NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Lyding vra van jou 'n fyngevoelige waarnemingsvermoë, 'n nuwe soeke na God, 'n ander uitkyk op die sin van die lewe. Dan kry jou lewe nuwe betekenis.

DIE BYBEL (23)

Lees reeks by DIE BYBEL

Dr JP Botha

DIE VERHAAL VAN DIE OU TESTAMENT (1)

Die Ou Testament dek ‘n lang periode wat vertel watter pad die Here met mense geloop het.  In die Bybelse tyd is dit baie moeilik, dikwels onmoontlik om vaste datums vir gebeurtenisse te bepaal.  Eers na die eerste millennium vC (na 1 000 vC) raak dit moontlik om in breë trekke ‘n chronologie van Bybelse gebeurtenisse te bepaal. Maar selfs in die geval van belangrike, dateerbare gebeurtenisse verskil geleerdes met tussen twee en vyf jaar oor die presiese datum.  Sommige skat die val van Jerusalem byvoorbeeld in 587 vC en ander in 586 vC.  Dis ook onmoontlik om ‘n datum vir die uittog uit Egipte te bepaal, al het farao Merenptah “Israel” reeds in 1 200  vC ‘n verowerde Palestynse volk genoem.

Voorgeskiedenis

Die verhale wat Juda tydens en ná die Babiloniese ballingskap versamel en neerskryf, bevat verhale oor die oergeskiedenis  (Gen  1-11).  Die twee afsonderlike verhale oor die skepping (Gen 1:1-2:4 en 2:44-25), die mens se val in sonde as verduideliking hoekom die wêreld so stukkend is.

(Gen 3), die groot vloed wat baie mense se lewe kos as die Here se reaksie op sonde (Gen 6) en die toring van Babel (Gen 11) kan hoegenaamd nie gedateer  word nie.  Die bedoeling van die verhale is ook nie om geskiedenis weer te gee nie, maar om teologiese verduidelikings te bied vir die doel met die mens op aarde en die gebroke werklikheid waarin die wêreld hom bevind.  Soortgelyke verhale is ook deur omringende volke vertel.  So is vloedverhale in Mesopotamië ontdek wat uit die periode 2000-1400 vC dateer.

Aartsvaders

Die aarsvadertydperk omsluit die lewe van Abraham, Isak en Jacob. Dié verhale word in Genesis 12-50 vertel.  Navorsers meen dat die aartsvaderverhale in die Bybel die gebruike en toestande reflekteer wat iewers in die tweede millennium (in die Bronstydperk, 2000-1500vC)  in die lande noordoos van Palestina geheers het. Baie van die gebruike het mettertyd in onbruik verval, maar geslag na geslag het daarvan vertel totdat dit later in Genesis opgeneem is.

Die enigste twee eksterne gebeurtenisse waarvan in die Bybel vertel word en wat kan help om die aartsvaderperiode te dateer, is die militêre veldtog waarin vier konings vyf ander aangeval het (Gen 14) en die vernietiging van die stede op die plein (Gen 19).  Nie een van die konings van Gen 14 kan met ‘n historiese figuur gebind word nie, alhoewel verskeie van die name in die periode bekend was en in dokumente gebruik was.

Uit vondste weet ons dat sterk alliansies tussen strydende groepe van stadstate in Mesopotamië en Sirië in die periode 2000-1700 vC gesluit is.  'n Brief is by Mari ontdek wat sê : "Daar is nie ‘n koning wat op sy eie die sterkste is nie.  Tien of vyftien konings volg Hammurabi van Babilon, dieselfde getal volg Ibal-pi-El van Eshnunna, dieselfde getal volg Armut-pi-El van Qatna en twintig konings volg Yarim-Lim van Yamkhad." En geen datering is moontlik vir die verwoesting van Sodom en Gomorra nie. Die stede is nie opgespoor nie. Volgens oorlewering lê dit onder die Dooie See.

