NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom – Ps 18:7

VERWOERD KEER MACMILLAN SE WINDE...

Lees spesifieke voorafgaande gebeure by 13 JAAR MET DR HF VERWOERD (7)

DR VERWOERD SE BEDANKINGSWOORD NÁ MACMILLAN SE BELEDIGENDE 'WINDE-VAN-VERANDERINGE'-TOESPRAAK OP 3 FEBRUARIE 1960

As u deur hierheen te kom niks meer gedoen het nie as om dit moontlik te maak dat die beginsel oral deurdring dat niemand iets goeds kan doen deur te probeer om iemand van wie se sienswyse hy verskil, seer te maak nie, maar dat slegs die goeie daarvan kan kom om aan andere goed te doen, dan sal u reis so ver suidwaarts, wel deeglik beloon wees.

Geagte Eerste Minister, u het aan my 'n aansienlike taak gestel. Ons het genoeg vraagstukke in Suid-Afrika sonder dat u kom om daaraan toe te voeg deur so 'n belangrike verklaring te doen en van my te verwag om u in 'n paar kort woorde te bedank.

Soos u wel deeglik weet is daar twee maniere waarop 'n mens 'n mosie van dank kan benader. Die eerste is om feitlik elke mededeling wat u gedoen het, te herhaal en te beaam. Dit veronderstel natuurlik dat 'n mens alles wat u gesê het, kan onderskryf, wat ek nie in alle opsigte kan doen nie, maar dit veronderstel ook 'n ietwat vervelende herhaling wat ek nie aan u wil opdring nie.
'n Tweede moontlike metode is om kommentaar te lewer op elke punt wat u aan ons voorgelêhet. Dit sou nog erger wees. Dit sou 'n woordestryd tussen u en my beteken by hierdie geleentheid wat sekerlik nie daartoe gepas is nie.

Dus sal ek dit ook nie aan u opdring nie.

Al wat ek wil doen, is om u baie hartlik te bedank viru koms na Suid-Afrika en die voorlegging aan ons hier van u sienswyse – u filosofie, soos u dit sien – soos daardie filosofie veral van toepassing mag wees op die gebiede waarvoor u verantwoordelik is. Ek is bly dat u reguit gepraat het. Ons is 'n volk wat in staat is om met genoeë te luister na wat andere te sê het selfs al verskil hulle van ons. Ek dink dat dit 'n eienskap van beskawing is dat 'n mens in staat behoort te wees om sake in groot openhartigheid met vriende te bespreek en ten spyte van verskille, groot of klein, selfs daarna nog vriende te bly en te kan saamwerk in alles wat origens van onderlinge belang is.

Ek mag sê dat ons u uitkyk op die wêreldbeeld en die beeld van Afrika in daardie wêreld kan verstaan. Ek vind ook geen fout met die hoofdoelwitte wat u beoog nie. Suid-Afrika het dieselfde oogmerke: vrede, waartoe u 'n ontsaglike bydrae gelewer het en waarvoor ek u ook vandag graag wil bedank; die voortbestaan van Westerse idees, van Westerse beskawing; die inwerp van 'n mens se gewig in die skaal aan die kant van die Westerse volke in hierdie moontlik toenemende verdeling wat tans in die wêreld bestaan – daarin is ons met u. Die sien van Afrika as 'n moontlike ewewigsfaktor tussen die twee wêreldgroepe en die hoop om die verstand van die mens in Afrika in die bogemelde rigting te ontwikkel – dit kan ook van die grootste waarde wees in 'n mens se soektog na welwillendheid tussen alle mense en na vrede en voorspoed op aarde. Dit is bloot 'n kwessie van hoe om dit ten beste te volbring.

Hoe kan Afrika gewin word? Daar stem ons soms nie ooreen nie.

Soos ek kan aflei, glo u dat die beleid wat ons vir Suid-Afrika nie net raadsaam ag nie maar wat, na ons glo en indien reg verstaan, 'n uitwerking op Afrika en op die wêreld behoort te hê, nie tot voordeel strek vir daardie selfde ideale waarna u strewe en ons strewe nie! Indien ons beleidsrigtings reg verstaan was, glo ons egter dat daar ingesien sou word dat wat ons probeer doen nie aan die nuwe rigting in Afrika vreemd is nie maar volkome in ooreenstemming daarmee is.

Ons matig ons dit nooit aan om die toepassing van ander beleidsrigtings in die gebiede waarvoor u verantwoordlik is, te kritiseer nie, maar wanneer ons by 'n geleentheid soos die huidige, waar ons heeltemal openhartig is, krities daarna kyk, sien ons, anders as u, dat daardie beleidsrigtings groot gevare kan inhou. Juis die doel wat u beoog, kan deur hulle verydel word.

