Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Elke ras wat toelaat dat sy bloed vermeng raak, verdien om ten gronde te gaan soos elke beskawing in die verlede wat van hul oorspronklike rassesamestelling afstand gedoen het en tot niet gegaan het. Hulle het geval omdat hulle dit wat vir hulle kosbaar moes wees, nie opgepas het nie.
STEMME UIT DIE VROUEKAMPE (1)
1899-1902
Lees reeks by Stemme uit die vrouekampe
deur Bienedell Uitgewers
Stemme uit die Vrouekampe bestaan uit ’n aantal beëdigde verklarings wat die vergruisende geweld van die Britse Imperialisme in al sy wreedheid en sinneloosheid beskryf. Dit vertel die verhaal in hul eie woorde van die vroue se bomenslike heldhaftigheid en diepe gelowigheid, van die tere medemenslikheid van vriend en soms selfs vyand, asook die skandelike verraad vanuit eie geledere. Die getuienisse bewys onteenseglik dat die eenheid van ’n volk nie verydel kan word deur die verdelende aanslae van verraaiers nie. Trouens, dit bevestig dat daar slegs een maatstaf vir die identiteit van ’n volk is, en dis vervat in die eis dat elkeen hart en siel moet deel in die eeu-oue strewe wat die volk tot volk maak: die onkeerbare drang na vryheid. Wie die vlam van vryheid bewaar, verseker sowel sy Afrikanerskap as ’n vrye toekoms.
Dat die dood enige tyd kom, is nie altyd waar nie. Soms klop sy engel so hard aan die deur dat die skarniere begin kraak en die spaanders begin waai. Dit was die geval gedurende die Britse Goudoorlog van 1899-1902, toe die totale lewensverlies aan Afrikanerkant op 34 116 te staan gekom het. Uit elke honderd sterfgevalle het ’n skamele 18 op die slagveld omgekom, waarvan slegs 12 in gevegte gesneuwel het. Die ander 82, van wie 65 kinders was, was gedoem om in die berugte konsentrasiekampe te sterf. Stemme uit die Vrouekampe (1925) is ’n aangrypende weergawe van die smart en lyding van boerevroue en hul kinders. Aanhouding sonder aanklag of verhoor en vir ’n onbepaalde tyd was die straf vir derduisende se geestelike en materiële steun aan hul mans, vaders, broers en seuns op kommando. Kommandodiens was ’n georganiseerde poging om die trotse Boererepublieke teen die vernietigende inval van die magtige Britse Koninkryk te verdedig.
VERKLARING VAN MEV C.M.A. DE WAAL
In die eerste plaas het die Engelse soldate by ons gekom soos wreedaards en rowers van vrouens en kinders, want hulle het by my gekom en alles geplunder, en verwoes, en geroof. Al die kos wat ek gaar gemaak het vir my kinders, het hulle afgeneem sodat ons niks oorgehad het vir die kinders om te eet nie; alles wat ek in die huis gehad het, het hulle weggeroof; brood en vleis alles. Ek het een vark in die hok gehad en dié het hulle aan twee perde vasgebind en met die sawel middeldeur gekap, seggende, dat die een helfte vir brekfis en die ander vir middagmaal sou wees. En daarna gaan hulle voort. Maar, van daar gaande steek hulle al my gesaaides aan die brand; keer omtrent vyfhonderd van my skape in ’n plek ou gras en steek dit aan die brand rondom die klomp, sodat sommige dood gebrand het, andere die volgende dag dood gegaan het en sommige eers agt dae daarna. Toe verwoes hulle al ons huise sodat ek moes vlug na my moeder’s huis. Maar ook dié het hulle met kanonne stukkend geskiet terwyl ons daarin was, sodat ek deur die skok van die bom inmekaar gesak het en geheel en al bewusteloos was. My moeder was besig met skottelgoed te was, en die vuil water het sy gegryp en dit op my gestort om my weer by te kry. Dit was vreeslik soos die stukke bomme in die huis rond gevlieg het. Ons dag dat ons almal sou omkom. En toe die skietery verby was, toe kom die troepe en verwoes nog alles wat die bomme oorgelaat het. Ek het ’n kis met breekgoed gepak, en dit gooi hulle uit en trap dit aan stukke. Ek het niks oorgehou nie; selfs nie eers ’n koppie om uit te drink nie. Na dit alles het hulle ons op kaal waens gelaai en ons in die nag van die huis weggevoer na die kamp. Op weg daarheen val die boere hulle aan; toe stop hulle die waens en skuil lafhartig agter ons. Ons mense het toe opgehou met die skiet.
VERKLARING VAN MEV H. OOSTHUIZEN, (geb. Roos)
Dit was die 29e April 1900, ’n stille donkere nag, in die verte sien ons die ligte van ’n Engelse kamp. Ons was angstig, want ons wis dat ons die volgende dag gevang sou word deur die wrede, bloeddorstige vyand, wat nie meer teen manne alleen veg nie, maar ook teen hulpelose vroue en kinders. Omtrent 10 uur die volgende môre het hulle toe ook die woonhuis bestorm, en ons woedend toegeroep ‘Where are the Boers?’
‘Loop soek hulle,’ roep ons hulle in dieselfde toon toe, want ons voel nie meer bang nie. Met stokke en gewere het hulle ons die huise uitgeja, en gesê, ‘Hurry up, get on the wagon.’ Ons het toe hier en daar gegryp wat ons in die hande kon kry. Ons was nog nie van die plaas af nie of die vlamme slaan bo die huis uit. Op kale waens het hulle ons na Middelburg vervoer, ons was 8 dae op pad daarheen.
