Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ek gaan maar net een maal deur die lewe;
Enige goeie daad wat ek kan verrig of enige welwillendheid wat ek aan my naaste kan betoon, laat ek dit nou doen.
Laat ek dit nie uitstel nie want ek sal nie weer hierlangs verbygaan nie.
SEPTEMBER, 'TRADISIONEEL' MAAND VIR REWOLUSIE
Jeanette Koekemoer
"...sonder uitsondering, elke kommunistiese bewind kriminele dade as hoogste agenda gestel het: 'They all ruled lawlessly, by violence, without regard for human life.'
Hiervan getuig Suid-Afrika elke dag in 2011 waar daar elke 13 sekondes iemand verkrag word, gemiddeld 60 mense per dag vermoor word en die onmenslikste metodes gebruik word om mense te martel."
Ons kan nie dreigemente vir 'n bloedige fase van kommunistiese rewolusie (of soos die ANC dit noem: die Nasionale Demokratiese Rewolusie - NDR) in September soos dié van die swart 'National Youth Development Agency' (NYDA) heeltemal ignoreer nie. Dáárvoor het daar te veel rewolusies in Septembermaande plaasgevind – klaarblyklik 'n onweerstaanbare tyd vir die rewolusionêres om 'n land om te keer. Groot kommunistiese rewolusies deur eeue heen het sy beslag in September gekry: die 'Glorious Revolution (Spanish La Gloriosa)' van Spanje 1868; die Griekse Rewolusie van 3 September 1843; die Russiese Rewolusie van 1917 – Lenin se werk 'The State and Revolution in August and September 1917'; Ook die Franse Rewolusie in 1792 was in September op so 'n hoogtepunt dat Parys se strate almal afgeblok was terwyl duisende mense in straatgevegte dwarsdeur die stad vermoor is - op 21 September is die Franse 'Republiek' gestig – "Vrywordingsdag", en vanaf 22 September 1792 is daar gepraat van "dag een van jaar een". So is September amper tradisioneel die maand vir rewolusie, en word daar ook in talle lande in September herdenkings daarvoor gehou.
Toe die ANC op 8 Januarie 2005 die openbare aankondiging maak dat die Swartes van Suid-Afrika nog nie vry is nie en dat die "struggle" nou verhewig moet word, het hulle seker nie gedink dat hulle in 2011 nog nie by die uiteindelike bloedbad sou wees nie. Maar hulle werk sporadies en met vaste tred om by daardie "vryheid" te kom - dit wat hulle as vryheid sien is 'n Swart Republiek soos reeds 'n honderd jaar gelede besluit en benoem, waarin geen Blankes werk en woon nie. En hulle vorder fluks met alle kommunistiese metodes in werking, daarom die ongeveer slegs 2,5 miljoen Blankes (kinders ingesluit) wat in 2011 nog in Suid-Afrika oor is, (hierdie 'n 2010 beraming van 'n afdeling van die Amerikaanse intelligensiediens deur wie ons sekuur gemonitor word) waarvan nagenoeg 1 miljoen reeds so verarm het dat hulle in sogenaamde blanke nedersettings probeer oorleef. Ongeveer 2 miljoen het die land sedert 1994 verlaat, duisende is reeds vermoor. Dat die geskatte 80 miljoen plus Swartes (ingesluit Afrika-immigrante) nie lank in 'n land sonder die Witman sal oorleef nie, is nie hier van belang is nie; wel die feit dat hulle 'n gemeenskaplike haat teenoor die Blanke koester en hom sal uitmoor as hy daardeur sy "vryheid" kan bekom.
Lees weer wat die 'National Youth Agency' se voorsitter, Andile Lungisa, tydens die derde beraad van die 'Black Management Forum' verlede week in Kaapstad verkondig het: Septembermaand, sê hy, is die maand waarin hulle (die Swart jeugdiges) Suid-Afrika onregeerbaar sal maak, elke straat in die land gaan sluit, en die dreigement strek so ver as dat hulle tot die kleinste eiendom in mense se huise sal vat, selfs die "kaas in jou yskas." Vir 'n agentskap wat deur die ANC met R370 miljoen in 2010 gedra is, in Februarie 'n toegif van R1,22 miljard ontvang het, en aandring op 'n minimum van R600 miljoen per jaar, kan so 'n dreigement nie ligtelik opgeneem word nie, veral as daar in ag geneem word dat die militêre opleiding van Swart jeugdiges reeds 'n geruime tyd ernstige aandag geniet. Nie net het Malema die afgelope jaar in meer as een land kers gaan opsteek oor militêre bedrywighede nie; ook het 'n afdeling Amerikaanse soldate die hele Juliemaand in Suid-Afrika vertoef om Swart soldate hierin te onderrig. Daarby is die militêre basisse in Bloemfontein en Saldanhabaai van 1 Augustus gevul deur Swart jeugdiges wat steeds daagliks gewerf word en daag daar sporadies groot getalle vir opleiding op. Dit word aanloklik gemaak deur die R1 320 per maand besoldiging per soldaat (waaronder ook van die vroulike geslag), gratis behuising, voedsel en klere. Daarom sal miljoene Swartes hulle uiteindelik soontoe begewe. Die operasionele plan is om die troepe 'n basiese opleiding van sewe weke te gee waarna hulle ontplooi sal word in die gebiede waar hulle vir hulle "vrywordingsdag" aangewend sal word.
