Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Dobbel is ‘n nare ding. Meer mense verloor as wat hulle wen. Moenie met die kosbaarste ding in die lewe dobbel nie – jou siel!
SA TERRORISTE- BEWEGINGS (2)
Lees reeks by Suid-Afrikaanse Terroristebewegings
Jeanette Koekemoer
"Dit was die buitelandse opleiding wat PAC-terroriste moes ontvang. Nadat die PAC besef het dat hulle slegs sukses kon behaal indien hulle leër goed opgelei is en opstand en geweld binnelands kon loods, het dit tot gevolg gehad dat lede landuit gestuur is om opleiding in verskeie lande te ontvang. Van die lande was onder andere Libië en Rooi China."
Alle terroristebewegings in Suid-Afrika was verbode omdat hulle strewe na bloedvergieting en omverwerping van wet en orde nie in 'n land waar beskaafde Blankes wou oorleef geduld kon word nie. Nadat De Klerk Mandela sonder 'n mandaat van die kiesers in 1992 met valse beloftes en op aandrang van die internasionale geldmag uit die tronk gehaal het, is hulle almal ontban en nou op een of ander vlak aan't stuur van hierdie voormalige Eerstewêreldland.
Die Pan African Congress (PAC), het ontstaan as gevolg van tweespalt in die geledere van die ANC. Die wrywing in die ANC het veral gedurende 1943 toe die ANC veelrassig geword het ontwikkel - geswore kommuniste soos Joe Slovo en ander was nie 'Swart' genoeg nie. Die spanning is verhoog met aanvaarding van die Freedom Charter in 1955, die 'Vryheidsmanifes' wat met kommunistiese hulp, heelwat van hulle nie Swart nie, opgestel is. Dit was vir die ontevredenes, die Swart nasionaliste, geheel en al onaanvaarbaar en hulle het toe van die ANC af weggebreek. Op 4-6 April 1956 het hierdie 'Africanists' 'n konferensie gehou waartydens die PAC gestig is.
Robert Sobukwe word vervolgens tot nasionale president verkies en Potleko Leballo tot nasionale sekretaris.Die PAC se doelwitte is gebaseer op die beginsel van die Swartman, deur die Swartman, vir die Swartman, en vir geen ander velkleur nie; daarom was die PAC hewig gekant teen 'n Blanke regering, baie meer radikaal daaroor as die ANC. Dit het beoog drie breë doelstellinge, naamlik eenheid in Afrika, Swart nasionalisme en sosialisme, en die wil om Afrika te verswart – te verafrikaniseer.
Die PAC wou onder andere die volgende doelwitte bereik, naamlik dat:
- Swartes tot een nasionale front op die grondslag van Afrika-nasionalisme verenig word;
- Blanke heerskappy omver gewerp moet word en die Swarte se reg tot selfbeskikking ontwikkel word;
- 'n "Afrika Demokratiese Gemeenskap" daargestel sal word;
- Die opvoedkundige, kulturele en ekonomiese belange van Swartes bevorder word; en
- Hulle die konsep van "Federasie van Suidelike Afrika en Pan-Afrikanisme" wil bevorder deur eenheid onder die inwoners van Afrika te verkondig.
Benewens die voorgaande doelstellings kon daar drie fases in die PAC se strategie onderskei word:
Eerste fase
Die eerste fase het as die anti-bewysboekkampanje bekend gestaan. Dit is op 21 Maart 1960 van stapel gestuur.
Sobukwe het 'n beroep op die Swart massas gedoen om hulle bewysboekies tuis te laat en hulle by verskeie polisiestasies vir arrestasie aan te meld. Sodoende wou hulle die tronke oorbeset en die land se administrasie ontwrig, die ekonomie lamlê deur duisende werkers wat nie vir werk sou opdaag nie, en internasionale aandag op hulle saak vestig. Die polisie het egter die plan gefnuik deur geen grootskaalse arrestasies uit te voer nie. Dit het egter tot verskeie skermutselinge tussen die betogers en die polisie plaasgevind. Die ergste was by Sharpville waar 30 000 Swartes die polisiekantoor omsingel het en nege en sestig Swartes doodgeskiet is.
