NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Laat ons uit die krisisse waar ons troos van ons hemelse Vader kry, nog iets leer: Hy troos ons NIE om ons te vertroetel nie maar om weer van ONS troosters vir ander te maak.

VAN TROAS TOT BLOEDRIVIER

Dr PE van der Dussen (sr)

Die oproep uit Perth (brief hieronder) gee uiting aan die siening dat die oopmaak van die deur na Afrika deur die Potgietertrek in Transvaal en die NatalseTrekkers in die Gelofte saamgebring word as ‘n enkele wonderdaad van God om die Evangelie van Jesus Christus vanuit die Suide, en dat daarom die herdenking van die Gelofte op 16 Desember op die kalender van alle gemeentes wêreldwyd hoort, soos Hervormingsdag en Bartolomeusnag. Dit word in die onderstaande uiteengesit:

VAN TROAS TOT BLOEDRIVIER

Paulus na Europa gestuur

En hulle het deur die land Frigië en Galasië gegaan, omdat die Heilige Gees hulle verhinder het om in Asië die Woord te verkondig. En toe hulle by Misië kom, het hulle probeer om na Bithinië te gaan, maar die Gees het hulle dit nie toegelaat nie. So het hulle dan Misië verbygegaan en na Troas afgekom. En Paulus het 'n gesig in die nag gesien – daar staan 'n Macedoniër wat hom smeek en sê: Kom oor na Macedonië en help ons! En toe hy die gesig gesien het, het ons dadelik probeer om na Macedonië te gaan, omdat ons verseker was dat die Here ons geroep het om die evangelie aan hulle te verkondig - Handelinge 16:6-10. 

Merkwaardig! Die Heilige Gees verhinder Paulus en sy geselskap om verder in Asië die Woord te verkondig. Dan laat Hy hulle selfs nie toe om dit te doen nie. So kom hulle in Troas aan, as't ware daarheen gedryf. Daar verklaar die Heilige Gees die merkwaardige gebeurtenis: Hulle moet na Macedonië gaan – na Europa toe.

Paulus is ongeveer 50nC op sy tweede sendingreis en het verskeie gemeentes besoek waarvan sommige tydens sy eerste reis gestig is. Hy wil verder in Klein-Asië werk, maar die Heilige Gees dwing hom Weswaarts na Europa toe, toe reeds en tot vandag die kern, die sentrum van denke en wysbegeerte (Griekeland) en orde en tegniek (Rome). Na dáárdie heidene moet Paulus gaan om die Evangelie te verkondig.

Word die geskiedenis met 'n geloofsoog beskou, het God déúr die gedryf en gewoel van oorloë en opstande vóór die Pax Romana – die Romeinse vrede – die wêreldarena vir die koms van die Christelike tydperk voorberei. Juda-Benjamin het die Messias verwerp, 'n klein getal gelowiges uitgesonder. Die omringende volkesee in die Midde-Ooste was nie tot God geneig nie. Klein-Asië het Christus nie gesoek nie. Nou stuur die Heilige Gees Paulus, die uitverkore werktuig om die Evangelie aan die heidene te verkondig (Handelinge 9:15), wég van Asië, Weswaarts na Europa, na Griekeland en Rome.

Uitverkiesing

Wie die wêreldgeskiedenis binne die Kerkgeskiedenis plaas en dan in die lig van die Openbaringsgeskiedenis beskou, sien verwonderd: God het in Sy vrymagtige almag en voorsienigheid Europa uitverkies om die Evangelie tot aan die eindes van die aarde uit te dra. Dáártoe is die Griekse denkvermoë en die Romeinse tegniese en staatkundige vermoë ontwikkel: Sodat Europa eeue later in staat kon wees om die wêreld oor land en see te deurkruis, tot aan die verste uithoeke, Noord- en Suidwaarts, Oos- en Weswaarts. Dáártoe het die Heilige Gees Paulus na Europa toe gestuur.

