Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Al sou iemand met wie se lewe die Here tevrede is, struikel, hy sal nie val nie want die Here hou sy hand vas – Ps 37:24
BYBELSE BEGINSELS EN DIE GOUE REËL...
...teenoor Liberale beginsels
Jann Schlebusch
ñ Boodskap aan die Boerejeug en ons volkstryders
Ek hoor deesdae dikwels dat jongmense sê hulle was nog nie eens gebore in Apartheid nie – en daarom is dit onregverdig om teen hulle te diskrimineer op grond van hulle ras. Hierdie benadering is verkeerd, want daarmee word beide die liberale beginsels en die leuens van ons vyand aanvaar as waarheid.
Die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling wat ons vyande‘Apartheid’ noem, was gebaseer op Bybelse beginsels. Eerstens die baie belangrike opdrag dat elke volk volkereverskeidenheid verorden het. In Gen 11sien ons hoe die mense onder invloed van Satan daarteen in opstand kom met ñ plan om die volkereverskeidenheid te vernietig en die mensdom te verenig onder ñ eenwêreld imperiale ryk. Die Here gryp in en verydel die Sataniese plan (Gen 11).
Later verduidelik die Here in Hd 17:26, 27 waarom Hy self die volke van mekaar geskei het en grense tussen hulle gestel het - sodat die volke Hom kan soek.
Dit was dus God self wat grense tussen die volke gestel het. Die grense is ooglopend vir alle nugter mense. Die grense is verskillende tale; verskillende woonplekke op verskillende vastelande; en verskillende rasse.
oooOOOooo
Satan het nie moed opgegee nie. Elke multikulturele imperiale ryk in die geskiedenis getuig daarvan. Hy en sy bose magte, 'loop rond soos ñ brullende leeu' om God se volkereverskeidenheid te vernietig en hulle duiwelse plan van ñ multikulturele, imperiale ryk uit te voer(1 Pet 5:8,9).
Mense het gesê dat dit verkeerd is om te bid dat ons volk die Anglo-Boere-oorlog wen, want daar is tog Christene aan Britse kant ook. Maar dit is ‘n verkeerde beskouing, want die Boere het God se opdrag uitgevoer en ‘n Godvererende volkshuishouding opgerig, terwyl Groot Brittanje Satan se plan uitgevoer het om ander volke te onderwerp aan die Britse Ryk. Dit gaan nie daaroor of daar Christen-soldate is wat teen jou veg nie, dit gaan oor die saak waarvoor jy stry – is dit vir of teen Christus se koninkryk? Dit is altyd die belangrikste vraag as ‘n regering ‘n belangrike besluit moet neem.
Die duiwel en sy lakeie – die wêrelheersers van hierdie eeu – is steeds besig met hierdie bose plan (Ef 6), en die Bybel profeteer dat hulle tot aan die eindtyd sal ywer om God se volkereverskeidenheid te vernietig en te onderwerp aan ‘n imperiale ryk van Babilon(Open 13). Die afgelope paar eeue werp hierdie bose magte weer alles in die stryd om hulle duiwelse plan te bereik.
Hierdie agenda behoort teen hierdie tyd vir alle nugter mense duidelik te wees: Al die hoofstroommedia verkondig 'rassevermenging en diversiteit’; Satanskinders word opgehef en in ñ goeie lig gestel sodat hierdie misdadigers 'demokraties' verkies kan word om hulle eie volke te vernietig. Ja, dit is werklik ongelooflik dat hulle daarin slaag om die meerderheid kiesers te oortuig om vir misdadigers te stem wat hulle volke wil vernietig; en die Liberale kerke moedig dit aan! Hoe is dit moontlik? Dit is moontlik gemaak omdat hulle daarin geslaag het om ook die hoofstroomkerke te besmet:Ja, die liberale kerke moedig rassevermenging en multikulturele samelewings aan onder die valse dekmantel van naasteliefde en verdraagsaamheid – en selfs as ter wille van die eenheid van die kerk! Die predikante wat hierdie gruwels aanmoedig, dien die agenda van Satan. Elke gelowige moet homself afvra: waar staan ek in hierdie stryd? Is ek aktief besig om vir God se plan te stry, of gee ek nie om nie? Of ondersteun ek die duiwel se magte om die volkereverskeidenheid te vernietig met rassevermenging en verbastering?
