Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Lyding maak gelowiges sterk. Dit brei, vorm en verdiep. Dit gee ons krag en weerstand. Kortom: Dit gee ons geestelike staal.
EIENDOMSREG IN SA
GELOFTEVOLK
KOÖRDINERINGSKOMITEE
HET ONS DIE GROND GESTEEL?
Lees die waarheid oor die vestigingspatrone en grondaansprake van die verskillende volke in Suider-Afrika: sodat ons geestelik weerbaar kan wees teen die psigiese oorlog wat ons vyande teen ons voer.
Geagte Volksgenoot
Die Geloftevolk Koördineringskomitee vind dit verontrustend dat daar op verskeie lewensterreine leiersfigure is wat die indruk skep dat blanke grondeienaars begerig is om tradisionele blanke landbougrond van hul regmatige eienaarskap te vervreem.
Tot op hede het die regering se sogenaamde “grondhervormingsproses” onomwonde getoon dat landbou-produksie geen rol ter motivering daarvan speel nie, maar dat dit eerder ‘n drang is deur nie-blankes om die blanke boer van sy grond te beroof.
Landbouleiers het ook geen morele gronde waarop hulle hul kan beroep om tradisionele blanke landbougrond te help vervreem deur aan die regering se grondroof-proses deel te neem nie. Die teendeel is eerder waar soos wat hieronder na verwys word.
Die onlangse uitspake van pres. Zuma m.b.t. die ongewenstheid van Jan van Riebeeck en daarom alle blankes in hierdie land, toon duidelik dat die enigste versadigingspunt vir swart grondaansprake die totale verowering van blanke grond sal wees. Dit is in ooreenstemming met die ANC se Freedom Charter.
Voorgangers in blanke geledere oor die hele spektrum vanaf landbouorganisasies tot kerke wat hul beywer vir die grondroof-proses maak hulle skuldig aan die ergste miskenning van die genade waardeur die Lewende God die grond beskikbaar gemaak het vir Sy geloftevolk om Hom daarop te dien asook aan misleiding en volksverraad. Die meedoen aan die regering se sogenaamde “grondhervorming” plaas blanke boere in die beskuldigde bank en plaas alle grondeieaars onder ‘n ongegronde skuldgevoel.
Vind hieronder ‘n dokument wat die ware feite m.b.t. huidige grondaansprake toelig gegrond op historiese feite. Vir meer inligting kan die volledige werk bestel word by dr. Jann Schlebusch - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Vrede
Dr. Jann Schlebusch [Namens die Geloftevolk Koördineringskomitee]
EIENDOMSREG IN SUID-AFRIKA
1 HET ONS DIE GROND GESTEEL?
1.1 DIE LEUENS
“Dit is tog ’n ‘feit’ dat hulle ons gekoloniseer het en ons grond gesteel het,” verklaar pres. ¬Jacob ¬Zuma onomwonde in ¬reaksie op Zelda la Grange se onlangse ¬“Zelda van ¬Riebeeck”-twiets.
Die GKK vermaan volksgenote om nie ons vyande se leuens onbevraagteken te laat nie.
Dit is ‘n leuen dat die Swartes eerste in SA was en ook dat ons hulle grond gesteel het. Ongelukkig word hierdie halwe waarhede en blatante leuens ook verkondig in die media, in die skole, in landboukringe en selfs van die preekstoel af.
1.2 HET ONS DIE GROND GESTEEL?
Lees die waarheid oor die vestigingspatrone en grondaansprake van die verskillende volke in Suider-Afrika: sodat ons geestelik weerbaar kan wees teen die psigiese oorlog wat ons vyande teen ons voer.
God bepaal die lotgevalle van volke en mense en die geskiedenis wys ook Sy hand in ons volksplanting.
1.3 WIE WAS EERSTE HIER?
Die Koi (Hottentotte) en San (Boesmans) het hier gewoon lank voor die Swartes en Blankes. Hulle het regoor SA gewoon en veral in die waterryke dele oos van die Drakensberge (waar daar steeds Boesmantekeninge te sien is).
Die Swartes het hulle verdryf en uitgemoor toe hulle hier ingetrek het.
Swartmense (Ras: Negroïde) is nie verwant aan die Koi- en Sanmense (Ras: Kapoïde) nie.
