NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Voordat ek getroud is het ek twee teorieë gehad oor hoe om kinders groot te maak; nou het ek twee kinders en geen teorie meer nie...

OOR DIE DOODSTRAF

Marius Coertze

Doodstraf word afgeskaf

"Ek is egter van mening dat ons nie moet sit en wag totdat Afrika se mense eendag moreel gevorderd, beskaafd, mens- en vredeliewend is nie, want dit mag duisende jare neem, indien ooit..."

Gedurende 1995 het die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika 'n beslissing gevel dat die doodstraf hier ter lande afgeskaf word. Gevangenes wat reeds tot doodstraf gevonnis is, se vonnisse is verander na lewenslange gevangenisstraf.

Voorspelbaar en tipies van die liberalisme en die sekulêre humanisme, word lewenslange gevangenisstraf beskou as 'n mensliewender soort straf as die doodsvonnis. Of lewenslange gevangenisstraf in die oorvol en sindikaatbeheerde Suid-Afrikaanse tronke werklik mensliewender as die doodstraf is, is egter 'n debatteerbare punt.

Die handves van menseregte bepaal in artikel 11 daarvan: Elke mens het die reg op lewe. Dit klink op die oor af goed. Maar daar is tog 'n paar vrae wat ontstaan: Het die mens dan nie voorheen die reg op lewe gehad nie? Wat is so besonders daaraan om iets op skrif te stel wat eintlik al eeue lank vanselfsprekend deur die mensdom aanvaar is?

Die humaniste se antwoord op hierdie vraag is dat mense se lewens voorheen (byvoorbeeld gedurende die donker middeleeue) nie hoë waarde gehad het nie. Maar in 2012 in die "nuwe" Suid-Afrika onder ANC/SAKP regering het ons van die heel hoogste moordsyfers in die wêreld en is sedert April 1994 tot 2010 al ongeveer 350 000 vermoor, waarvan baie wreedaardig en barbaars. Die huidige syfers in 2012 is nie presies bekend nie maar daar kan aangeneem word dat dit oor die 400 000 is.

Dit is duidelik dat vandag in 2012 die toestand maar steeds dieselfde is: Menselewe het steeds nie veel waarde nie. Hier te lande word mense vermoor vir so min as 'n tweedehandse selfoon of R5,00 in 'n beursie. Wat het daardie meer as 350 000 vermoordes se "reg op lewe" hulle gehelp? Absoluut niks!

In teenstelling met die inhoud van artikel 11 van die grondwet dat elke mens die reg op lewe het, bepaal die sesde gebod: Jy mag nie doodslaan nie. Gemeenregtelik is moord strafbaar en was dit nog altyd so vanaf die vroegste tye. Die mensdom het vanaf die vroegste tye nie 'n verklaarde "mensereg"op lewe nodig gehad om moord en doodslag te verstaan en strafbaar te stel nie. Wat het dan sedertdien verander?

Die gesprek oor die doodstraf as maksimum vonnis in Suid-Afrika het sedert 1994 'n omstrede onderwerp geword met die oorname deur die ANC/SAKP van die regeermag in die RSA.

Die "nuwe bedeling" het gepaardgegaan met die implementering van die eertydse Tussentydse Grondwet van Suid-Afrika, Wet 200 van 1993. Dit is later met die finale grondwet, Wet 108 van 1996 vervang. Laasgenoemde is sedertdien al meer as twintig maal gewysig, meestal om sekere prosesse se implementering en uitvoerbaarheid vir die regerende party te vergemaklik.

In terme van daardie nuwe grondwet is 'n heel nuwe soort waardestelsel op die Suid-Afrikaanse gemeenskap geïmplementeer. Die grondwet is tot groot mate op die ANC/SAKP se sogenaamde Freedom Charter gegrond, wat in wese die nuwe regime se bloudruk is vir hul sosio-politiese rewolusie in Suid-Afrika. Die sekulêre humanisme en liberalisme dien as grondslag van hierdie nuwe grondwetlike bedeling in Suid-Afrika.

Die uitwerking is sommer met die intrapslag opvallend in die aanhef tot die Konstitusie, wat soos volg lui: We, the people of South Africa, recognise the injustices of the past... en verder: ... a democratic and open society in which government is based on the will of the people ... en verder: This Constitution is the supreme law of the Republic: law or conduct inconsistent with it is invalid... Die RSA Grondwet is tans die hoogste gesag in Suid-Afrika en nie God en sy gebod nie.

