NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die Heilige Gees maak enigiets wat geestelik gebreek is reg:  “Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is en Ek sal julle rus gee” (Mt.11:28).  Luister wat sê Jesus van Homself:  “Die Gees van die Here is op My… Hy het my gestuur om dié wat verbryseld van hart is, te genees” (Luk.4:18).   Jesus neem ’n lewe wat weens sonde gebroke is en maak dit heel.

DIE AGTER- GEBLEWENES (8)

Andrè E van den Berg

Lees reeks by Agtergeblewenes

PRODUKTIWITEIT

Die Wêreldbank dring al vir baie jare by Afrika aan om homself by wyse van ekonomiese ywer van 'n gewisse ondergang te red.  Talle Westerse lande is selfs bereid om hom daarmee te help.  Afrika se reaksie op die aanmoediging om self hand aan die ploeg te slaan, is egter 'n opgelaaide kreet dat al sy skuld afgeskryf moet word as 'n vergoeding vir "onregte" van die verlede.

Dis agterlik om te verwag dat lande wat baie het, verplig is om te deel met ander wat nie het nie omdat hulle nie litte roer nie.  Solank die guns van die wêreld daar was, het Afrika gebedel en het sy mense daaraan gewoond geraak om skaamteloos bakhand te staan.  Hierdie iets-vir-niks mentaliteit verraai derhalwe 'n parasietkultuur.

Ten spyte van die pleidooie om homself reg te ruk en van ondergang te red, kon die Afrikamens hom nog nooit losmaak van sy bedelbenadering nie.  Hy sien homself as 'n permanente slagoffer van onreg en buitelandse aalmoese as sy reg.  Dis altyd iemand anders se plig om vir hom alles met 'n silwerlepel in te gee nadat hy dit aanmatigend geeïs het!

Afrika gaan ernstig gebuk onder onkundigheid en 'n trae arbeidsmag. 

Sy inheemse kinders wil nie litte roer nie, maar eerder bakhand staan vir 'n gratis dit of 'n gratis dat.  Selfs die voorbeeld wat baie van die swart regerings stel, is ekonomies skadelik omdat dit hul mense blootstel aan 'n etiek van prestasievermyding.  Nogtans word daar na mense wat tradisioneel nie bereid is om positiewe produseerders te wees nie, verwys as "agtergeblewenes" of "minderbevoorregtes".

Swartes behoort eerder harder te werk en die geleenthede wat hulle gebied word om uit hulle ellende op te staan, aan te gryp.  Dan sal niks hulle in die lewe kan terughou nie.  Ongelukkig gebeur dit nie.  Kla is minder moeite.  Afrika se probleem is: "A lack of professional conscience, of doing a job well for its own sake" (Cloete, p.417).

Luiheid is endemies aan Afrika en die tweelingbroer van verveeldheid. "This is the new sickness of the African.  Boredom of the most intolerable kind.  Playing at politics is one outlet, but how long will it suffice?  And to what will it lead?" (Cloete,p.235).

Van Liberië skryf Cloete: "Everyone I met belonged to a government that did not govern, that lived on the expoitation of the tribes of the hinterland, and the taxes mulcted from great white companies who really ran the country.  Protocol, black tie, white tie, no one took their coats off and did any work... a disgrace to the Republic and the U.S.A which sponsors it". (p.263).

Swartes se ingesteldheid teenoor werk verskil grootliks van dié van blankes.  In die Christelike kultuur word werk as iets goeds gesien.  Voor die sondeval het God aan Adam en Eva werk gegee om te doen.  Die sondeval het werk net moeiliker gemaak.  Heidene mis die verband tussen harde werk en lewenssukses.  Hulle kan nie verstaan dat voorspoed van harde werk afhang nie en glo dat dit eerder verkry word deur geeste te manipuleer.

Afrika se ekonomiese agterstand is te wyte aan sy swak mensemateriaal.  Selfs sy leiers is moedswillig en ignoreer ooglopende feite.  Nogtans kla swartes dat hulle in die werksituasie uitgebuit word en beter salarisse behoort te ontvang.  Te oordeel aan hul lae produktiwiteit, ontvang hulle in der waarheid buitensporige hoë salarisse.  By blankes is daar 'n ingewortelde behoefte aan gehaltediens.  Derhalwe sal Afrikastandaarde altyd onaanvaarbaar bly.