Sobukwe, Leballo en hul groep het by die Orlando-polisiestasie gaan aanmeld. Op 20 Maart 1960 het duisende Swartes Kaapstad binnegedring en die vrylating van aangehoudenes – gearresteerde onrusmakers – geëis. Die kalm optrede van die polisie het weer eens die saak ontlont, en op 8 April 1960 word hierdie organisasie verbode verklaar. Vir hulle subversiewe aandeel as leiers word Sobukwe en Leballo onderskeidelik drie en twee jaar gevangenisstraf opgelê.
Tweede fase
Die tweede fase van die PAC se bedrywighede staan as die Poqo-bedrywighede bekend. Die PAC het gedurende Februarie 1962, onder die naam Poqo, met terreuraanvalle begin. Die bedrywighede van die Poqo was van die begin af baie militant en wreed.
Op 3 Mei 1962 word Leballo uit die gevangenis ontslaan en hy vestig hom in Maseru waar hy die leierskap van die Poqo oorneem terwyl Sobukwe nog in gevangenis verkeer. Leballo reis onder andere na New York om 'n versoekskrif by die VVO in te dien. Hy reis met 'n Britse paspoort en besoek ook baie Afrika-state. Hy vra die VVO om militêr in te gryp in Suid-Afrika.
In Desember keer Leballo na Maseru terug en stig die Presidential Council van die PAC. Sy doelstelling is om 'n algehele opstand in Suid-Afrika te laat plaasvind. In hierdie opstand moet Blankes, waar hulle ookal aangetref word, uitgemoor word.
Van die misdrywe waarvoor die Poqo verantwoordelik was, is die Paarl-onluste waarin 'n horde Swartes die polisiestasie in November 1962 aangeval en twee polisiemanne en vyf aanvallers dood is; en ook die Nthlozi-bergaanval, waar 'n groep Poqo's etlike polisiemanne ernstig gewond het en ses Poqo's uitgewis is. Hulle was ook verantwoordelik vir die Basheebrugvoorval in die Transkei. Gedurende die nag van 4 en 5 Februarie 1963 is 'n padkamp naby Basheebrug aangeval en vyf Blanke inwoners vermoor. Die wapens wat in die aanval gebruik is, was brandbomme, byle en tuisgemaakte wapens.
Derde fase
In hierdie fase word 'n verdere drie komponente onderskei, naamlik:
- Opleiding: Dit was die buitelandse opleiding wat PAC-terroriste moes ontvang. Nadat die PAC besef het dat hulle slegs sukses kon behaal indien hulle leër goed opgelei is en opstand en geweld binnelands kon loods, het dit tot gevolg gehad dat lede landuit gestuur is om opleiding in verskeie lande te ontvang. Van die lande was onder andere Libië en Rooi China.
- Operation Symbol: Die PAC het Gasson Ndlovu as militêre adviseur aangestel en hy het daelik tot die stigting van sogenaamde "selfmoordeenhede" oorgegaan. Hy was ook mede-argitek in die beplanning en konstruksie van Operation Symbol. Hierdie operasie kan ook in drie fases verdeel word:
- Eerste fase: Die ontvoering van vooraanstaande Blankes se kinders. Hierdeur sou geld, en die vrylating van Sobukwe geëis word.
- Tweede fase: Die opgeleide selfmoordeenhede, wat uit ervare saboteurs sou bestaan, moes die Republiek in groepe van ses vanuit Lesotho binneval en onwrigting en paniek saai deur kragsentrales, spoorweë en vliegvelde te saboteer.
- Derde fase: Nadat die eerste twee fases afgehandel sou wees, sou die PAC-terroriste die Republiek in klein groepe binnesypel en 'n grootskaalse guerrilla-oorlog ontketen.
Hierdie drie fases het die genoemde meesterplan van die PAC om die Republiek van Suid-Afrika omver te werp, behels. Dit het misluk danksy die tydige optrede van die wakker polisiemagte van die Republiek en van Lesotho. Groot getalle PAC-lede is in beide Lesotho en Suid-Afrika gevange geneem.
