Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God het in die mens die sterkste krag op aarde geplaas - die krag van keuse en vrye wil. Die mens se lewe sou voortaan die produk van sy keuses wees. Soos hy besluit, sou sy lewe wees. As hy reg besluit, verloop sy lewe reg. As hy verkeerd besluit, dra hy die gevolge!
WILLOOS OPPAD NA 3e WÊRELDOORLOG
China se uitvoerende staatshoof, wat by geleentheid namens die grootste nasie op aarde gepraat het, het in die sewentiger jare aan die Amerikaanse president, verteenwoordiger van die magtigste nasie op aarde, gesê dat die mens ongetwyfeld op pad is na die Derde Wêreldoorlog. "Dit staan heeltemal afsydig van die mens se wil." Dit is waarskynlik die verbasendste stelling in die geskiedenis van ateïstiese politiek: wêreldoorlog staan "afsydig van die mens se wil". Dit is presies wat Jesus aan Johannes gesê het: dat die mens uiteindelik so 'n laagtepunt sal bereik dat hy in die hande van bose leiers sal verval wat, verdoof en betower deur Satan, hom reguit met die pad na Armageddon sal laat voortmarsjeer.
Uit ‘n brief van die apostel Paulus lees ons: "Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly saam met hulle in die wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde" (1 Thessalonicense,4:16 — 18). Maar vir diegene wat agterbly, sal daar die verskrikking van oorloë en 'n finale oorlog wees, wat erger sal wees as enigiets wat nog in die geskiedenis van die mens plaasgevind het.
Toe Jesus se dissipels aan Hom vra: "Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?" het Hy geantwoord: "En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë... Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander..." (Mattheus 24:3,6,7). En later het Jesus op hierdie antwoord uitgebrei toe Hy aan die apostel Johannes verklaar het dat die mens se oorlogsugtigheid sal lei tot 'n wêreldwye oorlog aangehits deur "die geeste van duiwels wat tekens doen", wat staatshoofde blindelings sal voortdryf "om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God. .. op die plek wat in Hebreeus genoem word Armageddon" (Openbaring 16:14, 16). Dit sal inderdaad die Derde Wereldoorlog wees.
Die Eerste Wêreldoorlog het in Wes-Europa plaasgevind. By die Tweede Wêreldoorlog was drie van die wêreld se vyf kontinente betrokke asook drie van die vyf oseane. Armageddon sal die nasies van die "hele wêreld" betrek en as sulks sal dit die Derde Wêreldoorlog wees. Die opstoker en skurk in hierdie drama sal die Seun van Verdoemenis uit die hel wees, die Antichris. Die Redder en Oorwinnaar sal die Seun van God uit die hemel wees: Jesus Christus.
"Dit is te laat om die Derde Wêreldoorlog te keer", sê Alexander Solzhenitsyn terwyl hy die gedreun van oorlogstromme en die strydkrete van Moskou tot Washington, tot Suidoos-Asië, tot die Midde-Ooste, tot Angola, tot die destydse Rhodesië verneem het. Daar is aan die redakteur van die belangrikste Kanadese nuustydskrif gevra wat sy grootste bekommernis is; sy antwoord: "Dieselfde ding as wat elke ander redakteur van 'n groot nuustydskrif bekommer: dat die Derde Wêreldoorlog verklaar sal word".
Staatsmanne Dwarsoor die Wêreld was bekommerd reeds sedert die sewentigerjare:
Wanneer 'n mens die 38e en 39e hoofstukke van Esegiël lees, kan jy nie anders nie as om die gevoel te kry dat die belangrikste oorsaak van die Derde Wêreldoorlog en die begin van die reis op die pad na Armageddon, Rusland is, alhoewel Amerika, Israel en China nie uitgesluit is nie. Leonid Brezhnev self het destyds al ver genoeg afgewyk van sy gewone detente-propaganda van ons eeu te betree met 'n verwysing na die universele mens se "terugkeer na die Koue Oorlog en na 'n steeds gevaarliker balans op die rand van 'n warm oorlog. . . Dit is nodig dat almal dit baie goed moet verstaan".
Een wat glo hy verstaan dit goed, uitermate goed, was die Britse politikus, Winston Churchill wat half wrang antwoord:
"Daar is 'n volk wie se leiers — waar hulle ook al voor die Weste te staan kom — steeds in 'n aanvalsformasie opgestel is. Hulle word ondersteun deur 'n wapentuignywerheid wat dieselfde persentasie van die volksinkomste absorbeer as wat Hitler 'n jaar voordat hy die mensdom in die Tweede Wêreldoorlog gedompel het, bestee het. Die land is Sowjet-Rusland... Die Russe se hele ekonomie is ingestel op oorlog... As hulle versoek word deur die Weste se algehele apatie en bewese swakheid, sal dit nie meer gaan om die onafhanklikheid van 'n paar Afrikastate nie. . . dit sal gaan om vrede, wêreldvrede."
Die Amerikaanse senator Robert Griffin het destyds reeds in die program "Ontmoet die Pers" gesê die wereld sit op 'n kruitvat en algehele uitwissing wink hom toe.
