Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
In Februarie het spanning tussen Israel en Iran vergerger toe Israelse leiers Iran blameer het vir nog twee aanvalle. Op 13 Februarie is die Israeliese Ambassade gebombardeer in verskeie state. Die ontploffings was soortgelyk aan aanvalle op Iran se kernwetenskaplikes 'n paar jaar gelede waarvoor Iran vir Israel blameer het. Kortom, Israel waarvan Jerusalem die hoofstad is, is voortdurend in oorlog. Waarom? Glog tog maar vir Jesus wanneer Hy huilend die stad op 'n donkie inry en sê: "As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oë bedek. Want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande 'n skans rondom jou sal opwerp en jou omsingel en jou van alle kante insluit. En hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie." - Luk 19.
Het Suid-Afrika dalk ook die gunstige besoek van God nie opgemerk?...
1883: STIGTING VAN DIE REPUBLIEK STELLALAND
KULTUURDAGBOEK 6 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
As gevolg van inboorlingonrus by die Transvaalse suidwestelike en weslike grens het Paul Kruger, en Rhodes in Kaapland namens Brittanje, bekommerd geraak dat sake sodanig kan vertroebel dat groot ellende kan uitbreek.
Die burgers het egter geweier om NIE by die stryd betrokke te raak nie omdat bepaalde swart kapteins aan hulle grond beloof het as hulle hul inmeng. Van Massouw het hulle dan ook inderdaad 'n grondstreek ontvang en onder Gerrit van Niekerk 'n eie republiek, Stellaland, gestig. Rhodes, toe 'n Kaaplandse LWV, sir Hercules Robinson, die Britse hoë kommissaris, en sendeling John Mackenzie, was erg ontsteld; veral omdat Kruger spoedig die staat by sy Transvaalse gebied wou inlyf.
In Mei 1884 het Mackenzie Stellaland onder Britse gesag verklaar en in Julie op Vryburg, die hoofstad, die Britse vlag gehys. Alle partye het egter sy optrede verwerp want dit het die onrusgevoel op die spits gedryf. Rhodes het hierdie Betsjoeanalandgebied immers as die Suezkanaal van Britse binnelandse handel beskou en sou tot elke prys op die ongeskonde Britse gebruik daarvan aandring.
In September 1884 het Rhodes persoonlik die "vrede" in Stellaland bewerkstellig, maar Kruger het weldra kapteins Moshette en Montsioa onder sy gesag en beskerming geplaas. Britse proteste het oral opgeklink en veral die Imperial League, onder adv Leonard het beweer dat Brittanje met hierdie daad deur Kruger bedrieg en bedreig is. Sit Charles Warren is aangestel om met 'n Britse leër Kruger se optrede te ontkrag. Kaaplandse politici was hieroor ongelukkig omdat hulle gehoop het om Stellaland en Gosen by die Kaap aangesluit te kry. Dit het Rhodes en Warren teenoor mekaar te staan gebring – en Rhodes het uit protes bedank omdat Warren se oorlogsugtigheid onnodig was, die Afrikaner polities sou vervreem en Kaapland benadeel sou word. Maar Warren en Londen het geglo dat Transvaal en Suidwes, dus Boer en Duitser, geskei moet bly deur Betjoeanaland veilig onder Britse protektoraatskap te plaas – wat dan ook in 1885 gebeur. Transvaal is aan sy westekant ingeperk gehou en Rhodes se Britse handelsroete na die noorde is oopgehou.
Die hele optrede in Stellaland en Gosen was deel van die omsingelingsplan van die Britte van Transvaal en die gevolglike ekonomiese wurggreep op Paul Kruger. Na hierdie gebeurtenisse het Britse imperialisme sprongsgewys toegeneem sodat oorlog in 1899 onvermydelik geword het – wat uitgeloop het op die Tweede Vryheidsoorlog in ons land wat geduur het tot 1902.