Die voormalige RSA se grondwet, Wet 32 van 1961, se aanhef het opvallend heel anders gelui, naamlik: In nederige erkentlikheid teenoor die Almagtige God, Beskikker oor die lotgevalle van nasies en die geskiedenis van volkere... en verder: Die volk van die RSA erken die oppergesag en leiding van die Almagtige God (Artikel 2).

Die mens verhef homself tot god

Die huidige grondwet is 'n radikale wegbreek van die gevestigde en tradisionele waardestelsel van die Afrikaner. Ons is gekonfronteer met 'n vreemde kultuur wat uiting vind in die liberalisme en sekulêre humanisme wat die huidige grondwet adem.

Waarom vreemd? Die protestantse Calvinisme ken nie die andersoortige wêreldbeskouing van die sekulêre humanisme en die radikale liberalisme nie. Beide hierdie wêreldbeskouings bevat die filosofiese onderbou waar die mens sentraal staan en onafhanklik (outonoom) is van enige metafisiese verhouding met 'n goddelike wese.

Eenvoudig gestel, beteken dit dat die mens sy eie god is en nie afhanklik is van God Drie-enig nie. Die mens self word die maatstaf van alle dinge.

Hierdie lewensbeskoulike element van die huidige Suid-Afrikaanse grondwetlike bestel het gevolge op elke lewensterrein van die samelewing. Dit vind uiting in die sogenaamde Handves van menseregte wat deel is van hoofstuk 2 van die nuwe SA se huidige grondwet – artikels 7 tot 39 daarvan – en alle nuwe wetgewing sedert 1994. Hier dink mens in besonder aan die wetgewing oor arbeidsake, vroueregte, kinderregte, misdadigers se regte, gelykmaking van geslag, ras, kulture en godsdienste. Dit het dan ook neerslag gevind in die kwessie oor die doodstraf.

Menswaardigheid teenoor Natuurlike Verdorwenheid

Ek meen dat die antwoord op hierdie vraag gesoek moet word in die begrip menseregte. Onderliggend aan die idee van menseregte is dat elke mens inherent goed is en met inherente menswaardigheid gebore word. Daardie ingebore en inherente menswaardigheid (wat deur die humanisme as 'n reg beskou word) moet volgens hierdie idee van menseregte dan beskerm word.

Vergelyk ons dit met ons belydenisskrifte en spesifiek die Heidelbergse Kategismus Sondag 2, dan stel ons egter presies die teenoorgestelde as die genoemde aanname van die liberalisme en die sekulêre humanisme. Ons glo naamlik dat die natuurlike, onbekeerde en nie-wedergebore mens van nature geneig is om God en sy naaste te haat. Hierdie inherente verdorwenheid van die menslike natuur word ook bevestig deur die Dordtse Leerreëls (Leerstukke 3 & 4, par. 1-4) en die NGB (artikels 14 & 15).

Kyk ons na die toestand in Suid-Afrika (en ook die res van die wêreld) van ernstige morele verval, selfverryking, geldsug, magsug, grypsug, geweld en misdaad, dan is dit veel eerder tekenend van die mens se inherente geneigdheid tot boosheid en sy eie verdorwe aard, eerder as sy inherente of aangebore goedheid. Dat dit so is, is skokkend en tragies, maar die feit is dat die mensdom se basiese instinkte en boosheid in 6000 jaar nog nie veel verander het nie.

Die sekulêre humanisme en die liberalisme leer ook dat die natuurlike mens nie met 'n verdorwe natuur gebore word nie, maar deur sy omgewing (dws deur die samelewing) besoedel en verdorwe gemaak word. Dit toon verbasende ooreenkoms met die dwaalleer van die Pelagiane gedurende die laat 16de eeu tot vroeë 17de eeu, wat geleer het dat erfsonde en die mens se verdorwe natuur uit niks anders as uit navolging ontstaan nie. Soos die Prediker sê: Daar is niks nuuts onder die son nie.

Tans is ons egter opgesaal met hierdie liberale en humanistiese grondwet en het sy tentakels reeds diep in elke fasset en op elke lewensterrein (ook die kerk) ingedring. Die debat oor die doodstraf moet teen hierdie agtergrond verstaan word.