Die Romeinse Ryk is deur geestelike verrotting verswak en deur die heidene vernietig. Maar op wonderbaarlike wyse het die Evangelie tot in Spanje, Engeland, Frankryk, Duitsland, Nederland verbrei. In die eerste eeue het die kerk geblom, veral in die Romeinse gebiede in Noord-Afrika waar Rome se arm sterk was.[6] Rome het in die kerkwese ingedring toe Konstantyn die Christelike kerk tot staatskerk verklaar het. Dit was nie vir die kerk 'n goeie ding nie en het tot die vestiging van die Heilige Romeinse Ryk as 'n soort verstaatlikte kerk bygedra. Tot die tyd van die Hervorming het die Pous van Rome die laaste sê in die aanwysing van vorste in Europese lande gehad en was hierdie vorste die werktuie van die Roomse Kerk in die gruwelike vervolging van die Protestante.

Die Hervorming

Die Hervorming het die uitdra van die Evangelie na ander vastelande laat verwerklik. Volgende op die ontdekkings en ontwikkelinge van die Renaissance het die vorste rykdomme elders begin soek. In die geldende verhouding staat-kerk het die Roomse Kerk 'n Godsdienstige beeld aan die ontdekkingsreise gegee. Dit was egter eers ná die Hervorming dat die opdrag van die Here Jesus om die Evangelie tot aan die uithoeke van die aarde te verbrei, kragtig uitgevoer is.

Die drie groot reformatoriese strominge, Luthers, Gereformeerd (Calvyn), en Presbiteriaal (Knox), het elkeen 'n eie rigting ingeslaan. Vanuit Duitsland bereik die Lutherane Noord- en Oos-Europa, vanuit Nederland bereik die Gereformeerdes Suid-Afrika[7] en Suidoos-Asië, en die Skotse Presbiteriane bereik Noord-Amerika. Later bevolkingsbewegings het die drie strome laat kruis en soms laat saamsmelt.

Gereformeerd en Geroep tot Nagverdrywer

Die Gereformeerde leer beklemtoon geroepenheid as vrug van die uitver-kiesing. Dit pas in die Hollandse aard dat hierdie rigting hulle aangegryp het. Hulle het dit in en aan die Afrikaner oorgedra. Dit is deur die Hugenote in die Afrikaneraard versterk en met die aansienlike toevoeging van Duitse bloed het die Afrikanervolk al vroeg in sy bestaan die geaardheid getoon wat hom vir sy geroepenheid in hierdie taai land geskik gemaak het, hom die wit kind van groot Afrika gemaak.

Die Afrikaner het spoedig van Kaapstad af Ooswaarts getrek. Dit het langer geduur voordat hulle Noordwaarts die binneland van Afrika in getrek het, uit protes teen die aanslae van die Britse bewind om hulle te verengels en as volk te vernietig. Die oorsake van die Groot Trek was volksgebonde, maar die Trekkers het hulle Bybels en Godsdiensgeskrifte op hulle tog Noordwaarts saamgeneem. Hulle het vryheid van die Engelse gesoek, en die HERE het hulle tot daardie soeke gebring om hulle die lig van die Woord in Donker Afrika te laat indra as die geroepe nagverdrywer van Afrika. Satan het dit gesien en op enige wyse en met elke denkbare menslike vennoot dit teengegaan. Die aanvalle van Swartes op die Trekkers was deel van sy plan. Toe Retief en Dingaan oor saamleef in Natal ooreenkom het Satan besef dat hy sterk en vinnig moet optree.

Dit het tot die verraderlike moord op Retief en sy korps en die barbaarse moordtogte by Bloukrans en Weenen gelei. Maar die Heilige Gees het die oorlewendes gesterk. Terugtrek Kolonie toe wou hulle nie. Selfs Satan se aanblaas van onenigheid kon hulle nie van koers af bring nie. Hulle het nuwe leiers aangewys, Andries Pretorius uit die Kaap gaan haal wat hulle met goeie organisasie, dissipline en beplanning voorberei het om die Zoeloemag te verslaan. Sarel Cilliers was die geestelike leier. Toe die tyd van beslissing kom, het hulle die Gelofte op Sondag 9 Desember 1838 afgelê en daarna ses dae lank by aandgodsdiens herhaal. Op sigself 'n wonderlike verloop van Sondag tot Sondag.

