land!”, sê die HNP. Die swart volkere se historiese gebiede was duidelik afgebaken. Die buitekant van daardie grense het die Blanke land gedefinieer. Vir die miljoene swartes wat oor jare toegelaat is om hulle in ons land te vestig, is voorsiening gemaak om hulle aspirasies in hul tuislande uit te leef.
Ongelukkig, in 1983, het ‘n verloopte Afrikanerregering die blanke kiesers oorreed om in ‘n referendum toe te stem dat Kleurlinge en Indiërs medeseggenskap oor ons land kon kry. Die HNP-leiers het geweet wat dit beteken het: “Ons wou so graag aan julle ‘n Christelike Blanke Suid-Afrika nalaat. Miskien gebeur dit nog deur die Here se genade. Maar ons volk het op 2 November 1983 ‘n besluit geneem wat menslik gesproke op iets anders afstuur...” het mnr. Jaap Marais geskryf. Dit was onvermydelik dat dié medeseggenskap ook na die swart bevolking buite die tuislande sou uitbrei. Die res is geskiedenis.
Daar is steeds ‘n deel van ons volk wat glo in ‘n Godgewilde roeping en bestemming vir die Boere-Afrikanervolk, selfs al weet ons nie nou waar en hoe die grense in die toekoms getrek sal word nie.
Ons dink nie ons kan weer die gesag oor die miljoene volksvreemdes in S.A. herwin en hulle uit die land verdryf nie. Wie wil in elk geval weer oor hulle regeer en die rekening daarvoor betaal?
My antwoord op die vraag “waar?” is: dáár waar ons volk homself in die toekoms wíl regeer en sy gesag sal afdwing. Wanneer wet en orde in Suid-Afrika in duie stort en die huidige gesagsinstrumente nie meer hulle funksie kan vervul nie, sal die burgery self verantwoordelikheid vir sy veiligheid aanvaar en burgerlike gesagsliggame vorm wat binne grense wat hulle self sal afbaken, wet en orde sal handhaaf, belastings sal hef en dienste sal voorsien. Dan sal die huidige grondwet uitgedien wees en plek maak vir ‘n nuwe een, wat daardie grense sal erken. Dit sal die gebiede omsluit waar ons in genoegsame getalle gekonsentreer is om onssself te handhaaf.
Kleinfontein en Orania, waar doelgerig gewerk word om dit Afrikanertuistes te maak, gaan nie verdwyn nie, hulle word sterker en kan moontlik die kerne vorm van groter gebiede daaromheen. Volksgenote het die afgelope 20 jaar in groot getalle na die Wes- en Suid-Kaap getrek om sodoende ‘n sterk konsentrasie daar te vorm. Dan het ons nog nie eers van Wes-Transvaal en die Vrystaat gepraat nie... Die land is inderdaad ons land, en óns sal bepaal wáár, nie die swartes nie.
Verklaring uitgereik deur Pieter de W van der Spuy, AVP-woordvoerder oor Justisie
Die AVP het met verbasing kennis geneem van die sogenaamde “Volksraad Verkiesingskommissie” (VVK) en sy voortbrengsel, die sogenaamde “Boere-Afrikaner Volksraad”, se oproep op “volksgenote” om opnuut by die VVK as “kiesers” te registreer. ‘n Regdenkende Afrikaner sou dink dat dié instellings en hul meelopers na hulle bespotlike, maar verraderlike en mislukte poging om ‘n volkstaatjie deur onderhandelinge met die Kommunistiese regime te beding, liewers stil-stil van die politieke toneel sou wou verdwyn. Maar wat wou! Volksgenote word nou weer opgevorder om as kiesers te registreer.
Dit sal hulle kwansuis bemagtig om op volksvergaderings leiding te gee nadat hulle leiers, heel voorspelbaar, misluk het om Zuma en die “internasionale gemeenskap” te oortuig om ‘n stukkie grondgebied aan hulle af te staan. Moontlik beplan die VVK ook ‘n tweede “verkiesing”, aangesien die termyn van die “volksraadslede” – die wat nog oor is – waarskynlik reeds moes verstryk het.
Boonop maak hulle misbruik van die onlangse vlaag van wrede plaasmoorde om hierdie opportunistiese projek, gerig op die bevordering van eiebelang, op dreef te kry. Die AVP verwerp hierdie optrede en wys op die volgende.