Straf en Vergelding opsygestoot

Die vroegste strafbeginsel het straf en vergelding as hoogste motief gehad. Dit was in ooreenstemming met Bybelse beginsels van straf. Mettertyd is hierdie Bybelse beginsel ondergrawe deur humanistiese opvattings wat daartoe gelei het dat die basiese doel van straftoemeting aan die misdadiger verander het. Rehabilitasie en korrektiewe terapie is deesdae aan die orde as die uiteindelike doel van straftoemeting. Straf en vergelding word deesdae as onmenslik en outyds (oftewel "Bybels") gesien. Ons sien dieselfde opvattings ook in Suid-Afrika se eie strafregstelsel.

Die rede hiervoor is die opvattings van die humanisme: Indien die mens sy eie god (dit wil sê outonoom) is, dan is die mens en menselewe die hoogste goed. Hiervolgens is die ergste sonde die toepassing van die doodstraf deur die owerheid en die wreedaardigste mense is diegene wat ten gunste van die doodstraf is.

'n Strafregstelsel wat op Bybelse beginsels gegrond is, eis die doodstraf vir moord. Ons vind dit in Genesis 9:5-6; Exodus 21:14, 23-25; Numeri 35:31; Deuteronomium 19:21; Matteus 26:52; en Romeine 13:4. Omdat die Bybel lewe as kosbaar beskou, en die neem van 'n lewe as 'n ernstige wandaad beskou, verbeur die moordenaar sy eie lewe. Hierin dra die owerheid die swaardmag om doodslag te straf en wet en orde te hou.

Die idee van gevangenisstraf het eers in 1771 in Frankryk posgevat. Vandag is die doodstraf uit die mode en is die uitdien van gevangenisstraf die enigste opsie. Dit is egter nie soos God dit beveel het nie. Persoonlike aanspreeklikheid en verantwoordelikheid is een van die hoekstene van Goddelike (Bybelse) reg.

Gruwelgevolge van Menslike Selfverheffing

Die oorsaak van die hoë misdaadsyfer van epidemiese afmetings kan by die eiegeregtigheid van die liberalisme en die humanisme gesoek word. Die fout word nie meer by die misdadiger gevind nie, maar by die "siek" samelewing, wat bearbei moet word deur heropvoeding. Die misdadiger word sodoende nie persoonlik aanspreeklik gehou vir sy wandaad nie, maar die samelewing word in die beskuldigdebank geplaas en verwyt.

Reg en geregtigheid word afgebreek wanneer die geloof agter die reg verdwyn. Die humanisme se vyandigheid teenoor die doodstraf is in wese hul vyandigheid teenoor God se reg. Die staat of owerheid dra die swaardmag om veroordeelde moordenaars deur die regspleging en oplegging van die doodstraf regverdig te straf en om wetsgehoorsame burgers te beskerm (Romeine 13:4). Wanneer die owerheid egter die doodstraf afskaf en ook nie meer sy wetsgehoorsame burgers beskerm nie, het hy sy plig versaak en het sy swaard stomp geword (vergelyk NGB art. 36, oorspronklike bewoording).

Spreuke 12:10 vat hierdie situasie mooi raak: Die barmhartigheid van die goddelose is wreed.

Daar is duidelike inkonsekwentheid in die afskaffing van die doodstraf. Ironies genoeg word die veroordeelde moordenaar se reg op lewe gerespekteer en beskerm, maar ongebore babas se reg op lewe word geminag en babamoord – aborsie – openlik gewettig en vergemaklik. Ook ironies is die feit dat die veroordeelde moordenaar nie die doodsvonnis opgelê kan word weens sy totale minagting van sy vermoorde slagoffer se lewe nie. Inteendeel, die slagoffer se naasbestaandes moet nog deur belastings vir dekades lank indirek bydra tot die lewenslange versorging van die moordenaar.

Vir en Teen die Doodstraf

Dr Marinus Wiechers, voormalige hoogleraar in die regte, is van mening dat al die argumente vir of teen die doodstraf almal eintlik ewe geldig is (artikel op die webwerf LitNet van 4 Junie 2008).

Hy gaan voort: ...die gemeenskap (wil) in sy diepste wese wel vergelding hê. Nie bloot uit wraakgierigheid nie, maar ter wille van sy eie voortbestaan... Gemeenskappe vrees vir hul eie voortbestaan as misdadigheid en veral gruwelike misdadigers nie permanent uitgewis kan word nie. Dit spruit uit die diepste sug na sekerheid en veiligheid...

