Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
By ons Drie-enige God is alles moontlik, daarom is niks hopeloos nie. Om 'n situasie as hopeloos te bestempel en moed op te gee omdat dit lyk of dit nie kan verander nie, is 'n klap in God se gesig want Hy bly in beheer en kan enige iets verander al lyk dit hoe onmoontlik vir ons.
FILM OOR NAPOLEON
Napoleon-rolprent net nog ‘n aanslag op helde van weleer
Dr Danie Theron
Die rolprent oor Napoleon Bonaparte wat tans in Ster Kinekorteaters vertoon word is myns insiens uiters swak. Dit laat mens met absoluut geen boodskap nie selfs al was dit die kennelike doel van Scott Ridley om Napoleon as 'n swakkeling en ‘n lafaard uit te beeld. Joaquin Phoenix is baie swak in die hoofrol; dalk met opset. Hy laat my trouens herinner aan sy rol in die Gladiator. Daar het hy sy lafaard-rol met oortuiging vertolk.
Napoleon was dalk die grootste veldheer wat daar ooit was. In elk geval is hy minstens in dieselfde kategorie as Alexander die Grote.
Napoleon is op 15 Augustus 1769 op die eiland Corsica (behorende aan Frankryk) gebore. Hy maak snelle opgang in syloopbaan en was op 24-jarige ouderdom reeds brigadier-generaal. Hy toon 'n temperament op jeugdige ouderdom wat onvergelykbaar is te midde van 'n revolusiegees wat heers in Frankryk. Daardie revolusie wat ook (letterlik) die koning en koningin se koppe eis (Marie Antionette se onthoofding word nogal "treffend" uitgebeeld in die rolprent maar Napoleon word sommer 'n ooggetuie daarvan wat 'n leuen is) was gestook deur die Illuminati wat op 1 Mei 1776 deur professor Adam Weishaupt gestig is en algou soos ‘n veldbrand deur Europa versprei en ook posgevat het in Frankryk. Maar soos enige revolusie "vreet dit ook syeie kinders op" en ook Robespierre sterf onder die valbyl.
Napoleon neem Toulon (in Frankryk) op heldhaftige wyse oor en herstel Franse jurisdiksie oor die stad wat hom opeens ‘n held maak.
Napoleon se verhouding met sy vrou Josephine word uitgebeeld (Vanessa Kirby vertolk hierdie rol myns insiens uitstekend) as sou sy Napoleon oordonder het ('n leuen) en skets hom as 'n patetiesefiguur (nog 'n leuen). So word die sout vir die kyker ingevryf!
In November 1799 neem Napoleon volle beheer van Frankryk in 'n staatsgreep. Hy sluit die Concordat met die pous in 1801 (wat die Rooms-Katolieke Kerk as kerk in Frankryk erken) en word trouens deur die pous as keiser ("emperor") gekroon. Ook hier word leuenagtig uitgebeeld hoe Napoleon self die kroon op sy kop sit. Napoleon was nie 'n Christen nie, maar hy glo in 'n Skepper van alle dinge (aldus die bronne wat ek geraadpleeg het). Hy handhaaf ‘n goeie verhouding met die Christendom.
Die Slag van Austerlitz (1805) is iets om te aanskou (in die rolprent - ondanks die historiese foute) - dit was immers sy beroemdste veldslag - geen wonder die Arc de Triomphe is gebou om dit te herdenk nie.
Die rolprent vertel niks van sy hervormings op regs- en onderwysgebied nie – groot mylpale wat vandag nog staan. Napoleon het reuse stappe geneem om die middelklas geleerdheid te bied met sy skolesisteem en sy Siviele Kode is vandag nog daar vir almal om die vrugte daarvan te pluk.
Ook nie sy stryd met die Joodse banke en geldskieters word enigsins vermeld nie. Hierdie stappe deur hom het hom natuurlik finaal in stryd met die Rothschilds gebring (en uiteindelik sy lewe gekos). Dit was Napoleon wat die Joodse Sanhedrin uit alle wêrelddele byeenroep en die Jode voor 'n keuse stel – assimilasie in die lande waarin hulle hulle bevind of voortbestaan as 'n aparte groep. Terloops, hulle het gekies vir assimilasie!
Napoleon se tog na Rusland eindig amper in ‘n totale mislukking weens die koue en die vlooieplaag wat soldate uitdun. Maar ook die Russe se spierkrag word in die proses geweldig geknou.
Daar was verskeie aanslae op sy lewe en hy oorleef dit almal. Na die Slag van Borodino waarin die Franse groot verliese ly word hy gedwing om te abdikeer en word hy verban na die eiland Elba. Hy ontsnap en by sy terugkeer, in plaas daarvan om hom gevange te neem skreeu die soldate uit, "Long live the Emperor!"
Sy terugkeer was van korte duur en hy word, slegs deur 'n oormag soldate – gelei deur Wellington by Waterloo (in België) – op 18 Junie 1815 verslaan. Terloops, dis juis as gevolg van hierdie slag dat die Rothschilds deur middel van posduiwe hulle grootste enkele wins ooitgemaak het. Rothschild het in London gewag op die uitslag. Hy het dit eerste gehoor en al sy aandele verkoop. Die Engelse het gedink Wellington het verloor en die effektebeurs het rampsoedig geval net vir Rothschild om daardie aandele op te koop!
Napoleon word hierdie keer na St Helena verban en sterf daar (waarskynlik aan vergiftiging) in 1821, op 51-jarige ouderdom. Sy kis word steeds in Parys ten toon gestel en niemand anders as Hitler het daar besoek afgelê nie.
Napoleon het blykbaaraan 61 veldslae deelgeneem, was geweldig dapper en ook uitermate onverskrokke. Hy het baie nuwe metodes van oorlogvoering ingelui waaronder die aanval uit die flanke en word deur meeste militêre kundiges as geniaal beskou. Hy was beslis een van Frankryk se beroemdste leiers.
Die rolprent doen die Franse held 'n geweldige oneeraan en mag dalk 'n sukses wees wat betref die wins wat dit gaan maak, maar was vir my teleurstellend gesien die geleentheid wat verbygegaan het om vir ons kinders te wys daar is helde ook in die geskiedenis; ondanks al hulle tekortkominge.
‘n Volk wat geen helde meer het nie, het geen toekoms meer nie. Dit geld vir die Franse, maar ook vir ons. Besef dan dat die aanslag op helde deel van die groter aanslag is om volke van hulle herkoms, hulle identiteit en hulle selfrespek te vervreem.