Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons word nie beter of slegter namate ons ouer word nie. Ons word eerder meer onsself.
1888: Dr. D.B. BOSMAN, GRONDLEGGER VAN WETENSKAPLIKE BESTUDERING VAN AFRIKAANS
KULTUURDAGBOEK 30 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Daniel Brink Bosman is op hierdie dag in die distrik Boshof gebore. Sy skoolloopbaan op Boshof is deur die Tweede Vryheidsoorlog onderbreek. Gedurende die oorlog het hy 'n tyd lank saam met sy vader, wat weens doofheid nie op kommando kon gaan nie, gevlug. Ná die oorlog het hy op Franschhoek en Boshof skoolgegaan en in 1908 op Boshof gematrikuleer. Hy het sy studie aan die Grey-Universiteitskollege (die latere Universiteit van die OVS) voortgesit, waar hy in 1911 die graad MA behaal het.
Op aanbeveling van pres. M.T. Steyn, is 'n Herman Coster-studiebeurs aan hom toegeken, en in 1912 is hy na Nederland om am die Rijksuniversiteit in Groningen verder te gaan studeer.
In 1916 het hy tot dokter in die Lettere gepromoveer op 'n proefskrif met die titel Afrikaans en Maleis-Portugees. Dr. Bosnian se proefskrif is die eerste wetenskaplike verhandeling in Afrikaans op die gebied van die Afrikaanse taalwetenskap. Daarin opponeer en verwerp hy die teorie van prof. D.C. Hesseling dat Afrikaans ontstaan het a. g.v. 'n botsing van sewentiende-eeuse Nederlands met 'n Maleise Portugees aan die Kaap. In die plek daarvan stel hy sy teorie dat waar Afrikaans nie spontaan uit sewentiende-eeuse Nederlands ontwikkel het nie, dit toegeskryf moet word aan die invloed van die Nederlands van vreemdelinge. Hierdie proefskrif en die gevolglike lewendige polemiek tussen dr. Bosnian en prof. Hesseling het groot belangstelling gewek vir die problematiek i.v.m. die verklaring vir die ontstaan van Afrikaans. Hierdie onderwerp het tientalle jare lank in die middelpunt van taalkundige aandag aan Afrikaans gestaan.
Na sy terugkeer in Suid-Afrika was dr. Bosnian 'n jaar lank lektor in Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch en daarna registrateur van die Grey-universiteitskollege in Bloemfontein. In 1921 is hy terug na Nederland vir navorsing in die Rijksarchief in Den Haag. In 1925 is hy aangestel as lektor am die Universiteit van Kaapstad; in 1927 het hy hoogleraar in Afrikaanse en Nederlandse Taalkunde aan dieselfde universiteit geword, en hy het hierdie betrekking tot sy aftrede in 1948 beklee.
Dr. Bosman was van 1918 tot 1948 lid van the Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en verskeie kere voorsitter daarvan. In die hoedanigheid het hy 'n belangrike bydrae tot verskillende uitgawes van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls gelewer. Hy was lid van die Akademie, waarvan hy van 1927 tot 1930 sekretaris was, en later het by ook in die Raad van die Akademie gedien. Dr. Bosnian het saam met I.W. van der Merwe die Tweetalige Woordeboek, Engels-Afrikaans (1931) en Afrikaans-Engels (1936) opgestel. Hierdie gesaghebbende werk, waaraan L. W. Hiemstra sedert 1962 meegewerk het, is meermale herdruk.
As gesaghebbende taalhistorikus, was dr. Bosnian ideaal toegerus om met prof. H.B. Thom mee te werk aan die uitgawe van Jan van Riebeeck se Dagboek, waarvan die eerste deel in die Van Riebeeckfeesjaar, 1952, en nog twee verdere dele tot 1957 verskyn het. Verder het talle taalwetenskaplike bydraes uit die pen van dr. Bosman verskyn in die Tydskrif vir Wetenskap en Kuns, De Nieuwe Taalgids, Die Huisgenoot en die Hertzog-annale.
In 1947 het sy laaste uiteensetting van sy opvattings oor die ontstaan van Afrikaans in die tweede deel van Die Kultuurgeskiedenis van die Afrikaner verskyn. In 1949 is by aangestel as Gesant en later as Ambassadeur van die Suid-Afrikaanse Regering in Nederland. Hierdie amp het by met waardigheid en groot welslae beklee. Na sy uittrede uit die diplomatieke diens het hy op sy plaas naby Somerset-Wes gaan woon, waar hy op 7 Mei 1960 oorlede is. Hy word onthou as een van die grondleggers van die wetenskaplike bestudering van Afrikaans, onkreukbare Afrikaner, eerlike en skerpsinnige denker en deeglike werker.