Maar daar is rede om te glo dat Septembermaand net 'n oefenlopie vir hulle uiteindelike rewolusionêre bloedbad sal wees met moontlik 'n paar insidente van magsvertoon waaruit hulle inligting oor blanke woongebiede en 'n paar ander dinge wys kan word. Die uiteindelike "Great Day" waarvan hulle so ritmies in die myne neurie kom spoedig nader maar hulle is tans nie georganiseerd vir daardie groot beplanning nie. Daarby bestaan te veel verskille in eie geledere wat hulle met onderlinge stryd besig hou en selfs die moontlikheid insluit dat verskillende Swart faksies eerder mekaar in bloedige geweld kan pak maar, pasop, waartydens die Blanke die middelpunt van die stryd sal word. Die stilswye en sogenaamde optrede van die ANC-regime oor en teen rewolusionêre uitsprake en dade van Swartes en organisasies moet ook nie vertolk word as onbetrokkenheid nie – die ANC speel sy rol uitmuntend terwyl hy finansieel sorg dat die rewolusie voortstoom na sy hoogtepunt van "vrywording".
Die atmosfeer in 2012 wanneer verkiesingsvoorbereidings 'n aanvang neem sal egter 'n beter geleentheid bied vir die opsweep van gemoedere en intimidasie van die Swart massas totdat dié sal meedoen. Intussen sal die dreigemente vermeerder in die poging om Blankes met vrees te probeer vul, soos dit 'n Swart Kommunis betaam om te doen. Daarby dien dit as kondisionerende opswepingsproses om die Swart jeugdiges emosioneel uiteindelik by die punt te bring waar dit slegs 'n formaliteit sal wees om tot volskaalse geweld oor te gaan - heel moontlik eerstens teen mekaar maar met fatale gevolge vir die Witman in die land.
Die persepsie bestaan ongelukkig nog by talle Blankes dat Kommunisme in 1989 tot ‘n val gekom het met die val van die Berlynse Muur, en ook toe die USSR in duie gestort het aan die einde van 1991. Dit, gepaard met die propaganda wat gemaak is dat Kommunisme nie meer ‘n gevaar inhou nie, het veroorsaak dat niemand ‘n wenkbrou gelig het toe die ANC en sy kommunistiese vennoot, die SAKP, in 1994 aan bewind gekom het in Suid-Afrika nie. Intussen het sommige Blankes se oë oopgegaan vir die gemors waarin ons verkeer omdat hulle dit aan eie familie en vriendekring gevoel het, maar ongelukkig verstaan hulle nie altyd hoe hulle hier beland het en waarheen ons oppad is nie.
Kommunisme se resultaat wêreldwyd kan in een woord opgesom word: vernietiging. Kommunisme het die bevolkings van twee van die grootste state ter wêreld verkneg, naamlik Rusland en China. In Rusland alleen is tweehonderd en vyftig miljoen mense deur Kommunisme verslaaf en in die buurstaat China meer as ‘n duisend miljoen mense. Rusland was, en China word steeds, gekenmerk deur vrees, terreur en skrikbewind. Die gepaardgaande kriminaliteit en geweld het geen ag geslaan op menselewens nie. Daar word bereken dat Kommunisme wêreldwyd meer as ‘n honderd miljoen menselewens gekos het in ongeveer 80 jaar.
In The Black Book of Communism, met die betekenisvolle subtitel, Crimes, Repression, Terror, waarin ‘n omvangryke studie van die gevolge van Kommunisme gemaak is, stel die skrywers dat terreur een van die basiese bestanddele van Kommunisme was en misdaad een van die belangrikste kenmerke, en dat, sonder uitsondering, elke Kommunistiese bewind kriminele dade as hoogste agenda gestel het: They all ruled lawlessly, by violence, without regard for human life.
Hiervan getuig elke dag in 2011 in Suid-Afrika waar daar elke 13 sekondes iemand verkrag word, gemiddeld 60 mense per dag vermoor word, en die onmenslikste metodes gebruik word om mense te martel.
Die gevolg van Kommunisme was dat daar in die USSR in 2005 reeds twintig miljoen sterftes was, in China vyf en sestig miljoen, in Viëtnam een miljoen, in Noord-Korea twee miljoen, in Kambodja twee miljoen, in Oos-Europa een miljoen en in Afrika bykans twee miljoen.
Op die oog af lyk die situasie hopeloos vir die Boerevolk om in Suid-Afrika in die afsienbare nabyheid die mag oor te neem in hierdie land. Maar wie sou in 1902 gedink het dat die Afrikaner ooit weer sy eie land sou regeer? Die internasionale politiek word intussen hoe later hoe meer vloeibaar. China staan op die punt om die wêreld se super-moondheid te word en Amerika is besig om sy hand in ander wêrelddele te oorspeel. In Europa het die kiesers gestem teen globalisme en wêreldregering, ter behoud van hulle eie soewereiniteit. Nasionalisme het dus die vermoë om op te staan as almal dit afgeskryf het – 'n faktor waarmee ons vyande nie altyd rekening hou nie.
In Suid-Afrika sal toenemend ervaar word hoe die land in ‘n sisteem van super-kapitalisme verval. Die gaping tussen ryk en arm in Suid-Afrika sal stelselmatig vergroot en die getal superrykes gaan minder word, terwyl die armes meer sal word. In die proses sal die middelklas, hulle wat stabiliteit aan enige land gee, uitgewis word. En wanneer hierdie Swart massas se woede in anargie oorgaan sal die Blankes dit nogeens ontgeld. Dan sal ons gereed moet wees vir die finale aanslag op ons volk.
Daar is nie meer baie tyd oor nie; sal ons die wysheid en insig wat ons hemelse Vader ons as sy kinders wat in die waarheid leef, skenk, aanwend om hierdie tyd reg te gebruik?