Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wat verstaan die Bybel onder reg? Waarom wil God dit hê? Sodat mense in gehoorsaamheid aan God se Woord rustig kan saam leef. Gevolglik verskil dit wat vandag met menseregte bedoel word, ingrypend van die Bybel se idee van regte. Vandag word die skepsel bo die Skepper gedien (Rom.1:25)!
DIE AGTER- GEBLEWENES (9)
Andrè E van den Berg
Lees reeks by Agtergeblewenes
RASSEHAAT EN DISKRIMINASIE
"Why have loyal African chiefs and white policemen and soldiers been penalised and black murderers allowed to escape the price of their crime on a technicality?"
"If we have to apply affirmative action to its logical conclusion, the interpretation of our black people are: Let the whites be out from the power structures and let us be in. It is as simple as that. But then it is wrong. It is wrong to replace white racism with black racism. The world will condemn us. But I can assure you, our constituency will applaud us. But then it will have consequences..."
Swartes staan altyd gereed om blankes se klem op rasseverskeidenheid as rassehaat te brandmerk en aan die groot klok te hang. Terwyl die meeste blankes voorgee om nie-rassig te wees, steek swartes dit, ironies genoeg, glad nie weg dat hulle hul eie soort verkies nie. Let maar net op die VSA waar daar, wat rassegetalle betref, meer swartes in hoë betrekkings is as blankes. Laat daar egter net meer blanke aktuarisse, wiskundiges en suksesvolle sakelui wees, dan is die gort gaar!
VOORTREKKER- PIONIERS (19)
Dr JP Botha
Lees reeks by Voortrekker-pioniers
Ohrigstad word verlaat (2)
Nadat die skeuring tussen hoofkommandant Potgieter en die volksraadsparty op 8 Junie 1846 plaasgevind het, het die tempo van verlating nog meer versnel, sodat Potgieter op 10 Desember 1846 aan Gert Kruger te Magaliesberg geskrywe het 'dat de grootste gedeelte van mynen menschen van tyd tot tyd uittrekken en onze party hier zoo zwak laat dat ik vrees, als wy van U niet spoedig hulp kreygen, onze zaak onherstelbaar zal verloren gaan.'
APOKRIEWE BOEKE (4)
Jeanette Koekemoer
1 MAKKABEËRS HOOFSTUK DRIE
Lees reeks by Apokriewe Boeke
DIE VRYHEIDSOORLOG TEEN DIE GRIEKE ONDER JUDAS MAKKABEUS
JUDAS NEEM LEIERSKAP MET MENING OOR
Juda Makkabeus het toe in sy pa, Mattatias, se plek leier geword. Sy broers en al sy pa se volgelinge het by hom gestaan en Israel met vreugde verdedig.
Ander volke het weer begin om Israel te respekteer want Judas was werklik 'n indrukwekkende soldaat en 'n onbevreesde leier. Almal wat nie wou doen wat in God se wet staan nie het hy uitgesnuffel, gestraf of verbrand. So het hy sy volk uiteindelik weer vrygemaak van die onderdrukkers.
Judas was so gevrees dat menige koning vir hom bang was maar Jakob was baie bly oor Judas se sterk optrede. In die stede van Juda het hy uitgeroei wie nie in God geglo het nie en Israel het hy beskerm as hulle uit weerwraak aangeval is.
DIE AGTER- GEBLEWENES (8)
Andrè E van den Berg
Lees reeks by Agtergeblewenes
PRODUKTIWITEIT
Die Wêreldbank dring al vir baie jare by Afrika aan om homself by wyse van ekonomiese ywer van 'n gewisse ondergang te red. Talle Westerse lande is selfs bereid om hom daarmee te help. Afrika se reaksie op die aanmoediging om self hand aan die ploeg te slaan, is egter 'n opgelaaide kreet dat al sy skuld afgeskryf moet word as 'n vergoeding vir "onregte" van die verlede.
Dis agterlik om te verwag dat lande wat baie het, verplig is om te deel met ander wat nie het nie omdat hulle nie litte roer nie.
LANGS DIE OLIENHOUTPAD
LAND VAN ONS VADERS
(Lees reeks by Land van Ons Vaders)
Dolf van Niekerk
Ek vat my knipmes en ek sny – sny deur die eerste bas, die tweede bas, tot in die lewe, tot in die vlam van swart en wit waar die ouderdom se ringe sit. En mét die sit en kerf lees jy in die olienhoutstomp se hoogwatermerk die ligging van jou land se tyd.