As jy skuldig is, is jy nie alleen nie, want hierdie wêreldheersers het daarin geslaag om te bepaal wat algemeen aanvaarbaar is – en wat nie – sodat dit selfs deel van die sogenaamde 'christelike' beskouing geword het. As jy bv rassevermenging afwys, word jy as onchristelik beskou!
Dit is ‘n genetiese feit dat daar groot verskille is tussen rasse: biologies, sowel as sosiologies – dit wil sê: fisies, sowel as psigies. Maar ons mag dit sê nie! Want dit is ‘n sonde in die godsdiens van Marxisme. Ons mag nie eers die bestaan van verskillende rasse erken nie! Selfs Angus Buchan het dit tot sonde verklaar!
So het dit gebeur dat meeste van die Westerse regerings misdadigers is – ja, Satanskinders – en dit gaan al die afgelope 80 jaar so aan (en in baie gevalle die afgelope 100 jaar) – maar dit is nie die eerste keer in die geskiedenis nie! (Jn 8:44). Ons het ook nou onlangs bewus geword daarvan dat die meeste van hierdie ampsdraers afgepers word om hierdie duiwelse agenda uit te voer – toe die gruwels van die Epstein-bedrywighede bekend geword het.
Ons moet teen hierdie duiwelse agenda stry, maar ons is só mensgerig, dat ons organisasies ondersteun wat hulle voordoen as Christelik, maar stry vir 'menseregte en minderheidsregte'. Dit is onbybels. Die Bybel ken geen ‘menseregte of minderheidsregte' nie. Die Bybel ken net reg en onreg.
So hoor ons dikwels die klagte teen die ANC regering se rassediskriminasie en rasgebaseerde wette. Maar daar word geen onderskeid getref tussen regverdige en onregverdige diskriminasie nie. Trouens, diskriminasie word ongekwalifiseerd as ‘n sonde beskou. Daarom is dit nodig dat ons hier perspektief gee: Diskriminasie is inderdaad lewensbelangrik. Diskriminasie beteken om onderskeid te maak. Geen mens kan lewe sonder onderskeiding nie. So diskrimineer ons teen onkruid as ons dit uitskoffel en die ander plante versorg. So diskrimineer ‘n man teen alle ander meisies as hy ‘n vrou kies. Die Bybel praat selfs van die gawe van onderskeiding waarmee die Heilige Gees sommige mense mee begenadig! Maar kom ons kyk na rassediskriminasie en geslagsdiskriminasie waaroor die sogenaamde sonde eintlik gaan. Die verskille tussen rasse is duidelik vir enige nugtere mens. Die fisiese verskille is baie duidelik in sport waar een ras in een sport uitblink en die ander ras in ʼn ander sport uitblink; die skelette verskil; die spiere verskil; die DNA verskil; die bloedeienskappe verskil; ens. Die psigiese verskille sien ons duidelik in die benadering tot die lewe. Die Blanke ras is meer intens en ontevrede met sy omgewing: hy wil dit heeltyd verander en verbeter. Die Negroïede is meer tevrede en in harmonie met hul omgewing. ‘n Goeie en onbevooroordeelde uiteensetting van hierdie psigiese verskille is die werk van die oud-Dekaan van die Teologiese fakulteit van die Universiteit van die Noorde: prof Attie van Niekerk: Anderkant die Reënboog. Hierdie verskille is ook duidelik as ons die tegnologiese ontwikkeling van die Blankes waarneem. Nou is dit belangrik dat ons nie moet dink dat die Blankes ‘beter’ as die ander is nie. Vanuit ons perspektief is ons psige beter, want ons sal dit moeilik vind om soos die ander rasse te leef, maar die Skepper het elkeen na sy soort gemaak. Die intense psige van die Blanke het weer ander nadele – soos spanning in ons gemoed en ook in ons menseverhoudings. Die Negroïede-ras is inherent baie rustiger en tevrede. Nou mag dit nie so lyk in ons huidige belewenis nie. Die rede is die doelbewuste agenda van die duiwelse Liberalisme wat die Negroïede opsweep om soos Blankes te probeer wees en dan minderwaardig te voel. Dan moet hulle ontevrede word omdat hulle nie soos Blankes kan wees nie en dan moet hulle die Blankes daarvoor verkwalik. Dit is alles ‘n fyn uitgewerkte agenda van Satan.
Basies dieselfde agenda word gevolg met die afbreek van verskille tussen mans en vrouens – wat volgens hulle nie mag verskil nie. Vir enige nugter mens is dit duidelik waansin, maar tog kry die Satanskinders dit reg om baie mense te oortuig en selfs baie kerke te oortuig.
