NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

...Die ongeregtigheid van die huis van Israel en van Juda is buitengewoon groot, en die land is vol bloedskuld, en die stad is vol regsverbreking; want hulle sê Die HERE het die land verlaat, en die HERE sien nie. Daarom ook, wat My aangaan, my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie; Ek sal hulle wandel op hulle hoof laat neerkom – Esègiël 9.

DIE AARDE HET GEBEWE! (10)

THELMA CILLIE

Die verhaal van Suid-Afrika se grootste aardbewing ooit - 1969 in die Ceresgebied.

Lees reeks by Die aarde het gebewe!

(Lees ook meer oor aardbewings by Aardbewings - teken van ons tyd)

AAN DIE BEGIN van November het die burgemeester 'n vriendelike versoek aan die publiek gerig, om tog geen klappers te koop of te verkoop nie — met die oog op die 5de November (viering van ‘Guy Fawkes’). Die mense se senuwees was alreeds aan flarde en as die kinders nou nog sou begin klappers skiet, sou dit net wees om 'n mens nog verder te ontstel. Veral sommige van die ouer mense kon op hierdie stadium niks meer verduur nie. Die publiek het vriendelik gereageer op hierdie versoek en ons was almal dankbaar dat ons burgemeester op die mooi gedagte gekom het.

Die oggend van die 5de November het Lila vir die eerste keer teruggegaan na haar huis op die dorp. Sy het nou al haar moed bymekaar geskraap en sy en Sannie, haar buurvrou, sou nou maar voortaan in 'n tent slaap. Ek het haar met haar beddegoed gehelp om in die tent in te trek en het skertsend opgemerk dat sy die aand maar weer by ons moes kom slaap ingeval dit weer sou skud!

Daardie aand van die 5de, sit Malan, Apie en ek self gesellig met 'n koppie tee om die kombuistafel. Daar was die dag geen noemenswaardige trillings nie en ons het daaroor gepraat dat mense nou regtig moes probeer om hulle vrese te oorwin en hulle moed bymekaar moes skraap om in hulle, huise te begin woon. Met so 'n onseker toestand was ons besig om onnodige vrees by ons kinders te kweek. Alhoewel ons self nog met die grootste onsekerheid geleef en geworstel het, moes ons tog probeer om so op te tree, dat ons kinders meer gerus voel. Baie kinders was nog in 'n geskokte toestand, en was nog steeds afhanklik van kalmeerpille.

En terwyl ons nog so oor die dinge praat, tref 'n hewige skudding ons weer ... Kasdeure vlieg weer oop en blompotte en ander voorwerpe op die rakke begin tuimel - een van hulle val op Apie se kop en spat in flenters toe dit grond vat. Ek hardloop kamer toe om my slapende dogtertjie te gaan haal, want dit het kompleet weer gelyk asof die hele huis kantel en asof die mure elke oomblik kon omval. Ons kon die dinge nou alles sien omdat die elektriese ligte nie hierdie keer uitgedoof is nie. Apie, wat nog met sy gesin by ons op die werf gewoon het, het hom na Anna, sy vrou gehaas en haar asvaal en bewend van vrees aangetref. Gelukkig het hulle dogtertjie, Marie, dié keer deur alles heen geslaap.

Mense wat op dié stadium buite was, het almal gesê dat dit gelyk het asof die berge en bome vooroor wou val. Uitlanders wat meer bekend is met aardbewings; het ons meegedeel dat ons bly kan wees dat die skuddings elke keer in die aand gekom het. Hulle sê dat dit 'n ontsettende belewenis is om 'n aardbewing in die daglig te beleef; want alles wat jy waarneem begin meteens te kantel, bewe en dans, en dit voel vir jou asof alles op jou gaan val.

Hierdie skudding van 5 November 1969 het die gebied die aand net na nege-uur getref. Dit was nog nie heeltemal stikdonker nie. Meteens was alles weer in chaos. Die mense het weer so gou as wat hulle maar kon, uit die dorp padgegee en in groepe by plaashuise aangekom. Ons eie werf was weer binne 'n kort tydjie vol motors, soos vriende van die dorp of aangekom het. Lila, so bleek soos die dood het ook aangejaag gekom, nadat sy in haar verskrikte toestand eers by ons uitdraaipad verbygejaag het. Hierdie nag het weer eens 'n nag van verskrikking geword . . . en die vrees het weer groot en werklik in ons kom lê.

