NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Diegene wat deur God verwerp word verdien sy straf want Hy is nie partydig nie; en diegene wat gered word verdien NIE daardie genade nie maar is deur Hom uitverkies met 'n spesifieke rede.

UITERSTE BEPROEWINGS

Ds A.E. van den Berg

“By dit alles het Job nie gesondig en aan God niks ongerymds toegeskrywe nie” (Job 1:22)                          

Ons leef net een keer op aarde, maar as ons reg leef, is een keer genoeg. Van een ding kan ons baie seker wees; dat ons op ons lewenspad op een of ander manier beproef gaan word; en nie net eenmaal nie. Hoe ons dit gaan hanteer, toon die gehalte van geloof. Sommige s'n is sterk terwyl ander in selfbejammering vou.

Beproewing bring dikwels verwyte. Sommige mense verwyt hulself. Ander verwyt die Here en sê: “As dit is hoe God met my maak, my behandel, wil ek niks meer met Hom te doen hê nie!” Hulle sien geloof as ʼn ongeluksvrywaringspolis. As hulle hul kant bring, moet God hulle niks sleg laat oorkom nie. En as beproewing in hul lewe opduik, is hulle teleurgestel in die geloof en raak hulle bitter.   God skuld ons niks nie, selfs nie eens die lewe nie. Die loon van die sonde is die dood. Ons moes almal dood gewees het. Dat ons leef is genade – onverdiende guns!  

Die dood van ʼn geliefde is van die grootste beproewings, veral as dit onverwags is.   Baie mense verkwalik dan God daarvoor en onttrek hul van die lewe; veral van die kerklike lewe en die gemeenskap van die gelowiges.

In tye van beproewing het ons God juis die nodigste. Ware gelowiges sal eerder meer beproewing verduur as om hul rug op God te draai. Die verhale van die martelare in die vroeë Christen kerk gryp ʼn mens aan. Gelowiges moet nooit toelaat dat omstandighede hul van hul geloof stroop nie want dis presies wat die Satan wil hê, vra maar vir Job!  

God se wil moet in ons lewens voorop staan. Ons is kinders van die lig ongeag watter lig of skaduwee op ons lewenspad val. God se wil is nie iets wat iewers gesoek moet word nie.   Dis iets wat ons moet doen – aan sy Woord gehoorsaam wees. In ʼn tyd van beproewing sy wil aanvaar en nie sy optrede veroordeel nie.

Ongelukkig sien baie mense God as ʼn spaarwiel; net goed in 'n geval van nood. Vir ander is godsdiens soos ʼn bus – hulle maak net daarvan gebruik as dit in hulle rigting beweeg. Nee, God moet die stuurwiel, nie die spaarwiel van ons lewens wees nie!

Beproewings bring baie vrae in die gemoed. In die lied Why vra Roger Wittaker: “Will the last word ever be spoken be why?” Dis so tipies mens. Ons vra graag waarom?   God beantwoord ons waaroms nie altyd met daaroms nie; slegs met die belofte dat ons eendag alles sal verstaan. Paulus sê in 1 Kor.13:12 “ …Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken…”

Beproefdes probeer soms hul verbittering agter maskers versteek. Ongelukkig dra pyn nie vir lank ʼn masker nie en kom dit af. Gevolglik is daar net een oplossing; maak vrede met jou beproewing deur jou gedagtes op God se beloftes in te stel. Dis immers hoe Jesus die pyn van die kruis verduur het. Hy was geheel en al op sy hemelse Vader se wil en beloftes ingestel. "En Hy het Hom van hulle afgesonder ...en neergekniel en gebid en gesê: Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied!" (Luk.22:42)

Lank gelede loop ʼn tou-loper voor ʼn skare mense oor die Niagra waterval. “Waarom dra jy nie iemand op jou rug oor nie?” vra ʼn verslaggewer. “Kom klim op my rug” nooi hy hom. Na mooipraat en baie beloftes het hy ingestem. Net voordat hulle loop, sê die tou-loper vir hom: “Sien jy daardie rooi rots aan die oorkant? Hou jou oë net daarop gerig. Moenie afkyk nie!” Vreesbevange het hy net die rots in oog gehou, nie afgekyk nie en die oorkant veilig bereik.

Ons leer hieruit ʼn belangrike lewensles: as jy deur beproewing gaan, kyk vorentoe; nie agter jou, nie langs jou of waar ook al nie; net vorentoe na die Rots van alle eeue aan die oorkant – Jesus onse Here.   Petrus het een nag op die see van Galilea gewaag om sy oë van Jesus af te neem en byna verdrink. Moenie dieselfde fout maak nie!

God beproef dikwels gelowiges om sy doel met hulle te bereik. Hy gebruik soms pyn en lyding as ʼn megafoon waarmee Hy ʼn dowe wêreld wakker wil maak. Daar is gelowiges wat soms vir lank ernstige beproewing verduur, maar nooit die hand van God los nie. So verheerlik hulle God op ʼn besondere wyse. Hy plaas hulle voete op ʼn stewige rots; daarom sink hulle nie!

Christus beskou nie ons beproewinge van ver af en kyk hoe ons swaarkry nie.   In sulke tye is Hy juis baie nader aan ons as wat ons dink. Hy het baie medelye met ons.   Hy het selfs by die graf van sy vriend Lasarus gehuil. Daar is geen dieper lyding as dit wat Hy tydens sy lydenstyd ervaar het nie. En daar is geen donkerder diepte as wat Hy alreeds aan die kruis oorwin het nie.