Swart arbeid is grotendeels sloerarbeid.  Stuart Cloete skryf van 'n senior blanke amptenaar in die voormalige Belgiese Kongo wat 126 swartes in diens moes neem om 25 voormalige blankes se werk te doen.  "To compare the difference between work done with and without supervision he said that ten boys with a white man cut a hundred fence poles a day as opposed to twenty on their own" (p.301).

Swartes kon tot op hede nog nie aangespoor word tot hoër produktiwiteit nie.  Selfs deur 'n kunsmatige opwag van hulle te maak en voor te gee dat hulle wonderlike werkers is, verander niks nie.  Werkgewers vind dit in baie gevalle selfs moeilik om swartes se salarisse te verhoog.  As hulle meer betaal word, meen hulle dat hulle te veel gedoen het en laat dan slaplê.  Of hulle reken dat hulle onmisbaar is en raak dan onhanteerbaar.  Hoër salarisse motifeer hulle nie juis om beter te sorg vir hulle gesinne nie.  Hulle vermors dit eerder op prostitute, dobbelspele en drank.

Getalle, geweld en ellende floreer in Afrika en kom hom duur te staan.  Dit ontmoedig buitelandse beleggers omdat geen nugterdenkende instansie in 'n geweldgeteisterde land sal belê waar die risikopeil te hoog is nie.  Swart regerings soos dié in Suid-Afrika neem onverantwoordelike besluite terwyl hul land geteister word deur korrupsie, armoede, geweld en stakings.

Die buiteland is veral ontsteld oor Suid-Afrika se toenemende geweld; iets wat hulle skynbaar nie voorsien het nie.  Mense wat apartheid help afbreek het, staan vandag geskok om te sien hoe wet en orde in die nuwe bedeling verdwyn en misdaad 'n plesiertog van ongekende vernietiging geword het.  Talle het geglo dat dit slegs groeipyne van die nuwe bedeling was wat gou sou verdwyn.  Hulle is almal wreed ontnugter.  Die geweld is nie groeipyne nie, maar die nuwe lewenswyse van agtergeblewenes.

Die South African Institute of Race Relations, 'n voorvegterinstansie teen apartheid, tel vandag self onder die ontgogeldes.  Talle blanke liberaliste het self slagoffers geword van die transformasieproses wat hulle help skep het en wat vandag 'n wegvlugklimaat in Suid-Afrika geword het.  Allan Paton se weduwee wil Suid-Afrika ook nou verlaat.   Gelukkig kan apartheid nie vir die huidige chaos blameer word soos al die ander dinge wat skeefgeloop het weens swartes se onvermoë om sinvol te regeer nie.

Beleggers wat eens so entoesiasties was oor Afrika se "vryheidsvegters", neem nou 'n ander houding in.  Selfs die vrysinnigste beleggers belê hul geld elders; iets waaroor Afrika baie ontsteld is.  Die oerwoudtaktiek dat die baba wat die hardste skreeu die meeste melk kry, werk nie meer nie.

Swart regeringslui misgis hul lelik met beleggers se intelligensie en verwar hul diplomatieke hoflikheid dikwels met geesdrif en goedkeuring.  Die internasionale gemeenskappe kon nie vir altyd op sleeptou geneem word met swartes se slimpraatjies nie.  Gevolglik klop Afrika vandag aan deure wat nie maklik oopgemaak sal word nie.

Swart hooggeplaasdes se ydele beloftes en bedelaarspleidooie voor uitgelese buitelandse gehore laat geen beduidende stuiwer in die leë blikkie val nie.  Hierdie blikkie was tydens die apartheidsera tot oorlopens toe vol!  Gelukkig raak al hoe minder mense geïnteresseerd om te luister na die argument dat Afrika se agterstand die gevolg is van sy koloniale verlede.