1.4 VESTIGING VAN SWARTES
Die Swartmense het uit midde-Afrika stadig suidwaarts migreer en hul voorpunt was teen die 15e eeu nog by die Limpopo. Die Blankes het eers in 1702 die eerste Swartes teëgekom by die Visrivier.
Die Swartes kan in 2 hoofgroepe ingedeel word: Nguni en Sotho. Die Nguni het teen die ooskus afbeweeg en die Sotho in die sentrale dele. Die Swart volke het hoofsaaklik in die mees waterryke dele gevestig.
1.5 EUROPEËRS VESTIG BY KAAP
In reaksie op die Groot Kerkhervorming in die 16e eeu na Christus, het die Roomse Kerk en Roomse heersers die Protestante in Europa uitgemoor.
Die Nederlande het ‘n toevlug geword vir Protestantse vlugtelinge vanoor die hele Europa, maar veral vanaf Duitsland en Frankryk. Maar daar was nie werk vir almal nie
Die Nederlandse seevaartmaatskappy (VOC) het opdrag gegee om in 1652 ‘n verversingspos aan die Kaap te stig. Geloofsvlugtelinge kon hierheen immigreer, maar slegs immigrante met ‘n gereformeerde belydenis is toegelaat. Ons wortels is dus suiwer op die Woord van God gevestig. Twee jaar na Jan van Riebeeck se koms, het hy dan ook 'n gelofte afgelê dat ons elke jaar op 6 April in dankbaarheid sal dink aan ons Vader se bewarende en seënende hand oor die beginjare van die vestiging aan die Kaap.
1.6 BLANKES TREK DIE BINNELAND IN
Net toe die Trekboere begin om na die Oos-Kaap te trek, breek daar ‘n Pokkies-epidemie onder die Hottentotte uit en wis hulle omtrent heeltemal uit. Daarom was die Oos-Kaap onbeset toe die Boere daar intrek!
1.7 DIE GROOT TREK
Teen 1836 het die Voortrekkers hul vryheid noordwaarts in die Vrystaat, Transvaal en Natal gaan soek. Hulle het ‘n manifes met ‘n gedragskode opgestel. Daarin staan dat hulle geen volk sal molesteer nie en nie die geringste eiendom van enigiemand sal ontneem nie, maar dat hulle hulself sal verdedig tot die uiterste as hulle aangeval sou word. In navolging hiervan het hulle dan ook net grond beset wat onbeset was of gekoop of geruil en per ooreenkoms bekom was. Hulle het wel op sommige plekke grensgebiede by die Swartes afgeneem as ‘buffer’ omdat die Swartes gedurig hulle vee gesteel het.
Toe die Boere die binneland intrek, was dit heeltemal ontvolk deur die Zoeloes se uitwissingsoorloë! Daar was net leë krale en doodsbeendere. Mzilikatze het die Sotho-volke in die Noord-Vrystaat en Transvaal uitgemoor en Shaka en Dingane die Pondo’s en Swazis in Natal. Die paar Sotho’s wat oorleef het, was so dankbaar teenoor Potgieter, dat hulle hom die hele Suid-Transvaal gegee het. Retief het ook ‘n skriftelike ooreenkoms mat Dingane gesluit vir hul gebied in Natal. Die volgende koning (Panda) het dit ook erken. Ook gebiede in die huidige Mpumalanga en Noord-Natal is per ooreenkoms van die die Swazi-koning bekom. Daar is nog vele sulke voorbeelde.
1.8 GRENSE
Die Britte het aan Lesotho, Swaziland en Botswana selfbestuur gegee, maar wou nie vir Zoeloeland en Transkei gee nie, want hulle het kusgebiede gehad en die Britte was bang hulle gee vir die Boere hawens. Hulle grense was egter ook internasionaal erken. Die gebiede is nie deur die Blankes bepaal nie. Dit is die gebiede waar die Swartes uit eie beweging gevestig het.
1.9 ‘NATURELLEN GROND WET’ 1913 EN DIE ‘NATURELLETRUST- en GRONDWET’ VAN 1936
Dit is ook ‘n leuen dat “hierdie wette daarop gemik was om die Blankes te bevoordeel ten koste van die Swartes wat deur die wette verhinder is om in die Blanke gebiede grond te koop”. Verder dat “Swartes deur hierdie wette ontneem is en afgesit is van hulle eiendom sodat Blankes daar kon vestig”.