Ons het weer in 'n verwese en magtelose groepie voor ons agterdeur gesit maar gelukkig was dit nie meer so koud nie! Die aarde het weer gestamp, geroer, geraas en gedreun! Ons het doodstil na mekaar gekyk en ons was verskriklik bang. Hoe lank sal die dinge nog aanhou? En sal ons almal dit op die lange duur kon uitstaan, het ons gewonder. Daar was weer die aaklige, skrikaanjaende gevoel —

Ons het weer in 'n verwese en magtelose groepie voor ors agterdeur gesit maar gelukkig-was dit nie weer so koud nie! Die garde het weer gestamp, geroer, geraas en gedreun! Ons het doodstil na mekaar gekyk en ors was verskriklik bang. Hoe lank sal die dirge nog aanhou? En sal ors almal dit op die large dour kon uitstaan, het ors gewonder. Daar was weer die aaklige, skrikaanjaende gevoel —asof die garde order ors hol is en dat dit met reuse rollende rotse opgevul word. Om die werklike gevoel to beskryf is geheel en al onmoontlik.

Ons het weer die angsvolle ure van die nag verwyl, deur kort-kort koffie te drink en die wat pille of iets sterker nodig gehad het, het dit ook gekry. Van slaap was daar weer geen sprake nie en menige inwoner van Ceres het mekaar weer eens geselskap gehou by Bangbroeklaagte!

TEEN ELFUUR daardie aand het Lila aan my gevra hoe ek nou dink, dat ons sal weet as daar nou regtig so iets ernstigs gebeur, dat die gebied ontruim moet word. My antwoord was: “Ek reken dat hulle die sirenes sal aanskakel om die mense se aandag te trek."

En, meteens! asof ons dit self gedoen het, begin die sirene loei en dit laat ons vir 'n oomblik stom van vrees stilstaan. Ons het vlak teen Rooikrans 'n verblindende wit lig gesien en 'n aanhoudende sissende geluid gehoor. Ons het so ontsteld geraak dat ons later vas geglo het dat 'n vuurspuwende berg in ons berge ontstaan het. Om ons nog verder te ontstel het ons net gehoor hoe mense met hul motors weer die dorp uitjaag!

Malan wat vroeer daardie aand gaan kyk het hoe dit met bure van ons gesteld is, het ook nie teruggekom nie en vrees het ons later absoluut verteer! Toe hy uiteindelik opdaag, het ons dadelik die kinders wat teen hierdie tyd soos riete gebeef het, in die motors gelaai en gaan ondersoek instel na die eienaardige verskynsel. Ons het gelukkig een van die Weermag se vragmotors langs die pad teëgekom en hulle het ons vertel dat dit een van die Weermag se brandstofdromme was wat teen die berg ontplof het — vandaar die sissende geluid, gepaard met die wit vlamme!

Wat 'n genadige verligting was dit nie! Ons het dadelik weer teruggegaan huis toe en nadat ons dit in die bewende huis gewaag het om genoeg matrasse en komberse te kry, het ons weer eens die nag buite deurgebring.... Baie mense het nie eens die moeite gedoen om te gaan ondersoek instel na die lig teen die berg nie. Hulle het net eenvoudig die hasepad gekies en die nag op 'n veilige afstand van die dorp of deurgebring. Diesulkes het eers die volgende môre verneem wat aangegaan het.

Die nag was daar baie mense wat met groot moeite al hulle huismense wakker gekry het sodat hulle kon vlug; want baie mense het teen die tyd 'n gewoonte gehad om met 'n slaappil bed toe te gaan — laat dan nou maar kom wat wil het hulle geredeneer. So was daar byvoorbeeld een familie wat hulle byna dood gesukkel het om 'n ou dame van by die sewentig wakker te kry sodat hulle kon vlug — ook oortuig daarvan dat dit 'n vuurspuwende berg was wat oopgegaan het!

Die slapende tannie wou egter glad nie gehinder wees nie, want sy het dan nou alte vas van al die pille geslaap! AI uitweg wat oorgebly het vir onse vriend John, was dat hy die ou dame feitlik na sy motor moes dra!