Die neiging in Afrika dat volke onafhanklik word en, terselfdertyd, die behoefte om aan almal reg te laat geskied, beteken nie net om regverdig teenoor die swartman van Afrika te wees nie maar ook om regverdig teenoor die witman van Afrika te wees. Ons noem onsself Europeërs maar in werklikheid verteenwoordig ons die blankes van Afrika – hulle is die mense, nie net in die Unie nie, maar dwarsdeur die merendeel van Afrika, wat beskawing hier gebring het, wat die huidige ontwikkeling van swart nasionalisme moontlik gemaak het deur aan die naturelle opvoeding te bring, deur hulle die Westerse lewenswyse te toon, deur nywerheid en ontwikkeling na Afrika te bring, deur hulle te besiel met die ideale wat Westerse beskawing vir homself ontwikkel het. Die witman wat na Afrika gekom het, miskien om handel te dryf en in sommige gevalle om die Evangelie te bring, het gekom om te bly; en veral ons hier in die suidelikste deel van Afrika het so 'n aandeel hier dat dit ons enigste vaderland geword het. Ons het nêrens elders om heen te gaan nie. Ons het 'n land beset wat kaal was. Die Bantoes het ook na hierdie land toe gekom en sekere dele vir hulself beset. Dit is in ooreenstemming met die denkrigting van Afrika om aan hulle daar die volste regte toe te staan wat ook ons, net soos u, toegee dat alle mense behoort te hê. Ons glo daarin om presies daardie selfde geleentheid binne die bereik van die witman te laat in die gebiede wat hy beset het, die witman wat dit alles moontlik gemaak het. Ons beskou onsself as 'n deel van die Westerse wêreld, 'n ware blanke staat in Afrika, nieteenstaande die moontlikheid daarvan om aan die swartman in ons middel 'n volle toekoms toe te ken. Ons beskou onsself as onontbeerlik vir die blanke wêreld.

As daar in die toekoms 'n verdeling moet wees, hoe kan Suid-Afrika ten beste sy rol speel? Dit moet sowel met die blanke volke van die wêreld saamwerk asook, terselfdertyd met die swart state van Afrika vriende maak op so 'n wyse dat hulle krag sal verskaf aan diegene wat stry vir die beskawing waarin ons glo. Ons is die skakel. Ons is wit, maar ons is in Afrika. Ons het verbindings met beide en dit lê op ons 'n besondere plig en ons besef dit.

Ek wil nie graag verder op hierdie saak ingaan nie maar verseker u graag dat ons in die Christelike filosofie wat u onderskryf 'n filosofie vind wat ons ook wil volg. As ons metodes verskillend is, laat ons probeer om mekaar te verstaan en mag ons ten minste in die wêreld daarbuite daardie vertroue in ons opregtheid vind wat die grondslag van alle welwillendheid en ware begrip moet wees.

Graag bedank ek u daarvoor dat u na Suid-Afrika gekom het, nie om u aan ons beleid te verbind, ook nie om òf die middelaar òf die regter te wees in ons probleme of tussen die verskeie rassegroepe wat ons in hierdie land het nie. Ons dank u dat u ons kom besoek het eenvoudig omdat dit toon dat u ons vriend wil wees soos ons u vriend wil wees. Dit toon ook heel duidelik dat daar tans tussen ons en Groot-Brittanje die beste samewerking bestaan en in die toekoms behoort te bestaan, en, hoop ek, sal bestaan oor die baie aangeleenthede waarin ons kan saamwerk. U het die ekonomiese betrekking genoem wat tussen ons twee lande bestaan. Ons weet dat hulle baie goed is; ons weet dat hulle baie ver strek. Ons, die lede van die huidige Regering, sou die laaste wees om in die geringste daaraan te wil afdoen. Ons wil graag ons voorspoed en u s'n deur goeie samewerking verhoog, en ek kan waarlik die wyse woorde onderskryf wat u geuiter het toe u gesê het: Niks kan daarby gebaat word om mekaar ekonomies, op politieke of teoretiese gebied, te probeer benadeel nie. Daar het ons ten minste 'n terrein van bedrywigheid waarop ons nie net eenders dink nie maar waarin ons eweseer belang stel: die ekonomiese wêreld, die voorspoed van Suid-Afrika, die voorspoed van Groot-Brittanje, die voorspoed van Afrika.Ek verbind myself en my Regering tot die volste samewerking in die strewe na daardie voorspoed en geluk vir almal.

As u deur hierheen te kom niks meer gedoen het nie as om dit moontlik te maak dat die beginsel oral deurdring dat niemand iets goeds kan doen deur te probeer om iemand van wie se sienswyse hy verskil, seer te maak nie, maar dat slegs die goeie daarvan kan kom om aan andere goed te doen, dan sal u reis so ver suidwaarts, wel deeglik beloon wees.

Ek dank u uit die grond van my hart vir u teenwoordigheid in Suid-Afrika. Namens die Parlement van Suid-Afrika wens ek u 'n voorspoedige terugreis toe. Mag u in Groot-Brittanje minder probleme vind as dié waarmee ons, ongelukkig, hier te doen kry.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 6079 gaste aanlyn