NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Dié mense wat leef asof daar nie lewe ná die dood is nie, gaan niks wen as hulle reg is nie en alles verloor as hulle verkeerd is. Mense wat leef asof hulle aardse lewe hulle toekoms gaan beïnvloed, sal niks verloor as hulle verkeerd is nie, en alles wen indien hulle reg is.

DIE AARDE HET GEBEWE! (5)

THELMA CILLIE

Die verhaal van Suid-Afrika se grootste aardbewing ooit, in 1969 in die Ceresgebied

Lees reeks by Die aarde het gebewe!

(Lees ook meer oor aardbewings by Aardbewings - teken van ons tyd)

Tulbach, 'n klein skilderagtige ou dorpie in hierdie kontrei van ons sal seker nooit weer dieselfde wees nie. In 'n vlietende oomblik het die skudding die ou historiese opstalle só verinneweer dat die meeste seker gesloop sou moet word. 'n Mens kan nie anders as hartseer wees as jy die ontsettende verwoesting gadeslaan nie. Van Tulbagh se kant af kan die littekens wat die geweldige skudding op die lieflike ou Witzenberge gelaat het, ook waargeneem word. Geweldige skeure is uit die berge geruk toe duisende tonne rotse die berghange afgestort het.

Daar sal wel van die waardevolste historiese geboue op die dorp behoue bly maar dit sal 'n aardige bedraggie aan restourasiewerk kos. Eienaardig genoeg, het die kerk op Tulbagh bly staan – net die agterkant is beskadig. Die ou pastorie wat die trots van die dorp is, het ook bly staan, maar is geweldig beskadig. Die gemeente sou kort na die datum van die aardskudding die tweehonderdjarige bestaan van die pastorie vier en vir hierdie besondere geleentheid het die gemeente die mooi ou gebou laat opknap en 'n pragtige nuwe ringmuur volgens die oorspronklike patroon gebou. Ná die verwoesting moes die viering egter vir 'n onbepaalde tyd uitgestel word. Dié gebou wat die oudste bewoonde pastorie in die land is, is binne-in so verniel dat die pastorie-gesin 'n ander heenkome moes vind. Die gewel waarop die datum 1769 gestaan het, het in honderde stukkies oor die stoep gesaai gelê.

'n Toe pasverklaarde historiese monument, die Drosdy, die eerste in dié land van Waveren, is onherkenbaar verniel. Die ou gebou is in 1804 opgerig. Die erg gekraakte buitemure staan nog maar die meeste binnemure dreig om inmekaar te val. Die gewels is heeltemal tot niet, en diep gate is uit die mooi plankvloere geruk. Die kombuis was waarlik net 'n rommelhoop. Ook in hierdie geval is die skade aan die geboue wat van buite al reeds groot lyk, gewoonlik nog baie erger van binne. Gelukkig sou hierdie pragtige historiese erfstuk herbou word.

Die baba van mnr en mev Man Orfen, die gesin wat die Drosdy bewoon, is onder metersdik puin uitgegrawe maar behalwe vir skrape en kneusplekke het sy niks oorgekom nie!

In hierdie tyd het ons ook dikwels aan mnr NC Krone van die plaas Twee Jonge Gezellen, in die distrik Tulbagh gedink. Hulle pragtige Kaaps-Hollandse woonhuis is onherkenbaar verwoes. Hierdie lieflike ou gewelhuis is in die jaar 1719 gebou en reeds die afgelope 250 jaar getrou sy diens as herewoning gelewer. Gelukkig sou dié kultuurskat ook herbou word. Die ou historiese skoolgeboutjie op mnr Krone se plaas is ook daarmee heen. Dis 'n skooltjie waarin onder andere regter HA Fagan van sy skooldae deurgebring het. Alle kleurlinghuise op dié plaas is verwoes en Sara Solomons, 'n kleurlingvrou, het haar baba in die ramp verloor. Ons het groot meegevoel gehad met die gesinne wat kindertjies verloor het.

'n Groot damwal op hierdie plaas het ook meegegee en nagenoeg 60 miljoen gelling water is weggevoer. Ons dink ook aan die plaas La Rhone van mnr Andries du Toit, waar die 250 jaar-oue woning ook verwoes is.