So het daar te midde van ons angs die nag, tog baie sulke lagwekkende toneeltjies afgespeel, en dit was weer eens 'n nag van min slaap en 'n steeds wankelrige aarde onder ons.

Die volgende dag het dit maar weer gelyk asof 'n orkaan deur ons huise getrek bet — net sand waar jy ook al kyk soos dit uitgeval het van die barste wat reeds daar was en wat nou breër, en ook méér geword het.

Hierdie skudding het 6 gemeet, en die nag van die 6de November het ons ook weer buite deurgebring, want die aarde onder ons het aanhoudend so skrikwekkend geraas en rumoer, dat ons vir die soveelste keer in ons motorhuis ingetrek het. Ons het teen dié tyd al so baie heen en weer getrek, dat ek werklik nie meer presies daarvan kan rekenskap gee nie.

Ons was nou reeds moedeloos en magteloos van vermoeienis en kwelling. Niks was meer regtig belangrik nie. Ons het doelloos deur die dae gedrentel en ons het verslae gesit en gesels oor al die, vir ons so onbekende, verskynsels. Huise was opnuut weer nog erger beskadig en ons het die groot aantal gesinne wie se huise totaal verwoes is, ontsettend jammer gekry. Een ou tannie wie se huis inmekaar geval het en wat onder uiters ongerieflike omstandighede gewoon het, het eendag teenoor my opgemerk: “Ek dink na al hierdie maande van ellende en swaarkry, het die Here seker al my sondes vergewe; want om onder sulke omstandighede te woon, wens ek my ergste vyand nie toe nie!"

Daar het nou feitlik geen dag omgegaan waarop ons nie trillings gevoel het nie. Weliswaar nie baie erg nie — maar oorgenoeg om die vrees in ons vars te hou . .

Baie mense het nou tot die skokkende ontdekking gekom dat hulle eiendomme nie reg verseker is nie. Die versekeringsmaatskappye kon hulle gevolglik nie uitbetaal nie, want hulle was nie teen aardbewings verseker nie! Baie van die ouer mense wat al vir 50 jaar of langer premies op polisse teen brand en ander skade aan hul huise betaal het, het nou vir die eerste keer uitgevind dat daar intussen 'n allesomvattende polis ingestel was waarvan hulle nie geweet het nie. Mense het paniekerig geword omdat hulle nie versekeringsgelde sou ontvang waarmee hulle hul huise kon herbou nie — die huise wat baie gesinne nou deur hierdie ramp verloor het, was immers al wat hulle besit het, maar ons weet dat hierdie verliese deur ons regering vergoed sal word — soos trouens by verskillende geleenthede belowe is. Ons self was by Santam verseker en hulle het ons baie goed behandel.

Dit is goed om te weet dat huiseienaars nou 25 persent meer sal moet betaal om hulle huise en ander geboue teen aardbewings te verseker. Hierdie besluit is deur die Versekeringsraad van Suid-Afrika geneem nadat miljoene rande deur versekeringsmaatskappye uitbetaal moes word ná die aardskuddings wat die Boland getref het.

INTUSSEN was die res van ons land in die knellende wurggreep van droogte, en ons het maar alte goed geweet ons is nie al wat gebuk gaan onder die ontsetting en ontberinge van 'n natuurramp nie . . .

Terwyl ons nog ons eie wonde gelek het, het ons gehoor van die ontsettende busramp op Henley-on-Klip, waar so baie skoolkinders die lewe gelaat het — en ons het besef dat hulle ramp baie erger is as ons s'n! Ons kon weer opbou - al sou dit jare duur. Ons kon vergoeding kry vir ons verliese en ons sou weer eendag in gerieflike huise woon, maar hulle kinders het wreed heengegaan. Ons het opnuut verwonderd gestaan oor die weë van die Here, wat vir ons so volkome onverstaanbaar is.

PARTY MENSE het nou ernstig begin gesels daaroor om weg te trek uit die gebied. Gelukkig nie baie nie — want ons het ook besef dat ons nou meer as ooit tevore mekaar se hulp en bystand nodig gehad het.

