Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jesus het deur middel van gelykenisse vir die mense verduidelik waaroor die koninkryk van God – waaroor Hy so dikwels gepraat het – eintlik gaan. Maar almal wat Hom gehoor het, kon Hom nie verstaan nie. Jesus verduidelik dan ook die gelykenisse aan sy dissipels sodat húlle werklik beter kan verstaan wat Hy bedoel. Jesus se navolgers is dus bevoorreg om hul kennis en insig oor die koninkryk van God eerstehands te kan vermeerder – diegene wat reeds begrip het, sal nog meer kry.
1914: GENL DE LA REY BETAAL MET SY LEWE
Lees volledig by Kultuurdagboek
'n Dapper Boereheld wat moes sterf omdat sy suiwer ideale nie met sy verraderlike regering s'n ooreengekom het nie. Tog interessant dat genl De la Rey se dood deur die jare afgemaak is as 'n ongeluk. Sy grootste vegprestasie is dat hy die hele oorlog onoorwonne deurgeveg het as ruitergeneraal wat in die besonder welslae behaal het met sy beroemde stormjaagtaktiek, met die skande dat hy elf jaar later deur sy eie lafhartige mense van agter doodgeskiet word - swakkelinge wat die moord dan nog ook afgemaak het as 'n "ongeluk".
Genl. De la Rey het republikein gebly, en dit het hom in stryd met die regering gebring toe dié besluit het om aan die Eerste Wêreldoorlog deel te neem – 'n feit wat eindelik sy lewe gekos het - lees die volledige gebeure by Wie is die skuldiges
Op 15 September reis genl. Jacobus Hercules (Koos) de la Rey en genl. C.F. Beyers per motor na Potchefstroom. Hulle was oppad na Kemp, bevelvoerder van die militêre kamp daar, wat gereed was om teen die Regering op te tree uit weerstand teen die skandelike Botha-regering se deelname aan die Eerste Wêreldoorlog.
Genl. De la Rey sou egter nooit sy bestemming bereik nie. Die polisie het glo die hele Witwatersrand opsoek na ene William Foster en sy berugte moordbende gefynkam. Die twee generaals word in Langlaagte, net wes van die Middestad van Johannesburg, deur die polisie gedaag. Hulle ry egter voort en die polisie skiet na die motor welwetende presies wie daarin sit – ‘n skoot tref genl. De La Rey noodlottig in sy rug – 'n koelbloedige skoot van agter.
Vyf dae later is hy op Lichtenburg begrawe. Een van sy grootste oorlogskamerade in die Tweede Vryheidsoorlog, genl. C.R. de Wet, op wie genl. De la Rey se tragiese dood diepe indruk gemaak het, het op die begrafnis gesê dat De la Rey “een van die dapperste van die dapperes, een van die getrouste onder die getroues” was. Genl. De la Rey se onwrikbare Godsvertroue, vaderlandsliefde en geloof aan die volkswil het ‘n onuitwisbare stempel op die Afrikaner se vryheidstrewe gelaat.
Hy is op 22 Oktober 1847 op die plaas Doornfontein in die distrik Winburg gebore. Ondanks weinig formele onderwys was hy besonder skrander en bekwaam. Sy militêre leierseienskappe het al op 19-jarige leeftyd in die Basoeto-oorlog van 1865 na vore gekom en in die Engelse Oorlog tot volheid ontplooi. Met die uitbreek van die oorlog het kmdt.-genl. Joubert hom aangestel as veggeneraal onder bevel van en ook as raadgewer vir genl. P.A. Cronje in Wes-Transvaal.
Hy was ‘n uitmuntende strateeg, wat soms met genl. Cronje verskil het. Die "Leeu van Wes-Transvaal” soos hy bekend geword het, het as onoorwonnene deel gehad aan die vredesonderhandelinge en –ondertekening in 1902.
In 1908 was hy lid van die Transvaalse afvaardiging in die Nasionale Konvensie, wat die Unie van Suid-Afrika in 1910 tot stand gebring het. Hy was ook lid van die eerste Senaat.