Toe die uur aanbreek word hulle deur God se Almagtige Hand teen die vyand beskerm. Nie omdat hulle Afrikaners was nie, maar omdat die trek met die skat van die Evangelie in die wakis tot eer van die HERE moes voortgaan. Dáártoe het die HERE die Afrikanervolk totstandgebring. Wat 'n geweldige verantwoordelikheid rus op ons en ons volk!

Van Troas tot Bloedrivier

So loop die Goddelike uitverkiesingsweg:

l  Die HERE berei Rome (orde en tegniek) en Griekeland (denke) oor eeue voor.

l  Hy stuur Paulus na Europa.

l  Rome verval staatkundig en ekonomies, maar sy vaardighede bly bestaan.

l  Die Kerk bloei in die eerste eeue en verval in die donkerte van die Middeleeue.

l  Die Renaissance bring kennis en tegniek soos die boekdrukkuns.

l  Die Kerkhervorming vind met die hulp hiervan plaas.

l  Ontdekkingsreise open die weë tot aan die eindes van die aarde.

l  Die Gereformeerde Godsdiens kom uit Nederland na die Kaap.

l  Die Afrikanervolk word uit Nederlanders, Duitsers en Franse in die gereformeerde tradisie gevorm en met elkeen se besondere eienskappe saamgevoeg. Britse elemente kom later by en van hulle word in die gereformeerde tradisie ingesuig.

l  Die Afrikaners trek die binneland in en neem die Evangelie saam.

l  Met die wapenrusting van die Woord durf hulle die stryd teen 'n groot oormag aan.

l  Die HERE hoor hulle versugting en skenk aan hulle redding sodat Sy Woord verkondig kan word. Want so het Hy dit beskik.

Die HERE se Raad word nooit gekeer nie; dit sal bestaan in ewigheid!

Teen Sy besluit is geen verweer nie, bestendig duur dit vir altyd (Ps 33).

Geloftedag en die Kerk

So beskou hoort Geloftedag op die Kerklike kalender. Nie as Christelike feesdag soos Goeie Vrydag en Paassondag en Hemelvaartsdag en Kersfees nie, maar as gedenkdag soos Hervormingsdag en Bartolomeusnag en ander tye en dae wat bakens in die Kerkgeskiedenis is waarna terugverwys en waarop koers bepaal kan word. Dit was vroeër gebruik dat Geloftefeeste met afkondigings deur die Afrikaanse Kerke bekendgemaak en lidmate opgeroep is om die Gelofte van die voorouers na te kom. Hierdie gebruik het verswak namate indiwidualisme en liberalisme ingedring het. Die tyd het gekom dat die Kerke hierdie gewoonte herstel.

Maar nie net die Afrikaanse Kerke nie – die Kerk wêreldwyd, veral in Afrika! Alle gelowiges moet hulle verbly dat Bloedrivier die weg geopen het om die nag uit Afrika te verdryf, soos die Afrikaanse Kerke hulle in die Kerklike ontwikkeling in Korea en Indië en Zambië en Namibië verbly.

Geloftedag 16 Desember hoort op die kalender van elke Kerk

oor die ganse aarde as dankdag en dag van voorbidding

tot eer van die Almagtige God van Hemel en Aarde!

Mag die Heilige God van Hemel en aarde ons óók in navolging van die Afrikeneremigrante daarin getrou maak!

 

Pieter van Der Dussen Senior

Pretoria, 8 Desember 2014



[6] Dr A Kuyper, Versamelde Werke van J. D. du Toit (Totius), Deel VIII, bls 202.

[7] Jan van Riebeeckse formuliergebed verskyn aan die einde van hierdie stuk.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1841 gaste aanlyn