Ons self het geen keuse oorweeg nie — ons moes hier bly. Ons het nie eers aan padgee gedink nie, want behalwe dat ons nie wil trek nie, besit ons boeregemeenskap net die grond waaruit ons 'n lewe moet maak — al bewe en rittel die grond nou en verseg die aardbodem om tot rus te kom .. .

Baie mense het elke naweek na ander plekke gegaan. Hulle kon the gou genoeg Vrydae vertrek nie, en het nie weer voor Maandagoggend teruggekom nie. Ek glo vir diesulkes was die aanpassing met hierdie nuwe omstandighede veel moeiliker as vir ons ander wat onder alle omstandighede tuis gebly het. Die mense wat so rondbeweeg het van een plek na die ander het 'n matelose vrees by hulle kinders laat ontwikkel. Tog het ons mekaar nie kwalik geneem in ons doen en denke nie — elkeen moes in hierdie tyd sy eie heil uitwerk - die hoofsaak was om gemoedsrus te probeer vind.

Daar is die geval van mnr. X wat baie, baie bang was. Die stomme man was werklik ekstra bang. Hy besluit toe om te verhuis na die dorpie C. “O! nee," sê hy, ek gaan nou werk lik nie oor die aardbewing weg nie, ek het lankal onderhandel vir die betrokke pos en die vooruitsigte is so goed dat ek werklik nie die kans kan laat verby gaan nie." Spelenderwys het ek toe opgemerk dat die plekkie waarheen by nou wil versit mos juis die plek is waar hulle 'n volgende aardbewing verwag! Toe ek weke later weer van vriend X verneem, is hy kant en klaar gevestig op 'n Karoodorp baie myle hiervandaan — ten spyte van sy goeie vooruitsigte op dorpie C.

In ons midde is 'n sekere man wat hom ná die vloedramp op Port Elizabeth hier kom vestig het. Hy het werklik nie weer kans gesien vir oorstromings nie — en hier kry by jou waarlik weer teëspoed met die aardbewing! Nog 'n bewys dat om te verhuis eintlik geen oplossing is nie — 'n mens kan dalk net reg in die leeu se bek loop .. .

Opmerklik ook was die snode ondankbaarheid wat ons by 'n groepie mense gevind het oor die tydelike huise. Die huise is dan nou te klein, te warm, te dit en te dat. Die een wou syne liewer noord laat front en die ander weer liewer na die ooste; en sommige basuin luidkeels hul griewe teen die rampkomitee uit. 'n Mens wonder met wie die mense nou eintlik twis — dit is tog immers 'n natuurramp en 'n beproewing van die Skepper self — niemand kan daarvoor verantwoordelik gehou word nie— allermins die regering of die rampkomitee wat alles in hulle vermoë gedoen het om die nood en ontberinge te verlig.

Ons het in baie gevalle opgemerk dat van die jonger mense wie se kook- en badgeriewe nog gebruik kon word, al was hulle huise baie gebars — se opslaanhuise al kant en klaar was, terwyl van ons ouer mense selfs na maande nog, in tente in die uiterste ongerief moes lewe. Ons ouer mense het tog, reg of sleg, die wêreld gebring waar by vandag is en ek glo dat ons in sulke krisistye onsself 'n bietjie moet vergeet en eers ons ouer mense moet versorg. Dit was baie verstandig van die owerheid om ná die skade van die tweede aardskok, eers 'n opname te laat maak waarvolgens die dringendheid van huisgesinne se beboeftes bepaal is, voordat hulle tydelike huise opgesit is.

Verreweg die grootste meerderheid van ons mense was egter baie, baie opreg dankbaar vir hierdie grootse gebaar van regeringskant, om vir elkeen in die rampgebied so gou as moontlik 'n veilige woning aan te bied. Ons weet dat baie mense nog nooit in hulle hele bestaan so 'n skoon en gerieflike huisie gehad het soos hierdie tydelike opslaanhuisies nie en ons bly ewig dankbaar.