Ek luister na die weerberigte: by jóú sal dit mooiweer en warm wees. Altyd mooiweer, altyd warm – die volle lewe lank van 'n driejarige kind. By jóú is dit droog, by mý ook. Dan hoor ek skielik dat los donderbuie oor jóú streek kan uitsak. Los donderbuie bly maar los... Ek besluit om Vrystaat toe te gaan – miskien verdwaal een van die los buie tussen die olienhoute... en dan wil ek graag teenwoordig wees.
VOORTREKKER- PIONIERS (18)
Dr JP Botha
Lees reeks by Voortrekker-pioniers
Ohrigstad word verlaat (1)
Soos in die vorige hoofstuk uiteengesit was die onvermoë van die Voortrekkerstaat om ‘n suksesvolle handel met die buiteland oor Delagoabaai op te bou, die oorsaak dat die nedersetting te Ohrigstad eintlik geen bloeiperiode beleef het nie, nieteenstaande die beste pogings deur hoofkommandant Potgieter en die volksraad daartoe aangewend. Afgesien van hierdie groot struikelblok het die inwoners spoedig na hul aankoms bevind dat die weiveld nie aan dieselfde vereistes voldoen het as wat die Potchefstroomse gebied en die Magaliesbergstreek aan hulle kon bied nie.
DIE ROEM VAN ONS WERK
CJ LANGENHOVEN
Lees reeks by Honderd Prekies - Langenhoven
Maak vir die man wat nie omgee nie goeie werk. Die man wat omgee sal dit by hom sien en ook by jou kom bestel.
Moenie dink dat wat jy hoor alles is wat van jou gesê word nie. Nou en dan sal 'n man jou kom slegsê wat ontevrede is oor jou werk; maar hy is die uitsondering. Nou en dan sal 'n man jou kom prys wat jy voldoening gegee het; maar hy is ook die uitsondering.
Jou werk gaan uit jou hande uit die wye wêreld in en jou roem of jou blaam gaan daarmee saam, maar jy bly agter.
DIE AGTER- GEBLEWENES (7)
Andrè E van den Berg
Lees reeks by Agtergeblewenes
ONDERRIG
"Dit word vertel dat dr. Albert Schweitzer by geleentheid 'n swarte gevra het om hom te help om 'n paal na die plaaslike hospitaal te dra. Die swarte het geweier en gesê dat hy 'n intellektuele is, waarop dr. Schweitzer geantwoord het: 'Ag, dis wonderlik om iemand soos jy te ontmoet. Ek sou ook so graag een wou wees! ' "
Swartes het 'n obsessie om met blankes te wedywer en is gevolglik behep met opvoeding en geleerdheid. Die koloniale weldoeners het graag in hierdie behoefte voorsien op voorwaarde dat die betrokke swartes die Christendom sowel as demokrasie moes aanvaar. Laasgenoemdes se bereidwilligheid was egter net lippetaal. By talle Afrikaleiers is Christenskap net 'n leë woord om aaklige oogmerke te vermom.
Swartes het 'n vreemde siening van onderrig. Vir hulle is dit 'n tipe van gelukbringer. 'n Graad of diploma in die hand moet ewigdurende voorspoed verseker, amper soos 'n amulet wat by 'n toordokter gekoop is. Akademiese kwalifikasies word dus nie altyd gesien as noodsaaklike "gereedskap" waarmee 'n beroep gevolg moet word nie. Wat blankes dus as die begin van 'n pad sien, beskou swartes weer as die einde daarvan.
Vreemd genoeg, is akademies opgeleide swartes selde bereid om handewerk te verrig. Hul beskou hulself as intellektueles en handearbeid as benede hul waardigheid.
OUBAAS MARK SE SIELKUNDE
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (11)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die voormalige Springbokkaptein PK Albertyn het op Stellenbosch studeer voordat hy vir ‘n ruk aan die bekende Guy’s Hospital in Engeland sy mediese studies gaan voortsit het. Hier het hy steeds uitstekende rugby gespeel terwyl oubaas Mark sy loopbaan met groot belangstelling gevolg het.