Die doelstelling van die VVK in 2009 was die verkiesing van ‘n verteenwoordigende volksraad vir sogenaamde Boere-Afrikaners om met die onwettige ANC/SAKP-regime te onderhandel vir ‘n volkstaatjie. Dr Pieter Möller, ‘n VVK-verkiesingsbeampte en destydse onderleier van die HNP, het voor die verkiesing gesê: “’n Paar honderduisend Afrikaners sal geregistreer moet word (as kiesers). As dié doel nie behaal word nie, sal die plan doodgebore wees.” (Die Afrikaner 17-23 April 2009) Na ‘n geswoeg is slegs 34 532 mense geregistreer. Die VVK en die HNP het egter volhard met hulle selferkende doodgebore plan. Die verkiesing is in April 2011 gehou en ‘n skamele 23 678 mense daag op by die stembus om die “verteenwoordigende” volksraad vir Boere-Afrikaners te verkies!
Hierna het hierdie wankelmoedige volksraad voortgestrompel met sy onbesonne plan en so gesorg vir een van die vernederendste insidente in die Afrikaner se geskiedenis. In ‘n neutedop: Die Boere-Afrikaner Volksraad, onder leiding van die HNP-leier, Andries Breytenbach, het in gesprek getree met die Kommuniste wat op onregmatige wyse beheer van Blank Suid-Afrika bekom het. Waarom? Om te pleit, steunend op die ANC/SAKP Grondwet, vir die teruggawe van ‘n stukkie van die grondgebied waarvan ons onregmatig ontneem is! En soos verwag kon word, is hierdie pleidooi koel, berekend en met minagting deur die Kommuniste van die tafel gevee. Wat ‘n gebrek aan insig; wat ‘n vernedering vir die Afrikaner!
Met hierdie optrede het Breytenbach en die “Boere-Afrikaner Volksraad” drie belangrike Afrikaner-nasionale beginselstandpunte van die moderne era verloën. Hulle is:
- Afrikaner-nasionaliste is in verset teen en onderhandel nie met die ANC/SAKP-regime nie.
- Afrikaner-nasionaliste sê dié land (dit wat voorheen bekend gestaan het as Blank Suid-Afrika) is ons land en basta met die idee van ‘n “volkstaatjie”.
- Afrikaner-nasionaliste verwerp die regime se grondwet as illegitiem en soek nie hul heil daarin nie.
Bogemelde optrede het die naïwiteit, die gebrekkige politieke oordeel en die opportunisme van die VVK en die “Boere-Afrikaner Volksraad” ontbloot. Dit is duidelik dat die toekoms van die Afrikanervolk nie toe te vertrou is aan hierdie instellings nie. Die Afrikaner Volksparty versoek Afrikaners om nuwe foefies vanuit hierdie oord, hetsy volksvergaderings, gewysigde volkstaatvoorstelle of nuwe VVK-registrasies en –verkiesings met beslistheid te verwerp.
Die AVP glo daar is nie kort paaie in die politiek nie. Die AVP volg die koers soos aangedui deur ‘n HF Verwoerd en ‘n Jaap Marais en handhaaf die beginselstandpunte wat hierbo aangestip is.
Verklaring uitgereik deur Johan Theunissen
In die uitgawe van 6 Februarie 2017 van die Bittereinder, wat deur die inligtingsdiens van die HNP uitgegee word, trek die leier van die HNP mnr Andries Breytenbach ‘n dik en ondubbelsinnige swart streep deur die historiese aanspraak van die Afrikanervolk op die Republiek van Suid-Afrika. In die stuk bevestig hy dat hy, en daarom ook die HNP waarvan hy die leier is, die Afrikaner se vryheidsideaal reduseer het tot ‘n volkstaat of ‘n aantal volkstaatjies onder die jurisdiksie van die marksisties-kommunistiese ANC regering wat illegitiem die bewind oor ons volk voer. Mnr Breytenbach het die kuns van “dubbelspraak” vervolmaak, soos wat blyk uit die genoemde inligtingsstuk en ook sy bedenklike betrokkenheid oor ‘n aantal jare by die Boere-Afrikanervolksraad en hulle mislukte pogings om onafhanklikheid vir die Afrikanervolk by hierdie illegitieme regering te probeer afpleit.
Aan die een kant maak hy die stelling dat die HNP sê: “Die land is ons land” en motiveer hy dit deur te sê dat die swart volkere se historiese gebiede duidelik afgebaken was en dat die buitekante daarvan die blanke se land gedefinieer het. Aan die ander kant beweer hy dat wanneer daar oor die volk se vryheid gepraat word die vraag onstaan: “waar?”, omdat daar nie duidelike grense aangetoon kan word nie. Verder weet hy te vertel van “…. ‘n Godgewilde roeping en bestemming vir die Boere-Afrikanervolk, selfs al weet ons nie nou waar en hoe die grense in die toekoms getrek sal word nie”. Wil jy nou meer?. Diè land is ons land, maar nee jammer, ons weet eintlik nie waar ons land is nie.
