NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Siekte takel 'n mens af – nie net liggaamlik nie maar ook geestelik. Terwyl dokters hulle met jou liggaam besig hou, sit jy opgeskeep met onsekerheid en angs, opstandigheid en depressie. Daarby voel jy uitgelewer en eensaam. Maar siekte is méér as dit: dit kan ook nuwe uitdagings en nuwe perspektiewe bring  en gee 'n mens ook tyd om waarlik te leef – al is jou tydjie ook hoe kort.

NUWEJAAR- VOORNEMENS

Aan die begin van elke nuwe jaar neem baie mense hulle mooi dinge voor.  Ongelukkig word sulke nuwejaarsvoornemens gou verbreek omdat dit nie lewendig gehou word nie.   Dis soos ’n kind wat gebore word, maar nie gevoed word nie.   As ’n goeie voorneme nie gevoed word nie, sterf dit.  So ook geestelike voornemens.    Een van die mooiste voornemens in die Bybel staan in Jos.24:15: “….maar ek en my huis, ons sal die Here dien”.

Geestelike voornemens is voortrefliker omdat ander voornemens in die mens se eie krag onderneem word.    Met geestelike voornemens vra ons God om hulp en slaag derhalwe makliker daarin.

Een van die beste voornemens is om van alle psigiese en emosionele rommel in ons lewe ontslae te raak en vir onsself  te sê: “Ek sleep dit nie verder saam met my nie”.  Dis nie maklik om daarvan ontslae te raak nie, maar wel die moeite werd.  Ons het uiteraard net een lewe op aarde en sal eendag daarvan rekenskap moet gee.

Wat is psigiese rommel?   Onvervulde drome, gebroke verhoudings of een of ander verslawing waarvan ons nie ontslae kan raak nie.   Dit beroof ons van ‘n gehalte-lewe.  Baie mense gee moed op en sê: “Ek sal dit nooit oorwin nie” . Dis presies wat die Satan wil hê – Hy wil ons gedagtewêreld voorskryf.   Dis die begraafplaas van goeie voornemens!    God wil hê dat ons anders moet dink want dan alleen sal ons voornemens seëvier.

God sien in elke kind van Hom wonderlike moontlikhede raak.  Nie mislukkings en rommel nie, maar eerbare, voltooide produkte.    Sonde maak van lewens puinhope.   Net God kan ons help om ons stukkende lewens te herbou.    Hy weet wat die struktuur kort om dit sterk te maak omdat Hy die menslike herbou-proses baie goed ken.

God hou nie van stukkende dinge nie.   Sy werke getuig van voltooiing.  Let op die skepping; alles wat Hy begin het, het Hy voltooi.   Daar is niks half voltooi of stukkend nie.    Sonde het die wêreld stukkend gemaak en mense is gefrustreerd daarmee.   Ook met ons eie stukkendwees.  Satan sê vir ons:  “Los maar jou mooi voorneme en aanvaar dat jy nooit sal verander nie”.  En ons luister soos ’n Eva van ouds na hom; die einde van nog ’n goeie voorneme!

God het ’n plan met ons ook in hierdie nuwe jaar wat wag.   Hy wil ons help om ons geestelike mure te herbou sodat ons vir die finale aanslag van Satan sterk kan wees.    Jesus se wederkoms is naby!

Hoe lyk ons geestelike mure?    Kan ons die vyand trotseer of moet dit herbou word?    Wees gewaarsku dat die herbou daarvan met hewige teenstand gepaard gaan!   Satan los gelowiges nie uit nie en gebruik mense om ons te ontmoedig; selfs vanuit bekende oorde.

Nehemia was ‘n gelowige wat ’n geestelike voorneme gehad het wat verwerklik het.    Na die val van die Babiloniese ryk, is die ballinge toegelaat om onder sy leiding na Jerusalem terug te keer.   Sy geloof in God en liefde vir sy volk het van hom ’n besondere volksleier gemaak.

Toe die ballinge terugkeer, was hulle ontsteld om Jerusalem se mure in puin te vind.   God het egter in Nehemia ’n begeerte laat ontvlam om die mure te herbou, iets wat tot ’n nasionale bewussyn onder die vrygeworde Jode sou lei en hulle sou saamsnoer.    Die Samaritane, ’n basternasie wat in die omgewing gewoon het, wou dit verhoed omdat dit hulle as volk sou uitsluit.   Gevolglik het hulle die Jode die stryd aangesê, maar ten spyte van al die teenstand is die mure in 52 dae herbou.

Wat was Nehemia se geheim en/of wenresep? Om dit te weet sal ons help om ons goeie voornemens uit te voer.   Een van die kernbestanddele van Nehemia se wenresep was dat hy hom nie deur die vyand van stryk laat bring het nie.   Hoe meer hulle hom beledig en probeer ontmoedig het, hoe sterker het sy voorneme geword.

Die Samaritaanse leier en sy bondgenote het gespot toe die muur begin vorm aanneem:  “.Wat maak die magtelose Jode?  Sal ’n mens hulle laat begaan?  Sal hulle die klippe uit die grondhope lewendig maak, al is dit deur brand verniel?   En Tobia, die Ammoniet, het langs hom gestaan en gesê: Wat hulle ook al bou – as ’n jakkals daarteen opspring, sal hy die klipmuur omgooi” (Neh.4:2,3).