Die waarheid is dat die wette se doel was om Blankes te stop om tradisioneel Swart-gronde te koop. Verder om Blanke grond te onteien om Swart gebiede te konsolideer. Waar Swartes verskuif is, het hulle telkens beter en groter gebiede gekry. As Lesotho, Swaziland en Botswana ingereken word, het Swartes byna die helfte van die grond gehad in die Apartheidsjare. Hierbenewens het hulle ook die hoogste reënvalgebiede gehad. Op slegs 30% van SA was permanente vestiging moontlik sonder die Westerse tegnologie om grondwater te onttrek.
1.10 DIE BRITSE IMPERIALISTE
Daar is ook skriftelike bewys dat die boere in die Kaapkolonie hul grond by die Britse koningin gekoop het. Ons betwis die stelling dat die Blankes die grond by die swartes gesteel het, maar selfs al sou dit waar wees, moet die Britse imperialiste hierby betrek word, want die oorspronklike aktes toon dat Koningin Victoria die verkoper was.
2. AAN WIE BEHOORT DIE GROND WERKLIK? DAAR IS VERSKILLENDE BESKOUINGS HIEROOR
2.1 Inleiding:
Daar heers groot wanopvattings oor eiendomsreg. Hierdie opvattings staan ook lynreg teenoor mekaar en is onversoenbaar. Die verskillende beskouings oor eiendomsreg het al in die verlede tot groot oorloë gelei en ook tot volksmoorde. Ons het in die afgelope eeu gesien hoe Kommuniste miljoene mense uitmoor om hulle grond af te neem. Die ergste menseslagtings is deur Stalin in die Sowjet-Unie en Mao Tse Tung in Sjina gepleeg. Ook in Suid-Afrika veroorsaak hierdie verskillende beskouings groot spanning en dreig om die sogenaamde ‘Nuwe Suid-Afrika’ finaal te vernietig.
2.2 Humanistiese beskouings:
2.2.1 Die Klassiek-Liberale beskouing
Volgens hierdie beskouing is privaateiendomsreg onaantasbaar. Die vrye-mark (vrywillige koper en vrywillige verkoper) reël die verhandeling van alle bates en dus ook vaste bates soos grond. Die staat is ‘n gewone party tot sulke transaksies. In hoogs uitsonderlike gevalle sou die staat grond kon onteien vir die skepping van infrastruktuur. Normaalweg is die staat se rol beperk tot die beskerming van die partye se regsbelange en die registrasie en byhou van transportaktes. Hierdie beskouing respekteer dus ook die bestaande eiendomsreg van die verlede. Dit is ‘n humanistiese beskouing wat die individuele mens verhef tot die hoogste gesag.
2.2.2 Die Marxistiese beskouing
Volgens hierdie beskouing bestaan daar geen privaateiendomsreg nie. Die staat beskik oor die aanwending en toekenning van bates en ook vaste bates soos grond. Alle bestaande reg op privaateiendom word dus ontken en as gemeenskaplike (staats)-eiendom beskou. Volgens hierdie beskouing is dit dus ook nie nodig om enige vergoeding te betaal vir die onteiening nie. Dit is ‘n humanistiese beskouing wat die kollektiewe gemeenskap verhef tot die hoogste gesag. In die praktyk word die staat verafgod as die hoogste gesag.
2.2.3 Die Imperialistiese beskouing
Volgens hierdie beskouing is dit geregverdig dat ‘n staat/volk/keiser beheer oorneem oor ‘n ander se grondgebied op grond van hul meerdere status, krag of insig. Die antieke ryke is bekende voorbeelde van imperialisme. Die Britse ryk; die Soviet-Unie; en die Nazi-ryk is onlangse voorbeelde. Ons leef tans in die tyd van Amerikaanse imperialisme. Afhangende van die ryksbeskouing, word privaatbesit soms toegelaat, maar dan steeds ondergeskik aan die oorkoepelende eiendomsreg van die staat. Hierdie is ook ‘n verabsolutering van die staatsgesag.