Oubaas Mark was oortuig dat Albertyn teen die besoekende Britse Leeus van 1924 moes speel, maar PK was maar huiwerig omdat hy geld geleen het by sy oom om by Guy’s te gaan studeer, en hy nie verlof wou neem om in Suid-Afrika te gaan rugby speel nie.
Oubaas Mark was egter vasbeslote om PK in Suid-Afrika te kry. “Moenie jou oor jou oom bekommer nie; los hom vir my. Maak jy net seker jy kom betyds hier aan.,” het hy vir PK laat weet.
ESKOM SE SELFVERRYKING
TLU-MEDIAVERKLARING
TLU SA het met weersin kennis geneem van die omvang van salarisaanpassings in Eskom se top-echelons. Terwyl verbruikers gebuk gaan onder onbekostigbare tariefstygings wat veroorsaak was deur Eskom se onvermoë om tydig maatreëls te tref om die stygende energievraag te akkomodeer, is die einste topbestuur nou die bevoordeeldes wat baat vind by die toename in inkomste. Dit alles desondanks die feit dat ’n verdere tariefverhoging verbruikers in die oë staar.
DIE BROEKLOSE DRIE
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (10)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die oud-Springbokvleuel van 1928, Manus de Jongh, het in die vroeë 1920’s onder die legendariese AF Markotter, beter bekend as oubaas Mark, vir Stellenbosch gespeel, maar het in 1925 op Somerset-Wes begin werk en vir dié klub begin speel.
Een Saterdag speel hy teen Maties op Stellenbosch. Hy kry die bal in ‘n agterlynbeweging op die middellyn en nael skuins by sy opponent verby, maar dié kêrel kry net-net sy vinger agter in Manus se broek ingehak. Sonder dat Manus dit eintlik agterkom, skeur sy broek van sy lyf af, maar wat hol is Manus. Hy systap nog die heelagter ook en gaan druk onder die pale – broekloos.
Met die terugkeer spot oubaas Mark hom: “De Jongh, I admired you for the non-stop flight, but what a shocking performance it was to the people along the line!”
DIE BYBEL (24)
Lees reeks by DIE BYBEL
Dr JP Botha
Die verhaal van die Ou Testament (2)
Intog in die beloofde land
Bybelse rekords toon dat Israel 40 jaar lank in die woestyn rondgeswerf het voor hulle die beloofde land ingegaan het. ‘n Geslag is as 40 jaar gereken en die geslag tydens die uittog moes hul straf uitdien deur rond te swerf tot almal wat opstandig was, dood is. Deuteronomium 2:14-15 stel voor dat die 40 jaar in dié terme bekou moet word.
Tydens die verblyf in die woestyn ontvang Moses die wet van die Here op Sinaï (of Horeb). Israel het die grootste deel van Eksodus 20-40, as ook Levitikus, Numeri en Deuteronomium as oorlewering van die wet beskou wat Moses ontvang het en wat Israel se nasionale, godsdienstige en regslewe moes lei.
In die ystertydperk vanaf 1300 vC ontstaan verskeie koninkryke in Palestina, soos Edom en Moab. Indien Israel ná 1300 vC intrek, kon hulle die vakuum wat in die land ontstaan, benut om grond in die hande te kry. Enkele Palestynse stadstate toon tekens dat dit in die tweede helfte van die 13e eeu verwoes is.
JOU TALE!
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (9)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Helgard Muller, wat baie jare vir die Vrystaat gespeel het, is bekend as een van die groot karakters van die spel. Daar is op ‘n slag geskerts dat die enigste rede waarom hy nog in die span plek kry, is omdat hy ‘n seun op die keurkomitee gehad het! Hy was veral bekend vir sy snaakse sêgoed.
‘n Ou spanmaat vertel van ‘n wedstryd waarin Braam Hendriks, toe nog onder 21, vir die Vrystaat se seniorspan moes speel omdat Naka Drotske die dag beseer was. Die opponente het seker besluit dis ‘n goeie idee om die jong speler se gal te werk, en dit was nie lank nie of hy los ‘n vreeslike knoop vanuit die skrum.
Die skeidsregter blaas dadelik op sy fluitjie en roep die skuldige en sy kaptein, Helgard, albei nader.
