NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

'n Mens sonder humor is soos 'n outydse wa sonder vere. Hy word rondgestamp deur elke klippie op die pad. Wanneer die lewenspad vol stampe en stote is, is humor 'n goeie skokdemper.

LANGS DIE OLIENHOUTPAD

LAND VAN ONS VADERS

(Lees reeks by Land van Ons Vaders)

Dolf van Niekerk

Ek vat my knipmes en ek sny – sny deur die eerste bas, die tweede bas, tot in die lewe, tot in die vlam van swart en wit waar die ouderdom se ringe sit. En mét die sit en kerf lees jy in die olienhoutstomp se hoogwatermerk die ligging van jou land se tyd.

Ek luister na die weerberigte: by jóú sal dit mooiweer en warm wees. Altyd mooiweer, altyd warm – die volle lewe lank van 'n driejarige kind. By jóú is dit droog, by mý ook. Dan hoor ek skielik dat los donderbuie oor jóú streek kan uitsak. Los donderbuie bly maar los... Ek besluit om Vrystaat toe te gaan – miskien verdwaal een van die los buie tussen die olienhoute... en dan wil ek graag teenwoordig wees. Jy onthou mos die gebruik om met die eerste reën buite toe te gaan en oop en bloot onder die wolk te gaan staan tot jy deurnat is – tot binne, want miskien moet die reën eers vier jaar se droogte wegspoel voor hy hom werklik kan voel. Nou weet jy waarom ek wou gaan; miskien ook om ander dinge... miskien om iets soos in dié vers van Van Wyk Louw:

Nog eenmaal wil ek in die skemeraand
weer op ons dorp en by ons dorpsdam staan,

 weer met my rek óp in die donker skiet,
en luister, en al word ek seer en dof,
hoe die klein klippie ver weg in die riet
uit donker in die donker water plof.

Duskant Welkom het ek lank gesit en kyk hoe 'n hele horison in die lug hang en deur wind verskuif word. Maar die eienaardigste verskynsel was die koggelspel wat die warrelwinde op die lande uitgevoer het. Jong warrelwinde wat skielik agter die ploeg in die voor opstaan en dans-dans byna uitdagend ruk-en-pluk agter die ploeër se rug; dosyne rankerige seuns met noupypwinde en toiingrige kuiwe vol stukkies papier en gras en stof. Maar skielik – of is dit 'n nuwe soort dans – het al dié warrelwinde vraagtekens geword. Dit was nie laat in die middag nie en hulle sou seker lank daar op die rooi lande gestaan het as die westewind nie gekom het en hulle in die groter Vrystaatse stof opgeslurp het nie. En al die wind en stowwe saam het toe teen vieruur dié middag die son laat ondergaan. Toe ry ek verder maar dit was 'n lang nag voor ek sterre gesien het.

Toe ek die volgende môre tussen Bloemfontein en Petrusburg reis, sien ek ver weg ou Tafelkop wat in die kleintyd halfwegstasie vir ons was.

Iewers naby was 'n ou opstal met 'n plat stoepie voor die deur – en dáár het die hoenders al om die rantjie soos swart en wit borduursels gesit. En wanneer ons Fordjie verbyswoeg, word hulle wakker; 'n paar gly van die stoepie af, die haan in die peperboom vererg hom en kraai die dou uit sy keel. Panwêreld dié – groot panne met wit kalkwalle, dolleeg en byna ouer as die geologiese tyd wat hulle hier uitgeborrel het. Af en toe – tussen die wit kalkklip – 'n groot skilpad wat suutjies met die jare op sy rug na 'n ouer weiveld versit.

Toe kom ek by dié plaashek, en voor ek dit kon oopmaak, kyk ek na die ou plaasdam. Hy blink in die son, en die dadelpalm op sy wal blink in die son. Ek onthou meteens die biesies agter die wal waar die tarentale skemeraand hulle skemerklokke lui; onthou die bleshoender se spoortjie op die watervlak, die wildemakoue se swart vlug teen sononder, die korhane se voertsek-ek-doen-kwaad-skreeu...

Luister mooi – wie fluit vir jou? Luister mooi. Onthou jy my dan nie? Ek is die lewerik. Dis ek wat vir myself hande klap voor ek fluit; en omdat ek so musikaal is, kom die reën agter my roepstem aan:

Wolkie
wit
wolkie
swart
reën
my
bietjie
nat.

Miskien sing ek deesdae effens vals.
Toe ek die hek oopmaak, sit ou bloukopkoggelmander langs my op die klip. Dag, ou skurwenek – hoe koggel dit vandag? As jy kan koggel soos ek kan koggel... Wag nou, moenie in die skeur gaan sit en blou lyk nie.