2.2.4 Liberalistiese beskouing
Die beskouing staan ook bekend as die ‘demokratiese’ beskouing. Hierdie beskouing probeer die Klassiek-liberale, die Marxistiese beskouing en die Naturalistiese-beskouing (wat ons hieronder sal bespreek) versoen. Dit kom in die praktyk daarop neer dat privaat eiendomsreg erken word vir sover dit deur die sogenaamde ‘openbare mening’ goedgekeur word. Die media propageer die ‘openbare mening’ en die massa volg. Die Illuminati besit die media en hulle manipuleer die massa mense om hul geheime agenda te ondersteun. Groot maatskappye se eiendomsreg word erken, solank hulle ook die Liberalistiese agenda ondersteun. Klein grondbesitters se eiendomsreg word ook erken, maar aan hulle word voorgeskryf hoe hulle hul eiendom moet bestuur. Dit is ‘n humanistiese beskouing wat die kollektiewe gemeenskap verhef tot die hoogste gesag. In die praktyk word die staat verafgod as die hoogste gesag.
2.3 Die Naturalistiese beskouing (“Environmentalist”):
Hierdie beskouing in sy mees ekstreme vorm, beskou die mens as ‘n parasiet op die aarde. Hulle is selfs ten gunste van massa-uitwissing van mense. Hulle propageer egter nie altyd hierdie ekstremistiese beskouings nie, maar eerder ‘versagte agendas’ wat dan aanklank vind by mense wat omgewingsbewaring as belangrik beskou en gewalg word deur dieremishandeling en nywerheidspraktyke wat die natuur vernietig. Uiteindelik word omgewingsbewaring egter wel tot bevordering van ekstreme maatreëls gedryf. Hierdie beskouing stel ook privaatbesit heeltemal ondergeskik aan kollektiewe naturalisme. Dit verhef die natuur tot ‘n godheid en beskou ook die staat as die hoogste gesag om die naturalistiese beskouings af te dwing.
2.4 Die Afrika-beskouing:
Volgens die Afrika-beskouing regeer die sterkste en daarom behoort alle eiendom aan die hoofman. Hy is die hoogste gesag, maar hyself is ook maar uitgelewer aan die bonatuurlike magte van die voorvadergeeste, die natuurgode en die toordokter. Solank die hoofman in hulle guns kan bly, is hy die aardse oppergesag. Die Afrika-kultuur word ook gekenmerk deur voortdurende magstryd. Die sterkste oorleef en sy gesag word ongekwalifiseerd aanvaar. Hierdie beskouing erken geen privaat grondbesit nie. Die Afrika-kultuurgeskiedenis ken ook geen privaat grondbesit nie. Dit is anders by die Westerse kollektiewe beskouings. Die Westerse beskouings wat privaatbesit misken, het wel ‘n begrip daarvan omdat privaatbesit ‘n integrale deel van die Westerse kultuurgeskiedenis uitmaak. Die Afrika-kultuur het egter geen begrip van privaat grondbesit nie.
2.5 Die Bybelse Beskouing:
Ps 24:1,2 ‘n Psalm van Dawid. Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon; want Hy het dit gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome.
Ps 50:12 As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie; want die wêreld is myne en sy volheid.
Hieruit is dit duidelik dat God die eienaar van alles is. Ons is slegs rentmeesters oor die eiendom. God het in Gen 1:26-31 die mens as rentmeester aangestel om oor die natuur te heers. Die Bybel erken deurgaans privaatbesit in die sin van privaat-rentmeesterskap. Die agste gebod is “jy mag nie steel nie”. Daaruit is dit duidelik dat jy respek moet hê vir privaatbesit. Vergelyk ook Deut 22:1-4. Die Bybel lê ook sterk klem op privaat grondbesit: Job 24;2; Spr 22:28; 23:10; Hos 5:10. Dit is ook duidelik uit bv Hand 5:4.
Ook vererwing van grondgebied word deur die Bybel voorgeskryf: Num 27:8-11; Num 36:7-9 ens. Ons sien hier dat ons Vader baie klem lê daarop dat grondgebied binne die stam (groter familie) moet bly. Dit was dan ook Nabot se motivering waarom hy geweier het om sy wingerd aan die koning te verkoop (1 Kon 21:3).
3 Samevatting:
Die Bybelse beskouing staan lynreg teenoor die humanistiese beskouings daarin dat God die alleeneienaar is teenoor die humanisme se verabsolutering van die staat of die individu. Die oppervlakkige ooreenkoms met die Liberale beskouing van vrywillige verkoper en koper, is ‘n illusie, want die oppergesag van God moet altyd sentraal staan in ‘n ware Bybelse beskouing. Die Bybelse beskouing is ook onversoenbaar met die naturalisme se verabsolutering van die natuur en ook met die Afrika-beskouing wat privaatbesit minag.