“As hy weer vloek, is daar moeilikheid,” maan die skeidsregter. “Helgard, praat met jou man!”
Almal staan afwagtend om te sien hoe Helgard die jongeling gaan uittrap. Die volgende oomblik vra hy hom: “Weet jou ma jy praat só?”
DIE AGTER- GEBLEWENES (6)
Andrè E van den Berg
Lees reeks by Agtergeblewenes
ANTI-DEMOKRATIES
Oral waar blanke regerings met swartes vervang is, het buitelanders graag die poeierkwas van demokrasie kwistig aangewend. Almal was in hulle noppies met die nuwe "demokraties verkose swart meerderheidregerings" van Afrika. Hierdie blink munt het spoedig sy verwagte dowwe kant begin vertoon en talle demokrate erg ontnugterd gelaat.
Demokrasie is nie in swartes se aard nie; eerder sosialisme. Gevolglik is daar tot vandag toe nog onder hulle min te sien van ware demokrasie. Afrika is eerder 'n plek van diktators wat nie skroom om hul kommunistiese kleure te wys nie. Swart leiers wat nie eers die eenvoudige beginsels van die demokrasie kon toepas nie, het hul volksgenote willens en wetens uitgelewer aan honger kommunistiese wolwe. Hulle wou ten alle koste van die koloniale blankes ontslae raak al moes hulle dan ook die duiwel vir die satan verruil!
Die ANC het in die verlede telkens probeer om sy stryd teen apartheid gelyk te stel met 'n stryd vir demokrasie. Hulle het egter nooit oortuig nie omdat hulle eendersyds deur die SAKP oorheers word wat kommunisties is en andersyds geen benul van ware demokrasie het nie. Hulle dwing eerder alle landsburgers onder die bedompige vlerk van swart sosialistiese regeringsbeheer in.
Nie net politici nie, maar ook vooraanstaande kerkleiers het dieselfde gees geadem.
DIE BYBEL (23)
Lees reeks by DIE BYBEL
Dr JP Botha
DIE VERHAAL VAN DIE OU TESTAMENT (1)
Die Ou Testament dek ‘n lang periode wat vertel watter pad die Here met mense geloop het. In die Bybelse tyd is dit baie moeilik, dikwels onmoontlik om vaste datums vir gebeurtenisse te bepaal. Eers na die eerste millennium vC (na 1 000 vC) raak dit moontlik om in breë trekke ‘n chronologie van Bybelse gebeurtenisse te bepaal. Maar selfs in die geval van belangrike, dateerbare gebeurtenisse verskil geleerdes met tussen twee en vyf jaar oor die presiese datum. Sommige skat die val van Jerusalem byvoorbeeld in 587 vC en ander in 586 vC. Dis ook onmoontlik om ‘n datum vir die uittog uit Egipte te bepaal, al het farao Merenptah “Israel” reeds in 1 200 vC ‘n verowerde Palestynse volk genoem.
Voorgeskiedenis
Die verhale wat Juda tydens en ná die Babiloniese ballingskap versamel en neerskryf, bevat verhale oor die oergeskiedenis (Gen 1-11). Die twee afsonderlike verhale oor die skepping (Gen 1:1-2:4 en 2:44-25), die mens se val in sonde as verduideliking hoekom die wêreld so stukkend is.
HOE ONTSTAAN KOMPOS?
DIE WÊRELD VAN DIE KLEINSTES (13)
SKOOLPROJEK
Lees reeks by Mikrobes - Wêreld van die kleinstes
Jac Schoonens
Die grond is die tuiste van die plant. Dit is die plek waaruit die plant se wortels die verskillende voedingstowwe haal wat nodig is vir die opbou en instandhouding van sy weefsels. Daar is stikstof, fosfate, potas en kalk. Dan is daar ook die sg spoorelemente soos magnesium, yster, mangaan, ens wat by die voeding van die plant 'n baie belangrike rol speel. Van al die voedingstowwe mag nie te min, maar ook nie te veel opgeneem word nie want anders sal die gesondheid van die plant daaronder ly.
Tog is dit ook nie alleen die soort en hoeveelheid stowwe in die grond wat van belang is vir die groei en ontwikkeling van die plant nie – dus nie net die skeikundige samestelling nie. Die struktuur, of – om dit anders te stel – die fisiese eienskappe van die grond is sekerlik net so belangrik.
