NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Het u al gesien hoe mense in hierdie moderne tyd van spanning en angstigheid altyd 'n luide lawaai om hulle verkies om hulle gemakliker te probeer maak? Baie mense ervaar stilte nie as 'n volheid en weelde nie maar as 'n leegheid, nutteloosheid of selfs 'n bedreiging. Stilte is vir hulle soos 'n gapende afgrond waarin hulle dreig om te val. As ons verhouding met God reg is, sal ons nie die angstigheid van stilte ervaar nie maar dit sien as 'n tyd waarin ware wysheid tot ons kom, wanneer jy groei tot 'n rype mens, daar waar ons God goed hoor. Maak vir jou elke dag stiltyd waarin jy leer om werklik te luister.

DERDE WÊRELDOORLOG REEDS BEGIN

ONS LAASTE TWEE PAAIE

Die Derde Wêreldoorlog het reeds begin. Dit word eenvoudig nie vir die publiek gesê nie, want regerings en die omgekoopte media is toegewyd aan hulle geldmeesters om die publiek in die duister te hou. Maar toestande is reeds lank verby die punt van onderhandeling of de-eskalasie tussen Rusland en die weste. Dit veral nadat Rusland gesê het indien hy direk aangeval word is dit vir hom die teken om met kern terug te veg.

Ongelukkig het die waansin van Westerse nasies hierdie konflik geëskaleer tot 'n toestand waar wie ook al kernbomme het, die eerste voordeel sal hê. Die westerse media, wat nou nog heftiger lieg as wat Pravda ooit gedoen het, beweer dit is Poetin wat die eerste met gebruik van kernwapens dreig. Dit is 'n baie gevaarlike ontwikkeling, want as Rusland sulke dreigemente ernstig opneem, sal klassieke spelteorie vereis dat Poetin eerste toeslaan om die verwagte aanval deur die Weste te stuit.

Die Putin-regering het ook ‘n verklaring uitgereik waarin hulle beklemtoon dat die moderne Weste alle christelike beginsels oorboord gegooi het en ‘n oorlog teen God almagtig vir Satan wil veg, en dat Rusland nie die anti-chris sal bevredig nie. Daarom sal hy die Weste se sataniese aanslag sover moontlik beveg. Net waar jy in die weste kyk, in besonder die VSA, is daar sataniese aanbidding en orgies. Rusland sien die VSA nie as ‘n ekonomiese teenstaander nie maar as pedofiele, sataniste en so meer, dus veg Rusland aan die kant waar hulle die weste sien as teenstanders van die Skepper van die aarde, nie net as ‘n politieke teenstaander nie, wel as iemand wat die hele voortbestaan van die aarde bedreig.

Rusland se weermag is 30 miljoen man sterk. Maar selfs die 300 000 tot een miljoen wat nou gemobiliseer word, is baie. Daaronder tel duisende verpleegsters. Ukraine het maar 300 000 soldate in totaal waarvan 100 000 reeds in die oorlog gesterf het. Maar die VSA weier dat Zelensky oorgee, dus voer NATO nou intense oorlog. Maar hulle sal verloor. Dit is baie koud daar en in die noorde van Europa het die sneeu reeds begin val wat nie tot hul voordeel strek nie.

Die vier gebiede, dit is die twee Donbass republieke Donestk en Luhansk en dan ook Kherson en Zaporizhye, se refendum-uitslae word more verwag en dan word die gebiede by Rusland ingelyf wat sowat vyf miljoen mense en van die beste grond in Ukraine insluit. Indien Ukraine of NATO dan daardie vier gebiede aanval, val hulle Rusland self aan en dan is dit volskaalse oorlog. Rusland speel die hele saak meesterlik ondanks wat CNN en ander korrupte media te vertelle het. Europa sal moet kies, die prys van hout, gas en elektrisiteit en voedsel het al verdubbel; hulle gaan òf sterf van honger en koue òf hulle sal moet herbesin.

Italië gaan waarskynlik nou 'n regse regering kry, dus is daar darem hoop vir hulle.

Enigiemand wat in Wes-Europa woon, moet intussen dringend voorberei vir ekonomiese ineenstorting, hongersnood en kernoorlog.

Diegene wat in Noord-Amerika woon, moet voorberei vir ekonomiese ineenstorting en wêreldwye kernuitval wat oeste vir baie komende jare sal ontwrig. Dit neem tot 300 jaar voor grond weer in so ‘n mate herstel dat enigsins geplant kan word.

Diegene in daardie omgewings wat nie kos stoor nie, sal uiteindelik radioaktiewe kos eet, indien hulle enigsins iets kan vind om te eet.

Ons hier in Suid-Afrika behoort net so dringend voedsel te berg en vir langtermynbewaring te verpak. Ons het twee redes om dit te doen. Die oorlog in Europa sal wel ‘n invloed op ons voedselverskaffing hê aangesien baie produkte deesdae deur die ANC ingevoer word. Maar terwyl die Derde Wêreldoorlog in Europa aan die gang is, gaan ons self ‘n interne oorlog hier beleef wat ons eie oeste en produksie sal benadeel. Eers wanneer dit alles verby is sal ons weer in staat wees om te begin plant, en in daardie tydsverloop gaan hier ‘n plaaslike hongersnood ontstaan vanweë tekorte. As ons dus tans enigsins instaat is om gesonde voedsel langtermyn te stoor op enige wyse maar veral deur middel van uitdroging, het ons ‘n kans op oorlewing.

Die ander moontlikheid is dat ons meer selfonderhoudend leef deur groente en vrugte aan te plant. Vrugte neem ongeveer 6-10 jaar vóór die boom vrugte begin dra maar vir diegene wat reeds vrugtebome het sal dit ‘n groot uitkoms wees om dit nou reeds spesiale behandeling te gee veral met die oog op die kunsmisskaarste. Blaargroente kan elke twee weke in ‘n volgende bedding aangeplant word en kan daar reeds binne enkele weke van geoes word. Gaan leer dus hoe om sade te bêre, daar is ‘n hele aantal wyses om dit te doen.

Die tyd het uitgeloop, daar is nie meer tyd om te wonder wat gaan gebeur en wie sal vir ons sorg nie. Dit is nou die tyd om daadwerklik op te tree om uself te leer onderhou. Die laaste wêreldoorlog is op hande, en volgens die Here se Woord sal dit so ‘n verwoestende oorlog wees dat die Hy baie gou daarna sy kinders sal kom haal. Ons weet uit Openbaring dat dit ‘n kernoorlog sal wees, dit word baie goed daar uiteengesit en die algemene beskrywing daarvan is die groot Armageddon. Dit word in woordeboeke soos volg beskryf:

(in the New Testament) the last battle between good and evil before the Day of Judgement.

  • the place where the Armageddon will be fought.
  • a dramatic and catastrophic conflict, especially one seen as likely to destroy the world or the human race.

"nuclear Armageddon"

Dus, as die wereld of die mensdom daartydens feitlik uitgewis word, maak nou seker waar u en u geliefdes daarná oppad is want daar is net twee paaie!

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 560 gaste aanlyn