NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Versoekings is soos ‘n muisvalletjie – altyd makliker in as uit.   Een verkeerde stap kan jou van glorie na vernedering laat tuimel.  Daarom moet versoekings nooit soos koek nie, maar soos gif hanteer word!

HOE MOET ONS STAANDE BLY?

Dit was die skrywer Richard Weaver wat gesê het dat daar nie iets soos internasionale "wortels"  met betrekking tot kultuur bestaan nie. Hy het hom sterk uitgespreek oor die beskerming van 'n volk se eie kultuurwaardes wat soos 'n heiligdom bewaar moet bly indien die volk nie verdring en vertrap, vermoor en totaal uitgewis wil word nie. Wanneer die reg van 'n volk op voorkeure in sy kultuurlewe van hom ontneem word soos dit nou met die Afrikanervolk gesteld is sodat daar nie meer een voorkeur vir 'n bepaalde beginsel bestaan nie, dan word dit 'n lewe sonder beginsels en dán verval 'n volk in 'n beginsellose pad na selfvernietiging. Geen wonder daar is onder ons volksgenote soveel  gevalle van depressie, selfmoord, en veral volksverraad nie.

Daarby het ons volk volkome kulturele selfmoord gepleeg wat uiteindelik gelei het tot politieke selfmoord, en as ons nie gou omdraai nie, sal lei na volkome volksmoord. Die wisselwerking tussen politiek en kultuur is vir die onthalwe van 'n staande volk van die grootste belang: verwaarloos hy die een, verloor hy die ander baie gou. Ook beskerm die een die ander en wanneer die regte politieke leiding dáár is word 'n volk se kultuurbasis versterk en behou hy sy mag. So is alleen  'n volk wat vierkantig waghou oor sy kulturele sake, in staat om weer die politieke mag in sy land te bekom en te behou. Selfs sou hy die mag van selfbeskikking deur onverwagte genade bekom terwyl sy kulturele waardes in die drein afgespoel het soos nou, sal hy daardie politieke mag vinniger verloor as wat hy dit bekom het.

Jaap Marais het gesê ons volk het weer mense aan die roer nodig wat bereid is om alles te waag om die historiese lyn van ons volk nie te laat verbreek nie. As ons dan nie bereid is om as volk uitgewis te word nie,  is die een uiters belangrike saak waarmee ons ons behoort besig te hou in 'n tyd waarin ons geen politieke mag besit nie, die herstel van elke kultuurterrein tot dit weer is soos dit was in die tyd toe ons wel oor die politieke mag beskik het.  En die man wat dink dit was toe sommer net 'n aangename of selfs onaangename tydverdryf in daardie tyd, het geen idee watter rol die beoefening en beskerming van ons volkskultuur gespeel het om aan die Afrikaner die politieke mag in Suid-Afrika te besorg en te laat behou het nie.

Onkunde oor wat kultuur beteken en behels en die argeloosheid daaroor, het ook grootliks bygedra tot die toestand waarin ons volk vandag verkneg en vermoor word. Kultuur het vir ons 'n siellose ding geword, 'n wankultuur, en daardeur het ons alles verloor wat vir ons kosbaar was. En nog kan geen mens kultuur ontvlug nie, veral nie in hierdie 'Nuwe Suid-Afrika' met sy kultuur van Swart barbarisme nie; mens bly altyd onder die een of ander kultuurstyl vasgevang, en ons het onder listige vuilspel van ons volksvyande dié keuse gemaak om ons unieke en beskaafde kultuur te verruil vir een van wanorde, korrupsie, moord en misdaad. Dié dinge is alles deel van die swart regime se kultuur, iets wat nie kan verander nie en op ons bly afgedwing sal word solank hulle die politieke mag het.