By geleentheid bid ʼn gelowige: “Here, laat my nooit vergeet dat my siekte en pyn nie U straf op my sonde is nie. Plaas my voete op die stewige rots van u belofte dat U altyd by my sal wees, al gaan ek ook deur donker dieptes. Leer my dat ek elke donker uur as die besondere geleentheid sal sien om u liefde en genade beter te leer ken”.

God werk dikwels baie anders as wat ons verwag. Dink hier aan Job, die vroomste mens van daardie tyd op aarde. So het baie gelowiges al getuig dat hul beproewing geestelik hul beste tyd was. Ja, dat wanneer dit vir hulle gelyk het asof God onregverdig was, was Hy in werklikheid goed vir hulle. Wanneer gelowiges se gesondheid knak en geen medikasie meer help nie, het hulle een wonderlike troos: God se liefde vir sy kinders verdwyn nie saam met hul gesondheid nie!

Jare gelede was ʼn skilder op ʼn hoë steierwerk besig om die koepel van ʼn katedraal te skilder. Nadat hy ʼn deel daarvan voltooi het, het hy teruggetree om die werk van ʼn afstand te besigtig en byna afgeval. Gelukkig het ʼn vriend dit betyds gesien, ʼn kwas gegryp en ʼn streep deur die kunswerk getrek. Die skilder het instinkmatig vorentoe gespring om die skade te verhoed en hom van ʼn gewisse ramp gered.  

Ons droom almal van die soort lewe wat ons graag sou wou lei. En soos ons daaraan werk, loop ons soms onwetend al verder van ons geestelike veiligheid weg en nader aan die gevaar. Dan gryp God soms drasties in en bederf ons lewensprent ten einde ons siele van die verderf te red.

Spurgeon het gesê dat van al sy lewenservarings hy God ook vir beproewings kan dank wat van hom ʼn geestelik sterker mens gemaak het. Hy getuig dat hy in die brandoond van beproewing meer geesteskrag as in voorspoeddae geput het. God was in die donker dieptes so na aan hom, dat hy amper aan Hom kon raak!

Dit was ook Job se ervaring in sy beproewing – God het hom nie alleen gelaat nie, maar was altyd daar.   God vrywaar ons nie altyd van beproewing nie, maar is saam met ons daarin. God het Daniel se drie vriende nie voor die vuuroond gered nie maar binne-in die vuur-oond!   Dieselfde ook met Daniel. God red hom nie voor die leeukuil nie, maar binne-in tussen die leeus.

Soms gaan gelowiges deur diep waters en kan dan nie verstaan waarom God hulle dit nie gespaar het nie. Maar as hulle mooi kyk, is God by hulle in hul beproewing.   Job het Hom gesien. Daarom word daar iets groots van hierdie man gesê: “By dit alles het Job nie gesondig en aan God niks ongerymds toegeskrywe nie” Mag dit van elke gelowige wat deur ʼn beproewing gaan gesê word!

Opsoek na inligting?

  •                    ... Verlede -Hede - Toekoms

    Die Gedenkboek oor die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein, die enigste Vrouemonument ter wêreld, is redaksioneel saamgestel deur skrywer-uitgewer Marthinus van Bart, bekend vir sy waarheidsgetroue gedenkboeke oor belangrike Suid-Afrikaanse kultuursake. Tien vakkundiges – elkeen 'n spesialis in sy / haar vakgebied – het aan die boek meegewerk.

    Die Gedenkboek, wat oorspronklik in 2013 deur die FAK uitgegee is, is pas deur die redakteur hersien. Dit bevat nou etlike belangrike byvoegings, asook verbeterings van die eerste uitgawe. 'n Hele hoofstuk oor die inskripsies op die monument, is ingevoeg. Dit is geskryf deur die teoloog prof. Piet J. Strauss, voormalige voorsitter van die monumenteraad. Ook is daar 'n nuwe inligtingstuk oor die rol van die Vlugtende Vroue van die Anlo-Boereoorlog wat nie in die eerste uitgawe verskyn het nie.    

    Anders as wat  baie mense na aanleiding van die tema van die Gedenkboek sal verwag, is hierdie bewaringsprojek allermins ’n polities-ongeskakeerde gewroeg oor die oorsake, gewelddadigheid en gevolge van die Anglo-Boereoorlog. Dit is ’n objektiewe ontleding van die verskeidenheid fasette van hierdie unieke monument as bouwerk en simbool, en van die persoonlikhede rondom hierdie gedenkteken, opgedra aan  Die Universele Vrou.

    Die aanvoerder van die projek, pres. M.T. Steyn, het sy regsgeleerdheid in Engeland verwerf. Hy was advokaat, staatsprokureur, en later Hoofregter van die Republiek van die Oranje-Vrijstaat voordat hy tot Vrijstaatse Staatspresident verkies is. Van die twee vernaamste teenstanders van sy Monument-projek, Louis Botha en Jan Smuts, was Smuts ook ’n regsgeleerde wat in Cambridge, Engeland opgelei is. Smuts en Botha het probeer om die projek te dwarsboom, maar die briljante Steyn het met nugtere juridiese logika sy teenparty die loef afgesteek. Twee vakkundiges, proff. Jaap Steyn en Leopold Scholtz, bespreek hierdie spannende episode in hul onderskeie hoofstukke in die Gedenkboek.

    Die twaalf hoofstukke is geskryf deur tien top Afrikaanse vakkundiges, wat vanuit hul onderskeie vakgebiede verskillende perspektiewe bied op die simboliese betekenis van die Monument en die geskiedenis van die oprigting daarvan. Daar word onder meer deur ’n hoogleraar in ingenieurswese, prof. Christo Viljoen, gekyk na die besonderse argitektuur en boutegnieke (wat terugdateer na antieke Egipte) wat gebruik is om dit op te rig.

    Lees verder...  
  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 24687 gaste aanlyn