Ons harte gaan uit na so baie mense in hierdie kontrei wie se huise totaal verwoes is maar ons weet hulle sal weer opstaan en herbou, soos hulle voorouer voor hulle gedoen het.

Die ou Steinthal-sendingplaas is ernstig getref; twee kleurlingkinders het tragies gesterf toe al 25 arbeidershuise onherstelbaar beskadig en uitmekaar geruk is.

Die direkteur van die Steinthal-kinderhuis, ds HC van der Berg, het self 'n noue ontkoming gehad toe een van die mure van sy pastorie met 'n geweldige slag langs hom ingestort het. Van die bakstene het teen sy skouer geval. Die 262 kinders van dié kerk-tehuis het niks oorgekom tydens die ramp nie. Hulle koshuis en skoolgebou is egter ook vol gevaarlike baste geruk en al die kinders moes ook maar soos al die ander geteisterdes, die nag buite deurbring.

Die ligter aardtrillings wat met tussenposes ook nou nog gedurig daar voorgekom het, het almal en veral die kleurlinge, erg ontsenu.

Op feitlik elke groot horlosie in hierdie gebied, asook op die kerkhorlosies, het die tyd op vyf minute oor tien gaan staan. Voorwaar 'n uur wat ingebeitel is in elke inwoner van die rampgebied se geheue.

Die mense van Tulbagh het die eerste aand feitlik almal op die skoolplein saamgekom. Dié wat nie in hulle motors probeer slaap het nie, het om groot vure die gebeure bespreek. Al die mense in die rampgebied het in groepe, hulle eie besondere bymekaarkomplekkies gehad gedurende die groot skuddings.

Op 30 September het die manne van die weermag alreeds 400 tente op Tulbagh opgeslaan, op Wolseley 250 en op Ceres 100. Uiteindelik is daar sowat 3000 in die hele gebied opgeslaan. Al die reëlings het vlot verloop onder die bekwame leiding van brigadier J Fourie, bevelvoerder van die Kommandement Westelike-Provinsie.

Die landdroshof en kantore op Tulbagh is ook onveilig geag ná die ramp, en 'n reuse tent is voor die polisiekantoor opgerig om as tydelike kantoor vir die landdros en personeel te dien. Die tente wat vir sulke noodgevalle opgeslaan is, is so gou moontlik vervang deur tydelike opslaangeboue.

Op Wolseley het ons dit nie anders aangetref nie. Mense het verslae in die strate rondgedwaal en kon net soos ons, ook nie begryp wat regtig gebeur het nie.

Ons dink veral baie aan die besondere geval van Teresa. Sy is die dogtertjie van mnr en mev Lodewyk Botma. Hierdie sestienmaande-oue baba was vir meer as 'n uur onder klippe en boumateriaal begrawe. Mnr en mev Botma het die aand vroeg gaan slaap en tussen hulle beddens het hulle 'n grondbedjie vir Teresa gemaak. Twee ander dogters het in 'n ander kamer geslaap. Toe die geweld van die aardbewing tref, het mnr Botma eerste opgespring, en oomblikke daarna het die muur ingestort. Mense het uitgehardloop en familie het mekaar verdring. Meteens het dit tot hulle deurgedring dat daar nog mense in die huis is en hulle is dwarsdeur die stukkende mure om mev Botma uit die puin te bevry. Die twee dogters was in hulle kamer vasgevang, en Elsa het om hulp geroep terwyl die ander dogter Ina, bewusteloos was. Nadat hulle bevry is, is kunsmatige asemhaling op Ina toegepas en het sy weer bygekom.

Die hoop puin waaronder klein Teresa gelê het was so groot dat almal aanvanklik nie gedink het hulle kon haar red nie, maar die stadsklerk mnr C Kempen, het in die puin begin grawe en ander het hom toe gehelp. Uiteindelik is Teresa gevind. 'n Dokter het haar dadelik behandel. Die stof en sand is uit die mond en neusie gewas, en behalwe vir 'n skrapie langs haar mond het hierdie kindjie wat dood gewaan is, niks oorgekom nie.

Die vier-en-tagtig-jarige mnr Slabber van Wolseley was vir menige jongmens tot voorbeeld. Die oggendluggie was nog fris toe hy reeds begin het om rommel op te ruim rondom sy vernielde huis.