Sê 'n mens fisiese eienskappe, dan dink jy dadelik aan:
DIE PERKE VAN ONS TOEGEEFLIKHEID
CJ LANGENHOVEN
Lees reeks by Honderd Prekies - Langenhoven
As die ander man nie die helfte van die pad wil gee nie, gee jy dan die hele – die één helfte omdat dit jou plig is as sy gelyke, die ander helfte omdat dit jou voorreg is as sy meerdere.
Toe ek nog jonk was het ek rusie gemaak met hom: en hy het altyd teruggepraat. Meesal was hy 'n beter twismaker as ek – want as hy nie van dié geaardheid was nie sou hy nie ander mense se pad steel nie. Nadat ek 'n hele hoop tyd vermors het, en tweedebeste uit die woordewisseling uitgekom het, het ek hom gewoonlik gedreig met 'n aanklag voor die hof. Maar 'n mens se bui gaan weer oor, en die wins op die staatmakery op my reg was altyd minder as nul.
Nou draai ek uit met 'n glimlag en 'n vriendelike groet. Ek voel my so deugsaam by die selfopfferende gedrag dat ek vir 'n geruime tyd my jongste sonde vergeet. Ek spaar my tyd; ek spaar my humeur; ek salf my gewete.
Dit is papbroekerigheid, sê jy. Ja, maar ieder 'n man het die reg om 'n papbroek te wees in sy eie belange.
DIE BYBEL (22)
Lees reeks by DIE BYBEL
STEDE
Dr JP Botha
Stede met mure en poorte
Daar was verskeie groot stede in die ou tyd in Palestina, waarvan Jerusalem die belangrikste was. Vir beskerming is gewoonlik ‘n muur om groter Joodse stede gebou, met enkele torings en poorte. Poorte is so gebou dat daar ‘n soort saal binne in die poort was. Daarin kon vreemdelinge wat vir die aand in die stad wou oorbly, veilig vir die nag toegesluit word. So weier die stad nie gasvryheid vir die vreemdelinge nie, maar laat ook nie sommer vreemde mense, wat miskien vyande kon wees, in die stad toe nie. Verder was die poort die plek waar daar deur die dag vergaderings en selfs hofsittings gehou is.
Joodse stede was nie toonbeelde van goeie beplanning nie
DIE AGTER- GEBLEWENES (5)
Andrè E van den Berg
Lees reeks by Agtergeblewenes
KULTUUR- EN BELEWENISWêRELD
'n Mens se kultuurgebondenheid bepaal hoe jy oor die toekoms dink. Die blanke se kultuur- en beleweniswêreld verskil so radikaal van dié van die swarte, dat dit onoorbrugbaar is. Swartes se lewensuitkyk getuig van innerlike armoede en hulle heidense lewensingesteldheid beroof hul van vooruitgang.
Swartes is maskermense. Hulle vertoon altyd twee gesigte. Een na blankes en een na hul eie stamgenote toe. Wie nie daarmee rekening hou nie, word maklik 'n rat voor die oë gedraai.
Omdat sy beleweniswêreld deurspek is van kwaadwillige elemente, leef hy in gedurige vrees. Bonatuurlike magte wil hom elke dag kwaad aandoen sodat hy moet bontstaan om hulle te paai of te laat manipuleer. Derhalwe vergeet hy maklik die goeie dinge en onthou slegs die slegte dinge.
'n Swarte neem selde verantwoordelikheid vir sy eie foute. Iemand of iets anders word eerder daarvoor blameer.
PADDAKOMBERS NIE ALDAG DIESELFDE
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die Weskus se vissermanne, of hulle nou langliepel of met die mes vang, kom van oral uit die “Kap” soos hulle daar sê, en al die onopgetekende Afrikaanse idiome en sêgoed laat die visvangtyd en die eentonigheid langs die viswaters beduidend krimp. Nie dat visvang rêrig eentonig is nie. Die paddakombers is nooit dieselfde nie, en as jy nou rêrig ‘n eietaligheid wil hoor, luister bietjie as die snoekvangers hul vangste aan die langanas verkoop.
Die volgende hét gebeur. . . en is nie ‘n grap nie. Onlangs, op ‘n snoekboot met vier man en die skipper aan boord, het dit weer jollie gegaan.