Mnr Breytenbach weet duidelik nie waar diè land is waar hy sy kleim namens die Afrikanervolk wil afsteek is nie want hy het die onomkeerbaarheid van die illegitieme bestel wat sedert 1994 geld onteenseglik aanvaar soos wat blyk uit sy drogredenasies in hierdie stuk. Hy aanvaar sonder meer dat ons onvermydelik, permanent van ons land afstand gedoen het want sê hy: “Ons dink nie ons kan weer die gesag oor die miljoene volksvreemdes in S.A. herwin en hulle uit die land verdryf nie. Wie wil in elk geval weer oor hulle regeer en die rekening daarvoor betaal”. Die volkshelde uit die verlede, die helde van Bloedrivier, die helde van die eerste en tweede vryheidsoorlog, die manne en vroue met wie se bloed die grond van hierdie land deurdrenk is – die ware bittereinders draai in hulle grafte om by die aanhoor van sulke papbroekige uitsprake. Die manne van moed en die groot intelektuele leiers uit die verlede van die Afrikanervolk, die Pres MT Steyn’s, die generaal de Wet’s, de la Rey’s en JBM Hertzog’s, die DF Malan’s, die JG Strijdom’s, die HF Verwoerd’s en Jaap Marais’s sou sekerlik hulle hande in afsku saamgeslaan het as hulle sulke rugraatlose uitsprake moes hoor van persone wat hulleself voordoen as Afrikanerleiers.
Mnr Jaap Marais het in kontras hiermee gesê: “Wanneer ons sê: die land is ons land, is dit die historiese feite waarop dit rus. Ons het die land van niemand gesteel nie. Ons voorouers het in 1881 die Britse mag by Amajuba verslaan om hulle vryheid te herwin, en in 1899-1902 'n vryheidsoorlog teen die Britse met hulle barbaarse metodes geveg, omdat hulle vry van oorheersing wou wees. Daarna het Afrikanerleiers 60 jaar lank met politieke middels suksesvol geveg om weer vry te wees om Christen en Witmens en Afrikaner in hulle vaderland te wees. Ons is nie bereid om hierdie geskiedenis van heldhaftige stryd te laat uitwis deur 'n bloedlose verowering weens verraad wat agter 'n "demokratiese verkiesing" verberg word nie. Die Afrikaner het hierdie land in pag ontvang as die erfgoed wat aan sy kinders behoort. Die land het hy van geen Swarte gesteel nie: met al die erkende norme van besitreg het hy hierdie land syne gemaak. Die land is gekoop, verower, aan die verwoesting ontworstel, met sweet en inisiatief ontwikkel en opgebou as sy vaderland.” Mnr Marais sê verder: “Die land is ons land. Ons sal weer ons vryheid verwerf, kom wat wil. Ons sal weer die onomkeerbare omkeer. As ons nie vir mekaar dit sê nie, is ons as Afrikanernasionaliste nie eerlik in hierdie stryd nie”. Dit is die stem van ‘n ware bittereinder.
Mnr Breytenbach skaar hom in die inligtingstuk by die Volkstaat gedagte, waarvolgens die Afrikanervolk by implikasie afstand doen van sy swaargewonne land en hom vestig in klein enklawes waar hy sogenaamd in meerderheidsgetalle gekonsentreerd is. Hy noem Orania en Kleinfontein (waar hy self woon) as voorbeelde van kerngebiede vir die vestiging van sy volkstaat en sê: “Kleinfontein en Orania, waar doelgerig gewerk word om dit Afrikanertuistes te maak, gaan nie verdwyn nie, hulle word sterker en kan moontlik die kerne vorm van groter gebiede daaromheen”. So toon hy sy positiewe sentiment ten opsigte van die onhaalbare idee van ‘n volkstaat of volkstate as oplossing vir die Afrikanervolk se vryheidsstrewe.
Dit is duidelik dat Breytenbach, en daarmee saam die HNP waarvan hy die leier is, die pad wat Jaap Marais geloop het, verlaat het en daarmee saam die beginselbasis waarop Dr Verwoerd gestaan het versaak het, soos wat nou reeds ‘n hele aantal jare uit hulle uitsprake en optredes blyk. Mnr Jaap Marais het by geleentheid die volgende gesê: “Tye verander, ja, omstandighede verander, ja. Maar daar is beginsels wat nie saam of teen die horlosie loop nie. Afrikanernasionalisme se beginsels is tydloos: vaderland, volkskap, vryheid, heldedom.”
Die Afrikaner Volksparty sê: Hierdie land is ons land. “Ons skuld hom aan niemand nie, behalwe ons kinders en hulle kinders se kinders. (Jaap Marais)” As ons dit sê dan bedoel ons dit want ons glo ook dat ons geroep is om hierdie versreël uit die Stem van Suid-Afrika gestand te doen – “Ons sal lewe ons sal sterwe, ons vir jou Suid-Afrika”.