Ons was nie lank daar nie, of drie van ons familielede was na hul graf gedra. My niggie, ’n meisie van 17 jaar, het koue gevat en hulle het haar hospitaal toe geneem. Die nag voor sy sterf, was my suster en ek toegelaat om die nag by haar te waak. O! hoe vreeslik was dit om haar so te sien stry met die dood; ’n dikke skuim staan in haar mond, en binne in haar hande en onder haar voete was waterblase. Of ’n mens van kouevat so kan word, sal die geneeshere seker weet, vir my was dit ongelooflik (in die hospitale is talle van die pasiënte gif ingegee om te sterf, van babatjies tot bejaarde persone; in sommige kampe het van die boerevroue dit ontdek en hulle siek kinders ten alle koste probeer weghou uit die hospitale).
My broertjie van 10 jaar oud het koorssiekte gekry; hy moes op ’n matras op die grond lê. Toe hy beter word, was die matras byna heeltemal van die miere opgevreet. In die tyd was die sterfgevalle van die Middelburg Kamp van 25 tot 30 op een dag.
Meer dan eenmaal het die gedagte by my opgekom ‘Het God dan vergeet om genadig te wees?’ G’n pen kan beskrywe wat ons gely het nie. God alleen weet hoeveel trane daar gestort was in die vreeslike moordkampe.
Daar was een sekere familie Rautenbach, vriende van ons. Die een meisie word siek, en haar moeder was bang vir die kampdokters. Sy laat toe ’n rytuig huur om haar siek kind na ’n dokter in die dorp te neem. Toe die kampdokters en verpleegsters dit bemerk, stel hulle die kampkommandant daarvan in kennis; die stuur toe die polisiedienare, en die arme moeder was verplig om haar kind van die rytuig af te neem, en die arme meisie word toe hospitaal toe vervoer.
Die moeder was nooit toegelaat om haar kind te besoek nie, dan staan sy maar so teen die draad waar sy haar sterwende kind kon sien. Sy het die verpleegsters gesmeek om haar toe te laat om by die bed te sit en die vlieë wat in en uit die neus van haar sterwende kind kruip en wat te swak was om ’n vinger meer te roer, te verdrywe, maar die arme moeder was dit ook geweier. Toe die kind begrawe was, was die moeder kranksinnig van droefheid.
Siedaar die beskermer van kleine nasies!
Op die 10e Oktober, President Kruger se verjaarsdag, het ons ’n vlag op ons tent gehang met die woorde ‘Lank lewe ons President’ daarop. Dit duur ook nie lank nie, of die Meneer kom ons aansê: ‘Mev. Roos, jy moet klaar maak vir Natal.’ My moeder tot wie hy die woorde rig, antwoord baie bedaard ‘Daar wil ons graag wees.’
My tante het ook ondertussen beswyk sodat ons haar 4 wesies ook by ons had om te versorg. Hulle vader was op Kommando. Die jongste kind was baie ernstig siek van die koors, maar op ope koletrokke moes ons weg na Natal vervoer word. Om 9 uur die môre het ons ingeklim en so dwarsdeur die hele nag met niks anders dan die sterre van die Hemel bo ons. Op Pretoria moes ons ’n hele dag in ’n bloedige Desemberson op die stasie in die ope koletrokke bly sit. Van daar het ons na Elandsfontein gegaan en weer daar vernag. Toe ons verby die vrouekamp te Irene ry, het ons vrouens wat daar by die spoor gestaan het, toegeroep ‘Jaag weg die Handsoppers.’ Op Elandsfontein (Germiston) kry ons ’n bui reën. My suster en tante klim terwyl die trein ry in ’n ander trok en haal daar toe vir ons ’n seil uit, wat ons toe oor die trok vasgemaak het. Alles was in die donker gedoen, en daar vind ons uit dat die seil nog vol gate was. Ons moes toe maar gedurende die bui reën met ons vingers omhoog teen die gate sit, sodat die water nie kon inloop nie. Toe ons op Merebank aankom en nog op die platform van die stasie was, kom die dokter, en wil daar en dan die siek kind hospitaaltoe neem, maar ons het om die kind gestaan, en wou hom nie laat wegneem nie. My moeder sê, ‘Ek het vir verduiwelde hospitaal gevlug en hier wil julle nou weer die kind vat.’ Die kind had toe 103 grade koors, maar verder het hulle ons toe met rus gelaat. In die kamp het ons toe sinkkamers gekry om in te woon, maar die vloere was baie nat en op die natte vloere moes ons slaap. Daar het my broertjie weer ernstig siek geword. Ons behandeling was darem baie beter as in die Middelburgkamp.
Al wat vir ons onoorkomelik swaar was, was die vrede, waar ons onafhanklikheid, wat ons so bitter voor gely het, prysgegee is. Dit was vir ons ’n oordeelsdag.
Onder al die bitter lye het ons altoos gehoop dat God ons sou verlos van die Engelse juk, maar helaas! God het dit anders gewil.
Ons het terug gekom op puinhope, waar vroeër ons lieflike ouerhuis gestaan het. Ook ons dierbare oudste broer het ons nie meer gesien nie; hy het ook sy lewe gelê op die altaar van ons dierbare Vaderland.
Hoe kan ons vandag ons mans en seuns vir die eer van so ’n nasie hulle lewens laat gee? Nee, ons kan nie, en die wat dit doen is gewetenlose medemoordenaars van die edele vroue en kinders wat deur die Engelse vermoor is.
Ek verklaar, dat alles wat hier geschreven staan de volle waarheid is en niks anders dan de waarheid.
H. OOSTHUIZEN, (geb. Roos)
Rietfontein, P.K. Hennopsrivier, Dist. Pretoria Als getuige:- R.C. OOSTHUIZEN
Vervolg...