Dit wil voor kom of die vyande van die Afrikaner 'n beter besef van die ontsaglike waarde van 'n volk se kultuur het as die Afrikaner self. Hulle het ook goed geweet dat hulle ons volk kan 'bestuur' deur ons denke te 'orden'. Omdat ons nie ons 'heiligdom' beskerm het nie, kon hulle dit deur middel van volmaakte breinspoeling vervang met wat ons ondergang sou meebring. Dit was nie baie moeilik om Afrikaners te laat glo dat politiek, kerkbywoning, suiwer taalgebruik, afsonderlike ontwikkeling, ons heldegeskiedenis en elke terrein van ons kulturele bestaan, nou uit die mode en selfs 'n sonde is nie. Ons het sonder veel weerstand plek gemaak vir 'n internasionale kultuurstyl van neusringe, velgrafering en kleremodes wat ons voorouers sou laat beswyk. Pophelde in die plek van De Wet, De la Rey en Verwoerd; Harry Potter en TV in plek van opbouende lektuur; stampmusiek wat ons ore laat tuit en ons harte laat sluit, saamblyery, ANC-gewettigde aborsies, dobbel en hoerery – dit is alles deel van ons aangenome swart kultuur in die naam van 'vrywording' en 'demokrasie' wat deur internasionale magte op ons afgedwing is. Die gevolg? Selfs universiteitstudente kan vandag nie eers behoorlik lees, skryf of spel nie; reeds drie geslagte weet feitlik niks van hulle herkoms en geskiedenis nie; ons waardes is verrot, sielloos, Godloos, en ons volk weet nie waarheen hulle oppad is nie want 'n volk wat nie weet waarvandaan hy kom en hoe hy in hierdie toestand beland het nie, kán nie weet waarheen hy oppad is nie! Dus besef die Afrikanervolk nie eers dat hy, geestelik en fisies ontwapen, binne die laaste loopgraaf verkeer nie – presies dít wat ons volksvyande vir ons beplan het.

En nou wil hierdie volk sy vryheid in sy eie vaderland terughê? Hy wil weer die politieke mag oor minstens homself uitoefen, sê hy.  Maar hy weet nie meer hoe om te lees, te skryf, te dink, te praat of nog die ergste, sy sondige toestand op sy knieë te bely en te laat staan nie, wat staan nog sy geloof met gereelde gebed versterk soos sy voorvaders by Bloedrivier – 'n Godgegewe voorbeeld hoe om ons eie huidige 'Bloedrivier' te hanteer.

As daar één ding is wat ons vandag in ons weerlose toestand moet doen, dan is dit om terug te keer na ons Drie-enige God, Skepper van hemel en aarde by Wie niks onmoontlik is nie. Hy alleen kan 'n wonderwerk in ons land bewerk. Selfs die begeerte om uself weer op te hef, uself te bemagtig op elke kulturele gebied sodat ons weer die politieke mag kan bekom, kan net van Hom kom. En die proses sal van ons eis om die enigste toelaatbare 'verraad' te pleeg naamlik teenoor onsself: ons selfsug en ego's op die altaar te lê, oor te gee, uit te lewer sodat God daarmee kan klaarspeel, en ons gelouter en gereinig die pad sal aandurf.

Natuurlik sou dit makliker wees onder ware volksleierskap, maar in die huidige landstoestand is daar geen moontlikheid daarvoor nie en is volksgenote op hulself aangewese om die eerste stap te neem; maar onthou ook dat 'n volk uit individue bestaan, daarom is élkeen van ons 'die volk', en kán ons met behulp van ons enigste Leier, Jesus Christus, in hierdie tyd 'n ommekeer maak – Hy wag nét vir óns!

Ook slegs ons hemelse Vader kan ons volk die wysheid gee om ons kleinlike verskille wat daagliks deur die vyand geplant word te oorbrug en ons helderheid skenk in sy Plan met ons sodat ons die werklike slagveld kan identifiseer.

Hý alleen kan ons die heldemoed van ons voorouers gee om, soos Jaap Marais gesê het, waarlik aan die roer te kom en alles te waag om die historiese lyn van ons volk te laat voortvloei. En as ons dit vandág doen, dan ís daar hoop vir ons. Solank ons nog 'n klein Gideonsbende vorm wíl Hy Hom oor ons ontferm want dit alles strek tot eer van sy Heilige Naam. Laat ons dan vandag nog erns daarmee maak om die pad na herstel te stap, met Hom heel vooraan!

Laat ons 'ja' weer ons ja wees, en ons 'nee', ons nee.

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 486 gaste aanlyn