Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jy sal nooit 'n leier kan wees voordat jy geleer het om te volg en gelei te word nie; redelikheid en helder onderskeidingsvermoë gaan nou daarmee saam. Dan eers sal jy in staat wees om jou volgelinge soms toe te laat om die leiding te neem as hulle graag wil, en almal sal daarby baat vind.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (31)
‘n Man en sy gesin het ‘n appelboom in hulle tuin gehad. Die boom was besonder vrugbaar en het elke seisoen honderde heerlike, rooiwang appels geproduseer. Hiervan het die gesin geleef en, soms, as daar ‘n oorvloed vrugte was, mandjies vol daarvan verkoop, vir ander eetgoed, klere, meubels en benodigdhede, selfs luukse goedere. Inderdaad was hulle baie geseënd met die boom agter in die tuin.
Toe kom die winter. ‘n Besonder koue en harde winter, wat hulle koud gelaat het, alhoewel daar nog gedroogte appels en vrugtesap van die somer oor was. Uiteindelik het hulle die meubels verbrand vir hitte en ook selfs klere. Die winter het egter voortgeduur en een mooi oggend het die pa die boom afgekap vir hitte. Dit het vir twee dae genoeg warmte verskaf.
Die lente het vroeg gekom, maar daar was nie ‘n boom waaraan die bloeisels en uiteindelik die vrugte sou hang nie. Hulle het daardie jaar gesterf van honger.
Aan die suidpunt van Afrika was die swartmense geseënd genoeg om vindingryke, slim en hardwerkende blankes te hê, wat gesorg het dat infrastruktuur, die beste in die hele Afrika, gebou kon word. Fabrieke, myne, boerderye, spoornetwerke en ‘n gevestigde, kerngesonde elektrisiteitsverskaffer. Daar was genoeg dat van die produkte, insluitende elektrisiteit, uitgevoer kon word.
Maar toe vernietig hulle die infrastruktuur om luukse goedere, huise, klere en karrre te koop.
*
“Jana, weet jy hoe om te skiet?”
“Jy het my al gevra en ek het geantwoord dat ek kan.”
“Dan moet ons vir jou ’n wapen of twee kry. Miskien nie een wat jy sou verkies of gewoond aan is nie, maar iets is beter as niks.”
“Intussen het ek my byl.”
“Ja, jy het jou byl.”
Ten spyte daarvan dat daar baie vuurwapens in omloop was, voor en na die ineenstorting, is dit amper ondenkbaar dat die twee vroue, noudat hulle op soek is na een, nêrens een kan kry nie.
Natuurlik is daar honderde duisende mense aan die beweeg, daar is uitgebrande en leeggesteelde geboue oral langs en naby die pad, maar waar hulle in veiligheid hierdie plekke kan deursoek, is daar geen spoor van enigiets nie. Dis ook net so waar dat diegene wat brand en breek, vermoor en martel, ook op soek is na wapens. Wapens, kos en geld.
Bella en Jana besluit uiteindelik dat hulle hulle modus operandi moet verander. Waar hulle vantevore bloot van begaanbare en veilige paaie af weggebly het, om sodoende alle gevaar te vermy, terwyl hulle aan die beweeg gebly het, sal hulle nou, indien dit kan werk, van die in transito mense moet tegemoet gaan.
*
“We are not going to get rid of them!” roep Bill bokant die knal van kleingeweervuur uit.
Die aanvallers, wie hulle ookal mag wees, hetsy ‘n privaat weermag, regeringsoldate (te betwyfel) of bloot onwettige agtervolgers, miskien uit een van die Afrikastate, het geen simpatie met hulle eie ongevalle nie. Hulle beweeg egter al nader, en teen die betreklik stadige vordering wat Kris en sy manne maak, is dit duidelik dat hulle mettertyd ingehaal sal word.
“How many do you reckon?”
“Hard to say – maybe a hundred, maybe more!”
Ten spyte van die klap van koeëls rondom hulle, loop Bill na Kris toe.
“What are we gonna do, Boet?”
“Shoot back.”
“It is only a matter of time before they get reinforcements.”
“Well, then we shoot back and try to get out of this swamp.”
Bill se woorde is nog nie koud nie, of ‘n stippeltjie ver aan hulle agterkant, teenaan die lang opdraande, kom aangery. ‘n Koue rilling loop teen Kris se rug af. Hulle het min wapens en uiteraard beperkte ammunisievoorraad.
Die aanvallers het ook die versterkings sien aankom, staak vuur vir ‘n paar sekondes en selfs op hierdie afstand is dit duidelik hoorbaar hoe hulle juig en skreeu. Hande word uitbundig in die lug gegooi en skote word in vol-outomaties die lug in afgevuur, soos net Afrika dit kan doen. Hier en daar breek selfs ‘n effense dansie agter-op die voertuie se bakke uit. Die oorwinning is ‘n kilometer van hulle af en daarmee gepaardgaande ongekende rykdom.
Die enigste vraag is hoe weet hulle van die diamante en miljarde in Draer Verbande?
*
Vier dae later het Bella vir Jana ‘n wapen gekry. Half versteek onder ‘n omgekeerde Corrolla, skuins agter die liggaam van die eertydse eienaar, met net die stukkie van die sintetiese kolf wat uitsteek – die rede waarom dit nie gevat is nie - is ‘n semi-outomatiese Ruger 10/22 geweertjie.
Met ‘n serp oor haar mond en neus gebind om die week-oue liggaam van die man eenkant te trek sonder om naar te word, sleep die twee hom eenkant, en kry die wapen uit. Dit is nog donker van die bloed en stof wat daarom gepak het, maar sal moet doen. Met die wegsleep van die man, kry hulle ‘n vol pakkie ou, maar dienbare CCI Max-Mag .22 rondtes.
Jana neem die geweer, bleek om die kiewe, loop ‘n half dosyn tree eenkant toe en word naar in die droë wintersgras. Daarna maak sy die wapen so goed as moontlik skoon. Hulle smeer die bewegende dele met ‘n bietjie enjinolie.