So het elke dorp in die rampgebied sy eie verhale van moed en ontkomings en sy eie leed gehad. Een ding is egter seker – al is die storie ook wát en al was die leed ook hóé bitter – ook Wolseley sou opstaan en alles weer herbou.

Prince Alfred's Hamlet is ook nie gespaar nie. Oral het die streep van verwoesting gelê. Die plase agter die Witzenberge het kwaai deurgeloop. Selfs splinternuwe huise het op die grond gelê en sou weer herbou moes word. In hierdie omgewing het een kleurlingvrou ook onder die puin die lewe gelaat.

Op een plaas het 'n rots wat later op min of meer 60 ton in gewig geskat is, teen die berhang afgerol en binne een van die appelboorde tot stilstand gekom. Die rots het sy baan gevolg tussen twee rye bome deur en nie één boom is uit sy plek gestamp nie! Die eienaar van die plaas was in die bad tydens die aardskok, en die stomme man het so groot geskrik dat hy eers twee weke daarná vir die eerste keer dit weer in 'n badkamer hier op die dorp gewaag het. En toe moes 'n vriend nog by hom waghou terwyl hy bad!

Hulp het van oral na die rampgebied ingestroom Die weermag het onmiddellik die dienste van 20 swaar voertuie, 7 helikopters en 230 manne tot ons beskikking gestel. Die helikopters het gehelp om die waternood wat op Ceres ontstaan het te verlig, en ook op Wolseley was hulle behulpsaam in dié verband. Die helikopters was gebruik om swaar pype na die berge te vervoer waar die beskadigde waterpype vervang is.

My gedagtes en meegevoel gaan veral uit na die kleurlingvrou, Lily Krieling. Haar driejarige dogtertjie Gertrude, het agter haar gelê en slaap toe 'n swaar balk van die huis in Steinthal waar hulle gekuier het, afgeval en hulle vasgepen het. Die kind het onder haar ma beland en stadig gelê en versmoor terwyl Lily weens die knellende gewig van die balk nie kon roer nie. Albei haar bene is vergruis en sy is later per ambulans na die Paarlse hospitaal vervoer.

Met geen watertoevoer in sommige van die geteisterde dorpe weens die beskadigde waterpype het die mense hulle in 'n uiters onbenydenswaardige toestand bevind. Ons dink hier veral ook aan die probleme van winkeleienaars, aptekers, ensomeer. In meer as een winkel was daar chaos op die vloere. 'n Mengsel van deurmekaar kleure en geure het mekaar verdring. Dit was tamatiesous, Worcestersous, ingemaakte strope en ingemaakte vrugte, koeldranke, olies, asyn en wat dies meer sy – een glibberige gemors. En dit moes skoon – sonder water!

In die apteke het dit nie anders gegaan nie en allerhande soorte medisyne, pille, skoonheidsmiddels en lekkerruikolies se houers het flenters op die vloer gelê. Die inhoud het 'n eie mengsel gevorm – 'n bietjie van hierdie mengsel kon dalk sekere kwale genees het!

In die bottelstore het al die 'voggies' wat op die rakke gestaan het nou onbruikbaar op die vloer gelê. Dié toestand glo ek, het seker menige liefhebber daarvan treurig gestem...

'n Waterkar het 'n paar keer op 'n dag deur die dorp gery om in die ergste behoeftes te probeer voorsien. Ons het in hierdie tyd by huis Maudie Kriel ingeloer, en het ons verstom aan die ongerief wat die oues van dae sonder water moes deurmaak. Kan 'n mens jou voorstel hoe ontwrig hulle was sonder water in die pype in die toilette en badkamers? Menige oue van dae moes ook nog 'n paar keer op 'n dag op  'n 'stelletjie' gehelp word. Die matrone en haar helpers het voorwaar in dié waterlose dae nie 'n maklike taak gehad nie.

Ons het opnuut die kosbaarheid van water besef, en dit het ons ernstig aan die gebiede laat dink waar water altyd as 'n kosbare artikel beskou word – en daar altyd suinig mee gewerk moes word.

Aardskokke is amper landswyd gevoel... vervolg

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2969 gaste aanlyn