- Die derde komponent in die hoof-derde fase: Nuwe PAC-strategie: Aangesien die PAC-offensief volgens hul eie maatstaf nie juis suksesvol was nie, is gedurende 1976 besluit om die strategie te verander. Hierdie verandering het daarop neergekom dat klein groepe terroriste die land sou binnesypel om die Swart massas (proletariaat) te indoktrineer en tot rewolusie op te sweep. Maar die PAC het in optrede verswak weens onmin wat in die leierskorps ontstaan het. Leballo het byvoorbeeld geen teenstand geduld nie en gedurende een van hulle konferensies, die Arusha-konferensie, is 'n mede-lid, Mtantale, wat met hom verskil het, uit die groep geskors.
In 1979 vergader die Sentrale Komitee en die buitelandse verteenwoordigers van die PAC in Tanzanië, waar hulle besluit dat Leballo die grootste struikelblok in die PAC se weg tot oorwinning teen die Republiek is. Hy word weens "gesondheidsredes" van sy pos onthef.
Sebeko, Make en Ntloedine word as presidente aangewys. Hulle moet hulle plig as president van die Sentrale Komitee beurtelings nakom. Leballo gee egter aan veertig van sy volgelinge opdrag om die lede van die Sentrale Komitee te vermoor. Vanweë hierdie gedrag word hy gevra om Tanzanië te verlaat. Die aanval op Sebeko en Make vind in weerwil van Leballo se uitsetting uit die land, nogtans in Junie 1979 plaas. Sebeko word gedood en Make gewond. In Oktober van dieselfde jaar neem Make as leier oor, maar omdat hy nie onder sy kamerade gewild was nie, was hy nie in staat om die leierskapsprobleme van die PAC op te los nie.
Teen hierdie agtergrond is dit dan duidelik dat daar aan die begin van 1980 drie faksies in die PAC verteenwoordig was, te wete die Leballo-faksie, gerugsteun deur 'n aantal opgeleide terroriste en woonagtig in Nigerië, die Make-faksie wat "amptelik" as verteenwoordigend van die PAC beskou is, en die Ntantale-faksie wat met twee en sewentig lede in Londen gesetel was.
John Pokela,wat bestem was om die nuwe leier van die PAC te word, het dertien jaar gevangenisstraf weens sabotasie in die RSA uitgedien. Hy is op 4 Junie 1980 uit die gevangenis vrygelaat, terwyl daar reeds op 30 April 1979 tydens 'n vergadering van die PAC Sentrale Komitee te Dar Es Salaam besluit is dat Pokela na sy vrylating na Tanzanië moet gaan waar hy die PAC-leierskap moes help versterk. By sy vrylating het Pokela hom by Sterkspruit in die Transkei gaan vestig waar hy 'n pos as onderwyser aanvaar het. Op 8 Januarie 1981 arriveer hy in Lesotho nadat hy die Transkei onwettig verlaat het en op 3 Februarie 1981 vertrek hy na Tanzanië. In dieselfde maand word hy as Voorsitter van die Sentrale Komitee van die PAC verkies.
Pokela se grootste ambisie was om die geskille tussen die ANC en die PAC te besleg. Hieroor het hy reeds gedurende sy aanhouding te Robbeneiland met veroordeelde ANC-leiers samesprekinge gevoer. Hy het ook in Mei 1981, tydens 'n konferensie van die VVO se sub-komitee oor apartheid, met Oliver Tambo van die ANC, samesprekings gevoer. Gedurende hierdie maand word die twee en sewentig lede wat gedurende die Arusha-konferensie geskors is, weer tot die PAC toegelaat. Libië, asook die PBO, het talle van die PAC-terroriste opgelei, terwyl die OAE verhoogde finansiële steun maar met streng voorwaardes belowe het.
In die volgende aflewering: die SAKP, en Umkhonto We Sizwe.
Bron: Terrorisme, die feite – RJ Greyling