Die mense in hierdie wêreld het wyd en ver gereis.  Abraham reis in sy leeftyd van Ur van die Galdeërs tot in Egipte, waar hy gaan skuiling soek as droogte Kanaän kasty.   Jakob reis na Haran en terug en later na Egipte.  Daar het waarskynlik duidelike handelsroetes bestaan waarop ‘n mens kon reis.

Die Bybelse prentjie oor die aartsvaders se Godsdiens toon dat hulle ‘n God aanbid het wat persoonlik aan hulle verskyn het.  Hulle het tot Hom gebid en offers aan Hom gebring.  Seuns is kort na geboorte besny as teken dat hulle in ‘n verbondsverhouding met God staan.  Die aartsvaders was bewus daarvan dat God by hulle is en vernoem plekke en kinders na sy voorsiening en ingrype in hul lewe. Elke patriarg het sy eie naam vir God wat daarop kan dui dat elkeen in ‘n unieke verhouding met God gestaan het. Isak praat van “Vrees” of  “Beskermer” en Jacob van die “Almagtige”.  Wanneer ‘n aarsvader meen dat hy die wil van God onderskei, doen hy dit heelhartig en neem sy hele familie saam met hom.  So beland die nageslag van Abraham in Egipte.

Uittog uit Egipte

Volgens Eksodus 12:40-41 bly die Hebreërs vir 430 jaar in Egipte en word uiteindelik deur hulle gasheer verdoem tot slawediens in die farao’s se groot bouprojekte aan voorraadstede.

In die laat vyftiende eeu het mense van veertien “lande” ,  “bergstreke” en “dorpe” weggetrek uit die Hetitiese koninkryk se grondgebied en hulle in die land van Isuwa gaan hervestig, volgens die Verdragproloog van Suppilulium.  Die magtige Hetitiese koning Suppilulium het later die weglopers gaan vang en teruggebring om as slawe vir hom te werk.  Dit was dus nie onmoontlik dat ‘n uittog van Hebreërs uit Egipte sou plaasvind nie.

Wat uniek is aan die Israelitiese uittog is die godsdienstige dimensie wat daaraan verleen word deur die skrywers wat later dië gebeure neerskryf. Jahwe roep iemand in Midian, wat reeds die nodige voorbereiding het om aan die Egiptiese farao se hof op te tree, om sy volk te verlos.  En as die farao weier, dwing Jahwe hom om sy volk te laat trek.  Hy vernietig die Egiptenare wat die Israeliete met geweld wil terugneem en lei sy volk tot in die beloofde land, al is dit met ‘n lang ompad vanweë hul sondige opstandigheid.

Wanneer vind die eksodus  (die woord beteken “uittog” ) plaas?  Die Hebreërs bou volgens die Bybelse teks die stede Pitom en Raámses.  Raámses was Egipte se Deltahoofstad wat vernoem is na en hoofsaaklik gebou is deur Rameses II.  Hy regeer van 1290 tot 1224 vC en volg sy pa Sethos I (1302-1290vC) op.  Raámses is by die hedenhaagse stede Tanis en Qantir, en in albei gevalle dui opgrawings op ‘n boutyd van Sethos I en Rameses II.  Voor die tyd het geen farao in die Delta ‘n groot stad gebou nie.  Op grond hiervan kan die uittog in die periode tussen 1300 en 1250 vC gedateer word.

Die Merneptahstede word in farao Merneptah se vyfde jaar gedateer, wat  rondom 1220 vC moet wees.  Hierin beskryf die farao hoe hy verskeie Palestynse stadstate onderwerp het, waaronder Israel.  Sommige navorsers meen dat die farao maar net spog oor hoe goed hy is en nooit self in Palestina was nie. Enkeles meen dat die farao hiermee eintlik verwys na die verdwyning van Israel uit sy land.  Indien dit wel die geval is, kan die uittog iewers tussen 1224 en 1220 vC gedateer word. Indien Merneptah wel Palestina binnegeval en Israel se oeste afgebrand het, was Israelitiese stamme reeds voor 1220 vC in die beloofde land.  ‘n Goeie datum vir die uittog kan dus gestel word as tussen  1290 en 1240vC.

 

 

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 981 gaste aanlyn