Satan bespot ons geloof en werke sodat ons moet ophou.   Hy haat heel mense.  Almal moet stukkend wees soos hy!   As Nehemia destyds na Satan geluister het, was dit neusie verby met sy voorneme.  Ja, sodra ons na Satan begin luister, sneuwel ons voorneme!

Gelowiges is in ’n daaglikse stryd gewikkel:  “Ly dan verdrukking soos ’n goeie krygsman van Jesus Christus.  Niemand wat ’n krygsman is, wikkel hom in die werksaamhede van die lewensonderhoud nie, sodat hy die een kan behaag wat hom vir diens gewerf het” (2 Tim.2:2,3).

Met die werksaamhede van die lewensonderhoud bedoel Paulus die sorge van die lewe.  Ons mag nie toelaat dat dit ons geestelike spoed breek nie.   Gelowiges laat dit aan God oor.  Wie daarin verstrengel raak, sien nooit die lig nie.

Kommer oor die lewe is een van die groot redes waarom gelowiges se voornemens misluk.   God wil hê dat ons sterk en moedig in sy diens moet staan.   Hy het menigmaal vir Josua gesê om sterk en moedig te wees.  Josua het die vyand die stryd aangesê en oorwin omdat vrees hom oorweldig het nie, selfs nie toe die verspieders terugkom en sê dat die Kaänaniete te sterk is nie.  En God het Josua die beloofde land gegee.

God verwag van ons om soos soldate slaggereed te wees en die res aan Hom oor te laat.   Selfs al spot die vyand met ons, moet ons doen wat Nehemia gedoen het – ons moet bid.  “Hoor, onse God, dat ons ’n veragting geword het; en bring hulle smaad op hulle hoof” (Neh.4:4).    Nehemia het nie toegelaat dat die vyande sy geestelike spoed breek nie, maar God om hulp gevra.   Dis wat ons ook moet doen. As die vyand ons voornemens bespot, bid God om met hulle af te reken!

As ons in ons hart oortuig is dat ons die regte ding doen, moet ons nooit ophou nie.    Nehemia het geweet dat hy die regte ding in God se oë doen en nie gestop nie.   Ten spyte van al die teenstand  is die mure herbou.   Sy geloof en geesdrif was aansteeklik “...en die volk was met hulle hart in die werk” (Neh.4:6)

Ons laat miskien die vyand te maklik toe om ons tot stilstand te bring.   En as ons eers gaan staan, sneuwel ons voorneme.   Wees eerder bly as die vyand jou aanval, want dan beteken jy iets vir God.   As die vyand ons nie aanval nie, beteken dit dat ons nie ’n bedreiging vir hom is nie en skort daar moontlik iets met ons geloofslewe.  Gevolglik moet ons nooit ophou om goed te doen en ons geestelike voornemens te verwerklik nie.  Dit bedreig die koninkryk van die bose!

Die vrygeworde Jode se voorneme het van God gekom.   Om dit te verwerklik, het hulle selfs ’n gewapende mag op die been gebring om hulle dag en nag teen vyandige aanvalle te beskerm.  Toe die Samaritane hoor dat die Jode vordering met die muur maak, het hulle so gedreig, dat sommige Jode uit vrees vir hul lewe die bouwerk gestaak het.

Satan wil gelowiges ontmoedig.  Daarom moet ons oë op Jesus ons Leidsman en Voleinder gevestig bly.   Nehemia het hom nie laat ontmoedig nie en sy volk gedurig bemoedig.   As God vir hulle was, wie kon teen hulle wees?   God is baie groter as die vyand.   Let op die geseënde wisselwerking – God het Nehemia bemoedig en Nehemia die volk.  Wat ’n leier!

“En toe ons vyande hoor dat dit aan ons bekend geword het en God hulle plan verydel het, het ons almal teruggegaan na die muur, elkeen na sy werk.  En van dié dag af was die helfte van my mense besig met die werk en die ander helfte het die spiese en skilde en die boë en die pantsers gehou, terwyl die owerstes agter die hele huis van Juda gestaan het.  Van die bouers aan die muur het die lasdraers hulle werk so gedoen, dat hulle met die een hand die werk verrig het, terwyl die ander hand die werpspies vashou” (Neh.4:15-17).

Ons leer baie van geestelike oorlogvoering uit hierdie verhaal.   Satan hou nooit op om gelowiges aan te val nie.  Hy wil dat ons ophou om aan God se koninkryk te bou en ons goddelike roeping en voornemens versaak.   Daarom moet ons die Woord van God soos ’n wapen in ons hart dra as die vyand aanval.  Onthou, ons veg nie alleen nie, God veg vir ons.  “… onse God sal vir ons stry” (Neh.4:20).

Dit maak nie saak wat mense sê nie.   As hulle nie met ons werk vir die koninkryk van  God saamstem nie, is dit hulle saak.   Dit mag nooit ons goddelike voorneme of roeping laat sneuwel nie.   Ons moet eerder die geselskap van mense opsoek wat ons geestelik stig; mense wat ons ondersteun en bid.   Daar is baie Sanballats en Tobiase in die wêreld wat daarop uit is om gelowiges te breek.  Gelukkig hang die uitslag van die stryd nie van onsself nie maar van God af.   Hy sal ons nooit in die steek laat nie, maar eerder vir ons veg.   Gelowiges is altyd aan die regte kant.

Laat ons egter eers die rommel in ons eie lewens opruim.  Moenie tussen rommel bou nie.   Ons het skoon grond nodig.   Moenie die ou rommel verder saamsleep nie!

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 544 gaste aanlyn