Ek wil na links kyk, na die rantjies. Want ek het verneem hoe jy die olienhoute oppas en verwen. Dan kyk ek maar – en daar staan die hele volk tussen die klippe: pa en ma en kinders – en ek weet jy het nie immigrante nodig nie.

Dié middag gaan ek hulle groet. Eers die patriarg, want grootmense moet gegroet word voor jy met hulle kinders kan speel.

Dag, Oupa. Dis ek wat dié Desemberdag meer as twintig jaar gelede teen jou stam kom lê en slaap het. Jy was baie nors, dit was droog. Ja... ek hoor die wind – 'n leë wind. En toe die reën vyf dae later kom was dit weer ek wat teen jou stam... ja, geskuil het onder jou sambreel, toe die reën my oë toegereën het en die donderslae en blitse al om jou geflits het. Ek weet dit was gevaarlik maar jy het so dig teen die reën gestaan en die vlakte was kaal. En ek onthou die strome water wat weerskante van jou stam, oor jou wortels, teen die skuinste af hardloop tot in die plaasdam...

Dié wêreld se olienhoute is gemaak soos olienhoute en mense wat deur 'n harde streek gemaak is. Hulle word tussen die klippe gebore, maak vroeg spier in die kuit om te kan staan teen die westewind en ander winde; hulle beur stadig boontoe – en dis nie lank nie of hulle gaan sit, maak vuis en armspiere en wag dat die tyd en die wêreld aanval of vreedsaam om hulle verbygaan. As 'n klip die wortels te lank vasdruk, groei hulle dat die klip bars – en gaan dan déur die bars verder. Na baie jare lyk dit of die klip 'n stuk olienwortel is, of die wortel klip. Wanneer die seisoen 'n slag baie reën, kan dit gebeur dat party olienhoute vruggies dra. Miskien voel hulle laf met vruggies aan – daarom dra hulle dit so skraal. En wanneer hy eendag dood is en hy word afgekap en hy droog droër as in die lewe, en jy skraap die dun bas weg, die dun vel tussen skyn en ware hout ... dan sal jy in die kontoere van sy vlam die getye van sy boomwees lees: swart en bruin en wit is ligte jare, is donker of swaar jare, is byna-sterf-jare. En miskien, miskien lees jy die sewe vet jare... die sewe maer jare... of sommer net enkel jare van skrik of vreugde... en selfs 'n bietjie liefde van die son en reën. En dan sal jy ook ontdek dat die olien in die dood net soos in die lewe ruik – na niks anders nie as olien.

Toe stap ek verder – na die oudste seun, in die klipkoppie waar ek die lekker ronde klippies vir my rek opgetel het. Dié olien sit wydsbeen oor twee groot ysterklippe, en hiervandaan kan hy die dag se plaaslewe deeglik bekyk en sy gevolgtrekkings maak. Niemand weet hoeveel wysheid hy werklik besit nie. Want hy dra baie letsels en tekens van hardkoppige weier-om-dood-te-gaan. Hy lê effens skuins, asof hy eenmaal byna die stryd teen die wind verloor het. Ons groet mekaar, ek sit op sy wortel – en niemand sê 'n woord nie. Die wind suis deur sy blare wat nie baie groen is nie want hy word al 'n bietjie grys. Hier naby die grond het 'n splinternuwe loot uit sy stam gegroei – byna asof hy aan die wêreld wil sê dat 'n tweede lewe nie te lank vir hom sal duur nie.

Dankie, Ouboet, vir die vriendskap-sonder-woorde.

Hiervandaan loop ek ooswaarts: al op die ruggie langs na die grootste rantjies in die reeks – 'n vrugbare kol waar die oliengemeenskap hulle die afgelope halfeeu gevestig het. Tot my verbasing tel ek vyftien jonges wat sedert my eie kleintyd aangekom het – 'n paar al taamlik opgeskoot, party groot genoeg om oor die onderdeur te loer. Hulle is mooi groen en blink; dit lyk of hulle op stal staan. Nou toe nou, een van die meisies het 'n moderne haarstyl – byekorfkapsel, meen ek. Fyntjies-fyntjies vietse lintjies... Maar sy staan darem so dat haar grootjie haar nie mooi kan sien nie; sy oë is hoeka effens swak. Naby haar hou haar ma die wag. Ek onthou haar, ou Tina met die ouderwetse kerkhoedjie op haar kop. Altyd gereed – of sou sy haar vandag nog skaam oor die toestand van haar hare ná die haelstorm twintig jaar gelede?