Swart werkers se skynbaar ewigdurende lus om te toi-toi en te staak vir onbenullige redes, dra beslis nie by tot beleggersvertroue nie.  Hoeveel verrigtinge is nie al op tipies Afrika wyse ontsier deur dreunsang en 'n kinderagtige voetgestamp nie!  Swart staatsamptenare se onbevoegde en onprofessionele optrede laat beleggers eerder die aftog blaas.  Hulle sal nie sienderoë toelaat dat hul beleggings geknou word nie.

Afrika se regeringslui is nou wel woordkunstenaars by uitnemendheid.  Nogtans slaag hulle nie daarin om buitelandse geldmagte 'n rat voor die oë te draai nie.  Hulle dramatiese vertoonspel oortuig nie.  Internasionale kapitaal is mobiel en sal beweeg na daar waar dit veilig is.  Buitelandse sakelui word nie meer met 'n kluitjie in die riet gestuur nie!

Onder koloniale bewind was die meeste Afrikalande se ekonomieë kerngesond.  Vandag is Afrika die swakste en onbetroubaarste ekonomiese vennoot in die Westerse wêreld.  Sy eens beleggersvriendelike gesig het onooglike letsels opgedoen.  Afrika se toenemende misdaad, onuitblusbare korrupsie en onbuigsame, sosialistiese arbeidswetgewing moet enige belegger afskrik.

Afrika is blatant oneerlik.  Die meeste regerings se ekonomiese beleid van 'n vryemarkstelsel is niks anders as 'n politieke vyeblaar om sy ware ideologie vir beleggers te verberg nie.  Swart regerings misbruik dikwels Westers georiënteerde demokratiesgesindes se geld om hul sosialitiese oogmerke te befonds.

Ekonomiese voorspoed hang baie af van 'n land se arbeidsbenadering.  Die vennootskap tussen werker en werkgewer is in Duitsland byvoorbeeld iets totaal anders as in Afrika.  Die Duitse werker probeer nie om soveel voordeel vir so min werk as moontlik te verkry nie.  Hy sal eerder die onderneming in samewerking met die werkgewer so uitbou dat hy vir jare lank 'n betroubare werk en vir sy oudag voldoende pensioen sal hê.

In Japan staan die nasionale wil om te presteer voorop.  Die Japannese is bekend vir hul streng werksdissipline en respek vir gesag.  Daarbenewens word groepsbelang bo individuele belang gestel en hou 'n burokrasie die ekonomie met arendsoë dop.  Hierdie werksetiek maak van Japan 'n ekonomiese reus.

Afrika steek in dié opsig lelik af.  Sy arbeidsmarkte word van meet af aan geknou deur werkers waarvan die produktiwiteitsvlakke uiters onbevredigend is en by wie arbeidstrots geheel en al ontbreek.  Werkers wat gesonde arbeidsprestasies en dissipline dwarsboom, word nie afgedank nie terwyl werkgewers dikwels met hofsake en selfs die dood gedreig word.

Afrika besef skynbaar nie dat mensekapitaal (kundigheid en ervaring) vir ekonomiese groei belangriker is as geldkapitaal nie.  Sy sosialistiese regerings beroof eerder dié wat werk en besit om te gee aan hulle wat nie besit nie omdat hulle nie werk nie.  Baie van hierdie werkloses is totaal werksonbevoeg.  In Suid-Afrika vloei mensekapitaal die land uit teen 'n verbysterende tempo terwyl miljoene nutteloses die land binnestroom.

Die resep vir beleggersvertroue is eenvoudig.  Eerstens moet daar politieke stabiliteit wees.  Tweedens moet wet en orde deeglik gehandhaaf word sodat mense in veiligheid kan woon en werk.  Derdens moet billike belastingskale buitelandse beleggers lok.  Vierdens moet die land oor 'n doeltreffende landsadministrasie beskik en arbeidswetgewing buigsaam wees sodat werkgewers nie aan die giere van vakbonde uitlewer word nie.  Laastens moet omgekeerde rassediskriminasie (regstellende aksie) streng verbied word.

*Suid-Afrika se kleurkwessie is in werklikheid 'n ekonomiese vraagstuk.  Dis niks anders as die Westerse klassestryd wat verwar geraak het in die emosionele kookpot van pigmentasie nie.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1264 gaste aanlyn