Henry Kissinger, die voormalige Amerikaanse minister van buitelandse sake, omstrede soos hy was, het in die Armageddon-bedreigde Midde-Ooste met die Damokles-swaard van 'n kernoorlog dreigend daaroor, voor 'n televisiekamera in trane uitgebars. Hy het gesê: " 'n Mens moet saamleef met die gevoel van die onafwendbaarheid van tragedie".
Abba Eban, Israel se toenmalige minister van buitelandse sake, het gevoel dat " 'n toevalskoot of 'n wanberekening" met een van die talle kernkragkoppe wat al hoe meer blindelings dwarsoor die wêreld opgerig word, die wêreld in 'n reusagtige krematorium kan omskep.
Albert Schweitzer het die mens se neiging tot selfvernietiging so gesien: "Die mens het die vermoë verloor om te voorsien en te voorkom. Hy sal uiteindelik die wêreld vernietig."
Ook Wetenskaplikes is Bekommerd:
Flora Lewis van die New York Tunes, het plegtig hulde gebring aan die wêreldberoemde "wetenskaplikes wat die toekoms voorspel, gewoonlik met apokaliptiese donderslae". Die een van wie ons waarskynlik die meeste gesien en gehoor het, was die Rus Andrei SakIharov, "vader van die Russiese waterstofbom". Sy posisie as een van die voorste wetenskaplikes besorg hom 'n aandagtige gehoor wanneer hy waarsku dat "die onbelemmerde aangroei van kernarsenale en die steeds groeiende gevaar van 'n konfrontasie die mens bedreig met die dood van die beskawing en sy eie fisiese vernietiging".
Sy grootste steun in die Weste in die opvatting dat die mens op die randjie van selfvernietiging is, het waarskynlik gekom van die 2 300 Amerikaanse wetenskaplikes wat hulself die "Unie van Bekommerde Wetenskaplikes" noem en destyds 'n petisie aan die Amerikaanse president oorhandig het. Onder hulle was agt Nobelpryswenners en, wat nog meer insiggewend is, vier wetenskaplikes wat dekades gelede sleutelposisies beklee het in die ontwikkeling van die eerste atoombom. Hulle het die president gewaarsku oor die "ernstige potensiële gevare" van kernenergie wat, "indien dit in 'n oomblik van woede gebruik word, wêreldwye vernietiging kan veroorsaak". Hulle het ook daarop gewys dat indien kernkrag vir "vredestydse opwekking van elektriese krag gebruik word, die kernafval 'n ernstige en gevaarlike probleem sal skep wat net beheer kan word deur sorg, waarneming en versigtigheid op die hoogste vlak".
Skrywers soos Peter Koenig kan voortgaan met sy teorie dat die gepraat oor ‘n kernoorlog net ‘n bangmakery is – dat leiers dit gebruik om bevolkings beangs en lam te laat sodat hulle makliker deur die geldmagte beheer kan word. Dit is sekerlik ook waar dat leiers hierdie tegniek so aanwend. Hy skryf ook dat geen land se leiers so dom is dat hulle kernwapens sal aanwend wat hulself en hulle eie families sal uitwis nie; maar hy besef nie dat Satan in beheer is van daardie leiers nie, en dat hulle onder Satan se demoniese krag geen ander keuses sal maak as die heel ergste nie.
Maar Christene ken die hele waarheid, die Bybelboek Openbaring is baie duidelik oor wat in die laaste dae sal gebeur. Reeds in Openbaring 9:15-18 word beskryf hoe ‘n derde van die aardse bewoners sal sterf. So ‘n groot getal sal deur die gevolge van kernwapens sterf: “En só het ek in hierdie gesig die perde gesien en die wat op hulle sit, met vuurrooi en blou en swawelgeel borsharnasse. En die koppe van die perde was soos leeukoppe, en uit hulle bekke het vuur en rook en swawel uitgegaan.” Openbaring 16:13-14: “En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom. Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God.” Openbaring 19:19: “En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër.” So is daar talle verwysings na hierdie laaste oorlog wat nie net ‘n geestelike oorlog sal wees nie maar ook letterlik, waarin ‘n groot deel van die mensdom sal sterf en ‘n deel van die aarde bar en dor sal wees soos net kernaflaat kan doen.
Elke kind van die Here sal baie ernstig moet voorberei – eerstens geestelik om so sterk te staan dat Satan wat hard vir jou gaan baklei, jou nie sal oorwin nie. Tweedens moet ons hier in Suid-Afrika ons voorberei op ‘n baie moeilike tyd wat voorlê waarin ons bitter min materiële middele tot ons beskikking sal kry. Daar word reeds dikwels in die Rooi See aanvalle op vragskepe gemaak waartydens die Houti’s alle voorrade buit – en in ‘n land wat se produksie van lewensmiddele deur die ANC feitlik totaal vernietig is en nou grootliks op invoerprodukte staat maak, gaan dit bitter moeilik wees om te oorleef al spring ons al die kernaanvalle vry. Beplan en spring aan die werk in soverre moontlik om self te voorsien in noodsaaklike middele – en bid onophoudelik vir God se beskermende hand oor Suid-Afrika!