Br. Wiechers skryf verder: ...Die doodstraf het ‘n geweldige afskrikwaarde, wát ookal tot die teendeel probeer bewys word. Veral vandag, met die moderne media se moontlike dekking van verhore, veroordelings en teregstellings, sal die voltrekking ‘n skrikbeeld van misdaad versprei soos geen ander waarskuwende boodskap ooit sal regkry nie. Dink maar aan die skokgolwe in ons gemoedere toe die teregstelling van Saddam Hoessein vertoon is.

Moet daar dus aanvaar word dat die doodstrafdebat vir altyd in sirkels en sirkels verstrengel sal wees en nooit ‘n uitkome sal hê nie? Tog nie – as die debat in die laaste instansie nie oor die voor- en nadele van die doodstraf gaan nie, maar oor die aard van die staat waarin ons wil lewe.

Natuurlik sal ons almal in ‘n staat wil lewe waar die uitvoering van die staatsmag aan ‘n stel hoër waardenorme gekoppel is. Maar, word aangevoer, ons lewe ongelukkig nie in so ‘n utopie nie. Ons lewe eenvoudig in ‘n Afrika-werklikheid waar die meeste mense net die taal van die mag verstaan en waar die staat die mag oor lewe en dood moet hê om die verskriklike misdadigheid te bekamp. En eendag, as ons moreel gevorderd, beskaafd, mens- en vredeliewend is en geleer het om gehoorsaam aan sulke hoër norme te wees, kan ons weer probeer om ‘n verhewe staatsorde bokant die staatsmag te skep. Aldus br Wiechers.

Gelowiges moet Boosheid Teengaan!

Ek is egter van mening dat ons nie moet sit en wag totdat Afrika se mense eendag moreel gevorderd, beskaafd, mens- en vredeliewend is nie, want dit mag duisende jare neem, indien ooit. Ek is van mening dat ons as gelowiges ons moet beywer om in ons skole, werk, staat en kerk onder medegelowiges die ernstige dwaling en misleiding van die liberalisme en sekulêre humanisme uit te wys en te bestry. Boosheid floreer wanneer die gelowige swyg en apaties staan en toekyk. (Vergelyk die gebeure in die Paradys soos beskryf in Genesis toe Adam sienderoë toegelaat het dat Eva God se verbod verbreek en Adam niks gesê het nie).

Daar is duidelik 'n geestelike oorlog aan die gang tussen die sekulêre humanisme en die Christendom en die openbare media, internet, staatskole, die staat en selfs sommige kerke is aan die kant van die humanisme. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen hierdie verderflike idees en valse filosofie wat die koninkryk van God voortdurend ondergrawe (kyk Efesiërs 6 in hierdie verband).

Ek meen ook dat ons as gelowiges vir die huidige en onder hierdie omstandighede nie te hard moet mor oor die afskaffing van die doodstraf in Suid-Afrika nie. Die huidige owerheid verloën en misken die Drie-enige God en Sy gebod. Hulle ontken en misken dat ook hul gesag as regeerders van God afkomstig is (Romeine 13:1; NGB Art 36, oorspronklike bewoording). Hul volvoer nie hul roeping as regeerders wat so moet regeer dat die landsburgers "'n rustige en stil lewe" kan lei nie. (Vgl.1 Tim.2:2)

Die regbank van die nuwe Suid-Afrika word met rasseskrede gevul deur rassekwotas, wat noodwendig daartoe neig om eerder polities-lojale, maar minder bekwame, regsprekende amptenare in posisies van mag plaas. Dieselfde gebeur in die polisie.

Verder leef ons tans in 'n staatsbestel wat uitgesproke vyandiggesind is teenoor Blankes in die algemeen en Afrikaners in die besonder en daartoe geneig is om al hulle probleme en mislukkings op die Blankes te blameer, hoe vergesog dit ook mag wees.

Dit is daarom onwenslik en selfs gevaarlik om onder sulke omstandighede die doodstraf in die hande van 'n onverantwoordelike, goddelose en roekelose owerheid te plaas.

Solank skaamtelose geldsug, magsug en grypsug aan die nuwe orde is, kan ons nie verwag dat daardie knoetserige doringboom enige vye moet dra nie.

 

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 888 gaste aanlyn