Twintig jaar gelede was Klein Ollie in die skurwe-hakskene-stadium. Maar toe reeds het Ollie 'n neiging tot geleerdheid gehad. Hy het byvoorbeeld geweet dat sy naam afgelei is van die Latynse woord Olea, wat Olyf beteken. Later, in die puberteitskrisis, toe hy hom vir sy ouers begin skaam het, wou hy ook nie 'n olien genoem word nie maar liewer 'n wilde-olyf. Hy het hom verder daarop beroem dat hy familie in Europa het, en die feit dat sy familie veral van kalkerige grond hou, het hom laat dink dat hy besondere smaak het. Op dié wyse het Olea Africana (alias Ollie) 'n houding aangeslaan wat tot vandag toe by hom gebly het. Hy staan effens eenkant, naby die grensdraad – byna asof hy sy familie wil waarsku dat hy elke oomblik deur die draad kan kruip en volgens eie vrye oliehoutwil die vreemde wêreld kan trotseer. Hy weet natuurlik nie dat hy maklik in 'n meubelfabriek kan beland nie. Nog iets waarop Ollie baie trots is, is die feit dat die gesogte gekweekte olyf suksesvol op die wilde-olyf of olien geënt is. Maar oor één saak is Ollie – en ook ander meer beskeie olienhoute – baie verbitterd. Dis die feit – volgens hulle – dat die Vrystaters die olienhoutboom op die Vrystaatse wapen in 'n lemoenboom loop staan en verander het. Hulle beskou dit as 'n onvergeeflike miskenning van die olien se status in die Vrystaat. En indien dit nie 'n lemoenboom is wat hulle op die wapen aangebring het nie – watter boom ís dit dan? Of het iemand gedink dat 'n olien lemoene dra? Dit kan net 'n uitlander wees wat na 'n kort besoek aan Suid-Afrika 'n olienhoutboom vir 'n lemoenboom aangesien het.

Dit raak skemer, 'n suidewind fluit ligweg deur die blare. Al die oliene sing saam. Maar ou Slingervinger is eintlik die komponis onder hulle. Hy het altyd dooie takkies wat jy tussen duim en wysvinger kan afbreek. En elke afbreek is 'n nuwe geluid, party fyn, party nogal diep. Dis of hy sing:

Olea
Olea
dis my
harp
Olea
dis my
hart
Olea
dis
my smart.

'n Skaam stil digter, heeltemal die teenoorgestelde van sy nefie wie se hare deur 'n spul insekte só gekou is dat hy 'n eendstert geword het. Ou Slingervinger skaam hom vaal wanneer hy dié knaap se liedjies hoor:

Jou lekkerlyf
jou lekkerlyf
jy hou jou
tog so
wild
olyf
jou ryp
olyf
o – lyf.

Mens wil sommer sy bas skop, sê sy pa met die een dooie arm wat nou al jare lank tussen die blare uitsteek. Maar niemand sal dit waag om die arm af te saag nie. Niemand saag of kap op dié plaas aan 'n olienhoutboom nie.

En hier staan 'n dogtertjie met haar dooprokkie aan – kanterig en fyn, hang dit ewe plooierig en parmant. Wat is jou naam? Wat wil jy maak as jy weet? swaai sy haar lyfie. Ek vra maar. Mý naam is Lea Republicana, en vanjaar is ek vyf jaar oud. Gee jy om?

Dit word vinnig donker. Die weer het intussen opgesteek, maar opsteek is verbysteek wanneer jy moeg gekyk is. Ek sit 'n ronde klippie in die rek, en wanneer ek die velletjie los, trek hy stil boontoe en die wind vat hom en vat hom; dis of hy nie wil terugkeer aarde toe nie en ek kan hom tog nie met die oog volg nie want dit blits uit die wolk teenoor die olienhoutkoppies. Ek sê die nag moet hulle mooi toemaak, ek moet hardloop. Minder as 'n uur later maak die wolke dik; die blitse sit in 'n kring om die olienhoute. Dit reën dat die water hardloop.

Ons gaan na buite... Die wolke trek... En ek stuur hulle met die gedagte op alle olienhoute se spoor – ook dié tussen Koopmansfontein en Kuruman, dié om die Wondergat met die droomwater naby Rooigrond en Mafeking, die enkeles, die swakkes, die geiles van Keimoes se eilande.

Ek sal hulle lewerik wees en sonder rus die wolke tot op hulle blare roep.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 858 gaste aanlyn