Sondig soos dit mag klink, het baie van ons wie se huise erg beskadig was, gewonder of dit nie beter sou gewees het as dit heeltemal ineengestort was nie. Want, ag Liewe Vader, waar begin 'n mens nou regmaak? Sal ons dit ooit weer so stewig kry en sal ons ooit weer veilig voel in 'n steenhuis? Ons meubels verniel vreeslik, want met die geringste skudding sif sand opnuut deur die skeure en ons grootste werk bly uitvee en afstof. ..

SALARISMENSE het nou dikwels na ander plekke gegaan - hulle is soms as 't ware afgerokkel! Hoër salarisse en huisvesting is uit ander oorde aangebied, en ons mense in die rampgebied voel dit is eintlik 'n gemene daad om sulke situasies uit te buit en op dié manier die dienste van ons knap manne te bekom.

Mense wie se huise totaal tot niet is, het hulle op andei plekke gaan vestig, en 'n mens wonder onwillekeurig of dic vriendekringe wat hulle deur die jare Kier by ons opgeboi het, dan werklik so miii vir hulle beteken het. Ons wat agter. gebly het, is teleurgesteld dat hulle nie kans gesien het on weer scam met ons ons gemeenskappe te help opbou het nie - woonplekke wat tog seker vir hulle ook dierbaar was. On het so baie plesier uit ons dorpies gehad toe alles mooi ei heel en agtermekaar was — hoe kan ons dan nou die rug daar op draai terwyl alles meteens stakkend gebreek is? Ons moe mekaar help om dit alles weer mooi te maak.

Ons wonder of diéwat ons verlaat het nie soms 'n bietjie gaan verlang nie ...

ONS BUURMAN, Willem, het vir 'n lang tyd met sy hele familie snags agter op die bak van sy vragmotor geslaap. As dit aand word, het hulle op die vragmotor geklim en dan gaan parkeer Willem die voertuig waar hy dit die veiligste ag - altyd met die voorkant na die Karoo se kant toe! As dit nou regtig to erg begin bewe het, het hy na ons gekom en die nag by ons op die werf deurgebring. Die spreekwoord van: hoe meer siele hoe meer vreugde, geld mos ook in tye van nood nie waar nie?

DAAR word vertel van 'n dame in die rampgebied wat op 'n outydse koper hemelbed geslaap het. Sy wou deur al die jare heen nooit afstand daarvan doen nie. Haar familie het haar al probeer oorreed om liewer vir haar 'n kleiner bed aan te skaf, maar verniet — ook maar gelukkig vir haar. Die nag van die aardbewing het die bed skielik begin beweeg, op sy wieletjies gegly en teen die verste muur tot stilstand gekom, terwyl die muur agter haar bed inmekaar getuimel het. So het hierdie dame haar gespaarde lewe aan die beweging van die hemelbed te make.

Baie kostelik en eg menslik is die storie van die ou dame van die Maudie Kriel Tehuis. Sy en haar suster is die angsvolle nag na 'n familielid op die plaas — sonder al die nodige klere. Hulle het net met hulle nagjurke aan uitgevlug en was natuurlik te bang om dit in hulle kamers te waag om die nodige onderklere te kry. Toe hulle nou die nag op die plaas aankom, het hulle ook maar soos ons almal in die nag, saam met die huismense in een vertrek vergader en die nuwe dag ingewag. Terwyl die gasvrou van die huis nou weer vir die soveelste keer gaan koffie haal het, het die ou dame wat nie meer so vlug op die been was nie, gevoel daar gaan 'n “fout" kom; “Sannie, ag Sannie," roep sy benoud na haar suster. “Kom help my tog gou, agtertoe.” Sannie kon nie gou genoeg help nie — en suster kon nie gou genoeg beweeg nie! Aan gedane sake was nou geen keer nie, en al wat die verleë ou dame kon sê, was: “Ag liewe Vader, as ek nou geweet het dat daar 'n aardbewing sou kom, sou ek mos nooit gister twee purgasie-pille gedrink het nie . . . !"

En wat van die twee wat in hulle haas die nag van verskrikking eers gou hulle tande uit die glasies water voor hulle bed gehaal het en in die mond gestop het. Toe hulle nou in hulle vaart buite kom, vind hulle dat hulle glad nie kan praat nie. Benoud het hulle gewonder of hulle dalk nou stom geskrik is, totdat hulle ontdek het dat hulle mekaar se tande het!

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2974 gaste aanlyn