Die Bybel leer ook uitdruklik dat dit ‘n wanopvatting is dat die staat absolute mag het om eiendom te vervreem en te herverdeel volgens die sosialistiese (Marxistiese) ‘gelykheidsbeginsel’.
1Sam 2:7 Die HERE maak arm en maak ryk; Hy verneder, ook verhoog Hy.
Dan 4:32 (c) ... erken dat die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil. (Vgl ook Job 40)
Hieruit leer ons dat God beskik oor besitreg. Hy gee aan wie Hy wil en neem weg van wie Hy wil. Dit is dus ‘n illusie dat die ANC die mag het om eiendom (soos plase) van ons te kan wegneem uit eie krag. Soos Jesus aan Pilatus gesê het in Jn 19:11 (a) U sou geen mag teen My hê as dit u nie van bo gegee was nie.
Hieruit moet ons nie aflei dat ons eiendomsreg onaantasbaar is en dat God nie sal toelaat dat ons eiendom ons ontneem kan word nie. Inteendeel! God gebruik dikwels vreemde regerings om Sy volk te straf as ons nie gehoorsaam is nie. Dit sluit ook in dat Hy Sy volk se eiendom vervreem.
Dt 28:33 Die vrugte van jou land en al jou werk sal ‘n volk eet wat jy nie ken nie; en jy sal altyddeur net verdruk en hard behandel word.
Dt 28:43 Die vreemdeling wat by jou is, sal hoër en hoër oor jou opklim; en jy sal laer en laer afsak.
Die ware Bybelse perspektief oor eiendomsreg is dus totale afhanklikheid van die almagtige God. Ons hele lewe – en dus ook die grond waaroor ons aangestel is, moet ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer wees (Rom 12:1). Rentmeesterskap beteken verantwoordelikheid teenoor God (nie teenoor die staat nie) – ook ten opsigte van die natuur. As ons hierdie verantwoordelikheid nie nakom nie, of as ons God se heeskappy oor alle eiendom misken, oortree ons God se opdrag en moet ons ook die straf daarvoor verwag.
Ons mag nie die dreigemente en oënskynlike mag van die aardse heersers vrees nie (Open 21:8). Ons moet God alleen vrees en net op Hom vertrou (Mat 10:28; Ps 28:7)
Ons moet ook nie die valse profete glo wat voorgee dat ons toestand nie so erg is nie.
Jer 6:14 en 8:11 En hulle genees die verbreking van die dogter van my volk op die maklikste manier deur te sê: Vrede, vrede! —terwyl daar geen vrede is nie.
Ps 24:3-6 Wie mag klim op die berg van die HERE? En wie mag staan in sy heilige plek?
Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie. Hy sal seën wegdra van die HERE en geregtigheid van die God van sy heil.
Dit is die geslag van hulle wat na Hom vra, wat u aangesig soek—dit is Jakob. Sela.
Die GKK ag dit sy Bybelse plig om gelowige volksgenote te vermaan om af te sien van die illusie dat die grondwet ons eiendom gaan beskerm en ook van die
grootheidswaan dat ons nie sal toelaat dat hulle ons grond vat nie. Ons moet ons in nederigheid onderwerp aan God se gesag en in afhanklikheid van Hom ons rentmeesterskap nakom en ook die stryd vir oorlewing van ons volk (en die beskerming van ons eiendom) aanpak. Ons het ook ‘n plig om die grond wat ons van ons Vader ontvang het, te bewaar en te beskerm. 1Kon 21:3 Maar Nabot het vir Agab gesê: Mag die HERE my daarvoor bewaar dat ek die erfdeel van my vaders aan u sou gee!
Ons ag dit ook ons Bybelse plig om volksgenote wat meedoen om leuens oor ons geskiedenis te versprei en wie hulle nie aan God se gesag wil onderwerp nie, te vermaan dat hulle die toorn van God in die gesig staar.
Verder vermaan ons die regering en almal wat ons vyandig-gesind is, dat ons ons beroep op die almagtige God van hemel en aarde en dat hulle voor Hom verantwoording sal doen.
Ps 2:1 Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge?
2 Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê:
3 Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!
4 Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle.
5 Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik:
6 Ek tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg.
7 Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer.
8 Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting.
9 U sal hulle verpletter met ‘n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ‘n erdepot.
10 Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde!
11 Dien die HERE met vrees, en juig met bewing.
12 Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!