NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Weet maar elke keer wanneer 'n stemmetjie van binne jou tot impulsiewe gedrag aanspoor, of jou in versoeking bring om iets te doen of te sê wat ander krenk of benadeel, leuens te vertel, of selfs daardie stemmetjie wat jou genadeloos bly beskuldig: dit is nié God se stem nie!

18 MEI: WAAROM VERKIESINGS?

Jeanette Koekemoer

18 MEI 2011: 4e MUNISIPALE VERKIESING ONDER DIE ANC –  18 MEI 1938: ALGEMENE VERKIESING

Daar het vandag weer 'n verkiesingsirkus in ons land plaasgevind en mens wonder nie waarom daar  niks was om voor te stem nie. Een telefoonkortboodskap wat vandag rondgesirkel het, het dalk in sy grappige gees die werklikheid vasgevang met dié woorde: "Ek het die hele dekselse dag in 'n ry gestaan om te stem en toe ek uiteindelik voor is toe sê die kluite vir my my party staan nie!"  Nou ja, as ons nog vir onsself kan dink sal ons besef daar was nie 'n party by die stembus waarvoor gestem kon word nie; nie vir beginsels nie, en nie een vir positiewe ekonomiese omstandighede nie (waarsonder noodsaaklike dienste nie gelewer kan word nie) – die hoofredes waarom 'n verkiesing eintlik plaasvind. Buitendien sou die party wat tans dink hulle is besig om die land te regeer terwyl hulle daarvan niks weet nie, op hulle gewone trant deur middel van korrupsie sorg dat opposisiepartye nie 'n meerderheidstem bekom nie – onthou regter Kriegler se bekentenis oor die "verkiesingsbordeel" waarin hy moes werk toe die land ten alle koste aan die ANC gegee is (en volgens ons internasionale volksvyande wat die toutjies trek sal dit so moet bly, met goeie rede tot húlle voordeel).

Die algemene verkiesing van 18 Mei 1938 het uitdruklik om beginsels gegaan. In 1933 nog was ekonomiese omstandighede deurslaggewend maar daarna in 1934 het Hertzog en Smuts, as leiers van die Nasionale Party en die Suid-Afrikaanse Party onderskeidelik, polities saamgesmelt. Dr Malan het as getroue Afrikaner eenkant gestaan. Vir hom was dit belangriker om volksideale te handhaaf as om 'n verkiesing te wen – 'n voorbeeld wat ons moes gevolg het.

Dr Malan het baie goeie redes gehad waarom hy nie in 'n verkiesing belanggestel het nie: hy wou naamlik propaganda vir 'n republiek maak, die land van Brittanje en die Britse Ryk afskei soos die Afrikanervolk dit begeer het, en hy wou, in geval van 'n Europese oorlog, neutraal staan – alles baie belangriker sake wat aandag moes kry ter wille van volksoorlewing in 'n baie moeilike tyd waar verkiesings nie die volk sou red nie - soos vandag wat die verkiesing van nul en gener waarde vir die Afrikanervolk was, hom net verder verarm het deur sy belastinggeld op 'n onvergeeflike wyse te vermors.

Die Arbeidersparty het drie setels op stemdag 18 Mei 1938 verower, die Britsgesinde Dominion Party agt, die Nasionale Party van dr Malan 27, die Sosialiste een en die Verenigde Party 111. Hertzog het dus premier gebly, Smuts was sy adjunk en dr Malan was Leier van die Opposisie.

Die Eeufeesjaar het egter 'n besielende oplewing van Afrikanernasionalisme na vore laat kom. Die Afrikaner was weliswaar ekonomies swak en polities verslaan maar kultureel opreg trots –iets wat nie vandag blyk te bestaan nie en ons finale ondergang sal meebring as ons nie ernstig poog om weer ons trots te herwin deur ons eie kultuur eenkant te handhaaf nie.

Presies hieruit het ook in Mei 1948 politieke triomf vir dr Malan gevolg. Immers, toe Hertzog in September 1939 deur Smuts van sy premierstoga beroof is deur Suid-Afrika teen die meerderheid Afrikaners se sin met Brittanje saam in 'n wêreldoorlog te dompel, het juis dr Malan vir Hertzog as Afrikanerpatriarg en volksleier en taalgenoot terugverwelkom – nog 'n les wat ons vinnig sal moet leer wanneer sake tussen ons vyande hier so handuit gaan ruk dat ons nie sal kan bekostig om mekaar verder te verwyt en te verwerp nie.

Hieruit is, sonder Hertzog, die Afrikanerparty in 1941 gebore. Malan self het met sy Herenigde Nasionale Party of Volksparty die Afrikanermens polities, kultureel, ekonomies en Christelik-nasionaal gehuisves. Hieruit is ook die politieke roem van Mei 1948 gebore want 'n getroue volk is magtiger as enige politieke party en sy verkiesings.

Maar getrouheid is ongelukkig nie 'n eienskap wat vandag meer algemeen onder die oorblyfsels van ons arme volkie gevind word nie – van getrouheid aan die beginsels waarvoor in 1938 gestem is, is daar vandag nie sprake nie. Die bewys het ons in ons oorlewering aan 'n terroristebende wat hierdie land reeds ekonomies geruïneer het terwyl hulle ons volk teen 'n skrikwekkende tempo uitmoor.

Daarom kon ons nie vandag by die stembus staan en 'n kruisie trek nie - daar was werklik niks om voor te stem nie.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 920 gaste aanlyn