Om terug te kom tot die beskouing dat rassediskriminasie en rasgebaseerde wette verkeerd is: Rassediskriminasie beteken om ‘n grens tussen rasse te stel of om voorkeur te gee aan een ras bo ‘n ander ten opsigte van ‘n spesifieke aspek.
As voorbeeld neem ons die Nasionale Partyregering wat die politieke bestel van die Unie van Suid-Afrika verander het toe hulle in 1948 aan bewind gekom het. Voor die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika in 1910, was daar nie ‘n land Suid-Afrika nie. Daar was Boererepublieke, Britse kolonies en -protektorate en Bantoelande. Toe die Nasionale Party aan bewind gekom het, het hulle begin met ‘n proses om die Bantoelande wat by die Unie ingelyf was, onafhanklikheid te gee. Die probleem was dat daar nie werksgeleenthede in die Bantoelande was nie, maar wel in Blank Suid-Afrika. Bantoes het ingestroom om hier te kom werk. Die wyse optrede (terugskouend) sou wees om hierdie instroming te stop met ‘n rasgebaseerde wet wat werkgewers verbied om Bantoes in diens te neem.Ons moet deurentyd onthou dat hulle hul eie lande gehad het waar hulle weer voorkeur geniet het. Maar die NP -regering het ‘n sagter aanslag gevolg wat die Bantoes as gasarbeiders toegelaat het op voorwaarde dat hulle werk in Suid-Afrika het. Dit was die ‘pas’-stelsel waaroor die Liberaliste so tekere gegaan het. Intussen was groot projekte geloods (met Blanke belastinggeld) om die Bantoelande te ontwikkel en lewensvatbaar te maak sodat hulle self vir hulle mense kon werk verskaf. Hierbenewens het die NP-regering ‘n punt daarvan gemaak om alle fasiliteite wat vir die Blankes geskep is, ook te skep vir die Bantoes. Die lewenstandaard van die Bantoes het drasties verhoog in die tyd van ‘Afsonderlike Ontwikkeling’ (wat ons vyande verkies om ‘Apartheid’ te noem. In kort: nog nooit in die geskiedenis het een volk so baie gedoen vir ander volke as wat die Boervolk vir die Bantoevolke gedoen het nie. Daar was rasgebaseerde wette. Die Blankes het hul busse gehad en die Bantoes het hulle busse gehad. Die Blankes het hulle woonbuurtes gehad en die Bantoes het hulle woonbuurtes gehad. Ons het in vrede gelewe. Totdat die Marxiste hulle opsweping en terreurveldtog, met die ondersteuning van die Westerse regerings hier kom pleeg het. Maar dit was onsuksesvol. Hulle moes uiteindelik die Blanke regering omkoop en afpers om politieke selfmoord te pleeg en die regering oor te gee aan ‘n Marxistiese terroristebende. Na die ANC se oorname het beide die Bantoes en die Blankes se gemiddelde lewenstandaard drasties verswak. Trouens, die land se ekonomie het gefaal en word net met buitelandse lenings en skenkings aan die gang gehou.
Met rasgebaseerde wette het al die rasse dienste gehad. Nou het Blankes in praktyk nie meer openbare vervoer nie. Almal het volkseie skole gehad met kultuurgebonde onderwys. Nou is daar nie meer skole in die platteland waar Blankes hulle kinders kan laat skoolgaan nie. Blankes vlug uit woonbuurte waar Bantoes oorgeneem het; ens.
Die punt is: met Afsonderlike ontwikkeling was daar regverdige rasgebaseerde wette en regverdige rassediskriminasie. Onder ANC bewind is daar onregverdige rassediskriminasie en onregverdige rasgebaseerde wette. Dit gaan nie oor rassediskriminasie nie. Dit gaan oor geregtigheid. Die Bybel leer diskriminasie en geregtigheid. Ons moenie kla oor rasgebaseerde wette nie. Ons moet kla oor onreg.
Daar word ook beweer dat ons vandag ‘omgekeerde Apartheid’ het. Niks is verder van die waarheid nie. Al waarvoor ons vra is omgekeerde Apartheid. Gee ons net ons eie land waar ons ons kultuur kan uitleef, dan sal ons niks verder vra nie.
As ons Here ons genadig is en ons uit hierdie multikulturele, imperiale gruwel red, sal ons verseker rasgebaseerde immigrasiewette moet hê. Ons moet net nie onregverdig optree nie. Die goue reël is Mt 7:12 “Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.”